Boland (Nov) High Schools

Page 8

NEWS

NUUS

8 OCTOBER 2013

Wat jy nie van korttermynversekering geweet het nie Dikwels is daar ‘n persepsie dat korttermynversekering net nog geld is wat in die water gegooi word, want sodra jy wil eis, kry jy nie terug wat jy verwag het nie. Maar in die meeste gevalle lê die probleem by ‘n kliënt wat nie voldoende ingelig was oor die dekking wat hy uitgeneem het nie. Hier is ‘n paar riglyne om te verseker dat jy die beste uit jou korttermynversekering kry: • Verseker eers jou groot bates bv. jou huis, huisinhoud en motor. Hierdie items sal heel moontlik te duur wees om self te vervang sou dit beskadig of verwoes word. Hierna volg kleiner bates

soos selfone en skootrekenaars en laastens, gerieflikheidsitems soos sonbrille. • Jou huis, inhoud en persoonlike besittings moet verseker word teen hul huidige vervangingswaarde, oftewel die prys daarvan indien jy dit vandag moet vervang. Mens dink maklik dat jy nie veel besit nie, tot jy die waarde van elke stukkie klere, breekware en meubels bymekaar tel. Wat op die oog af na nie veel lyk nie, is in der waarheid ‘n aardige bedrag. • Indien jou polis vereis dat jou woning oor ‘n alarm moet beskik, maak seker dat dit ten alle tye geaktiveer is wanneer jy nie tuis is nie. Sou daar ingebreek word en die alarm was nie geaktiveer nie, is die kanse

Elmar Venter Ian Cloete adv Mike Lochner

goed dat jou eis nie betaal sal word nie. ‘n Versekeraar mag aandring op ‘n verslag vanaf die sekuriteitsfirma as bewys dat die alarm wel geaktiveer was. • Met die hoeveelheid oproer in die land is dit belangrik dat jou polis SASRIA insluit. SASRIA is spesiale dekking wat skade weens oproer, stakings en openbare onrus dek. Alhoewel die meeste versekeraars dit outomaties byvoeg op persoonlike polisse, is dit nie altyd die geval by besigheidsversekering nie. • Kontroleer dat die gereelde bestuurder van jou voertuig korrek aangedui word. Die meeste versekeraars het streng reëls rakende jong bestuurders of dié wie

vir minder as twee jaar hul bestuurslisensie besit. Let ook veral op die bybetalings dan van toepassing. Met al dié en vele meer om in gedagte te hou, is dit nie verbasend dat die meeste mense skrikkerig is vir korttermynversekering nie. Dit is hier waar ‘n makelaar soos LVC vir jou gemoedsrus kan gee. Ons strewe daarna om elke kliënt persoonlik by te staan en eenvoudige, maklik verstaanbare oplossings te bied. Kontak ons gerus vir ‘n gratis kwotasie of om meer inligting van ons wye reeks produkte te bekom. Cindy Visser

082 821 9885 082 456 0157 082 440 2774

ACCOUNTING AND TAX CONSULTANTS CC

Accounting Officer Tel: + 27 872 3041 / Fax: +27 872 3042 / Cell: 082 060 0590 Email: nita@solvex.co.za Address: 294 Main Road, Paarl, 7646 / P.O. Box 2761, Paarl, 7620

B.s.i Brokers FSP LISENSIE NR./LICENCE NO.:25771 Goedgekeurde Finansiële Diensverskaffer

Korttermyn Versekering Makelaar Shortterm Insurance Broker Tel: (021) 864 3684 Bainstraat 9A Wellington 7655


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.