TygerBurger Bellville - 15 January 2020

Page 10

10 TYGERBURGER Bellville

WAT DIE HART VAN VOL IS

HOOFARTIKELBLAD

Woensdag, 15 Januarie 2020

SLICE OF LIFE

Nie huil of huil, nou kan jy self kies Jare gelede het mense by geleentheid gekla oor die kos wat die Suid-Afrikaanse Lugdiens op sy vlugte voorsit. Wyle Hendrik Schoeman, toe minister van vervoer, se antwoord hierop in die Parlement was: “Man, wil jy vlieg of wil jy vreet?” Ek wil dit effens aanpas na “Man, wil jy vlieg of wil jy stilte hê?” Want in ’n vliegtuig is jy oorgelewer aan wat die mense om jou doen. Daar is straks ’n huilende baba. En die baba het seker ook geen keuse nie, want iets pla. Nou het ons ’n dilemma, want soms duur die vlug twaalf uur lank of meer. Ek het simpatie met hulle en met die ouers. Babas is in die algemeen heel bekoorlik, al is dit iemand anders s’n. En natuurlik huil hulle van tyd tot tyd. Dis hoe hulle kommunikeer. In ’n vliegtuig word die lugdruk kunsmatig beheer om dit dieselfde as op die grond te hou, anders sou passasiers nie kon asemhaal nie. En dis heel dikwels wat ’n kindjie se ore laat pyn. Bo in die lug is mense woelig, party drink te veel, party skreeu in die ry af na iemand anders of die lugverkoeling drup die heeltyd in jou nek. Op een so ’n internasionale vlug het ’n pa met ’n baba in sy arms gesit – ma was nie by nie – en die baba het met die opstyg begin huil. En gehuil en gehuil en gehuil. Arme pa. Ná so vyf uur het die ander passasiers begin kla. Toe kom ’n vlugdoedie en praat met die pa. En toe ons weer hoor, is sy en die pa behoorlik in ’n yelling contest gewikkel, alles in Chinees, sien. Hy is blykbaar toe as ’n vlugrisiko beskou, want ’n mens stry nie met ’n lugwaardin nie. Toe die vliegtuig in Hong Kong land, was die sekuriteitsmanne by die deur om die pa in te wag. Hulle wou kennelik nie vir die baba ’n nuwe nappy aansit nie, maar het die pa berispe en laat gaan. Ek het hom jammer gekry. Daarna het ek nog lank gewonder oor babas op vliegtuie. Hulle kan nie verbied word nie, maar ander passasiers kan ook nie verontrief word nie. Nou het Japan Airlines besluit hy waarsku mense wanneer hulle plek bespreek as daar babas op die vlug gaan wees, en waar hulle gaan sit. Dis al ’n goeie begin om die probleem op te los. Maar wat van diegene wat ná jou bespreek? Ek doen graag ’n oplossing aan die hand: reserveer die agterste vyf rye sitplekke vir ouers met babas. Dan weet almal mos hulle moet elders sit as hulle stilte soek terwyl hulle daar tussen die wolke aan hul Moët et Chandon teug. Maroela Media het mense vir kommentaar op Japan Airlines se besluit gevra. “Sit oorpluisies in jou ore of luister musiek. Tien teen een snork jy soos ’n vark wanneer jy slaap,” lui een. En “Net so erg (as huilende babas) is pongende voete wat uit die skoene gehaal is op ’n 13 uur lange vlug...” Nog een: “Kan hulle ook aandui waar oorgewig mense sit – sal daai sitplekke ook wil vermy.” Ander sê weer: “Klomp suurgatte. Dis die probleem met die samelewing: alles gaan oor EK. EK het vir my kaartjie betaal. EK verdien stilte. EK, EK, EK.” Iemand anders sê “Ons geniet dit as kinders op die vliegtuig is en dit pla ons nie. Die meeste ouers is ‘vlieg-wise’.” Vanmelewe kon ’n mens ook kies waar jy wil sit: rook of nie-rook. En as almal nou weet die agterste deel van die vliegtuig is gereserveer vir ouers met babas, sal hulle tog weet hulle moet eerder elders sit. Dis huil of nie-huil. Ek sê: “Briljant Japan Airlines, briljant!” Kom ons hoop ander lugdienste volg die voorbeeld. Maar wag, my kind huil. Waar is daai dummy nou weer? – Werner van Tonder

“Sit pluisies in jou ore of luister musiek. Tien teen een snork jy soos ’n vark...”

Shaking things up: Once again, one of Africa’s biggest annual cultural events, the Cape Town Street Parade did not disappoint. Altogether 42 troupes, compromising approximately 10 000 performers, participated in this year’s event on Saturday 4 January. The groups marched from Hanover Street in District Six, along Darling Street past City Hall and the Grand Parade before taking a route that came to an end in the Bo-Kaap.

