BRACKENFELL
BLACK FRIDAY SAVINGS!!!
ALL PLANTS
LESS 50% BLACK FRIDAY ONLY Offer valid 29 November 2019. While stocks last.
X1VUFF1L-AL271119
Woensdag, 27 November 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
11 tydskrifte + 35 koerante
Netwerk24. Alles op een plek.
Teken in by www.netwerk24.com.
BRACKENFELL-POLISIE: WIL STERK VERHOUDING MET GEMEENSKAP BOU
Nuwe bevelvoerder DESIRÉE RORKE @dezzierorke
H
y staan ses voet in sy sokkies, en met die eerste oogopslag is dit duidelik dat die gesoute polisieman iemand is wat die bul by die horings pak. Sedert November is kol. Jakobus Marthinus die nuwe bevelvoerder by die Brackenfell-polisiekantoor. Met die intrapslag maak Marthinus dit duidelik dat spanwerk tussen die polisie en gemeenskap van kardinale belang is. “Gemeenskapsveiligheid is net nie moontlik sonder die betrokke veiligheidstrukture soos die gemeenskapspolisiëringsforum, buurtwagte en sekerheidsfirmas nie,” sê hy. “In Brackenfell is die gemeenskap baie betrokke by veiligheid, en dit versterk die polisie. As stasiebevelvoerder wil ek voortbou op die sterk verhouding.” In dié verband beoog hy om meer erkenning te gee aan plaaslike private sekerheidsmaatskappye. “Hul rol in ons gemeenskap is onmisbaar en daarom moet hulle bemoedig en beloon word vir die harde en onbaatsugtige werk wat hulle doen,” sê hy. Volgens Marthinus handhaaf die Brackenfell-polisiekantoor ’n goeie standaard, maar is daar talle uitdagings. ’n Tekort aan personeel en voertuie is een so ’n uitdaging. “Ek gaan my daarop toespits om te verseker dat die Brackenfell-polisie eersdaags te alle tye aan die vereistes van minimale ontplooiing voldoen,” sê hy. In Brackenfell is die vereistes ses polisiemanne en drie voertuie per skof. Ander uitdagings in dié voorstad sluit in onwettige minibus-taxiroetes en misdadigers uit ander areas wat hul misdaad in Brackenfell kom pleeg. “Brackenfell is ook ’n baie diverse gemeenskap wat by die dag uitbrei as gevolg van nywerheids- en residensiële ontwikkeling. Daarmee saam is daar ook daagliks ’n groot instroming van mense in en uit die voorstad vir werk.” Al dié faktore moet in ag geneem word wanneer veiligheidsplanne in werking gestel word, sê hy. Marthinus sê eiendomsmisdaad soos dief-
stal is steeds een van die grootste probleme in Brackenfell. “Die gemeenskap sal moet besef dat daar ’n geleentheid geskep word vir ’n misdadiger elke keer as jy ’n waardevolle artikel in jou motor of buite op jou stoep los.” Marthinus het sy loopbaan in die polisie in 1985 by die Robertson-polisiekantoor begin. Hier is hy in 1998 in die rang van adjudant-offisier as een van die jongste stasiebevelvoerders aangestel . In 2000 is hy verplaas na Bonnievale as stasiebevelvoerder en in 2005 na Kleinmond, waar hy tot en met 2014 die stasiebevelvoerder was. Dis veral hier dat hy uitdagings soos ’n tekort aan personeel en ’n uitgebreide stroopnetwerk moes takel. Tussen 2014 en 2019 was hy stasiebevelvoerder in Ladismith, waar hy ook in 2015 aangewys is as die beste stasiebevelvoerder vir die jaar. Dié kantoor is ook in 2017 aangewys as die bespresterende in die kluster en die naasbeste in die Wes-Kaap. Marthinus bedank die kantoor se bestuur en Vispolhoof, kol. Jerome Syster, wat ’n jaar lank as stasiebevelvoerder moes waarneem. “Die personeel en die gemeenskap het my ook met ope arms ontvang, en daarvoor is ek baie dankbaar,” sê hy.
Die nuwe stasiebevelvoerder by die Brackenfell-polisie, kol. Jakobus Marthinus. FOTO: DESIRÉE RORKE