1 minute read

Estene Coetzee Romanicha

AFRIGTER: HOËR VOLKSKOOL

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span?

Die span het ‘n hele paar graad 12 spelers wat hulle laaste netbalwedstryd as skolier van Volkskool (12 jaar se skoolnetbal) gaan speel. Vir hulle is dit beslis ‘n hoogtepunt en wil hulle ook hulle skoolnetbal op ‘n hoë noot afsluit. Toeskouers kan dus weet dat elke leerder haar heel beste gaan gee vir haar span, en die skool met trots gaan verteenwoordig.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

In ons liefde vir die sport en liefde en trots vir ons skool. Daar is ‘n aanhaling deur Will Rogers wat sê: “If you want to be successful, love what you are doing.” Die span se groot fokus is om dit wat hulle op die baan doen, te geniet en hulle liefde vir die sport met hart en siel voluit uit te dra deur hul spel.

Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?

Ons span het gegroei as `n eenheid. Ons is nou `n familie en nie net `n span nie.

Hoe motiveer jy jou span?

Ek motiveer ons span deur hulle te herinner aan ons visie en doelwitte. Ek gee ook vir hulle erkenning waar nodig is.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?

Jay-Lynn Daniels, sy is regtig behulpsaam met opwarming by oefeninge en wedstryde, en sy motiveer my wanneer ek moedeloos raak.

Wat wil julle as `n span die jaar bereik?

Ons as span wil graag hierdie jaar op `n hoogtepunt afsluit. Ons Interskole is ons hoogtepunt en dit sal my baie trots maak as elke speler net sy heel beste hierdie Interskole gee en dit ook geniet.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek wil graag die kennis wat ek op skool opgedoen het, saam met my neem en my netballoopbaan op Universiteit voortsit.