TygerBurger Durbanville - 29 July 2020

Page 1

DURBANVILLE

Woensdag, 29 Julie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

No shifts, no tips

Sean Barrington, head chef of Cassia Restaurant, and Johannes Shilumbu were among the protesters who stood along Tygerberg Valley Road in front of Nitida Wines last Wednesday in support of the restaurant industry. See page 9 for more photographs. PHOTO: ESMÉ ERASMUS

DURBANVILLE: LIONSKLUB GEBOU KWYT NÁ 37 JAAR

MES sprei sy vlerke ESMÉ ERASMUS @erasmusesme

D

ie knaende probleem met straatmense in Durbanville is ’n bron van groot irritasie én kommer vir inwoners, veral nou tydens die Covid-19-pandemie. Weldoeners het die probleem vererger met die uitdeel van tente, wat straatmense orals in die dorp opgeslaan en daarin nes geskop het. Daar is egter ’n silwer randjie om dié don-

ker wolk nadat Mould Empower Serve (MES), ’n nie-regeringsorganisasie wat met straatmense werk, die groen lig by Stad Kaapstad gekry het om sy werksaamhede vanaf 12 September permanent vanuit die Rosehaven-gebou in Queenstraat te bedryf. Die gebou, wat aan die Stad behoort, is die afgelope sowat 37 jaar lank deur die Durbanville Lions-klub gebruik. Dié klub se wind is uit sy seile nadat hy sowat ’n maand gelede deur die Stad ingelig is sy huurooreenkoms gaan nie hernu word nie en hy moet die ge-

bou teen 11 September ontruim. Buiten die klub se legendariese bingo-aande vir bejaardes wat daar aangebied is, het talle ander organisasies, onder meer die Tygerberg-Hospies, ook dié gebou benut vir sy byeenkomste en dienste aan bejaardes, wat stapafstand in nabygeleë komplekse woon. Theresa Uys, raadslid vir wyk 112, het aan TygerBurger gesê daar word gesoek na ’n nuwe gebou waar die Durbanville Lionsklub sy dienste kan voortsit. MES is nie nuut in Durbanville nie, maar

Tr a d i n g Ho u rs : M o n d a y t o F r i d a y : 9 : 0 0 a m u n t i l 6: 0 0 p m S a t ur d ay 9 : 0 0 am u n t il 2 :0 0p m Su n d ay a n d P u b l i c H o l id a ys ( O p ti o n a l Tr ad i n g )

het al in 2014 begin om met plaaslike organisasies te praat oor ’n plan vir straatmense. MES bedryf tans nog sy werksaamhede vanuit sy invalsentrum by die Durbanville Presbeteriaanse Kerk. “Ons het destyds in ’n vennootskap met die sopkombuis gegaan vir voedselsekerheid,” het Ilse Maartens, takbestuurder van MES Kaapstad, gesê. “Ons het dit gekoppel aan ’n etekaartjiestelsel.” V Na bladsy 2

Corner Brackenfell Boulevard and Pinehurst Drive, Pinehurst For more information contact RPA Property Administrators (Centre Management) 021 550 7000


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.