Page 1

@agri Jou no.1 aanlyn tydskrif

Noord-Kaap Suid-Vrystaat Uitgawe 1: November | Desember 2011

Grondbesetting

Katoen

Vergewis jou van jou regte

Vooruitsigte lyk belowend

Foto's

van ekspo en waterfees

Noord-Kaapenaars wen landboutoekennings

Mieliestronkboorders

Kan negatiewe impak op winsgewendheid hĂŞ


Sportron. It's time to start your own business now! Supplement your income or work full time, work with products and people that support good health, financial security and personal development. Interested? Sms your name and number to 072 3511 258 and we will phone you!

Professionele fotograaf vir alle geleenthede. Kimberley en omgewing. Skakel Carine Beylefeld by 083 4535 253.

Employment offered: Northern Cape cattle rancher requires services of a young, single man to assist with general farming operations (Jan 2012). Please phone 083 454 9476.

Kindervermaak by partytjies: gesigverf, ballonne vou, nar en Minnie Muis en ander lekker pret. Kimberley en omgewing. Skakel Carine Beylefeld by 083 4535 253.

Vanderkloofdam en omliggende gebied: eiendomme, inligting of besprekings vir akkommodasie of ander geleenthede. Skakel Ethel van der Walt by 082 6071 194.

Gholfafrigting in Jan Kempdorp vir leerders van Graad 1 tot 7. Aanleer van vaardighede en jongste tegnieke. Nie nodig om toerusting aan te koop. Afrigting vir seniors ook aangebied. Skakel Nico Schmahl by 072 179 1570.

Kayak op die Vanderkloofdam of die Oranjerivier. Groot pret! Ideaal vir familiefees of spanbou. Kontak Ethel van der Walt by 082 6071 194.

Konyne beskikbaar: 2 gebore op 11 Julie 2011 en 2 gebore op 11 September 2011. Kontak Anoesjka Botes by 082 316 2092 (Britstown/Vosburg).

Anoesjka Botes Fotografie - vir die neem van troufoto's, baba-, kinder- en gesinsfotos. Skakel 082 316 2092 of stuur e-pos na anoesjka@albieswireless.co.za. Britstown/De Aar/Vosburg-distrikte.

Bloemfontein: groot 4 slpk meenthuis, stapafstand na universiteitkampus. Geen parkeerprobleme. Goeie sekuriteit. Ideaal vir studente. Skakel Heleen Scholtz by 079 8853 798.

Garsonhein Rottweilers. Opreg geregistreerde Rottweilerhondjies. Ingeënt, ontwurm en gemicrochip. Groot bouvorm, seun van Australië-kampioen in 2007. Skakel Mariëtte Swanepoel van Jacobsdal by 082 4370 659.

Bloemfontein: stunning, upmarket 3 bed townhouse in Heuwelsig. Lovely interieur, 2 bathr, double garage, private garden. R1 070 000. Phone Heleen Scholtz by 079 8853 798.

Louis Botha Fotografie. Kimberley. Skakel Louis vir enige foto's troues, kinders, familie, sport of gesellighede by 082 494 6783. Stuur 'n e-pos na lbf@vodamail.co.za.

Bloemfontein: Langenhovenpark - oulike meenthuise en huise te koop in hierdie gewilde woonbuurt. Beleggings! Skakel Heleen Scholtz by 079 8853 798.

Hierdie “classifieds” is vir die Desember/Januarie-uitgawe steeds gratis. stuur u inligting na agriclive@mweb.co.za.

Laat my toe om jou mooiste dag se herinneringe met 'n kamera vas te lê.

livé urger

CB

FOTOGRAFIE

053 591 0761 • 083 708 3974


November/Desember

30

Redaksie | Dagboek Alfa en Omega Onwettige besetting van landbougrond sal nie verdra word nie CrisisOnCall sinoniem met gemoedsrus Hanteer onregmatige besetting van grond volgens wet Bestuur jou geskiedenis sodat jou kind 'n toekoms kan erf Motlanthe se siening oor grondhervorming is positief vir landbou Blink toekoms vir katoenboere in die vooruitsig Katoenproduksie neem wêreldwyd toe Winste uit rugbyklere beskerm SA boere Stronkboorders kan ekonomiese impak op mielieproduksie hê Bykans 10% meer mielies gaan in 2012 geplant word Eerste witmielies is uitgevoer Kasteel Witdorpers bied topkwaliteit diere aan Verwagte reënvaltoestande vir die 2011/12-somerseisoen lyk só GWK Transoranje-silo's bykans klaar Probleme met oorskakeling na watergebruikersverenigings word ondersoek

