TygerBurger Brackenfell - 14 October 2020

Page 1

BRACKENFELL

GUARANTEED QUALITY AT YOUR FINGERTIPS

STARRY WILD JASMINE

WAS R79.95

NOW

R34.95 www.stodels.com

Offer valid until 18 October 2020 X1WC8RJJ-AL141020

Woensdag, 14 Oktober 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

ONLY 5 DAYS LEFT !

Valid @ all branches until Sunday 18 Oct 2020 While stocks last

BELLVILLE - 021 944 3330

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

TygerBurger

E&OE

Teken in by www.netwerk24.com.

SOSIALE OPHEFFING: VERSKEIE ROLSPELERS BETROKKE

Projekte saam aangepak CARINA ROUX

D

ie geheim van ’n suksesvolle projek is om saam met ander weldoeners in die gemeenskap te werk, glo Hester du To-

it. Du Toit is aan die stuur van die Bottelarytransformasieprojek, wat begin is as ’n projek van die NG kerk Sonstraal in Durbanville en ’n samewerkingsooreenkoms het met Shiloh Synergy in Brackenfell, ’n nie-winsgewende organisasie wat onder meer voedingsnood op groot skaal teiken. Bottelary-transformasie streef daarna om op verskeie gebiede ondersteuning te bied aan die landelike gemeenskap van die Bottelary-gebied, wat heelwat sosiaal-ekonomiese uitdagings het. Verskeie rolspelers uit Durbanville, Brackenfell, Kuilsrivier en Stellenbosch is deesdae betrokke en Du Toit sê sy glo daaraan om hande te vat met ander organisasies. Só het sy onlangs saamgespan met Sarlene Horne van die NG kerk Sonstraal, wat ’n uitdaging van die Winelands Toastmasterklub, waarvan sy ’n lid is, aanvaar het om tydens die pandemie ’n verskil te maak. Horne en ’n span vrywilligers van die kerk en die Toastmasters het sedert Maart reeds 200 spekbome en 10 vrugtebome gekweek. Op Saterdag 3 Oktober is moue opgerol om ’n groot aantal van die spekbome en vrugtebome by die Primêre Skool Bottelary te plant. Modelle, in samewerking met die organisasie Goodies for Girls, het saam met van die skool se leerders hul vingers vuilgemaak en

bome op die skoolterrein geplant. Du Toit sê Goodies for Girls, ’n organisasie wat sanitêre doekies en ander toiletware versprei om te verseker dat meisies in die skool bly, loop ook al ’n lang pad saam met Bottelary-transformasie en verskaf gereeld toiletwarepakkies. Du Toit sê die leerders het die boomplantdag baie geniet en sy glo dat hulle deur die spekboom-uitdaging ook nuwe insig gekry het in die mens se impak op die natuur. “Spekbome absorbeer koolstofdioksied en verander dit in suurstof – makliker as enige ander plant – en kan tot 200 jaar leef. Die plant het medisinale voordele en kan geëet word,” sê Du Toit. “Die blare het ’n suur smakie en spekboom-blatjang maak ’n smaaklike bykos.” Van die spekbome gaan ook geplant word op die stuk grond wat Pieter Bestbier van die plaas Goede Hoop beskikbaar gestel het aan Bottelary-transformasie, waar gemeenskaplede self groente kan verbou om ’n selfonderhoudende leefstyl te bevorder, sê Du Toit. TygerBurger het onlangs hieroor berig (“Groenteplasie met ’n ‘vars visie’ help honger stuit”, 09/09) Bottelary-transformasie het ’n holistiese benadering en help buiten voeding met uiteenlopende behoeftes – van leesprojekte en die verspreiding van skryfbehoeftes tot hulp met ID-kaarte of klere. Daar is dus verskeie maniere om betrokke te raak. V Kontak Hester du Toit by Bottelaryfeeding@gmail.com of 084 734 3006 of Low Botha by Shiloh Synergy by food@shiloh.co.za as jy ’n bydrae van R4,50 per ete wil maak.

Hospitaal in ligte laaie ’n Brandbestryder probeer Maandagaand (12 Oktober) om vlamme binne-in die Mediclinic Cape Gate onder bedwang te bring. Tertia Kruger, woordvoerder van die Mediclinic Cape Gate , sê in ’n mediaverklaring die brand het omstreeks 19:00 buite ’n opleidingslokaal in die hospitaal uitgebreek. “Geen pasiënte is beseer nie, terwyl twee personeellede vir rookinaseming behandel is.” Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdienste, het bevestig nooddienste is omstreeks 20:00 na die toneel ontbied. Brandbestryders van die Kraaifontein-, Durbanville-, Brackenfell- and Bellville-brandweer was op die toneel. Carelse het gister aan TygerBurger gesê brandstigting word ondersoek. FOTO: CECILIA HUME

SEED

GUARANTEED QUALITY AT YOUR FINGERTIPS

WAS 21.95

NOW

9.95

PETUNIA

NEMESIA

WAS 23.95

NOW

6 PACKS

19.95

www.stodels.com

CAPE DAISY

WAS 69.95

NOW

26.95

STARRY WILD JASMINE

ALYSSUM

WAS 69.95

NOW

29.95

WAS 79.95

NOW

29.95

CAPE DAISY HANGING BOWL

CALLA LILY

WAS 79.95

WAS 139.95

34.95

64.95

NOW

Bellville 021 919 1106 | Milnerton 021 528 4000 | Kenilworth 021 671 9050 | Bergvliet 021 794 2221 | Somerset West 021 852 7400

WAS 149.95

NOW

NOW

INDOOR

99.95

Offer valid until 18 October 2020. While stocks last. X1WCM89W-AL141020


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.