LAERSKOOL MOOIRIVIER (t) 018 293 0309 (e) info@lsmooirivier.co.za Bybelvasvraspan nasionale naaswenner Die Bybelvasvraspan van Laerskool Mooirivier het groot lof ontvang vir hulle deelname aan die Rapportryers se Nasionale Bybelvasvrakompetisie. Die span is die Noordweswenners en nasionale naaswenners. Die wenspan het met slegs 0,5 punte die Tokkies ore aangesit.
VOOR: Phillip Jonker, Marthina Mathibela, Elsabé Potgieter, Philip Human. AGTER: Afrigters: Hanlie Krüger 2 en Hanlie Kruger 1.
Tokkie nasionale Spelfeeswenner Vyftien leerlinge van Laerskool Mooirivier het op 22 Oktober aan die WOWspelfees by die Universiteit van Stellenbosch deelgeneem. Naas die ervaring om te vlieg, was die samekoms van die beste 300 spellers van Suid-Afrika ‘n ervaring. • Wian Landman (Graad 5) het ‘n eerste prys los gespel. Hy het ‘n trofee, boekprys, selfoon en kontant as beloning ontvang. • Hannia Kempen (Graad 6) spog met ‘n derde plek in die kompetisie. • Michelle Hammann (Graad 7) is na die kompetisie uitgenooi om aan die KykNet TV-spelspeletjie deel te neem. Die opname vir die program was Saterdag, 29 Oktober. Sy is baie opgewonde en kan nie wag dat die gewilde spelreeks weer begin nie.
Tennis Die eerste tennisspan (seuns) van Laerskool Mooirivier is die wenners van die Noordwesliga.
Cornell Grobler, Coenraad van Graan, Franco Naudé en Michael van Rooyen.
Toekennings ontvang vir uitnemendheid Twee onnies van Laerskool Mooirivier en Rep-en-Roer Kleuterskool het toekennings ontvang vir uitnemendheid in die Kenneth Kaunda-kring: Johanette van Tonder (Wenner: Uitnemendheid in Graad R-onderwys) Chrizél Jordaan (Naaswenner: Uitnemendheid in primêre skoolonderwys)
Wian Landman, nasionale WOWspelfeeskampioen.
Mooirivier se Tokkies rek hulle bekkies Laerskool Mooirivier se redenaars het vanjaar ‘n baie goeie jaar beleef. Die skool se span redenaars het die Super 12-kompetisie gewen. Die individuele prestasies het ook nie weggebly nie. Die skool spog met twee finaliste in die ATKV- en vier finaliste in die Radikale Redenaarkompetisie. Juné Holm is ook ‘n nasionale wenner.
Finale hoofleiers vir 2016
Philip Human (Radikale Redenaars-finalis), June Holm (ATKV-finalis, Radikale Redenaars Nasionale wenner), Joné van der Walt (Radikale Redenaars-finalis), Jacques Schutte (ATKV-finalis, Radikale redenaarskompetisie: Nasionale naaswenner).
Voortrekkers Drie Tokkies, aldrie lede van die Totius Voortrekkekommando, het die hoogste eer wat ‘n laerskoolleerling kan behaal, te beurt geval. Hulle harde Voortrekkerwerk is beloon met die Voorslag-kenteken
Page 12
Ina-Mari Palm, William Drevin en Marli van Staden.
AWSUM NEWS NOVEMBER 2016
VOOR: Milana van der Merwe (onderhoofdogter), Jacqueline van Rooyen (hoofdogter), Michael van Rooyen (hoofseun), Phillip Jonker (onderhoofseun). AGTER: Gerrit Muntingh (onderhoofseun), Wiané Joubert (onderhoofdogter), Sunel Smit, (onderhoofdogter), Hannes Koornhof (onderhoofseun).