Orania CVO Bloudruk April 2013

Page 1

Bloudruk April 2013 Eerste Uitgawe van 2013

skoolhoof@oraniacvo.co.za www.oraniacvo.co.za

Posbus 203 Orania, 8752

Skool groei tot voorste streekskool in Bo-Karoo Orania CVO-skool se leerlingtal het sedert 2007 met byna 500% gestyg, met ‘n konstante groei in leerlingtal jaar na jaar. Die skool staan toenemend uit as ‘n streekskool in die Bo-Karoo. Sowat 30% van die skool se leerlinge woon buite Orania en word in die skool se koshuis gehuisves, of ry met die twee rygroepe wat daagliks leerlinge van Petrusville, Vanderkloof, Hopetown en omliggende plase na en van die skool vervoer. Die skool groei egter nie net in getalle nie, maar ook in omvang van aktiwiteite, prestasies en standaarde. Die skool het 28 goed opgeleide onderwysers. Addisionele dienste soos remediërende onderrig en naskoolse leerondersteuning word ook aangebied. Sedert Johan de Klerk in 2012 as nuwe skoolhoof aangestel is, is die bestaande akademiese standaarde verder verhoog

om te verseker dat leerlinge van Orania CVO-skool gereed is vir studies aan ‘n universiteit, of die moeilike arbeidsmark wanneer hulle hul skoolloopbaan hier voltooi het. Een so ‘n leerling is Estella Boshoff, ‘n 2012-matrikulant en hoofmeisie van Orania CVO-skool. Sy is onlangs aangewys as die tweede beste presteerder in die hele BCVO-Beweging vir 2012. Sy was ook haar skool en Orania se toppresteerder. Estella het 5 onderskeidings behaal. Sy het in Rekeningkunde, Fisiese Wetenskap en Wiskunde 3, die beste in die BCVO presteer. Stella het vanjaar begin met ‘n graad in Siviele Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria, met die oog daarop om na ‘n paar jaar se ervaring terug te kom Orania toe en ‘n konsulterende ingenieursfirma te begin.

Hanri Momberg en Estella Boshoff, die twee toppresteerders van Orania CVO-skool in 2012.

Die skool beplan om binnekort met bouwerk aan ‘n tegniese sentrum, asook addisionele klaskamers te begin. ‘n Nuwe rugbyveld sal later vanjaar ontwikkel word en ‘n nuwe ingangsroete na die skool word beplan. Die skool wil ook binne die volgende paar jaar ‘n nuwe koshuis bou. Terwyl baie plattelandse staatskole agteruitgaan, bied Orania se skole ‘n werklike alternatief vir Afrikaners daarbuite wat oor hul kinders se onderrig binne ‘n Afrikanerkultuuromgewing bekommerd is.

Vroeg in 2013 het Orania CVO-skool ‘n kleureatletiekbyeenkoms met nog drie kleiner CVO-skole van die Noord-Kaap en Vrystaat, aangebied. Meer as 300 atlete het aan die atletiekbyeenkoms deelgeneem. Die skool lewer afrigting in verskeie sportsoorte en leerlinge neem op provinsiale en nasionale vlak aan byeenkomste deel.


SKOOLHOOFSKRYWE

Bloudruk April 2013

Orania CVO-skool ‘n noodwendige keuse Wat ‘n voorreg is dit om skoolhoof te kan wees van hierdie trotse en groeiende skool in die Afrikanertuiste Orania. Ons skool is besig om as Christelike en Volkseie skool ‘n noodwendige keuse te word. Orania CVO-skool bedien ‘n gemeenskap. Waar die meerderheid van staatskole moet aanpas by die verlaging in standaarde is standaarde vir ons baie belangrik. Hier gee die BCVO-beweging vir ons bekwame en professionele leiding. Ons 28 lojale en goed gekwalifiseerde personeellede is daagliks besig om kinders vir die volwasse lewe voor te berei. Die feit dat Orania CVO-skool in Orania geleë is, maak dit verder ‘n noodwendige keuse. Die groei in die dorp, maar ook die beplande ontwikkeling in Orania maak dat die skool pro-aktief vir groei

