DURBANVILLE SOMETHING FOR EVERYONE
COMPLETE C3 CAT & DOG VACUUM CLEANER
- 2000 watt - with Active AirClean filter CRAZY PLASTICS BELLVILLE
FOLLOW OUR SOCIAL PAGES:
170 Durban Road, Bellville, Cape Town 021 949 8900
Woensdag, 19 Februarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
R4
2
Year Guarantee
was R6 499
999
Valid @ all branches until Sunday 1 March 2020 - While stocks last
BELLVILLE - 021 944 3330 TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
E&OE
Teken in by www.netwerk24.com.
SONSTRAALDAM: VOËLBOTULISME VERMOED
Harvest time
Talle eende vrek ESMÉ ERASMUS @erasmusesme
I
Harvest time in the Durbanville wine valley is in full swing with promises of a good crop this year. Lihle Mabena (22), currently a wine waitress at Carlucci’s Restaurant at Meerendal wine estate, is one of nine students from all over the world who have completed a wine course at Meerendal Wine Academy last week. She is interested in becoming a winemaker. See page 12 for more about the course and more photographs, and page 14 for more about the crop this year. PHOTO: ESMÉ ERASMUS
nwoners in Durbanville was geskok om die afgelope naweek talle dooie eende of eende wat besig was om te vrek by die Sonstraaldam te vind. Daar is op Whatsapp-groepe wyd bespiegel wat die oorsaak van die eende se vrekte is. Die vrekte was aanvanklik net onder die wit eende, maar later ook onder ’n paar kolganse. Daar is bespiegel of die eende vergiftig is, en of hul vrekte veroorsaak is deur die bakteriese siekte voëlbotulisme (Avian Botulism). Toe TygerBurger Maandag laatmiddag by die dam was, was daar ten minste 10 dooie eende en kolganse rondom die dam of in die vlak water. ’n Stank het om die dam gehang. Slegs een verlore wit eend het nog daar rondgeswem. Volgens ’n inwoner, Tania Addinall, het sy Sondagmiddag met haar honde gaan stap toe sy die dooie eende opmerk. Sy het een van die eende in haar vrieskas gesit en hoop dat dit getoets kan word vir die oorsaak van die eende se vrekte. Inwoners het die Stad Kaapstad se wetstoepassingsafdeling, asook die Dierebeskermingsvereniging
(DBV), gekontak. Laasgenoemde het twee siek eende saamgeneem, vermoedelik vir toetse om die oorsaak van hul vrekte vas te stel. Die klagtes is na die Stad se rekreasie- en parke-afdeling verwys. Volgens Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, was amptenare van die Stad se rekreasie- en parke-afdeling Maandagoggend by die dam en is 14 karkasse verwyder. “Dit word vermoed dat die vrektes deur voëlbotulisme veroorsaak word. Dié siekte is dodelik vir voëls,” het sy gesê. Volgens die webblad www.usgs.gov van die United States Geological Survey word botulisme veroorsaak deur die bakterie Clostridium botulinum, wat algemeen in grond voorkom. Die siekte verlam voëls sodat hulle nie kan vlieg of selfs hul koppe kan oplig en dit lei tot verdrinking. Dié spesifieke voëlbotulisme affekteer nie mense nie. Volgens inligting aan TygerBurger verskaf, is dit ’n normale verskynsel vir hierdie tyd van die jaar en gaan dit gepaard met warm weer soos verlede week ondervind is. Dit kom ook by sommige ander damme in die Stad voor. V Na bladsy 2