BRACKENFELL
Woensdag, 18 September 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
11 tydskrifte + 35 koerante
Netwerk24. Alles op een plek.
Teken in by www.netwerk24.com.
Astronaut visits Brackenfell
Local learners and members of the public were dazzled by a talk by NASA astronaut Dr Don Thomas who visited Protea Heights Academy last week as part of his Space Tour in South Africa, to inspire what he calls the “Mars Generation”. Story on page 6.
SEKSUELE MISDADE: MEER SLAGOFFERS HET DIE MOED OM NA VORE TE KOM
Verkragting verdubbel DESIRÉE RORKE @dezzierorke
S
eksuele misdade in Brackenfell het ’n skerp toename getoon in vanjaar se misdaadstatistiek, wat op Donderdag 12 September deur die minister van polisie, Bheki Cele, vrygestel is. Die statistiek is gebaseer op sake wat tussen 1 April 2018 en 31 Maart 2019 by die Brackenfell-polisiekantoor aangemeld is. Verkragting in Brackenfell het verdubbel.
In totaal is 16 voorvalle aangemeld in vergelyking met die vorige jaar se agt voorvalle. Seksuele aanranding het van vyf voorvalle gestyg na 11 en ander seksuele misdrywe het toegeneem met 64% – van 17 tot 28 voorvalle. Die moordsyfer staan op nege voorvalle, dieselfde as die vorige jaar. Huisbrake het afgeneem met 7% met 362 voorvalle wat aangemeld is in vergelyking met verlede jaar se 390. Daar was ook in die afgelope drie jaar ’n groot afname in dié misdaad – in die 2016/2017 finansiële jaar is 440
sake aangemeld. Huisrowe het gedaal van 14 tot 12 voorvalle, terwyl rooftogte by sakeondernemings toegeneem het van 12 tot 16 voorvalle. Aanranding met die opset om ernstig te beseer het afgeneem na 20 voorvalle dié jaar in vergelyking met verlede jaar se 37 voorvalle. Algemene aanranding het toegeneem van 45 na 69 voorvalle. Victor Werner, voorsitter van die Brackenfell-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê hoewel misdaad in Brackenfell oor
die algemeen gedaal het, is die GPF bekommerd oor die moordsyfer. “Ons moet egter in ag neem dat die moorde nie in Brackenfell self gepleeg is nie. Die Bottelary-plaasgebied val onder die Brackenfell-polisie se jurisdiksie en word deur misdadigers gebruik om liggame te stort,” sê hy. Hy voeg by die afname in diefstal en huisbrake is ’n bewys van die goeie samewerking tussen die polisie, die 13 buurtwagte en plaaslike sekerheidsmaatskappye. V Na bladsy 2.