DURBANVILLE
Taurusstraat 10, Brackenfell • Tel (021) 981 4501 www.gho.co.za • info@gho.co.za
Woensdag, 6 Mei 2015 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
Elke pop hier het sy naam en verhaal Badisa Trio het onlangs hul Poppieprojek by die Laerskool Durbanville bekendgestel. Van die leerders wat poppies gekoop het, is (van links) Madelle Duvenha ge, Anika Myburgh, Nicolas Schipper, Anja Woudstra en Megan Justus. Elke pop wat verkoop word, het ’n naam en verteenwoor dig ’n kind en sy verhaal. “Ons onder steun die projek, sodat almal kan droom en werk vir ’n beter toekoms vir die kinders in ons gemeenskappe. Dit versterk ook ons waardes van omgee by ons leerders wat in bevoorregte omstandig hede leef,” het Naretha Bekker, projekleier en leerderondersteuner by die skool, gesê.
GREENVILLE GARDEN CITYPROJEK: BOUWERK GESTAAK NÁ AANVALLE OP WERKERS
Herrie oor nuwe huise ESMÉ ERASMUS
@erasmusesme
’n
Herrie het in Fisantekraal buite Durbanville losgebars oor die bou van nuwe huise in die Greenville Garden City-behuisingsprojek. Die bouwerk aan die huise, wat in Januarie begin het, is voorverlede week op 23 April deur Garden Cities gestaak ná aanvalle op konstruksiewerkers en eiendom. ’n Lid van die behuisingsbestuurskomitee is na bewering aangerand en klagte word deur die polisie ondersoek, het Gerhard Fourie, voorsitter van die subraad 7 (Koeberg),
gesê. Sowat 200 inwoners van die plakkerskamp het op die konstruksieperseel getoi-toi en voertuie van Garden Cities met klippe bestook. Die hek na die terreinkantoor, wat ook as skouhuis dien, is beskadig toe die betogers hul pad inforseer het en gedreig het om dit af te breek. Hulle is glo gekant teen die skakelhuis-boustyl van die eerste huise. Die fondamente van die eerste 24 huise was reeds gegrawe toe die werk gestaak is Die eerste fase van die projek om in totaal sowat 16 000 huise te bou, behels die bou van 2 800 huise, waarvan 868 subsidiehuise (Breaking New Ground-huise) in die volgen-
de drie jaar teen ’n koste van R382 miljoen, lui ’n mediaverklaring deur Garden Cities. Terwyl die projek nou doodstil staan, raak inwoners ongeduldig wat daarna uitgesien het om in hul nuwe huise in te trek. Van hierdie inwoners wag ongeveer 250 mense al meer as 16 jaar op huise nadat hulle met ’n vorige behuisingsprojek in Fisantekraal van hul beloofde huise ontneem is toe dit beset is. Een van hulle, Elizabeth Maans (39), meen die probleem het ontstaan toe “mense wat van die Oos-Kaap gekom het, oornag hul plakkershutte opgeslaan het toe hulle hoor daar gaan huise gebou word”.
Volgens haar is dié “inkommers” nie eens op die Stad se waglys nie. “Hulle toi-toi nou dat Garden Cities nie die huise moet bou nie. Hulle het dit nou glo teen die huise wat soos skakelhuise vas aanmekaar gebou word,” sê sy. “Maar ons wil die huise hê en sien uit daarna,” het sy aan TygerBurger gesê. “Dis onregverdig. Ons sit en wag al so lank vir ons huise. Elke winter versuip ons hier in ons bungalow en verniel my goed. Garden Cities is al nege jaar lank besig met die kontrak. Hulle moet bou en vir ons gee wat ons wil hê. My hart is seer.” V Na bladsy 2.
EVEN WHEN THE LIGHTS ARE OUT WE’LL STAY OPEN FOR YOUR CONVENIENCE DIY Wheelbarrow
Buy More Than 5 Pockets and ONLY Pay
WW02
REMEMBER MOTHERSDAY 10 MAY 2015 INTERESTING GIFTS AVAILABLE IN-STORE WE DELIVER
9499
Now Everyone Can Afford A Wheelbarrow
each
29999
* Cash and carry only
VISIT US TODAY! SPIRO’S MICA - 31 Main Road, Durbanville Tel.: 021 976 3110
info@spirosmica.co.za | www.mica.co.za
Flexikote Quality Acrylic WaterProofing FREE Paint 20-005 • For roofs, flashings & walls • Available in standard colours
MEMBRANE
WE FILL & SELL GAS WIDE RANGE OF GENERATORS AVAILABLE IN-STORE
11999 5L
TRADING HOURS Mon - Fri: Sunday:
08:00 - 18:00 09:00 - 14:00
Saturday: 08:00 - 17:00 Public Holidays: 08:00 - 17:00
• Product Images Shown Are For Illustrative Purposes Only • Actual ual Products May Differ • While Stocks Last • Prices Valid Until 15 May 2015
Paint / Tools / Plumbing / Electrical / Timber / Bricks / Cement / Glass Cutting / Key cutting