1 minute read

CK se Koeksister-koning spog met nuwe wiele

Wesley de Klerk (tweede van links) het Vrydag sy fiets in ontvangs geneem by Redlum op Malmesbury. Hier is hy saam met eienaar Connie van Niekerk, Gaylinth Hansen en Henfré Brand van die Flyings Eagles-rugbyklub wat die fiets aan Wesley geskenk het.

Advertisement

Die koeksister-koning van Malmesbury spog nou met wiele...

Die uitgawe van Swartland Joernaal was skaars op die rakke, toe die kantoor 'n oproep ontvang van 'n barmhartige Samaritaan wat oor 'n ekstra fiets beskik en dit graag aan Wesley wou skenk.

Henfré Brand en die Flying Eagles-rugbyklub het dit goedgedink om die fiets aan die jong entrepreneur te skenk.

Hy het dadelik na Redlum gegaan en met Connie van Niekerk, eienaar van die winkel, gesels om 'n samewerkingsooreenkoms met hom te bewerkstellig.

Dis juis toe ook net daardie tyd wat Wesley by die winkel instap.

Hy het na die fietse gekyk en navraag gedoen oor betaalopsies.

"Ek het baie vinnig myself uit die winkel verskoon. Ek het dadelik sy gesig herken en was bang hy hoor van ons planne," vertel Brand.

Vrydagmiddag na skool is Wesley deur sy ma René aangeraai om saam met haar winkel toe te gaan.

Hy het nie geweet watter verrassing op hom wag by Redlum nie.

Daar het sy nuwe wiele gestaan en wag vir hom.

Met die besef dat die fiets syne is, het hy van oor tot oor geglimlag, terwyl Connie hom touwysmaak oor die slot, die remme, die ratte en meer.

Hy het ook ingestem om die fiets een keer per maand oor te sien, sodat hy seker kan wees Wesley is veilig op die pad soos hy aan sy verkope werk.

* 'n Opregte woord van dank aan die Flying Eagles-rugbyklub, Gaylinth Hansen, Henfré Brand en Connie van Rensburg van Redlum wat hierdie droom vir Wesley bewaarheid het.

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se eerste krieketspan het hul seisoen afgesluit teen die span van Hottentots Holland in 'n 50-beurte-wedstryd. HS Swartland wen die loot en besluit om eerste te kolf. HS Swartland teken 245 aan. Beste kolwers was: Carlo van der Merwe 136 van slegs 118 balle. Joshua Muller 41. Hottentots Holland teken 79/10 aan in 36 beurte. Beste boulers was: Cobus Steyn met 8/12 na 10 beurte. Hy was ook twee keer op 'n driekuns. HS Swartland wen die wedstryd met 166 lopies. Links is Van der Merwe en Steyn na afloop van die wedstryd.

This article is from: