DURBANVILLE
Pats Service Station
Giving you more km’s for less ...
R10.69
Diesel 500ppm
Valid until 1 May 2012 Monday – Saturday 06h00 – 22h00 Sundays 06h00 – 20h00 ATM In store now
B u r g e r E-pos: tyger@dieburger.com
Woensdag 18 April 2012
Pats Service Station 21 Modderdam Rd Bellville South 7531
Phone: 021 951 8969 E-mail: agamien@gemail.co.za
Tel: 021 910 6500
Brent Oil (Pty) Limited
Faks: 021 910 6501
’n Begeesterde André van der Merwe, bekende koorleier van die SuidAfri kaanse Jeugkoor, is hier besig om die koor voor te berei vir sy optrede op Saterdag 21 April – moontlik die swanesang as die koor nie spoedig ’n hoofborg vind nie. Van der Merwe rig ook tans die Stellenboschuniversi teitskoor en Stellenbergmeisieskoor af. Foto: Carina Roux
)Geldkrisis weens gebrek aan borg
Koorstem dalk stil ESMÉ ERASMUS
Die drome van die 88 koorlede van die Suid-Afrikaanse Jeugkoor, wat in Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand weens sy geldelike krisis gedwing word om stil te raak. “Ons het ’n krisispunt in die bestaan van die koor bereik. Ons moet einde April besluit of die koor gaan voortbestaan of nie. Daar is nie meer geld nie,” het André de la Harpe, wat as voorsitter bedank het,
maar nou as interim-voorsitter waarneem, gesê. Die koor spartel om kop bo water te hou nadat sy borgskap deur PetroSA in Maart verlede jaar nie hernu is nie. PetroSA het die koor ruim geborg vir drie en ’n half jaar nadat die vorige borgskap met die Fidentiagroep se bankrotskap beëindig is. Ten spyte van verskeie kleiner borgskappe, onder meer van Media24 en die Kaapse stadsraad, het die gebrek aan ’n hoofborg nou sy tol geëis. Meeste van die kinders, altesame
60 van die koorlede – woon in die Durbanville-koshuis en meeste is leerlinge aan die Hoërskool Stellenberg. Baie van hulle is uit haglike omstandighede gewerf en is die kans op ’n beter toekoms gegun. Sedert die koor se ontstaan in Oktober 2004 het talle van sy koorlede, wat van regoor die land gewerf is, groot hoogtes bereik wat hulle andersins nie beskore sou gewees het nie. Van die koorlede het beurse vir universiteitsopleiding ontvang, ander het al in die Carnegie in New York opgetree of oudisies in Londen bygewoon om daar verder te stu-
deer. Talle oud-koorlede studeer ook aan die Kaapstad-operaskool. “Van ons kinders is nou finalejaar mediese studente of het klaar as onderwysers gekwalifiseer en werk reeds. Dít is alles moontlik gemaak deur die koor,” het hy gesê. Maar nou sal die koorlede terug moet keer na hul omstandighede, sonder hoop en ’n toekoms as daar nie voor die einde van die maand genoeg geld gevind kan word nie. “Ons het die nuus al stelselmatig aan die koorlede begin breek. Dis net trane die heeltyd. Dis die moeilikste ding om vir ’n kind te moet
sê hy moet koebaai sê vir sy drome en teruggaan na sy ou omstandighede,” het hy gesê. Die koor het al verskeie toekennings opgeraap, onder meer ’n goue dipoma by Llangollen se Internasionale Eisteddfod in Wallis in 2006. Die koor tree weer op Saterdag 21 April tydens die galaaand van ’n internasionale konferensie in Kaapstad op. Maar, sê De la Harpe, die koste vir die koor om so naby as selfs Kaapstad op te tree, is minstens R5 000. Dit sluit die vervoerkoste, asook etes in. . Na bladsy 2.