BELLVILLE
B u r g e r E -pos: tyger@dieburger.com
Woensdag 21 Maart 2012
Tel: 021 910 6500
Cindy Jacobsz en haar dogters Maryce (19) en Erica (15).
Faks: 021 910 6501
Inside:
Mistaken identity
3
Giving responsibly
7
) Gedeeltelike blinde val in pylvak
Argus eindig seer JANA BEKKER
Die laaste gebeurtenis wat Cindy Jacobsz (46) van Boston van die Argus-fietswedren kan onthou, is hoe sy vir haar tandem-maat sê hulle is in die pylvak. “Nou is die ergste verby,” was Cindy, wie gedeeltelik blind is, se woorde aan Mickey Minie (40) van Brackenfell. Die ergste sou egter nog kom, want minute daarna het ’n ander fietsryer voor hul ingeswaai. Mickey moes noodgedwonge uitswaai en met dié het hul fietswiel ’n katogie op die pad getref en het die fietsband gebars. Die volgende wat Cindy kan ont-
hou, is toe sy in die hospitaal haar bewussyn herwin het. Sy en Mickey het goed gevaar en hulle was teen die laaste helling op pad af van Suikerbossie, die laaste opdraand van die fietstoer en 14 kilometer voor die eindstreep, toe hulle om 10:45 val. “Ek onthou ek het gesien ons ry 66 km/h net voor ons geval het,” sê Mickey. Na die val by die 96 km-merk, was Cindy bewusteloos en het harsingskudding opgedoen. Albei haar knieë was stukkend geval en haar pelvis gekraak. Na meer as ’n week in die hospitaal het ’n groot roof langs haar oog byna heeltemal genees, maar dit sal nog ’n hele ruk wees voor sy weer op ’n fiets kan klim. Bloeding agter haar regteroog
veroorsaak dat sy soms ’n swart kolletjie sien. Cindy het vanjaar vir die vierde keer aan die Argus deelgeneem. Sy het die Argus gery onder die vaandel van die SA Vereniging vir Blindes. Met kontaklense sien Cindy omtrent 15%. Dit is die eerste keer dat sy nie die Argus voltooi het nie – in 2008, 2009 en 2010 het sy wel dié wedren klaargemaak. Mickey, van Brackenfell, beskryf die voorval as iets wat heeltemal te vinnig gebeur het. Sy ribbekas is gekneus en hy het heelwat skaafmerke. Na die val het hy by Cindy gelê tot ’n ambulans albei na die Groote Schuur-hospitaal geneem het. Mic-
key is Sondagaand ontslaan en Cindy is later na die Louis Leipoldt-kliniek oorgeplaas. Die ongeluk het haar nie ’n vrees vir fietsry gegee nie. Die Vrydag na die Argus het sy vir die eerste keer uit haar hospitaalbed opgestaan en geloop. Uit haar hospitaalbed praat sy opgewonde oor die gees wat by die Argus geheers het. “Die gees maak dit absoluut die moeite werd om deel te neem,” sê sy. Cindy is baie spyt dat sy nie die wedren kon voltooi nie. “Daar is trane in jou oë wanneer jy oor die eindstreep ry,” onthou sy haar ervaring van vorige jare. “Ek is vanjaar ook oor die eindstreep. Dit was net in ’n ambulans,” sê sy.
Lag weer ’n slag
16