Tygerburger Durbanville 28 Maart 2012

Page 1

DURBANVILLE WEST COAST VILLAGE OPENING END APRIL

B u r g e r E-pos: tyger@dieburger.com

Woensdag 28 Maart 2012

www.starkeayresgc.co.za

Tel: 021 910 6500

Faks: 021 910 6501

) Rowers slaan by kruisings toe

Nagkapings nuwe gier ESMÉ ERASMUS

In skynbaar ’n nuwe tendens teiken rowers mense wat laatnag by verkeersligte in Durbanville stilhou om by die voertuie in te spring en die bestuurders te kaap. Twee sulke voorvalle is verlede naweek aangemeld waarin motorbestuurders by onderskeidelik die kruising van Langeberg- en Wellingtonweg en by die kruising van Fairtrees- en Sportsweg gekaap is. Rowers met klapmusse het ook Sondagaand by Steers in Sonstraalhoogte toegeslaan. ’n Huisroof en verskeie inbrake het ook die afgelope naweek voorgekom. In baie gevalle het die rowers die huise se deure oopgebreek om toegang te verkry. Niemand is in enige van die voorvalle beseer nie. In die jongste kapingsvoorval het ’n man Sondag tussen 01:00 en 02:00 by die verkeerslig op die hoek van Langeberg- en Wellingtonweg stilgehou. ’n Man het sy motordeur oopgemaak en hom uit die motor geruk en hom op die agtersitplek met ’n vuurwapen forseer. Nog twee mans het ingeklim en hulle het na Wallacedene in Kraaifontein gery. Daar het hulle hom laat uitklim en met sy motor, ’n wit Nissan Sentra met registrasienommer CF 64440, weggery. Hulle het sy beursie met R200kontant, bankkaarte en bestuurderslisensie gevat. Die vorige aand omstreeks 22:15 het ’n ander slagoffer wat op pad huis toe was, by die verkeerslig op die hoek van Fairtrees- en Sportsweg stilgehou. Twee mans het in sy motor geklim en hom met ’n mes gedreig om na Fisantekraal te ry. In Fisantekraal het sy motor egter sonder brandstof gaan staan. Die rowers het sy selfoon geneem en

gevlug. Lt. Marchell Rhode van die Durbanville-polisie het mense gemaan om hul motors se deure te sluit en bewus te wees van hul omgewing en uit te kyk vir verdagte persone by verkeersligte. In die rooftog by Steers in die Cobblewalk-winkelsentrum in Sonstraalhoogte het vier mans, van wie drie klapmusse gedra het, omstreeks 20:00 ingestap. Hulle het die kassier met ’n vuurwapen teen die kop gedreig en geld geëis. Die kassier het ’n onbekende bedrag geld aan hulle oorhandig. Die rowers het die bandmateriaal van die geslotebaan-televisiekamera verwyder en in ’n Mazda-motor gevlug. ’n Huisroof en vyf inbrake is ook die afgelope naweek aangemeld. In die huisroof het die rowers Vrydag tussen 00:30 en 03:30 by ’n badkamervenster by ’n huis in Blanc de Noirstraat in De Oude Westhof, Bellville, ingeklim. ’n Derde rower het buite gewag. Hulle het die huiseienaar met ’n skroewedraaier gedreig en drie skootrekenaars, twee selfone en ’n handsak met kontant geroof. Hulle het weer by die venster uitgeklim om die hond te vermy en te voet gevlug. In meeste van die inbrake wat die naweek aangemeld is, is ’n deur van die huis oopforseer om toegang te verkry. Talle voorvalle waarin die voordeur van die huis oopgeskop of -gestamp is, is die afgelope maande in Amanda Glen en Eversdal aangemeld. Volgens lt. Rhode forseer die inbrekers ’n deur oop en maak hulle in die paar minute reaksietyd van die sekerheidsmaatskappye, duur items soos juweliersware, skootrekenaars, ipads en selfone bymekaar en vlug. . Na bladsy 2.

Die liefde blom enige plek

Hoekom wag? Maryke Fourie (24) van Kraaifontein en Gerhardt Roelofse (38) is Vrydag sommer by die Durban­ ville Mediclinic in die eg verbind. Gerhardt kon dalk nog nie sou troupak dra nie, maar Maryke het pragtig gelyk in haar spierwit trourok. Hier, pasgetroud, ruil die twee ringe uit. Lees berig op bladsy 5. Foto: Carina Roux


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Tygerburger Durbanville 28 Maart 2012 by Tygerburger Newspaper - Issuu