1 minute read

Koeksister-koning droom groot

'n Fiets waarmee hy kan skool toe ry, waarmee hy kan rondbeweeg om koeksisters te verkoop. 'n Fiets.

Dit is wat Wesley-Clyde de Klerk (13) van Malmesbury vir homself met sy eie sakgeld wil koop.

Advertisement

Wesley is 'n seun met 'n unieke uitkyk op die lewe. Sy hande staan vir niks verkeerd nie, hy sal selfs 'n boef agterna sit as dit nodig is.

Wat hom wel anders en uniek op Malmesbury maak, is die feit dat hy die bekende gesig van Yummy Treats is, oftewel die koeksister-seun.

Wesley het gedurende Covid na Malmesbury verhuis saam met sy ma René en jonger broer.

"Ek het alles daar agtergelaat, my kinders gevat en 'n skoon, nuwe begin hier kom maak. Dit was nie maklik nie, maar dit was die beste vir my seuns," vertel sy. Vandag glimlag die twee van oor tot oor as hulle vertel van hul onderneming, Yummy Treats.

Wesley het self te voet van besigheid tot besigheid gegaan en die koeksisters wat sy ouma, Anne-Marie Els, bak, verkoop. Dit het goed gegaan en die besigheid het vinnig gegroei.

René het 'n vaste werk in die tydperk gekry en moes toe slegs op bestellings die soete lekkerte aan kliënte verskaf.

Dit is toe dat Wesley gevra het of hy deel kan word van die span.

"Ek wil self my eie sakgeld verdien. Ek kan nie altyd vir my ma net dinge vra nie. Ek moet my deel doen om te help en om my geld te verdien. Ek wil. Ek wil werk vir dit wat ek het." Vervolg binne...

This article is from: