TygerBurger Bellville - 23 September 2020

Page 1

BELLVILLE

Woensdag, 23 September 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

NYWERHEIDSGEBIEDE: STAD WIL ONDERNEMINGS HELP

Plan kom om sake te red DESIRÉE RORKE @dezzierorke

’n

Oil threat? The beautiful Majik Forest in Bellville is possibly under threat due to a suspected oil spill into its river. The City of Cape Town is still waiting for test results, but suspects it could also be due to natural iron-oxidizing bacteria, which forms similar orange plumes and layers in springs. Read article on page 3. PHOTO: TARYNN BRESLER

Program om sake-ondernemings in Kaapstad te red, is verlede week deur die Stad Kaapstad van stapel gestuur en opnames by ondernemings in nywerheidsgebiede in Brackenfell, Bellville en Parow word tans gedoen. “In ’n poging om ondernemings te help om van die impak van inperking te herstel, werk ek onverpoos saam met my amptenare by die Stad se departement ondernemings en investering om te verseker dat plaaslike ondernemings nie sluit nie, maar eerder groei,” sê James Vos, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede in die Stad Kaapstad. Die departement volg ’n tweeledige benadering om sake-behoud en -uitbreiding in Kaapstad te help verseker. Die eerste benadering behels opnames by ondernemings in elk van Kaapstad se 26 nywerheidsgebiede. “Dié program is ’n gemeenskapsgeborgde inisiatief en behels ’n plaaslike taakspan van gemeenskapsvrywilligers wat onderhoude by ondernemings gaan voer om onder meer vas te stel wat hul huidige behoeftes, kommer, voorstelle en persepsies is,” verduidelik hy. “Die idee is om na kwessies te kyk wat binne ons (Stad Kaapstad) beheer is, en wat die groei van ondernemings belemmer. “Die voordele hiervan is dat ons dringende sake in die kort termyn kan identifiseer wat sake in die wiele ry, en waaraan ons dan

binne ons mandaat kan aandag skenk.” Die opname sal dan in die langer termyn help om meer sistemiese kwessies te identifiseer wat aandag moet kry. Vos beoog om ná die opname aksieplanne in werking te stel om struikelblokke op te los en geleenthede te identifiseer. Die program sal aanvanklik, en weens personeeltekorte en begrotingsbeperkings, in drie gebiede bekend gestel word. “Ons moet aan die gang kom, al is dit net in drie gebiede; dit is beter as om niks te doen nie, en ons hoop om die program so gou as moontlik in nog baie ander gebiede in werking te stel,” sy hy. Die eerste opnames behoort teen die einde van September afgehandel te wees, waarna die ontleding aan die begin van Oktober gedoen sal word. “Ons verwag om teen die einde van Oktober al aksieplanne opgestel te hê.” “Die getal ondernemings wat ons sal kan help, sal bekend wees sodra ons die opname gedoen, dit ontleed en geïdentifiseer het waarmee die Stad binne sy magte kan help,” sê hy. Die tweede benadering behels die identifisering van en bystand aan sakeondernemings wat tans swaarkry. Die doelwit van die sakesteunprogram is om ondernemings te help om uitdagings soos afname in winste, verkope of kontantvloei aan te pak. “Hiermee wil ons help om moontlike likwidasie, sluiting of werksverliese te voorkom.” V Na bladsy 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Bellville - 23 September 2020 by Tygerburger Newspaper - Issuu