JULY 2014
NORTHERN SUBURBS
HOĂRSKOOL
NUUS
GRATIS
FREE
NEWS
HIGH SCHOOL
Tel: 021 872 3880
awsum@tiemedia.co.za
WHAT TO FIND INSIDE In and around the house
AWSUM Kombuis
Lifestyle
P2 Hanging pot plant
P2 Winter uitverkoping
P2 Jamrock
P3 BDP Properties
P3 AWSUM Wheels
P4 - P8 Schoolnews
WHO WE ARE
Advertise in this newspaper - Contact: Liza Schreuder - (076) 614 2317 - liza@tiemedia.co.za
Editor Tenille Swanepoel - 021 872 3880 | tenille@tiemedia.co.za
Graphic Designer
Rowan Engledoe - 021 872 3880 | rowan@tiemedia.co.za Jade Bushby - 021 872 3880 | jade@tiemedia.co.za
Editorial
Ryno Wolfaardt - 021 872 3880 | ryno@tiemedia.co.za AWSUM News is distributed to the following schools: NORTHERN SUBURBS: Primary schools: De Kuilen, Labiance, Bellville Noord, Mikro, De Tyger, Welgemoed, Fanie Theron, Aristea Edgemead, Brackenfell, Durbanville Voorbereiding, Gene Louw. High Schools: HTS Bellville, Belville, Brackenfell, DF Malan, Tygerberg, Eben Donges, Stellenberg, Settlers, Durbanville, De Kuilen.
PRINTED BY - Paarl Coldset
www.awsum.co.za
AWSUM News
Hoe goed is ân tweede- of selfs ân vreemde taal vir my kind? Hoe pak ek en my kind dit aan? Waar begin ons? En wanneer?
D
ie ryke kultuurverskeidenheid in ons land laat ouers toenemend wonder oor die mees geskikte taalonderrig aan hulle kind of kinders. Watter taal of tale gaan aan hulle die beste geleenthede bied â hier in SuidAfrika Ă©n in res van die wĂȘreld? Inheemse tale soos isiXhosa en isiZulu verdien natuurlik sterk oorweging, maar globalisering en die opwindende ekonomiese vooruitsigte wat die Verre-Ooste bied, maak van ân taal soos Mandaryns ân definitiewe moontlikheid. Meertaligheid was nie altyd ân gewilde konsep nie. âDit was eers nĂĄ 1970,â verduidelik prof Lilli Pret orius van die Departement Linguistiek aan Unisa, âdat opvoedkundiges positiewer oor twee- en meertaligheid begin voel het. GOED VIR JOU KIND? âDaar is baie voordele aan meertaligheid verbonde,â sĂȘ prof Pretorius. Sy verwys na navorsing wat getoon het dat tweetaligheid aan leerders ân verstandelike en taalvoordeel bo hulle eentalige maats gee. Daar is voorts uitgewys dat tweetaligheid oor die algemeen aan kinders ân beter taalaanvoeling besorg. Die tweetaliges se breinfunksionering was ook beter as diĂ© van eentaliges. Neurologies-gesproke het hulle ân groter breinnetwerk ontwikkel, wat aan hulle ân intellektuele hupstoot besorg het. By meertalige kinders was daar ook groter begrip en verdraagsaamheid teenoor ander kultuurgroepe. âân Mens kan beswaarlik die sosiale en kommunikatiewe waarde van ân tweede taal ontken,â sĂȘ prof Pretorius. âân Tweede taal dra beslis positief by tot ân kind se selfbeeld,â bevestig dr Don Roos, ân opvoedkundige sielkundige in Pretoria. âAs ân jongmens nĂĄ skool verder gaan studeer, sal ân taal soos Engels beslis voordelig wees, want deesdae is die meeste handboeke in Engels. âStudies het getoon dat ân goeie kennis van Engels een van die kragtigste veranderlikes is om in die eerste jaar te
pre-steer. Daarbenewens maak diĂ© taal ook die internasionale wĂȘreld vir ons kinders oop.â Prof Pretorius waarsku ouers egter dat adolessente straks ân weerstand teen so ân vreemde taal kan ontwikkel. DiĂ© soort houding kom gewoonlik voor wanneer diĂ© tieners nie van hulle portuurgroep wil verskil nie. Maar indien die vreemde taal van jongs af in die huis aangeleer is, is die grondslag reeds gelĂȘ. Die kind sal dit dus verstaan, al praat hy of sy dit nie meer gereeld nie. NEEM KENNIS! Soos ân kind ouer word, word die aanleer van ân vreemde taal moeiliker, sĂȘ prof Pretorius. Tot op agt leer ân kind ân taal makliker aan deur net daaraan blootgestel te word. Hierdie taaloordrag word bevorder indien die kind ân positiewe belewenis het van persone uit diĂ© vreemdetaalgroep. Dit lei gewoonlik daartoe dat die kind so ân taal met groter entoesiasme aanleer. HOE EN WAT? Maar hoe word die grammatikale kennis deur die brein verwerk? Van 11-12 jaar af verander hierdie leerproses, en word leerders vaardiger wat die taal se abstrakte aspekte betref. Terwyl taaloordrag voorheen hoofsaaklik onbewustelik en deur blootstelling daaraan plaasgevind het, word diĂ© proses nou vervang deur ân meer bewustelike aanleer van die taal. Faktore soos watter voordele dit vir die kind inhou, begin nou ân rol speel, asook die leermetode en die tyd wat aan die aanleer van die taal afgestaan moet word. Nog invloede ten opsigte van die aanleer van ân vreemde taal
is die ge-sindheid by die skool Ă©n by die breĂ«r gemeenskap teenoor die betrokke taal. Volgens prof Pretorius kan ân skool of gemeenskap implisiet en eksplisiet ân negatiewe gesindheid teenoor ân taal opwek, wat dan baie gou deur die leerders aangevoel word. Ook die onderwyser en sy of haar relatiewe vaardigheid en entoesiasme kan ân adolessent inspireer ... of niĂ©. OUERS SE ROL âNavorsing wat oor ân lang termyn onderneem is, het onteenseglik bewys watter voordele die blootstelling aan ân tweede taal vir kinders inhou,â sĂȘ prof Pretorius. âDaarom kan ouers se rol in ân kind se taalvaardigheid nie oorbeklemtoon word nie. âKinders wat hulle skoolloopbaan met ân goeie mondelinge vaardigheid begin (hetsy een- of tweetalig), vaar ook oor die algemeen beter op skool. BIETJIE VIR BIETJIE Dr Roos het ân laaste wenk aan ouers: âBegin met babatreetjies!â Hy vertel hoe hy en sy vrou te werk gegaan het: âToe ons kinders se moedertaal teen vier jaar vasgelĂȘ was, het ons saam besluit om tydens aandete net Engels te praat. Dit het begin met frases soos: âSalt? Thank you.â En: âPass me the butter, please.â âDie meeste aande het ons vergeet om by ons voorneme te hou, maar selfs net diĂ© kere dat ons dit wel gedoen het, het aan ons kinders ân groot voorsprong in ân tweede taal gegee. Hulle was glad nie bang om Engelse toesprake te maak nie â ons praat dan diĂ© taal saans aan tafel! âân Bonus,â sĂȘ prof Roos, âwas dat wanneer ons nĂĄ ete skottelgoed gewas het, die kinders baiekeer vergeet het om niĂ© meer Engels te praat nie ...â