
2 minute read
Leander en Pietersen op pad na Spanje vir sokker
Lincoln Leander en Blayden Pietersen van Wesbank Sekondêr op Malmesbury is deur BT Football Recruitment Agency in die nasionale sokkerspan opgeneem wat gedurende September in Spanje gaan deelneem.
Hier sal die tweestuks vyf wedstryde saam met hul span speel, teen top-Spaanse jeugspanne en die Real Madrid-klub se stadion, Santiago Bernubeu besoek, asook 'n wedstryd van Real Madrid bywoon.
Advertisement
Hulle sal ook dié klub se museum besoek en so na al hul trofee kan kyk.
Deur aan hierdie kompetisie deel te neem, word hulle sodoende gekeur om professionele sokker te speel en indien hulle gekies word, sal hulle binnekort hul eerste kontrakte in dié sportsoort kan onderteken.
Leander en Pietersen is baie opgewonde en sien uit na die toernooi.
Hulle oefen daagliks om top-fiks te wees en om die kans wat hulle gegun is, met albei hande vas te gryp om so hul drome uit te leef.
Hulle oefen ook saam met die BT Football Recruitement-akademie in Kaapstad, waar professionele afrigters hul touwys maak. Die twee is ook lid van Wesbank Sekondêr se sokkerspan.

Om hierdie toer te onderneem, beloop R45 000.
Enige persoon wat 'n bydrae wil leker, kan Annelize (Lincoln se ma) kontak by 082 077 169 of Laurie Kay (Blayden se ma) by 072 972 9275.



So lyk die Swartlandse eiendomsmark
Ontwikkelings op Malmesbury sien dat die omgewing nuwe intrekkers vanuit die groter stedelike gebiede lok.
Volgens Nix Seeley van Huizemark, 'n eiendomsagentskap op Malmesbury, is dit nou beslis 'n kopersmark, al het die rentekoers gestyg.
Daar is talle banke wat nou 100% lenings toestaan wat dit vir kopers baie meer aantreklik maak om in eiendom te belê.
Volgens haar het die eiendomsmark, soos oudergewoonte, afgeneem vanaf Desember, maar begin hy nou weer sy kop te lig.
Die huurmark se pryse het ook nie volgens haar die afge- lope ruk gestyg nie, maar daar is tans ook nie baie huureiendomme beskikbaar nie.
Haar wenke vir verkopers is:
1. Maak seker jou huis is reg geprys
2. Maak ook seker dat jou huis binne en buite in 'n goeie toestand is.
3. Moenie van die tuin vergeet nie. Hou dit netjies en maak seker jou grasperk is so ver moontlik groen en kort gesny en dat die beddings skoon is.
Tans is die gemiddelde tydperk vir 'n huis wat in die mark is, 60 dae, voor dit verkoop word.
Deli-Co, die vleisreus wat spog met 'n splinternuwe aanleg op Riebeek-Kasteel, groei steeds, 130 jaar ná die begin van hierdie onderneming.
Deli-Co voorsien meer as 1500 besighede van vleis.
Hulle voer meer as 12 000 lammers per dag.
Honderde aflewerings word daagliks voltooi.
Alles word hanteer en uitgevoer deur 'n personeelkorps van honderde wat permanent in diens is van die Deli-Co-groep.
Die onderneming het klein begin en toe moes slegs drie personeellede die skip stuur.
Die besigheid het gegroei tot die huishoudelike naam wat dit vandag is, met top-bestuurders in die verskillende bestuursposisies, 'n voermeul, 'n slaghuis, 'n koffiewinkel en bistro, 'n slaghuis en 'n produksie-afdeling.
Al groei die onderneming deurlopend, bly die groep se kernwaardes en grondslag steeds dieselfde.
Soos die Deli-Co-familie dit self beskryf: "Ons besigheid is, was en sal altyd gegrond wees in ons passie vir mense, diere, die boerdery en vleis."

