DURBANVILLE
Talk to us for
Advice
Stocking the Biggest Range of the Biggest Names !
BIG 5%, 10% & 15% DISCOUNT MADNESS !
B u r g e r E-pos: tyger@dieburger.com
Woensdag 25 April 2012
BE THERE ! DO MISS ONU’T T!
@ all branches
Thursday 26th April - Tuesday 1st May 2012
Bellville 021 944 3330
Tel: 021 910 6500
Faks: 021 910 6501
) Verloofde oor Meyer se selmoord:
‘Oproep sou hom red’
Die oorledene se motor is by die parkeerplek voor die Stoneskroeg in Durbanville gevind. Inlas: Eben Meyer. Foto: Esmé Erasmus
ESMÉ ERASMUS
As die polisie maar net die familie gebel het om hom by die Durbanville-polisiekantoor te kom haal, sou hy vandag nog gelewe het, het die bedroefde verloofde van Eben Meyer (47), wat Saterdagoggend vroeg in die polisieselle vermoor is, gesê. Meyer is deur twee mans saam met hom in aanhouding na bewering doodgeslaan en -geskop kort nadat hy deur onbekende mense in Renbaanweg in Durbanville gevind is waar hy glo besope in die pad gelê
het. Die mense het hom by die Durbanville-polisiekantoor afgelaai, het die polisie se mediawoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, gesê. Hy het vroeër die aand by die Stones-kroeg by die Palmgrove-sentrum in Durbanville gekuier. Die polisie het hom by die polisiekantoor gekry en in hegtenis geneem op ’n klag van openbare dronkenskap. Hy is saam met agt ander dronk mans in ’n sel toegesluit. Twee van die mans het hom na bewering begin skop en slaan, waarna hy skaars ’n halfuur nadat hy in die
selle gegooi is, aan sy beserings beswyk het. ’n Ambulans is glo ontbied, maar hy is met die ambulans se aankoms dood verklaar. Volgens sy verloofde, Sylvia Hamman (45), het sy hom die oggend laas gesien toe hy op pad werk toe was. Hy was ’n klerk in die vragkantoor van die Suid-Afrikaanse Lugdiens. “Hy was ’n baie rustige mens, maar jy moes hom nie onnodig kwaad maak nie,” het sy gesê. Sy het hom drie jaar gelede ontmoet en hulle het so pas oor Paasnaweek verloof geraak. Hulle sou in September trou.
“Ons het ná ons ontmoet het, saam vir rehabilitasie gegaan en daar was daarna geen probleme verder nie,” het sy gesê. “Ek weet nie hoekom hy weer gaan drink het nie en wat in sy kop gebroei het nie,” het sy gesê. Sy motor is by die parkeerterrein by Stones gevind. Dit was nie gesluit nie. Sy het gesê die polisie het aan haar ’n verklaring voorgelees van die mense wat hom opgetel het. Volgens familie ontken die polisie egter nou dat só ’n verklaring afgelê is. Hulle het saam gebly by haar huis
in Hildebrandstraat in Bellville, vanwaar sy ook ’n dagsorgsentrum, Voetspoortjies-dagsorg, bedryf. Volgens die eienaar van die Stones-kroeg, wat anoniem wou bly, het Meyer die aand “’n paar biere gedrink”. “Hy was beslis nie vallende dronk toe hy daar uit is nie.” Hy het gesê hy weet nie hoe laat Meyer daar uit is nie, maar dis moontlik om die tyd vas te stel deur na sekerheidskameras te kyk. “Dis ook moontlik dat hy daarna na ’n ander kuierplek was, het hy gesê. . Na bladsy 2.
SUPER LOW PRICES 4kg Chicken Thighs
75
.99 per bag
Pork Texan Steak
29
.99 p/kg
Stewing Beef (Bulk)
32
.99 p/kg
1.5kg French Polony
Prices valid at all Brito’s stores from Wednesday 25 April until Saturday 28 April 2012. While Stocks Last. E&OE
14
.99 each
Pork Braai Chops
Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
29
.99 p/kg
500ml Rasco’s Braai Sauce Hot or Original
9.99 each