Southern Cape (October 2016) Primary - High Schools

Page 4

LAERSKOOL BLANCO Laerskool Blanco blink uit in landswye kompetisie Koorkoors loop hoog by Laerskool Blanco! Die skool het ‘n uitsonderlike prestasie behaal deurdat beide die junior en senior kore deurgedring het tot die Sing in Harmonie-finaal, wat op 28 November 2016 in Jeffreysbaai plaasvind. Sing in Harmonie is die grootste skolekoorkompetisie in SuidAfrika, en word vir die afgelope twee jaar op KykNet uitgesaai. Hierdie jaar het sowat 90 skole van regoor die land deelgeneem aan die kompetisie, en dit is die eerste keer in die geskiedenis van die kompetisie dat die junior en senior kore van een skool deurdring na die finaal! Wat ‘n wonderlike prestasie vir die relatiewe klein skooltjie, met slegs 360 leerders! Onder leiding van Clarise Pretorius en Chantelle Hattingh word daar met toewyding geoefen en gesing. Daar word ook hard gewerk om fondse in te samel om alle koorlede die kans te gun om hierdie besonderse geleentheid by te woon. Laerskool Blanco hoop om die naam van George en die hele Suid-Kaap hoog te hou en as trotse wenners met die beker terug te keer!!

(t) 044 870 7380 (e) reception@fairmont.co.za

The Incredible Dog Show

Nuwe skoolhoof Baie welkom aan mnr. Gerhard Ackerman, ons nuwe skoolhoof. Die personeel en leerders is baie opgewonde om saam met u die nuwe pad te stap.

Laerskool Blanco se personeel en leerders was vermaak deur The Incredible Dog Show, aangebied deur Lloyd Bristow.

LAERSKOOL GEORGE-SUID (t) 044 873 3464 (e) tpretorius@lgs.co.za LGS geniet Kleure-atletiek LGS het Vrydag, 14 Oktober ons jaarlikse Kleure-atletiek gehou. Buiten al die rekords wat gebreek is, het die leerders dit vreeslik geniet. Daar is ‘n totaal van 17 rekords by vanjaar se byeenkoms gebreek. Die wenners was die Geelspan met 1 443 punte, die Groenspan het tweede geëindig met 1 354 en die Rooispan het derde plek behaal met 1 316 punte.

GEORGE VOORBEREIDINGSKOOL Voëlverskrikkerkompetisie Die Graad 3’s se Alice in Wonderlandvoëlverskrikker het ‘n tweede plek verwerf by die Aarbeiplaas se jaarlikse voëlverskrikkerkompetisie.

Nuwe hempies Nuwe hempies vir die Graad R-groep.

OOV-mammas Thalia Pollock, Rialene Lutsch en Tracey Palmer pronk met die nuwe ontwerp.

Page 4

AWSUM NEWS OCTOBER 2016

(t) 044 873 2885 (e) georgeprep.office@gmail.com

Graad-R Die Graad R-bankies kan al stories vertel van al die vriendskappe wat hier begin het.

Bennie Boekwurm kom kuier! Louise Smit, skrywer van die altydgewilde Bennie Boekwurm-stories, het die skool besoek.

Louise Smit saam met Marinelle Barnard, Carlo Bezuidenhout, MicahMahony, Keagan Geldenhuys, Tyron Carolus, Kate-lynn Ehlers en Jesca van Huissteden.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Southern Cape (October 2016) Primary - High Schools by AWSUM News - Issuu