
2 minute read
gee raad... …jou tuin in Maart
Ons het lesersvrae ontvang wat ons graag vandag behandel:
Vraag A: My grasperk bly vol geel kolle al kry dit genoeg water. Wat moet ek doen?
Advertisement
George antwoord: In ons warm somermaande kan ‘n grasperk soms wispelturig wees! Geel kolle kan ‘n paar oorsake hê:
Jy sny jou gras te kort of die grasperk is al ‘n bietjie dik en dan gryp die grassnyer sulke wit happe uit die pool van die grasperk.
Daardie kolle word deur die son gelooi en brand dit geel.
Wees versigtig om dit nie te kort te sny nie en moenie dié tyd van die jaar die grasperk se dik pool weg sny nie – dit doen ‘n mens einde Augustus tot begin September, net voor die nuwe groeiseisoen.
Geel kolle kan ook deur (a) grasperk-ruspes en (b) waterkrieke veroorsaak word.
Hulle lewe net onder die oppervlak en kom snags uit om hul vreetwerk aan die gras te doen en weer eens verskyn geel kolle. Dié twee peste kan behandel word met gifstowwe met die volgende aktiewe bestanddele: (a) Sipermetrien of Karbarli en (b) Koinor of Meridian
In beide gevalle maak jy die gifmengsel aan volgens die voorskrif in ‘n gieter en deurdrenk die besmette areas laataand want hulle kom dan uit om te vreet.
Geel kolle kan ook deur swamme veroorsaak word. Daalderkol is groot sirkelvormige besmettings wat as ‘n klein sirkel begin en dan vinnig groei tot ‘n groot sirkel op jou gras. Bespuit dit met Odeon.
Bruinroes is sulke klein bruin/swart poeieragtige kolle op die gras se blaar en dit sal afgee aan jou vingers wanneer jy daaraan vat.
Dit kan ook baie vinnig versprei in warm en vogtige toestande.
Gebruik ‘n koperoksiedchloried-basis spuitmiddel (soos Virikop of Odeon)
Na hierdie behandelings, sprinkel jy ‘n dun lagie kompos oor hierdie swaarkry-areas en gee dit ‘n lekker ligte kunsmis-toediening: gebruik
4.1.1 of 7:1:3. Daar is ook Atlantic Bio Ganic for Lawns wat
Staan
lekker sal werk. Ons het ook nou ‘n nuwe produk by name “Go Organic” – probeer dit gerus, die resultate is verstommend!
Vraag B: Hoe maak ek kompos in my agterplaas?
George antwoord: Daar is baie metodes: ‘n komposhoop; -gat, ‘n komposhok of –drom; selfs ‘n erdwurmplaas!
Gebruik alles wat plantaardig is en wat kan ontbind, om kompos te maak: Grassnysels, blare, takke (fyngeknip), geskeurde papier en ook sekere kombuisafval. Laasgenoemde sal beter werk in jou wurmplasie.
Plaas die verskillende materiale in jou komposhouer hou dit klam, sprinkel ook kompos-aktiveerder tussen die lae in en bo-oor, om die proses ‘n bietjie aan te help!
Indien jy ‘n groot komposhouer het, is dit goed om af en toe dit om te werk sodat daar weer lug kan inkom. Dit bespoedig die komposteringsproses. Indien jy gelukkig is, kan jy na so ses maande jou eerste kompos uitsif en begin gebruik!
Vraag C: My aalwyne se blare in hul krone is asvaal en daar hardloop sulke klein insekte rond soos malgoed?
George antwoord: Dit is ‘n plantluis wat geweldig vinnig aanteel en dit suig plantsap uit die aalwynblare en die plante sal uiteindelik doodgaan indien dit nie behandel word nie.
Dit is eintlik maklik om van hulle ontslae te raak.
Koop of gebruik sommer ‘n poeier insekdoder soos Sure Death of Blue Death, gooi ‘n klompie daarvan in die kroon en siedaar, hulle verdwyn. Jy kan ook met Supermitrien spuit.
Kontroleer gereeld om te sien of die plaag nie teruggekeer het nie, dan herhaal jy die behandeling
Stuur gerus jou tuinvrae aan info@malmesburykwekery.co.za

Tuingroete tot 29 Maart

George Retief
‘n kans om te wen!