TygerBurger Kraaifontein 20171115

Page 1

KRAAIFONTEIN

WINNER BEST

earinstitute

FREE NEWSPAPER IN SA

SUMMER SPECIAL T & C’s Apply

Bellville | Tel:(021) 949 - 2900 www.earinstitute.co.za

HUGE VARIETY OF POTS UP TO

50% OFF

Offers valid until 19 November 2017. While stocks last.

X1U29XGH-AL151117

Woensdag, 15 November 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

ONDERVRAGING: HOFERKENNING DUI DAAROP DAT TOLLIE ...

Insolvente korporasie bedryf

VERSLAGSPAN

J

Yay for Buhle! Buhle Mene recently received a new wheelchair from the Tygerberg Association for Persons with Physical Disabilities. This was made possible through bread­bag tags collected by DB Janse van Rensburg and his school mates from Paul Roos. From left are DB, Zikhona Mene and her daughter Buhle (8), and Damian Willemse. Full story on page 2. PHOTO: CARINA ROUX

acques de Villiers, die plaaslike ontwikkelaar Tollie van der Westhuizen se maatskappy-rekenmeester, het in die hof erken dat Van der Westhuizen sy beslote korporasie, Fynbosland 304 BK, reeds sedert 2015 as ’n insolvente maatskappy bedryf het; maar op die voorwendsel dat dit solvent was. De Villiers het dit nou uiteindelik aan die registrateur van Beslote Korporasies gerapporteer, soos hy verplig is om te doen ingevolge die Wet op Beslote Korporasies. Dié erkenning het nou na vore gekom tydens ’n insolvensie-ondervraging in die Bellville-landdroshof op 27 Oktober met betrekking tot die likwidasie van Fynbosland in Oktober 2016. Dié likwidasie het voortgegaan terwyl ’n bedrag van R770 000 nog geskuld is aan James Vos, ’n parlementslid en DA-woordvoerder vir toerisme. Dit blyk uit die finansiële state, wat De Villiers opgestel het, dat miljoene rande deur Van der Westhuizen ingevorder is. Uit die ondervraging van De Villiers blyk dit ook dat hierdie geld oorbetaal is, terwyl Fynbosland insolvent was. Volgens De Villiers is die geld wat Vos en ander kliënte betaal het vir deposito’s op huise in ’n plot-enplan-ontwikkelingskema, as bedryfsinkomste in die finansiële state aangeteken is. Volgens hom het Van der Westhuizen hom nie verwittig daarvan dat dié betalings deposito’s op huise was wat nog nie gebou is nie. Hy was glo ook onder die indruk dat die huise reeds gebou was. Indien Van der Westhuizen hom nie onder hierdie vals indruk gebring het nie, sou hierdie geld nie in die

state van Fynbosland as inkomste aangeteken gewees het nie. Dié ontwikkelingskema in Langeberg Ridge het egter nooit gerealiseer nie en Vos se geld is nooit terugbetaal nie. Van der Westhuizen het voorheen erken dat Fynbosland skuld van miljoene rande het. Van der Westhuizen is ook die party wat Fynbosland laat likwideer het in 2016 tydens ’n regsgeding met Vos. De Villiers het gesê dat Van der Westhuizen onder meer ook ’n salaris en ’n lening van honderde duisende rande getrek het, wat aan Fynbosland oorbetaal is. De Villiers het verder tydens die insolvensie-ondervraging erken Van der Westhuizen was nie op hierdie geld geregtig nie, terwyl Fynbosland in insolvente omstandighede handel gedryf het, en die huise waarvoor mense betaal het, is nooit gebou nie. Volgens Vos se prokureur, Leon van Rensburg, moes dié geld ten beste vir Fynbosland en Van der Westhuizen as krediteure aangeteken word en in ’n aparte trustrekening bewaar word. Van Rensburg is verder van mening dat aangesien Fynbosland nooit as huisbouer geregistreer is by die NHBRC (’n statutêre liggaam wat huiskopers teen swendelary beskerm) nie, geen geld ooit deur Fynbosland ingevorder moes gewees het vir die bou van huise in die eerste plek nie. Van Rensburg het aangevoer dat indien De Villiers dié gelde nie as bedryfsinkomste aangeteken het sodat die maatskappy op skrif solvent kon bly nie, sou Van De Westhuizen nie geld uit Fynbosland kon getrek het of aangehou het om geld van voornemende huiseienaars te vorder nie. V Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Kraaifontein 20171115 by Tygerburger Newspaper - Issuu