en ontwikkeling moet beplan. Orania CVO-skool is trots deel van Orania waar ons onbevange ons Christenskap en Afrikanerskap kan uitleef. Die skool wil ook ‘n tuiste bied vir Afrikanerkinders buite Orania en meer spesifiek die omliggende omgewing. Dankie vir elke ouer en kind buite Orania wat ons skool ondersteun. Julle betrokkendheid is vir ons belangrik. Orania CVO-skool het die afgelope tyd ‘n onstuitbare momentum begin opbou. Dankie aan elke ouer, kind, opvoedingsraadslid, onderwyser en belangstellende wat hul volle gewig by die skool ingooi. Ons kan nie sonder u nie.

Groeiende leerlingtal maak skool volhoubaar

Groot planne vir terreinontwikkeling

Die drastiese groei in getalle van Orania CVO-skool is nie toevallig nie, maar iets waarvoor baie hard gewerk is en waaroor die skool baie dankbaar is. Die afgelope ses jaar het die skool se getalle gegroei van 45 leerlinge tot 228. Die Opvoedingsraad het dit ten doel gestel dat die skool se getalle in die afsienbare toekoms die kerf van 500 moet bereik. Dit is nie onmoontlik nie. Getalle gee vir die skool meer geleenthede in sport- en kultuurdeelname. Die skool se sportmanne- en vroue lewer ‘n sterk bydrae tot die Noord-Kaap CVO-spanne. Sonder Orania CVO-Skool sou die Noord-Kaap CVO-skole nie dieselfde krag binne CVO-sport en kultuur gewees het nie. Verskeie kinders van die skool verwerf jaarliks provinsiale klere in sport en kultuur. Die groei in getalle gee ook finansiële volhoubaarheid aan die skool. Om vir ‘n klas van 15 kinders skool te hou behels weinig meer moeite as om vir ‘n klas van 5 kinders skool te hou, maar die bydrae van die 10 ekstra kinders maak die skool meer volhoubaar. Die groei in getalle bring ook mee dat daar onderwysers in elke vak kan wees. Dit het ook teweeg gebring dat onderwysers se salarisse die algelope paar jaar heelwat verhoog kon word. Die groei in getalle gee die skool mededingendheid op alle terreine van skoolwees.

Die groei in getalle plaas ook baie druk op die skoolterrein en fisiese hulpbronne. ‘n Goed deurdagte terreinplan wat onlangs deur ‘n landskapsargitek saamgestel is, het die terreinbeplanning vir die skool se verdere ontwikkeling makliker gemaak. Om egter by hierdie droom uit te kom word dit tree vir tree gedoen. ‘n Addisionele stuk grond langs die skool word tans aangekoop. Hier wil ons ‘n ekstra rugbyveld en atletiekbaan ontwikkel. Tennis- en netbalbane sal ook hier gebou word, sowel as ‘n goed toegeruste tegniese sentrum en ‘n groter skoolsaal. ‘n Nuwe boomryke toegangspad tot die skool sal ook binnekort ontwikkel word. Dit is nie net belangrik om nuwe fasiliteite te beplan nie. Duisende rande word ook jaarliks spandeer aan die instandhouding en opgradering van bestaande fasiliteite. Soos getalle groei so ontwikkel ons, maar ons skep ook kapasiteit sodat ons verder kan groei.

Sel: 082 804 4255 Tel: 053 207 9200 Faks: 053 207 9214 E-pos: willie@wilcovervoer.co.za

Hierdie bladsy is geborg deur:

Bloudruk

2


Bloudruk April 2013

Tharina, ons eie solis Meeste dogtertjies droom van ‘n kans om soos Juanita du Plessis op die verhoog te kan staan. Vir Tharina Steyn, ‘n graad 12-leerling aan ons skool, het hierdie kleintydse droom onlangs waar geword. Tharina het in ‘n kompetisie die geleentheid gekry om haar stem landwyd te laat hoor. “Dit was van kleintyd af my droom om te sing. Ek het saam met my ma gesing op sommige van haar vertonings, maar ek was ‘n baie skaam kind,” sê Tharina. Sy het haar skaam geaardheid tot die uiterste beproef toe sy op 14 Junie 2012 saam met Antonie Bougas op die verhoog in Orania verskyn het. Antonie Bougas het die Solis vir Christuskompetisie aangebied en deelnemers van reg oor die land kon inskryf. Tharina en Mariza, haar ewe mooi en talentvolle jonger sussie, het beide ingeskryf. Tharina was eers skepties, maar Mariza het haar tot op die einde ondersteun en aangemoedig. “Ek het baie senuweeagtig gevoel en getwyfel. Ek het dit nie verwag om as wenner aangewys te word nie. Ek was baie gespanne, want dit was my eerste sangkompetisie en dit voor ‘n gehoor vol bekende gesigte.” Tharina voeg by dat die gehoor haar aangemoedig het om net haar beste te gee en dit het haar later meer laat ontspan.

Die eerste prys in die eerste rondte was ‘n uitnodiging na die gala-aand in Kempton Park op 29 Julie. Hier het wenners van 24 skole reg oor die land teen mekaar meegeding. “Daar was baie meer mense gewees, die saal was groter en die verhoog was asemrowend mooi. Dit was Kemptonpark se stadsaal met die gevoel van ‘n teater. Die kompetisie was straf en daar was baie talentvolle deelnemers. Ek het gedink dit is onmoontlik vir my om tussen die ander uit te staan. Die prys vir die wenner was ‘n CDopname ter waarde van R 70 000 en die naaswenner se prys was ‘n CD-opname van R 7 000 met ‘n gratis fotosessie. Dit het ongelooflik gevoel toe my naam as naaswenner aangekondig word.”

Op 1 Oktober het Tharina haar eerste CD in Pretoria opgeneem. Dit was na weke se voorbereiding en fotosessies dat die CD met die titelsnit, Dans in die reën die lug gesien het. Die titelsnit is spesiaal vir Tharina geskryf deur Emil Struwig, ‘n bekende liriekskrywer en komponis. “Dit voel wonderlik om ‘n liedjie te sing wat jou eie is en jy weet niemand anders al gesing het nie.” Tharina wil graag sing, maar haar eerste prioriteit is nou haar matriekjaar. Sy sal graag in ‘n mediese rigting wil studeer. Tharina is ‘n skrander leerling wat graag deelneem aan alle skoolaktiwiteite. “Ek is ‘n trotse en gelukkige leerling aan Orania CVO-skool. My vriende het my baie goed tydens die kompetisie ondersteun. My ouers was letterlik by alles betrokke. Hulle was elke oomblik daar vir my. Hulle was by my met elke optrede en is baie trots op my. Ek is dankbaar vir die pad wat ek kan loop met my hand in God se hand, soos my ouers my geleer het. My matriekjaar is ‘n moeiliker en besiger jaar as vorige jare, maar dis tog lekker. Dit voel vreemd om te dink dis my finale jaar op skool wat in ‘n oogwink verby gaan.” Die cd is te koop in OK Grocer in Orania en Vanderkloof.

Verskeie leerlinge van Orania CVO-skool het gedurende 2012 aan die Solis vir Christuskompetisie deelgeneem. Antonie Bougas het die skool vir ‘n opname besoek.

Tharina in aksie tydens ‘n opname.

Orania Beweging www.orania.co.za

Hierdie bladsy is geborg deur: 3

Bloudruk


Bloudruk April 2013

Orania CVO kook!

Nuwe personeel

Marli Steenkamp, ‘n graad 11-leerling, het aan die Vroue Landbouvereniging se tienerkokkompetisie deelgeneem. Daar is 18 streke en Marli is een van 5 finaliste wat uit die 18 streke gekies is om op 17 April in Paarl aan die finaal deel te neem.

