Blue Thread Issue 7

Page 24

Juffrou Nerina Laubscher Lekker was nog nooit só lekker nie

- Rouxvé Meyer

Een van ‘n tweeling. Een helfte Weskus. Ander helfte Red Bull. Ons gesels met PV se pasaangestelde, passievolle EBW en rekeningkunde onderwyser. Waar het Juffrou grootgeword?

Min mense weet waar dit is, maar dis ‘n klein dorpie in die Wes-Kaap, Lutzville. Wat was Juffrou se eerste indruk van die skool? “Dis lekker om ‘n

My eerste gevoel was “hier voel ek tuis”, as dit tel as ‘n eerste indruk.

mens te wees, maar dan moet jy ‘n LEKKER mens wees.”

Het Juffrou iemand spesiaal in Juffrou se lewe? Nee, my stokperdjies hou my te besig. Wat is Juffrou se stokperdjies? My stokperdjies is geselligheid. Ek geniet enige aktiwiteit met lekker mense.

As Juffrou nie ‘n onderwyser was nie, wat sou Juffrou wou doen? ‘n Bemarker vir Coca-Cola. Wie is Juffrou se rolmodelle in die lewe? Ek dink enige iemand se ouers staan vir hulle uit op een of ander manier, so ek sien hulle as my rolmodelle. Wat is die grootste uitdaging as onderwyser vir Juffrou? Seker om in een les elke leerder - wat verskillende belangstellings het - in die klas se aandag te hou en die les so aan te bied dat almal dit nie net geniet nie, maar ook daaruit leer. Wat is van Juffrou se gunstelling TV-reekse? Ek weet dis baie oud, maar FRIENDS sal maar altyd my gunsteling bly. En vir meer ernstige dae kyk ek Grey’s Anatomy. Waarna sien Juffrou die meeste uit by Parel Vallei? Ek sien uit na die Pearson uitruil, ek kan nie wag om deel te wees van so ‘n geleentheid van gees, “fun” en samewerking nie. Enige iets wat ons móét weet? Onthou: “Dis lekker om ‘n mens te wees, maar dan moet jy ‘n LEKKER mens wees.”


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.