5 minute read

Vervolg - Koeksisterkoning droom groot

Vervolg vanaf bladsy 1

Hy is baie trots op sy duurste kopie tot dusver. 'n Paar Nike-tekkies, maar hy weet nie of dit 'n "knock-off" was nie.

Advertisement

Gevra wanneer hy dan tyd kry tussen die skoolsport, huiswerk en lewe deur om die koeksisters te verkoop, is die antwoord eenvoudig: "Jy moet jou tyd beplan. Ek het omtrent nooit huiswerk nie, want ek doen my werk in die skool. Na skool het ek ander dinge wat ek wil en moet doen."

Na skool neem hy sy skaatsplank, gaan laai sy voorraad koeksisters by René op, ry tot by McDonalds se hoek en verkoop daar sy pakkies koeksisters.

Hy hou nie op probeer voor al die pakkies nie verkoop is nie.

"Ek is al een keer 'gerob' Tannie," vertel hy.

Hy het wel die meeste van sy eiendom terug gekry, maar het ook 'n duur les geleer om nie vreemdelinge te vertrou nie.

Volgens hom word hy goed ontvang deur inwoners.

"Daar is soms 'n kwaai oom of tannie, maar ek los hulle maar net uit en gaan aan met wat ek doen. Ek wil net my koeksisters verkoop, sodat ek my fiets kan koop," vertel hy.

Hy is nog nie seker wat hy eendag met sy lewe wil doen nie, maar is seker dat dit in verkope sal wees of hy wil sy eie besigheid begin.

Vir nou is sy gunsteling skoolvakke aardrykskunde, wiskunde en geskiedenis.

Ma René kyk hom met 'n breë glimlag aan, terwyl hy van sy dae as entrepreneur vertel.

"Hy ken die dorp en die mense soveel beter as ek!" Hy vertel van die "prokureur-oom, oom Willem" dink hy, "in Voortrekkerstraat" wat hom altyd ondersteun. Hy ken die ontvangsdame. Hy weet wie waar woon. Hy weet wie is die eienaar van watter besigheid en wat hulle doen.

Skaam is hy glad nie. Gemotiveerd, beslis.

Oorgehaal om daardie blink nuwe fiets te koop, met sy eie sakgeld, wat hy self verdien het.

Rolbal: Altus laat sak son oor Sunningdale

Malmesbury se mansrolbalspan het die afgelope Saterdag hulle beste vertoning tot dusver die seisoen gelewer deur met 9-3 vir Sunningdale, die voorlopers, in hulle agterplaas te troef. Met Altus Myburgh wat knaend die opposisie neutraliseer en skof na skof dit letterlik vir hulle nag maak en hulle moedeloos laat, wat die weg gebaan het vir Roux Vermeulen om verdere sout in hulle wonde te vryf.

Die span van Roux, Altus, Lodewyk Lesch en Marius Huysamen gee op die 1ste skof drie skote af, herstel gou en wen die stel 7-5 nadat hulle vier optel op die 6de skof. Tydens die 2de skof red Altus hulle telkemale deur die mees onmoontlike skote te trek, terwyl Lodewyk en Marius steeds sukkel om aan die gang te kom. Hulle wen die stel 6-4, Lodewyk en Marius begin druk toe te pas, en hulle wurg die opponente met 11-2 tot oorgawe in die derde stel, en wen 24-11.

Die span van Daniël Griebenauw, Brian Howell, Jeff Petersen en Rainier van Zyl is ongelukkig om in die 3de stel die wind van voor te kry en naelskraaps 18-19 te verloor. Hulle wen die 1ste stel 7-6, en staan vier skote af op die laaste skof. Die 2de stel wen hulle gemaklik 10-5, en loop 17-11 voor. En almal sien al 'n groot opskudding is op hande. Maar helaas, niks gaan verder in hulle guns nie, en na 20 skofte trek hulle 18 elk. Wen die laaste skof, en jy vat 11 punte huis toe. Verloor die skof, en Sunningdale kry 2 punte te veel na Malmesbury se smaak. Wat toe ook ongelukkig die geval was. Daniël se laaste bal tref die teiken van twee Malmesbury balle wat ingespeel moet word nader aan die witbal, net om te sien dat hulle weerskante toe sywaarts beweeg, net te veel om nie die skoot te lê nie.

