BRACKENFELL WEST COAST VILLAGE OPENING END APRIL
B u r g e r E-pos: tyger@dieburger.com
Woensdag 28 Maart 2012
www.starkeayresgc.co.za
Tel: 021 910 6500
Faks: 021 910 6501
) Desperate klagtes val op dowe ore
Buurt boos oor rumoer DESIREÉ RORKE
Frustrasie blyk aan die oorkook te wees in die vreedsame buurt van Ferndale, waar inwoners al amper twee jaar spook om die rumoer wat elke naweek by Springdale Villas losbars, suksesvol aan te spreek.
Plaasprinsessie Die oulike klein Skye Duminy (4) van Brackenfell, is as eerste prinses in die Klein Mej. Durban villePlaasfees 2012 aangewys. Die heel eerste Mej. Plaasfeeskompetisie is onlangs by die Diemersdalplaas gehou. Skye was ook verlede jaar as tweede prinses in die Little Miss Wine lands se Tiny Twinkle Tippy Toes gekroon. Sy is tans in die Hip HopPaddatjieskleuterskool en will graag eendag ’n model word.
Volgens inwoners in Loubserstraat is die geraasbesoedeling wat van die woonstelle af kom, só erg dat hulle dit al oorweeg om uit die woontbuurt te trek. Hul desperate klagtes, veral oor die laaste ses maande, val skynbaar op dowe ore, al het hulle tot al ’n e-pos aan die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, gestuur. Een inwoner wat anoniem wil bly uit vrees vir intimidasie, verduidelik: “Elke naweek is daar ’n klomp mense wat hul motors in die parkeerterrein trek, klipharde musiek speel en ongelooflik baie drink, en hoe later hoe kwater. Hulle praat so hard ek hoor dit tot in my sitkamer. “So gaan dit aan van Vrydag tot Sondagnag. Al die mense in die buurt het al hieroor gekla. Die polisie word gereeld gebel en gesmeek om iets daaraan te kom doen. Soms daag hulle op, soms nie. “Die kere wat hulle wel opdaag, doen hulle ook nie veel nie, en wanneer hulle weer ry, word die musiek nog harder gedraai en word ons geteister met motorhoofligte wat opsetlik aan en af in die rigting van ons huise geflits word.” Volgens die moedelose inwoner duur die partytjies soms tot 03:00 in die oggend op Sondae en is sy kinders uitgeput as hulle Maandae moet opstaan vir skool. “Die hele buurt is al raadop,” sê hy. Nog ’n inwoner wat om dieselfde redes anoniem wil bly, vertel dit is nie net die geraas nie, maar ook al die ander euwels wat met die drankmisbruik gepaardgaan, wat hul lewe versuur.
“Hope drankbottels word dikwels op die aangrensende grasperke gegooi en gewoonlik breek daar altyd ’n groot bakleiery uit tussen die dronk mans, en dan is dit pure hel. “Die ouers is so dronk dat hulle nie eens oplet dat hulle vier- en vyfjarige kindertjies alleen in die pad rondhardloop nie,” sê hy ontsteld. Volgens die inwoner begin die drinkery al teen 10:00 op ’n Saterdagoggend. Hy het selfs al gesien hoe ’n paar dronk mans ’n jong gesellin aan haar voete oor die tweede verdieping se reëling laat afhang. “Haar angsgille was ontstellend, veral vir die kinders. Dis absurd!” vertel hy. Volgens die eiendomsbestuursgroep Marite Brackenfell wat die woonstelle bestuur, het die woonstelhuurders onlangs hul laaste waarskuwing ontvang, en sal hulle met die volgende oortreding gedwing word om te gaan. Marite is tans in kommunikasie met die eienaar van die woonstelle. Volgens haar is albei die skuldige gesinne in die kompleks al vele kere beboet met R500 op ’n slag, wat hulle net elke keer betaal en dan weer die reëls oortree. Maar wat die inwoners van Loubserstraat nog meer bekommerd maak, is die gemoedere van sommige inwoners wat tans baie hoog loop. “Een van die mans in die straat het al vir my gesê hy is gereed om sy haelgeweer uit te haal, en hy is nie die enigste nie. “Van die ander mans in die woonbuurt praat dieselfde taal,” sê een inwoner en smeek dan: “Doen asseblief iets voor iemand seerkry!” “Niemand gee om as bure so elke nou en dan ’n partytjie hou nie, dis deel van menswees, en ons gun mekaar dit. “Maar in dié geval is dit heel anders, hierdie mense het absoluut geen respek vir hul bure of vir die gemeenskap nie.” . Na bladsy 2.