BRACKENFELL
ROAD ACCIDENT CLAIMS • Very serious injuries • Unable to work in future • Loss of support
R. R. ARRIES ATTORNEYS Ground Floor, Louwville Place, 23 Vrede Street, Bellville (opp SARS)
B u r g e r E-pos: tyger@dieburger.com
Woensdag 14 Maart 2012
021 949 5933 082 823 7383 / 073 200 6616 Tel: 021 910 6500
) Slagtings geskied glo gereeld by huis
Inside:
Buurt op hol oor vark DESIREÉ RORKE
Inwoners in Dennestraat is ontstoke oor ’n vermeende onwettige varkslagting wat sowat ’n week terug almal in die woonbuurt op hol gejaag het. Maar wat belastingbetalers nog meer dwars in die krop steek, is die feit dat nog die polisie, nog die metropolisie, nog die DBV gereageer het op klagtes van die gemeenskap nie. Volgens Peter Sutter van die Brackenfell-belastingbetalersvereniging, het bure hom verlede Saterdag kort ná 12:00 in kennis gestel oor drie arbeiders wat by Dennestraat 7 besig was om ’n groot vark se keel af te sny. “Die arme dier het blykbaar uit doodsvrees verskriklik geskree en een ouerige dame was in trane. Dit is nie die eerste keer dat so iets by hierdie huis gebeur nie. Die vorige week het een ooggetuie beweer dat twee skape hier geslag is,” vertel Sutter aan TygerBurger. Hy het onmiddellik die polisie, wetstoepassing en die DBV in kennis gestel. “Teen 17:00 het nog niemand opgedaag nie. Terselfdertyd was die ‘slagters’ besig om die afval in die tuin te begrawe. Dis skokkend en onaanvaarbaar hoe swak munisipale dienste en polisie in ons
land geword het,” sê hy. Die Stad Kaapstad kon nie verduidelik hoekom die Stad se metropolisie nie op dié dag gereageer het op die klagtes nie, maar het wel bevestig dat die gesondheidsdepartement twee keer daarna by die huis was. “Ongelukkig was niemand by die huis nie en die beamptes kon nie toegang kry tot die perseel nie. Geen gesondheidsoortredings is egter geidentifiseer van waar die beamptes gestaan het nie,” sê raadslid Lungiswa James, burgemeesterskomiteelid vir gesondheidsdienste. Volgens hom sal die Stad se gesondheidsdienste verdere pogings aanwend om ’n inspeksie op die perseel uit te voer. Die slagting van diere word gere-
Faks: 021 910 6501
guleer deur die wet op die veiligheid van vleis. In terme van die wetgewing mag geen persoon enige dier slag behalwe by ’n abottoir nie, en dat sulke vleis nie verkoop mag word of beskikbaar gestel mag word vir menslike verbruik nie, behalwe as dit vir eie gebruik of vir kulturele of geloofsdoeleindes gedoen word. Omliggende bure beweer egter dat die slagting nié vir geloofsdoeleindes was nie, juis omdat die eienaar nie tuis was nie en omdat dit glo gereeld gebeur. Die DBV van Kaapstad het bevestig dat hulle wel ’n klagte ontvang het, en dat inspekteur Gareth Petterson onmiddellik gereageer het.
Win tickets to Stormers game
8
Juanita by Oppieberg
16
Altin is in die kol!
32
preparations for the summer season • a million visitors • traffic services • metro police • shark s blue flag beaches • fire and rescue services • refuse removal • major roadworks update • energy energy-efficient festive lights • green point stadium update • dam levels • electricity usage th reporting traffic light faults • free vehicle safety checks • cleanest drinking water • city health Don’t miss your copy of jobs CityNews in this newspaper next week. combating fraud & corruption • no more for buddies • scottsdene innovation gap housing low-cost solarIt’s water heaterwith installations • upgrades to councilfor housing • tips for safe this packed news and information residents andstaying visitors. understanding electricity tariffs • visit the city’s nature reserves • useful contact numbers & ad
CITYNEWS