Die volgende vyf nuwe personeellede het in Januarie by die skool aangesluit. Agter: Chris Hattingh (koshuisvader), Carina Hattingh (koshuismoeder, CLO en Aardrykskunde), Hantie Smith (Kleuterklas) en Geraldine Naude (Graad 2). Voor: Monica van Tonder (Engels).

Leerlinge wat Gasvryheidstudies as ‘n vak neem het onlangs ‘n formele ete vir donateurs van die skool aangebied.

Leerlingraad speel ‘n belangrike rol

By Orania CVO-skool speel die leerlingraad ‘n belangrike rol. ‘n Deeglike proses word jaarliks gevolg om leiers te identifiseer en aan te wys. Op die foto is: Agter - Mev Sandra du Preez (onderwyseres en voog van die leerlingraad), mnr Johan de Klerk (skoolhoof) en Gerrit van Biljon. Voor - Wilmie du Preez (hoofmeisie), Piet Marais, Juleen de Jong, Tom de Nysschen (hoofseun) en Tharina Steyn.

Nuwe leiers word opgelei

Reeds vroeg in 2013 het die skool se leerlingraad die nodige opleiding om hulle goed van hulle taak te kwyt, ontvang. Om ‘n leier van ‘n skool te wees is ‘n groot verantwoordelikheid en Orania CVO-skool het Veldskoentoere gevra om die kamp te fasiliteer. Onder leiding van Sarel Roets van Veldskoentoere het hulle opleiding ontvang in konflikhantering, ambassadeurskap, kommunikasie, leierskapstyle en persoonlikheidstipes. Die kamp is op ‘n plaas buite Barkley-Wes aangebied en die leiers van Kalahari CVO-skool het saam deelgeneem. Hierdie bladsy is geborg deur:

Bloudruk

OR A N IA

D O R P SR A A D 4

Posbus 115, Orania, 8752 Tel: 053 207 0063/4 E-pos: dorpskantoor@oranet.co.za


Bloudruk April 2013

ORANIA CVO-SKOOL DEUR DIE GELOOF

AKADEMIE • Behaal reeds vir 20 jaar 100% matriekslaagsyfer • Spog in 2012 met 2de beste matriekleerder in BCVO-Beweging • Estella Boshoff behaal 5 onderskeidings in 2012 in matriek • Bied remediërende onderrig en naskoolse leerondersteuning GETALLE • Groei vanaf 42 leerlinge in 2007 tot 228 leerlinge in 2013 • Meer as ‘n derde van leerlinge is van buite Orania en is in die skoolkoshuis of maak van rygroepe gebruik • Meer as 20 goed gekwalifiseerde onderwysers lewer gefokusde onderrig SPORT • Bied in Januarie 2013 ‘n atletiekbyeenkoms met 300+ leerlinge aan • Neem aktief deel in verskeie sportsoorte op provinsiale en nasionale vlak • Goeie afrigting in verskeie sportsoorte • Bied bykomende sportbyeenkomste soos ‘n fietsrymarathon aan KULTUUR • Kultuurprestasies in 2012 in sang, drama, digkuns en musiek • Tharina Steyn behaal tweede plek in nasionale Solis-vir-Christus kompetisie • Is ‘n trotse Christelike skool met sterk waardes FASILITEITE • Goed toegeruste klaskamers insluitende rekenaarsentrum • Koshuisfasiliteite • Afsonderlike Junior Primêre-fase met klimrame en ander toerusting • Netjiese en veilige omgewing • Gevestigde rygroepe vir leerlinge uit omgewing en buurdorpe • Beplanning vir nabye toekoms: Ekstra klaskamers, nuwe rugbyveld, nuwe koshuis en ‘n tegniese sentrum

Skakel die skool vandag nog, besoek ons webtuiste by www.oraniacvo.co.za of skakel 053 207 0177.