BRIEWE briewe@tygerburger.co.za | Posbus 747, Bellville 7535 | Briewe wat nie langer is as 250 woorde nie, sal voorkeur

The road sign we don’t learn about

geniet. Verskaf asb. u naam, adres en telefoonnommer by (nie vir publikasie). Spertyd is Vrydag om 12:00

What are they Dankie dat julle my pa gehelp het after now . . . Barely five days into 2020, and Eskom decides to start their excuses of loadshedding. What are they after now? More money to pocket, undeserved bonuses or whatever they can think of? When are the corrupt “cronies” going to “pay back the money they wasted”? When is JZ going to own up for his part in the failure of those “so-called plants, Medupi or whatever it is called”? When are the municipalities which owe money to Eskom, going to start paying their debts? When are the illegal connections going to be stopped? Eskom is well aware of the illegal connections, but doesn’t do a thing to stop it. When is the president going to put a stop to all this and government going to stop playing the “blame game” while the poor man in the street has to put up with all this nonsense? Are we going to be compensated for our food going off in the refrigerator, for our electrical appliances being messed up due to loadshedding? Or is the “blame game” now going to shift to the new person in charge? When the new person has inherited all the “incompetent staff” who created the whole mess in the first place. TOTALLY UPSET E-mail

My pa van Worcester, wat in Desember by ons gekuier het, het twee dae na Kersdag besluit om die middag litte los te maak en daarop aangedring om winkels toe te stap in stede van dat ek hom neem. Hy het in Okavangoweg, naby Makro, gestruikel en hard geval. Aan die mense wat gestop het om hom te help, en veral die man wat hom ’n geleentheid huis toe gegee het, wil ek net baie dankie sê. Hy het ’n wit bakkie gery met ’n Somerset-Wes-registrasienommer. Buiten sy nerf-af knieë, en seer armspiere is die ouman darem okei. Julle hulp word opreg waardeer. CECILIA Langeberg Ridge

Parkering is ’n pyn Durbanville brei ontsettend vinnig uit en met die opening van al hoe meer winkelsentrums lok dit nóg meer motors en mense van buite. Aan die oostekant van Durbanville kry ons vier winkelsentrums – Graanendal, Pinehurst, Cobble Walk en Glengarry, waar baie van Durbanville se inwoners hul inkopies doen. Dit verlig definitief baie van die instroming van motors en besoekers aan die middedorp. Aan die westekant van die dorp, met die ontsettende

groot uitbreiding van Clara Anna Fontein en D’Urbanvale reeds daar, dink ek sal ’n winkelsentrum op die Vissershokpad groot verligting in die toekoms bring. Met 500 woonerwe, omtrent 100 woonstelle, ’n aftreeoord en privaatskool is my vraag, waar gaan al die mense hul motors in die dorp parkeer? T.H. CARSTENS Durbanville

Titanium, ons is baie dankbaar Ek wil graag hiermee my waardering uitspreek teenoor Titanium se paramedici vir hul uitstekende diens. My man het op 23 Desember geval en sy been net onder die heup op drie plekke gebreek. Ek het nie geweet watter kant toe nie en het dadelik vir Titanium geskakel. Die vrou wat die foon geantwoord het, het my kalm gehou en al die besonderhede geneem. Dit was ’n kwessie van minute toe stop hul ambulans by ons en die manne was uitstekend om hom te help en na die hospitaal te vervoer. Hulle het daar gewag totdat hy mediese hulp by die trauma-afdeling kon kry. Dit is net fantasties om te weet dat Titanium nie net na ons veiligheid omsien nie, maar ook mediese bystand kan verskaf in ’n tyd van nood. Baie dankie Titanium, ons waardeer julle opreg. ALIDA CRONJE E-pos

If you pay attention while you drive you will notice them on the side of the road. They are right here in our suburbs and along our motorways. They are a warning to all of us, but we probably disregard them pretty much the same way we do stop signs. Crosses, too many crosses on the side of the road. Behind each cross is a story of great heartache and lives lost too soon. I have noticed it before but even more so now after my family has planted its own cross. My son was a passenger when he died, taking with him hopes and dreams that will not be fulfilled. It took a year before we felt ready to plant our cross. Last week we went out to the crash site to see if the cross was still in place and to take fresh flowers. As we stood at the very place where my son took his last breath two cars came speeding past us, the lady was talking on her cellphone and not far behind her a guy in a bakkie, driving so fast that I heard him well before I saw the vehicle. We complain about the crime and corruption in our country, but we cannot obey the basic laws of our roads. Those crosses are sending us a message and pleading with us as drivers to slow down, stop at the red lights, ignore our cellphones, stay in our lanes and not get behind the wheel after consuming alcohol. To the families who have a cross on the side of the road, I wish you peace as you enter another year without your loved one. GRIEVING MOM Email


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.