BRACKENFELL • Poles, Latte, Droppers • Decking, Balau etc. • Timbacore Fencing • Wendy houses & Cabins • Railway sleeper furniture • Structural Timber etc.
021 949 5555 • Stikland Next to R300
Woensdag, 10 September 2014 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za | www.tygerburger.co.za
Those with nerves of (blue)steel Competition was tough at the annual trolley race at Paarl School in Brackenell on Friday. The beautiful and the brawny vied for the winning position. Read the story and see more photos on page 4. Here Candice da Rocha, Bonnie Wolhuter and Nici van Heerden race with Chule Zibulani in the trolley, while Tiaan Koch and Shane Hodges, admit defeat. More on page 4.
SENTRUMMISDAAD: ONDANKS VERSKERPTE SEKERHEIDSMAATREËLS SLAAN DIEWE
CapeGate wéér beroof DESIRÉE RORKE @dezzierorke
T
en spyte van verskerpte sekerheidsmaatreëls was daar weer Maandagoggend ’n gewapende rooftog in die CapeGate-winkelsentrum in Brackenfell. Dit was die tweede keer dat die spesifieke sportwinkel vanjaar beroof is en die vyfde rooftog-voorval vanjaar by die winkelsentrum. Volgens ao. Erica Crous, polisiewoordvoerder, het vier gewapende rowers om on-
geveer 09:10 by Sportscene ingestap. “Hulle het die twee winkelassistente en nog drie mense wat etlike minute later die winkel ingekom het, in die stoorkamer met wapens aangehou, terwyl een van die assistente die kluis moes oopsluit,” sê sy. Volgens Crous het hulle die sentrum per voet verlaat en is dit nie in die stadium seker by watter uitgang hulle die sentrum verlaat het en of hulle deur sekerheidspersoneel gewaar is nie. “Die polisie was egter baie vinnig op die toneel, waarna al die ingange afgesper is. Dit
was skynbaar te laat, want die rowers was toe reeds weg,” sê sy. Die rowers het weggekom met ’n groot kontantbedrag en talle selfone. Met die vorige rooftog-voorval op 19 Maart vanjaar is die winkel ook geplunder deur vier gewapende rowers, wat nog op vrye voet is. Die mans het die winkel toe om ongeveer 19:00 binnegekom. Die winkelassistente is met skoenveters vasgemaak, terwyl die bestuurder die kluis oopgesluit het.
Hulle is ook vort met kontant en selfone. Ná dié rooftog het die sentrumbestuur hul kommer uitgespreek. Hulle het gesê dat sekerheid by die sentrum opgeskerp sal word. Talle TygerBurger-lesers het sedert Maandag hul misnoeë oor die voorvalle uitgespreek op die koerant se Facebook-blad nadat die storie kort ná die rooftog op die webwerf geplaas is. Melanie Coetzee het gesê dat kan nie meer so aangaan nie. V Na bladsy 2.
PARTY SUPPLIES - PARTY PACKS - SWEETS - COSTUMES - PACKAGING - COSTUME JEWELLERY - STICKERS - STATIONERY HALLOWEEN - GIFTS - RIBBONS - BUBBLES - DÉCOR - CANDLES - BALLOONS - HELIUM - ARTS & CRAFTS AND LOTS MORE
OPEN ON SUNDAYS
**SPECIAL ** HELIUM @ R5 PER BALLOON
8 NORTHUMBERLAND ROAD, BELLVILLE
TEL : 021 945 1004
EMAIL : info@funkystar.co.za
TRADING HOURS
MON-FRI SAT SUN FRIDAYS CLOSED BETWEEN
08:30 - 5PM 08:30 - 2PM 09:00 - 1PM 12:45 - 1:45PM