2 34 3 4 40 5 43 6 44

2011

5 000 skape op 1ste produksieveiling aangebied Rietrivier Landbou-ekspo was 'n klinkende sukses Omskep groen grasveld in 'n voerkraal Twee vennote wen landboutoekennings Pioneer en Pannar dien appèl in oor besluit van Mededingingstribunaal

10 45

Boorling van Prieska spoedig deel van GSA se bestuur

13 45 46 14 50 16 51 17 52 18 54 20 55 23 56 24 58 26 60 28 62 29

CDP vra vir meer soldate op grens teen plaasaanvalle Vanderkloof gaan groot op fees Landbouvereniging sluit jaar af Orania se Koringfees gaan vermaak vir almal bied Jong wetenskaplikes wys hul staal Agri SA se 8ste Jongboer van die Jaar kom uit Noord-Kaap Rekordprys vir South Devon Gholfdae aangebied vir Monsanto-kliënte Agri SA maak stem dik oor landbousake op jaarkongres Oorkoepelende burgerraad vir grondwetlike regte word gestig Die wit broek sit nie “nice” nie!

@agri Clivé Burger - Redakteur 083 708 3974 agriclive@mweb.co.za

Stephan Vorster - Grafiese ontwerper spmads@iburst.co.za

November | Desember 2011

1


D

rome kan net bewaarheid word as JY self sorg dat jou gedagtes en idees realiseer. En niks kom maklik of vanself nie. Dit verg harde werk soos enigiets anders in die lewe wat 'n mens graag wil bereik. Dikwels is ons so besig om te huil of beswaard te wees oor 'n deur wat toegemaak het, dat ons nie die moeite doen om om te draai nie – en die oop deur agter ons raaksien nie. Só was dit ook met @agri - idees waarmee ek maande lank rondgeloop het, kon uiteindelik realiseer toe ek omdraai... En nou, ná baie nagtelike, alleen-ure is jou nuwe aanlyn-tydskrif uiteindelik hier. Ek is 'n aartsopportunis en glo dat inwoners van die Noord-Kaap en SuidVrystaat nie gaan kan wag vir die volgende uitgawe nie. @agri is 'n internettydskrif wat gaan fokus op landbouen gemeenskapsake. Dit kan egter net 'n sukses wees as ek u die leser betrokke kan kry om deel te wees daarvan. Dit sal beteken dat u ook u dorp of stad se nuus aan ons moet stuur, sodat ander lesers kan sien wat in ons streek aangaan. Hierdie tydskrif is uit geloof gebore – en miskien omdat ek glo dat hierdie 'n ideale geleentheid is vir nuus, foto's en artikels uit ons streek, want ons mense het baie om te sê en oor te spog. 'n Klein begin is 'n goeie begin, en dit is presies waar @agri nou is. Ons gaan babatreetjies gee – voetjie-virvoetjie sodat die smaak van sukses só veel langer geproe kan word!

Ons gaan probeer om maandeliks vir elke leser interessante leesstof te verskaf. En ons drome het nie hier gestop nie, want daar is nog baie idees wat ons graag wil implementeer. En daarom is u welkom om my by agriclive@mweb.co.za te laat weet wat u graag in die tydskrif sal wil sien. Ongelukkig kan ons nie alles op een slag doen nie, en sal ons oor tyd nuwighede aankondig. En wat sal nou makliker wees om die gemeenskap van die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat te bereik as juis deur @agri wat na die uithoeke van die provinsie gestuur word. Só hierdie is die gulde geleentheid om u produkte of dienste te adverteer en dit boonop teen spotgoedkoop pryse. Kliek hier om ons tariewe te sien. Ons wil u graag ook vra om hierdie tydskrif (die e-pos wat u ontvang het) na al u vriende en kennisse te stuur sodat ons ook só ons lesertal kan uitbrei. Boonop is daar lekker kontantpryse op die spel. Al wat u moet doen is om die e-pos te stuur na 10 van u kontakte en agriclive@mweb.co.za te cc. Die kontanttrekkings van R2 000, R1 000 en R500 sal gedoen word aan die einde van Januarie – juis wanneer ons almal ná die feestyd platsak is. So waarvoor wag u? Ek hoop en glo elkeen van u wat hier lees, sal 'n getroue leser van @agri word – die tegnologie vandag bring die wêreld tot in ons huise. Geniet dit en enige terugvoer word verwelkom. Groete tot ons weer middel Desember gesels!

Clivé Burger Redakteur

Die opinies wat deur persone in hierdie publikasie geopper word, is persoonlik en weerspieël nie noodwendig dié van die redaksie nie.