Hierdie bladsy is geborg deur: ORANIA GROEIFONDS

5

Orania Groeifonds Posbus 27, Orania, 8752 Tel: 053 207 0062 | Faks: 086 693 5385 groeifonds@orania.co.za

Bloudruk


Bloudruk April 2013

Rygroepe maak onderrig in Orania toeganklik Orania CVO-skool bedryf tans rygroepe in die omgewing wat kinders daagliks na en van die skool vervoer. Hierdie rygroepe maak dit vir kinders moontlik om in ‘n radius van 50 km om Orania vanuit die huis skool te gaan. Die skool bedryf twee suksesvolle rygroepe naamlik die Vanderkloof-rygroep wat die hele Vanderkloof, Petrusville, Havengabrug- en Nooitgedacht omgewing bedien en die Hopetown-rygroep wat die Hopetown-omgewing en plase tussen Orania en Hopetown bedien.

Die Vanderkloof-rygroep beskik oor ‘n 60-sitplekbus en die Hopetown-rygroep oor ‘n 19 sitplekbus. Sowat 50 leerlinge word daagliks met hierdie busse na Orania CVOskool vervoer. Bogenoemde busse word ook gebruik om kinders na ander funksies en sport- en kultuurbyeenkomste te vervoer.

Die Hopetown bussie

Die Vanderkloof bus

Koshuis bars uit sy nate

Orania leerlinge presteer goed in atletiek

Orania CVO-skool beskik tans oor netjiese koshuisfasiliteite vir 20 seuns en 20 dogters. Die koshuis is tans propvol en nuwe groter fasiliteite word reeds beplan. Die bestaande koshuisfasiliteite is die afgelope paar maande netjies oorgeverf en opgegradeer. Ons het ook nuwe koshuisouers hierdie jaar aangestel. Mnr. en mev. Hattingh is voorheen van Kroonstad en maak reeds ‘n baie groot verskil. Kinders van sover as Strydenburg, Douglas, Jan Kempdorp, Pretoria, Olifantshoek, Bloemfontein en die groter omgewing om Orania maak van die koshuis gebruik. Aangesien Orania CVO-skool homself as ‘n sterk streekskool vir Afrikanerkinders in die Bo-Karoo vestig, word al hoe meer druk ervaar om kinders vanuit ons omgewing in ons koshuis te huisves. Beplanning is ver gevorder om binne die volgende 3 jaar ‘n groot koshuis vir ten minste 100 kinders te bou. Die nuwe koshuis sal die bestaande koshuis vervang wat dan in klaskamers omskep sal word. Ons wil met die nuwe koshuisprojek een van die beste koshuisfasiliteite in die omgewing vestig.

Vanjaar jaar het die landswye BCVO SA-atletiekbyeenkoms op 21 en 22 Maart by die HP de Villiers Atletiekstadion in Sasolburg plaasgevind. Meer as 850 atlete van CVO-skole regoor die land het aan die byeenkoms deelgeneem. Orania CVO-skool was deel van die Noord-Kaapspan wat 77 atlete ingeskryf het. Tydens die Noord-Kaap streekbyeenkoms wat op 2 Maart in Orania plaasgevind het, het 33 atlete van Orania CVO-skool vir die Noord-Kaapspan gekwalifiseer. Daar was sterk mededinging by die nasionale byeenkoms, maar die Noord-Kaapspan het baie goed presteer. Orania CVO-skool se leerlinge het 14 goue medaljes gewen. Vier leerlinge, Piet Marais, Gerhard Pretorius, WJ Nel en Wiehan Nel het elk twee of meer goue medaljes gewen. Wiehan Nel het ook die nasionale hoogspringrekord verbeter.

