Cape Suburbs(December 2016) Primary - High Schools

Page 16

Die pret begin hier

Die pret begin hier – is jy gereed?

Die ATKV Hartenbos strandoord is een van Suid-Afrika se top vakansie bestemmings. Hartenbos Seefront is ‘n ontwikkeling binne Hartenbos, en ons is trots om erken te word as een van die gewildste vakansie plekke vir oud en jonk. Gaste kan eindelose vermaak en pret, bostaande ontspannings- en winkelfasiliteite, en beeldskone natuurskoon verwag wanneer hulle met ongekende gasvryheid verwelkom word – alles wat jy nodig het vir ‘n onvergeetlike vakansie.

Met ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite en vermaaklikhede beskikbaar, waarborg ons eindelose pret en vermaak vir die hele familie!

As jy ‘n liefhebber is van sorgvrye dae op die strand, is Hartenbos net die regte plek vir jou. Geleë langs die beeldskone en wêreld-bekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, is Hartenbos Seefront die eerste van sewe ATKV oorde wat in 1936 gestig is. Vandag streef ons nogsteeds dieselfde doel en visie na – om vriende en familie bymekaar te bring en vir hulle die geleentheid te bied om onvergeetlike oomblike saam te geniet. Die pragtige strand is letterlik ‘n klipgooi weg van al ons ander vermaak en fasiliteite, wat beteken dat jy ten alle tye die vars seebriessie en pragtige sonsondergange sal kan geniet. Die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereeniging (ATKV) is in 1930 in Kaapstad gestig as ‘n organisasie wat vir mense die geleentheid wou bied om in die erfenis en tradisie van die Afrikaanse taal en kultuur te deel.. Die ATKV is ook die tuiste van sewe verruklike vakansie oorde in van die mooiste dele van ons land - insluitend Hartenbos. Hartenbos Seefront vorm deel van die ATKV Hartenbos Oord, en met ‘n trotse tradisie van 80 jaar bied ATKV Hartenbos en Hartenbos Seefront vakansie ervaring soos nog nooit!

Ervaar avontuur soos nog nooit vantevore Van kleuters tot tieners - ons avontuurpark sal almal laat glimlag! Van ‘n beskermende speelarea vir die kleintjies, tot avontuur gholf en ‘n waterpoel met water aktiwiteite vir die ouer kinders. Ons avontuurpark waarborg oneindige pret en opwinding vir die hele familie. Verdere ontwikkelinge vir nuwe afdelings van die avontuurpark word beplan vir die nabye toekoms. Waterwurm Ons waterpark is ‘n droom vir waterliefhebbers en die perfekte plek om van die warm somer son te ontsnap. As jy waaghalsig voel, is die waterwurm net die regte ding vir jou! Vakansiegangers kan kies tussen drie verskillende water glybane – een vir elke vlak van adrenalien en ouderdom. Selfs diegene wat nie so mal is oor hoogtes en adrenalien nie, kan voete nat maak met een van ons minder styl glybane. Ons beplan om selfs ‘n wyer verskeidenheid van glybane in die toekoms te bied - so hou ‘n ogie op ons webtuiste vir meer inligting. ‘n Ongelooflike klimraamervaring! Hierdie speelarea is perfek vir babas, kleuters en tieners om in te baljaar en beloof ure se genot! Met alle soorte en vorms van klim, swaai, gly, hang en

meer, is hierdie area spesiaal ontwerp om kinderontwikkeling aan te moedig en terselftertyd hope pret te hê. ‘n Gholf Avontuur Tyd vir speel, putt en die wenhou slaan! Ons avontuur gholfbaan bied ‘n genotvolle uitstappie vir die hele familie. Met splinternuwe en opwindende baanontwerpe is hierdie die perfekte manier om vriende of famillie uit te daag. Besoekers kan kies tussen twee opwindende nege-putjie bane. Geniet die somer sproei heeldag lank Vermenigvuldig die pret wat jou kinders het as hulle in die swembad baljaar met tien, en jy sal ‘n idee kry van hoe baie hulle hierdie opwindende waterspeelarea sal geniet. Daar is tientalle foefies en watergewere, hoola hoops om deur te spring en hope pret om te ervaar!

KAART EN UITLEG Directions:

Aanwysings: Van Port Elizabeth en George lughawe Neem die N2 na Kaapstad, net na die Klein Brakrivier sal jy die ATKVinligtingsbord aan die linkerkant van die pad sien. Neem die afdraai na links en ry tot by die T-aansluiting. Draai links by die stop en ry onderdeur die brug tot by die volgende T-aansluiting. Draai links by hierdie stop na ATKV-Hartenbos en neem die afdraai links by die volgende T-aansluiting. Gaan oor die brug tot by die verkeerslig by die Engen vulstasie. Draai links by die verkeerslig en ry met Paardekraal Straat af in die rigting van die see. Hou aan totdat jy by die 4-rigtingstop by die treinspoor kom. Gaan oor die stop en die ATKV Hartenbos Seefront ontwikkeling sal dan reg voor jou wees.

Laat die sonstrale op jou lyf baljaar As ‘n area met grasgroen grasperke, strand stoele, storte en yskoue drankies langs die strand soos jou perfekte vakansie klink – sal jy beslis baie tyd by ons sissende sonarea spandeer! Verhitte Swembad Nie lief vir koue water nie? Moenie bekommerd wees nie! Ons swembad se temperatuur is tussen 30-35°C, wat dit perfek maak vir daardie effense koelerige lente en herfs dae – of selfs ‘n winter wegbreek. Geniet die see uitsig terwyl jy gebruik maak van die heerlike swembad geriewe en spandeer die dag saam met familie en vriende.

Van Kaapstad Neem die N2 na Port Elizabeth. By die Voorbaai-afdraai in Mosselbaai sal jy die ATKV-inligtingsbord aan die linkerkant van die pad sien. Neem die afdraai na links en ry tot by die T-aansluiting. By die stop draai jy links. Ry dan tot by die eerste verkeerslig (Langeberg Mall). Draai links by die verkeerslig en ry verby die Shell Truck Port aan jou linkerkant. Gaan oor twee verkeersligte en draai regs by die derde verkeerslig by die Engen vulstasie. Ry met Paardekraal Straat af in die rigting van die see. Hou aan totdat jy by die 4-rigtingstop by die treinspoor kom. Gaan oor die stop en die ATKV Hartenbos Seefront ontwikkeling sal dan reg voor jou wees.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.