BRACKENFELL
LOW PRICES MORE GARDENING STAR JASMINE WAS 89.95
NOW
36.95 www.stodels.com
Offer valid until 15 March 2020 X1W33AM5-AL110320
Woensdag, 11 Maart 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
PROTEAHOOGTE: ONTFERM HOM OOR ‘SWENDELAAR’
Man (70) duisende kwyt DESIRÉE RORKE @dezzierorke
’n
Barmhartige bejaarde is sowat R310 000 kwyt nadat hy bevriend geraak het met en homself ontferm het oor ’n sjarmante “swendelaar”. Hennie van der Merwe (70) van Proteahoogte het dié 50-jarige man van Kuilsrivier – wie se identiteit aan TygerBurger bekend is – sowat nege maande gelede op ’n sosialemediaplatform ontmoet. TygerBurger verwys voorts in die berig na die verdagte onder die skuilnaam *Leon. “Hy het ’n paar keer by my kom kuier en ons het bevriend geraak. Hy het hartverskeurende stories oor sy persoonlike lewe vertel. Hy was besig om te skei en sy familie het hom glo finansieel uitgeroei. Hy het ook nie blyplek of kos gehad nie. Ek het hom jammer gekry en aangebied dat hy by my intrek,” vertel Van der Merwe. Van der Merwe se vrou is vyf jaar gelede oorlede en hy bly tans
alleen in ’n huis in ’n aftreeoord. Kort voor lank het Leon begin vra vir lenings om lewenspolisse en prokureurskoste te betaal, wat Van der Merwe in goeder trou aan hom geleen het. “Ek het nog altyd daaraan geglo om mense te ondersteun wat sukkel. Ek is so grootgemaak. Ek het in geen stadium vermoed dat hy my inloop nie. “Ek het selfs hondekos vir sy twee Yorkies gekoop, vertel Van der Merwe. Oor ’n tydperk van nege maande het hy hom R210 000 geleen. “Hy het my verseker dat hy R1,1 miljoen uit sy egskeidingsaak sou ontvang, waarmee hy die lenings sou terugbetaal. Ek het hom geglo.” Die bom het in Januarie gebars toe Van der Merwe sy vakansie in Buffelsbaai kortgeknip het om Leon op 20 Januarie met sy skeisaak in die hof te kom ondersteun. “Toe ek by my huis instap, het ’n vreemde man op die bank gesit. Leon het spierwit in sy gesig geword toe hy my sien.” V Na bladsy 3
“Hy het hartverskeurende stories oor sy persoonlike lewe vertel. Hy was besig om te skei en sy familie het hom glo finansieel uitgeroei”
Seisoen om te kamp vir skole Scarlet Wiehahn van die Laerskool Brackenfell is hier in aksie in die hindernis-uitdaging by die skool se jaarlikse S.O.S.-kamp vir graad 6-leerders, wat verlede week op Villiersdorp gehou is. Altesaam 180 van Brackies se graad 6’e het die kamp bygewoon terwyl die skool se altesame 207 graad 5-leerders en hul onderwysers by Bergkroon te Wellington kampeer het.
PREMIUM SAUSAGES
BURGER PATTIES Woody's Bacon & Cheese Burger
BUTCHERY
BACON
Woody's Smoked Kassler Steaks
Woody's Back Bacon Woody's Diced Bacon
Woody's Bacon & Cheese Braaiwors
R45.50
R82.50
EACH
Price valid till 31 March 2020 / While stock lasts. Visit our webpage www.woodysbrands.co.za Like us on Facebook Follow us on Instagram
per kg
Woody's Smoked Belly Rashers
Woody’s Bacon Chilli & Cheese Burger
R82.00
per kg
Woody's Catering Bacon
R57.50
per kg
R45.50
EACH
R15.
00 EACH
R94.00
per kg
R59.00
Kraaifontein: Factory shop, 7 Assegaai Road, Kraaifontein Industria, Cape Town / Mon - Fri 08:00 - 18:00 / Sat 08:00 - 12:00 / Tel: 021 987 8188
per kg