BRACKENFELL
Pats Service Station
Giving you more km’s for less ...
R10.69
Diesel 500ppm
Valid until 1 May 2012 Monday – Saturday 06h00 – 22h00 Sundays 06h00 – 20h00 ATM In store now
B u r g e r E-pos: tyger@dieburger.com
Woensdag 18 April 2012
Ná 3 j. nog geen berusting vir familie
Skuldiges steeds op vrye voet
Pats Service Station 21 Modderdam Rd Bellville South 7531
Phone: 021 951 8969 E-mail: agamien@gemail.co.za
Tel: 021 910 6500
Faks: 021 910 6501
Belinda Schrader en haar dogter Saskia, wat net 18 maande oud was toe haar pa Jaco (op foto) ver moor is. Foto: Desireé Rorke
DESIREÉ RORKE
Drie jaar ná die moord op Jaco Schrader van Proteahoogte, het sy familie nog geen berusting gevind nie en loop sy moordenaars nog vry. “Dis moeilik om finaliteit te kry en om aan te gaan en sterk te bly vir myself en my kind, terwyl die polisie-ondersoek geen vrugte afwerp nie,” sê Schrader se weduwee Belinda. Op haar skoot sit haar vierjarige dogtertjie Saskia, wat net 18 maande oud was toe haar pa koelbloedig doodgeskiet is. Sy is kinderlik onbewus van die pyn en verwarring wat in haar ma se gemoed heers. Langs haar op die rusbank, skaars ’n meter van die plek waar sy seun doodgeskiet is, sit Jaco se pa Hennie Schrader. “Ons is uiters teleurgesteld oor die manier wat die polisie hierdie saak hanteer het, veral met die gebrek aan kommunikasie om ons op hoogte te hou met die vordering van die saak. En nou het daar al so ’n lang tydperk verloop, dat ek hoop verloor het dat my kind se moordenaars ooit aangekeer gaan word,” sê hy. Jaco, wat ’n projekbestuurder in diens van die Stad Kaapstad was, is op 9 April 2009 in sy huis doodgeskiet terwyl hy en sy vrou besig was om te pak vir hul Paasvakansie. “Ek het in die opwaskamer gestaan toe ’n man deur die motorhuis by die kombuis ingestap het. Jaco het die motorhuisdeur vir ’n paar minute oopgemaak om ons bagasie in die huis te kom haal en te laai. “Die man het om die kombuistafel gestap en ’n vuurwapen op my gerig. Hy was baie netjies geklee en hy het vir niks gevra nie, net nader gestap en die wapen in my gesig vasgedruk. “Op daardie tydstip het my man my hoor skreeu en by die gang afgehardloop en probeer om die wapen van my af te kry. ’n Struweling het uitgebreek, terwyl twee
ander mans ook ingestorm het. Na wat vir my soos ’n ewigheid gevoel het, het ek twee skote gehoor, en my man het bewegingloos op die vloer gelê. “Een man het bo-oor hom gaan staan en die laaste doodskoot toegedien,” vertel Belinda. Sy het na haar slaapkamer toe gehardloop, waar haar babadogtertjie nog rustig geslaap het, die deur gesluit en die paniekknoppie gedruk. Die drie mans het dadelik die huis verlaat, sonder om enigiets te vat. “Die buurman het gesien hoe hulle kalm by ons huis uitstap tot aan die einde van die straat, waar ’n blou Audi vir hulle gewag het. Daarna het hulle weggery. Niks, nie ons kar of selfone of beursies was gevat nie.” Belinda het daarna mond-tot-mond-asemhaling op haar man toegepas, maar dit was tevergeefs, en hy het op die toneel gesterf. Volgens Hennie het die polisie die moordtoneel deeglik ondersoek en volledige verklarings geneem, en was hy in daardie stadium baie positief oor die ondersoek. Maar soos die tyd aangestap het, het hy begin moed verloor. “Hulle het vingerafdrukke van die motors gelig, maar nooit afdrukke by my skoondogter, die huishulp of die tuinwerker geneem om hulle uit te skakel nie. Daar is net vir ons gesê dat die vingerafdrukke wat op die motors was, nie op hulle sisteem is nie,” sê hy. Vir ’n lang tyd daarna het die Schraders niks van die
Brent Oil (Pty) Limited
polisie gehoor nie en eers nadat hulle ’n klagte by die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) gemaak het, het die ondersoekbeampte hulle weer geskakel. In Junie 2010 is hulle in kennis gestel daarvan dat ’n verdagte in hegtenis geneem is op ’n ander aanklagte, maar dat ballistiese toetse die vuurwapen koppel met die moord op Jaco. Die verdagte was in daardie stadium in die selle (op die ander aanklagte) en het kort daarna ’n paar keer in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn. . Na bladsy 2