Maar die uitslag plaas Malmesbury nou 2de op die punteleer, een punt agter Durbanville, 'n halwe punt voor Sunningdale, en drie punte voor hulle volgende teenstanders, Stellenbosch in die 6de plek. So dit bly maar taai om bo-aan die leer te probeer kom, en hope- lik kan hulle komende Saterdag ook vir Stellenbosch in hulle agterplaas tot oorgawe dwing.

Die spanne wat in die WP Trips liga speel wen elk een stel, en verloor 2-10. Die span van June Rickett, Peter Hall en Tia Petersen vaar weer die beste, en verloor weer met slegs een skoot 16-17. Die wedstryd is deurgaans taai, en hulle verloor die 1ste en 2de stelle 5-6 en 5-7 onderskeidelik. Na 14 skofte neem hulle die voortou 14-13, en na 16 skofte 15-14. Op die voorlaaste skof staan hulle egter 3 af, en kon op die laaste skof net een optel.

Ricky Rickett, Kobus Groenewald en Zelda Jordaan verloor die 1ste stel 2-11, ruk hulle goed reg deur die 2de stel 7-0 te wen. Maar toe slaan die noodlot toe, en hulle verloor die laaste stel 3-13. Eindtelling 12-24, met vier skofte waar hulle twee keer 3 en 5 onderskeidelik afgee. Hulle speel Saterdag tuis teen 'n span van Meadowridge.

Intussen het Jeff Petersen toe Sondag verder deelgeneem aan die WP Novice enkelspelkampioenskappe. Hy wen sy eerste wedstryd 21-12 teen 'n Mowbray speler, en haal so die laaste agt vir 'n plek in die kwarteinstryde. Daar loop hy toe sy rieme vas met 13-21 teen 'n speler van Constantia. Voorwaar 'n puik prestasie, en 'n bewys dat kleiner klubs se spelers beslis kan saam draf met die groot honde.

Die klub pare-kampioene is verlede Woensdag gekroon. Brian Howell en Jeff Petersen maak die pap dik aan en loop deurgaans gemaklik voor met 23-17 na 19 skofte. Tot Dawie Horn en Rainier van Zyl besluit dis tyd vir die jong manne om hulle stemme goed dik te maak. Presies net mooi wat hulle toe doen. Tel op albei die skofte vier op, en drink heerlik sjampanje uit die silwerware. Waardige kampioene, wat deurgaans die pas aangegee het.

- Dr Roux Vermeulen

Te Huur To Let

Malmesbury: Woonstel met volledige badkamer, kombuis, oopplan sit- en slaap kamer, eie geyser en koopkragmeter. R2750pm asook Munisipale dienste. Kontak: 072 856 4046

As jy jou besigheid wil laat groei, kontak Karin Neethling op 064 557 9183 of stuur 'n epos na karin@swartlandjoernaal.co.za.

Smalls • Geklassifiseerd • Smalls • Geklassifiseerd

16 Februarie – LENIE ARENDSE – 6 jaar gelede het God jou kom haal. Ma is baie hartseer vandag, want jy sou nou 50 jaar gewees het. Ons dink aan jou en is lief vir jou. Van: Ma, 2 susters, Sampie en kinders

KATRINA SWARTS -19 Februarie - Nog n jaar weg van ons, maar ek gun ma die nuwe lewe saam met die engele van onse Hemelse Vader. Van: u dogter end kinders en kleinkinders

25 Februarie - Jou eerste verjaarsdag weg van ons. FABIAN, hoop jy geniet jou verjaarsdag daar bo by die engele. Van: jou vrou en kinders

26 Februarie - GERT (OUPA) ARRIES - Reeds 3 jaar van ons geskei, maar voel steeds soos gister. Ons koester alle mooie herinneringe en onthou jou vir die tipe mens wat jy was, dus gun ons jou die ewige rus by ons Hemelse Vader. Sag rus tot ons weer ontmoet. Liefde - Anna en Familie in Hanekamstraat

Ammonia Refrigeration Engineering (Pty) Ltd would like to thank Delico for the wonderful opportunity to work with them on their new facility at Riebeek Kasteel.

We at Ammonia Refrigeration Engineering (Pty) Ltd are grateful for your patronage and look forward to serving you in the future.

This article is from: