DURBANVILLE
GUARANTEED QUALITY AT YOUR FINGERTIPS
STARRY WILD JASMINE
WAS R79.95
NOW
R34.95 www.stodels.com
Offer valid until 18 October 2020 X1WC8RJJ-AL141020
Woensdag, 14 Oktober 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
ONLY 5 DAYS LEFT !
Valid @ all branches until Sunday 18 Oct 2020 While stocks last
BELLVILLE - 021 944 3330
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
TygerBurger
E&OE
Teken in by www.netwerk24.com.
BUSDIENSTE STAAK: LEERDERS BENADEEL
Ouers vies oor busse nie ry nie ESMÉ ERASMUS
T
alle omgekrapte ouers het verlede Dinsdagoggend in Fisantekraal betoog omdat hul kinders nie kan eksamen skryf nie weens ’n gebrek aan busdienste. Busdienste met ’n kontrak met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het voorverlede Vrydag 2 Oktober begin staak. Dit is eers teen verlede Donderdag hervat, buiten in die Kaapse Wynlanddistrik, soos in die Paarl en Stellenbosch, waar die staking glo voortduur. Volgens Elizabeth Maans, ’n ouer van Greenville in Fisantekraal, was haar kind een van talle wat nie kon gaan eksamen skryf by die Primêre Skool Blue Mountains nie, ’n plaasskool buite Durbanville, omdat daar nie vervoer skool toe was nie. Volgens Albert Baatjies, hoof van die Primêre Skool Blue Mountains, moes hulle die eksamenrooster aanpas om dié leerders tegemoet te kom. Ook die leerders van die primêre skole Attie van Wyk en Klipheuwel is hierdeur geraak, het Maans aan TygerBurger gesê. TygerBurger kon nie antwoord kry by hierdie skole om dit te bevestig nie. Ander plaasskole soos die primêre skole Vissershok en The Valley is nie hierdeur geraak nie, omdat hul leerders van die private busdiens van die Primêre Skool Alpha in Morningstar gebruik maak. Volgens Priscilla August, skoolhoof van The Valley, ry leerders
‘Blomme’ ‘Blomme’ tussen tussen die die groente groente
van Greenville en Fisantekraal op hul ouers se eie onkoste met private vervoer. Die skole maak van die Primêre Skool Alpha se private busdiens gebruik om leerders van Du Noon aan te ry, het sy gesê. Millicent Merton, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), het aan TygerBurger bevestig ’n groot aantal van die vervoerkontrakteurs wat leerders vervoer en lid is van die South African National Small Bus Operators Council (Sansboc) se WesKaaptak, het hul vervoerdienste weerhou. Hierdie busdienste het kontrakte met die WKOD, het sy gesê. “Verskeie skole waar leerders deur hierdie kontrakteurs vervoer moet word, word deur die weerhouding van die dienste geraak,” het sy gesê. Volgens Merton is die kontrakteurs in die Kaapse Wynlanddistrik ontevrede oor die noodverkrygingsproses wat gebruik moes word om interimkontrakte so vinnig as moontlik in daardie distrik toe te ken. “Kontrakteurs in die ander distrikte, soos in Durbanville, neem deel aan die weerhouding van dienste in simpatie met kontrakteurs in die Kaapse Wynlanddistrik. “Baie min kontrakteurs in die Eden- en Sentraal-Karoo-distrik neem deel aan hierdie weerhouding van dienste,” het sy gesê. Sy het gesê daar is slegs die nodige reëlings getref om matrikulante na eksamenlokale te vervoer. V Na bladsy 2
Merli de Wet (6), regs, en haar sussie, Zaan (4), van Durbanville het Saterdag saam met hul ma gaan kyk na die nuwe binnehoftuin by die Rust-en-Vrede-kunsgalery in Durbanville. Dié galery-tuininisiatief het tydens inperking ontstaan en behels onder meer groentetuine in blombakke. Sien nog ’n foto op bladsy 2. FOTO: ESMÉ ERASMUS
SEED
GUARANTEED QUALITY AT YOUR FINGERTIPS
WAS 21.95
NOW
9.95
PETUNIA
NEMESIA
WAS 23.95
NOW
6 PACKS
19.95
www.stodels.com
CAPE DAISY
WAS 69.95
NOW
26.95
STARRY WILD JASMINE
ALYSSUM
WAS 69.95
NOW
29.95
WAS 79.95
NOW
29.95
CAPE DAISY HANGING BOWL
CALLA LILY
WAS 79.95
WAS 139.95
34.95
64.95
NOW
Bellville 021 919 1106 | Milnerton 021 528 4000 | Kenilworth 021 671 9050 | Bergvliet 021 794 2221 | Somerset West 021 852 7400
WAS 149.95
NOW
NOW
INDOOR
99.95
Offer valid until 18 October 2020. While stocks last. X1WCM89W-AL141020