Bestaande koshuise

BCVO nasionale atletiekbyeenkoms in Sasolburg

Tel: 053 207 0282 E-pos: ontvangs@oraniajuwele.co.za

Hierdie bladsy is geborg deur:

Bloudruk

6


Bloudruk April 2013

Kleuters by CVO Orania kry ‘n spesiale atletiekbyeenkoms Orania CVO-skool het verlede jaar met ‘n nuwe kleuteratletiek-tradisie begin. Kleuters van die omgewing is genooi om vir die dag saam met Orania CVO aan atletiek deel te neem. Die ongeveer 60 kinders is in 3 ouderdomsgroepe ingedeel en het onder andere aan die 40 meter, 60 meter, turbospies en balgooi-items deelgeneem. Elke kind het ‘n sertifikaat vir deelname ontvang. Dit is belangrik dat kinders van kleins af moet leer dat deelname belangriker as wen is. Met hierdie atletiekbyeenkoms kry ouers en kinders van die omgewing die geleentheid om die skool beter te leer ken en om met die kinders te sosialiseer. Ons sien uit daarna om in November 2013 weer so ‘n atletiekbyeenkoms te hou.

Die skool bied jaarliks ‘n prettige kleuteratletiekbyeenkoms aan. Hier staan die skoolhoof saam met leerlinge wat pryse gewen het.

Hierdie bladsy is geborg deur:

senbel 7

Tel: 053 207 0108 e-pos: magdaleen@senbel.co.za

Bloudruk


Bloudruk April 2013

Orania CVO speel groot rol in wintersport in die Noord-Kaap Orania CVO-skool spring vanjaar sommer vroeg weg om leerlinge vir 2013 se wintersport voor te berei. Tydens die afgelope skoolvakansie het die skool ‘n oefenkamp in Jeffreysbaai aangebied waar tegnieke verskerp en aan fiksheid gewerk is. Die Noord-Kaap CVO-skole het sedert verlede jaar ‘n sterk span begin vorm en ‘n besige seisoen lê voor. Die Noord-Kaap skole is Orania CVO, Eendracht CVO, Vryburg Volkskool, Kalahari CVO, Fraserburg CVO, Hananja Akademie en Omega. Die kinders leer mekaar goed ken tydens die weeklange oefenkamp in Jeffreysbaai en afrigters kry ook ‘n

kans om potensiaal onder leerlinge te identifiseer. Teen einde April vind die Noord-Kaap proewe uit die bogenoemde skole plaas. Vroeg in Mei speel hierdie leerlinge al hulle eerste vriendskaplike wedstryd teen die Vrystaat-spanne en op 24 Mei meet hulle formeel kragte met Vrystaat en Noordwes. Verlede jaar het hulle al gewys dat die Noord-Kaap nie ‘n tree hoef terug te staan vir hierdie streke nie. Uit hierdie drie streke word ‘n BCVO-Suid span gekies wat in Junie teen die Noordelike span speel. Orania CVO-skool se ouers speel ‘n baie belangrike rol in die groei van die Noord-Kaap spanne en reël ook die oefenkamp in Jeffreysbaai.

Johan de Klerk, skoolhoof van Orania CVO-skool, saam met sy vrou Leoni tydens die oefenkamp in Jeffreysbaai.

Die afrigters werk met leerlinge tydens die onlangse oefenkamp.

Leerlinge van Orania CVO-skool neem ook gereeld deel aan jukskeitoernooie. Op die foto is die span wat by verlede jaar se rondomtalie gewen het. Markus van Staden (voor middel) was eerste, gevolg deur Daniël van Zyl (links voor), Hugo Grotius (links agter), WJ Nel (regs voor) en Talia Hugo (tweede van links). Hul afrigter is Alida Riekert (regs agter).

Rilene van Staden tydens die jukskei-rondomtalie in 2012.

Hierdie bladsy is geborg deur:

VELDSKOEN TOERE EN BUITELEWE SPESIALISTE

Bloudruk

8

Sel: 082 481 0691 Epos: sarel.roets@gmail.com

SwiftPrint 63150

Die Orania CVO-skool bied ook jaarliks ‘n fietsrymarathon, wat 24 uur lank duur, aan.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.