TygerBurger Brackenfell Edition 18.01.12.pdf

Page 1

Beste gratis gemeenskapsin Suid-Afrika 2010 BRACKENFELL koerant

Manie

JACKSON saam met

Andriëtte NORMAN www.bakgatpromosies.co.za

B u r g e r

Besprekings: 021 981 5010 Navrae: 082 895 5093

E-pos: tyger@dieburger.com

Woensdag 18 Januarie 2012

Tel: 021 910 6500

Faks: 021 910 6501

Stefan Moolman en Jinelle Louw, in juffrou Lutzia Burger se klas, was baie opgewonde oor hul eer­ ste dag in graad 1 in hul splinter­ nuwe skool, die Privaatskool Des­ tinatus. Foto: Carina Roux

) Destinatus open met 100 leerlinge

‘God wou dié skool hê’ JANA BEKKER

’n Jaar en ’n half gelede het Tielman Germishuys ’n boodskap van die Here gekry dat hy ’n skool in Brackenfell moet begin. Toe hy verlede jaar 12 Oktober die eerste advertensie vir dié skool se opening in TygerBurger geplaas het, het almal gesê dit is te laat in die jaar om sy mikpunt van ’n 100leerdertal te bereik. Toe die Privaatskool Destinatus verlede

Woensdag sy deure open, was daar 101 leerders. “Dit gaan baie goed. Ons gemeenskap het regtig ’n behoefte gehad aan dié skool,” sê Tielman, leraar van die Familia Christi Kerk in Brackenfell. Destinatus verskaf aan pre-primêre en primêre leerders onderrig binne ’n omgewing met ’n sterk Christelike etos. Die eerste keer wat Tielman bewus geraak het van God se opdrag dat hy ’n Christenskool moes begin, was 18 maande gelede. Verlede jaar

in Oktober het Tielman ervaar God sê vir hom om dit nóú te doen. “Waar ons nou is, is absoluut genade,” sê hy. Die skool het vanjaar afgeskop met pre-primêr en graad R tot graad vyf en teen volgende jaar wil hulle ook onderrig bied aan kinders in graad ses en sewe. As alles volgens plan verloop, sal dié skool, op die hoek van Angelieren De Vygenstraat in Proteahoogte, binne twee tot drie jaar uitgebrei word tot hoërskoolgrade. Die skool volg die nasionale kur-

rikulum en het reeds sewe onderwysers. Die skoolhoof is Annerie van den Berg. Sy is ook hoof van die Pre- en Primêre Skool Ruyterwacht. Die naam van die skool het aan die einde van verlede Junie tydens ’n vakansie in die Krugerwildtuin, na Tielman gekom. “ ’n Vriend het my saamgenooi wildtuin toe en een oggend 04:00 was dit asof iemand by my oor staan en die woord destiny sê.” Hy het daaroor gebid en ervaar

God sê dat elke kind wat gebore word ’n destiny, of roeping het. Destinatos is Latyns vir destiny. “Ek het ervaar God sê die skool en sy opvoeders se rol moet wees om kinders hul skeppingsdoel te laat ontdek,” herroep Tielman sy ervaring van daardie oggend. Hy het toe weer gedink aan ’n boek genaamd Opportunity Thinking, waarin die skrywer benadruk dat ’n mens elke mens moet hanteer asof hy ’n A is. By dié skool is dit presies wat elke personeellid doen.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.