1 minute read

HOËR VOLKSKOOL EERSTESPAN HOKKIE

Janro Malan

EERSTESPAN HOCKEY AFRIGTER: HOËR VOLKSKOOL

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by die interskole te wagte wees van julle span?

Die skool en ouers kan ‘n span verwag wat ‘n goeie fondasie het. Ons is al diep in die seisoen, waar ons ook aan verskeie toernooie deelgeneem het. Die span het van krag tot krag gegaan en bou op elk van ons vorige wedstryde en sien uit na nóg ‘n wedstryd waarop ons kan trots wees.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons krag lê daarin dat ons ‘n eenheid is. Ons is nie net spelers nie, ons is ‘n familie.