TygerBurger Brackenfell - 24 February 2021

Page 1

BRACKENFELL

Woensdag, 24 Februarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

Rook en oker:

@TygerBurger

TygerBurger

Kinders kyk hoe ’n veldbrand langs Fairtreesweg tussen Vredekloof en Eversdal Vrydag laatmiddag geblus word. Brandweermanne van Durbanville, Bellville en Goodwood het die brand geblus. FOTO: NATALI VARNEY

BRACKENFELL: VREES NÁ PITBULL-TERRIËRS HONDE BYT

Man beseer in aanval DESIRÉE RORKE @dezzierorke

I

nwoners van Sonkring is baie angstig ná ’n aggressiewe honde-aanval in Graaflandstraat waarin twee pitbull-terriërs deur ’n motorhuisdeur gebreek en twee honde buite die erf aangeval het. Die aanval het Dinsdag 15 Februarie omstreeks 12:00 plaasgevind. Natasha Mostert, wie se twee honde ernstig beseer is, sê haar man, Kobus, het hul honde, Ava, ’n Australiese beeshond, en Heidi, ’n St. Bernard op die betrokke dag vir hul daaglikse stap gevat. “Hy was besig om Ava se halsband ná die stap af te haal toe sy onder sy hand uitgeglip

en weer na buite gehardloop het. Sy het om die draai gedraf, waar sy op die oprit van die huis deur die twee honde gegryp is. Die pitbull-terriërs was agter ’n motorhuisdeur toegemaak, maar het die deure oopgebreek om haar aan te val,” sê Natasha. “Alle hel het losgebreek. My man het dadelik tussenbeide probeer tree, maar het 10 minute lank gesukkel om die honde van Ava af te kry. Hy het sy hand in die proses gebreek. Geskokte inwoners het begin skreeu vir hulp en later het drie of vier ander mense in die straat nader gedraf en begin help om Ava uit die honde se kake te red. Hulle het die honde probeer aftrek, geslaan, water gegooi en selfs pepersproei gespuit, maar die honde wou nie laat los nie. Ná tien minute,

wat soos ’n nagmerrie gevoel het, het Ava losgekom. “Heidi, ons eenjarige St. Bernard, het intussen ook agter my man aangehardloop en is toe ook deur die pitbull-terriërs bespring. “Hulle het haar platgetrek op die grond en net aanhou byt en byt. Weer het my man verwoed geveg om haar uit die honde se kake te bevry. Gelukkig het die honde se eienaar, wat intussen gekontak is, daar aangekom om te help om sy honde in bedwang te kry. “Ava het baie ernstige beserings opgedoen en Heidi se hele lyf is gekneus en vol bytwonde. Haar dik hare het haar baie beskerm. Kobus het sy hand gebreek en moet geopereer word,” sê sy. V Na bladsy 6

Kobus Mostert het sy hand gebreek terwyl hy probeer het om die pitbull-terriërs van sy hond af te kry.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.