17 November: Jacobsdal – NG Kerk Veeveiling. Skakel Stefan Meades by 082 808 1280. 18 November: Kimberley – Griekwaland-Wes Rugby-unie se 125-jarige vieringe. Skakel Erika Venter by 084 552 2063. 30 November tot 3 Desember: Kimberley – Kuier-kuier Kersmark. Skakel Dedré by 082 964 3166 of Trudie by 082 878 5127. 9 en 10 Desember: Orania – Koringfees. Skakel Marlene van Staden by 084 816 4932 of Driekie de Jongh by 072 339 6575. Dorpe in die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat word versoek om asseblief alle belangrike datums aan @agri deur te gee vir plasing. Stuur die inligting na agriclive@mweb.co.za.

2

November | Desember 2011


'n Sorgende gemeenskap “... sodat daar nie verdeeldheid... sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra.” 1 Kor. 12:25 Die gemeenskap van gelowiges is nie 'n vereniging of 'n byeenkoms of 'n klub van mense wat almal toevallig iets gemeenskapliks doen nie. Dit is iets veel, veel meer. Dit is 'n span mense wat almal deur die Gees van God aangeraak is om saam iets te glo en iets te doen. Om deel te wees van die gemeenskap van gelowiges bied veel meer as 'n lidmaatskapkaart en toegang tot die klubfasiliteite. Dit bied jou die geborgenheid dat jy weet daar is mense rondom jou vir wie jy saak maak, wat vir jou omgee met die liefde van Christus; mense deur wie jy geag en beskerm word. Jy is nie lidmaat van 'n klub nie, maar ledemaat van die liggaam van Christus. Jy word toegevou deur harte en hande wat in die Naam en krag van die Here vir jou wil sorg. Gemeenskap is om te weet jy behoort iewers. Jy hoef nie alleen te staan nie. Jy hoef nie geïsoleer vir jouself te sorg nie. Jy is deel van 'n sorgende gemeenskap.

Tegnologie is 'n wonderlike ding. Kyk dan nou net... hier lees u 'n tydskrif propvol nuus en gebeure sommer op die internet. Daagliks kry ek die mooiste e-posse wat ek eenkant bêre met die gedagte om dit weer “eendag” te lees. Ek het besluit dat dit nou die ideale geleentheid is om dit te gaan “uitkrap” en maandeliks een (of dalk twee!) vir ons lesers te plaas. Hierdie stukkies is dikwels vroeg soggens as ek voor die rekenaar inskuif my Bybelstukkie en gebed vir die dag. Dankie aan die (gewoonlik) anonieme skrywers vir die pragtige pitkos! Lank gelede het twee broers wat op aangrensende plase geboer het 'n geweldige rusie met mekaar gehad. Dit was die eerste ernstige struweling in veertig jaar van sy-aan-sy boerdery, deel van plaasimplemente en toerusting, deel van arbeid en goedere soos nodig sonder enige haakplek. Die lang samewerking het tot niet gegaan. Dit het begin met 'n klein misverstand en dit het gegroei tot 'n geweldige rusie en uiteindelik het dit ontplof in 'n oor en weer verwisseling van kwetsende woorde, gevolg deur weke van stilte... Een oggend is daar 'n klop aan die deur van Johan, die ouer broer. Voor die deur het 'n man gestaan met sy skrynwerkersgereedskapkissie. “Ek soek na 'n los werkie om te doen vir die volgende paar dae,” sê die skrynwerker. “Jy het nie dalk 'n paar klein werkies wat ek vir jou kan doen hier op die plaas nie?” wou hy van die broer weet. “Ja” sê die broer. “Ek het 'n werk vir jou. Sien jy daardie plaas oorkant die rivier? Dis my buurman s'n, my jonger broer, wat ek glad nie meer wil sien of ken nie. Laas week het hy sy laaigraaf geneem en die spruitjie tussen ons verander in 'n baie breë rivier tussen ons. Hy het dit gedoen om my te vermaak, maar ek sal hom wys dat ek dit nog beter kan doen. Sien jy daardie hoop houtpale en planke langs die skuur? Ek wil hê jy moet dit neem en vir my 'n 2 meter hoë heining net voor die rivier opsit tussen my en my broer sodat ek nie nodig het om elke dag in sy plaas vas te kyk nie.” Die skrynwerker sê: “Ek dink ek verstaan die situasie heeltemal. Wys my waar is die spykers en ander gereedskap en ek sal vir jou 'n werkstuk lewer wat jou tevrede sal stel.”

Jy voel tog seker ook partykeer dat jy amper nie kans sien om aan te gaan nie? Die gedagte moet tog al by jou gespook het dat al ons mooi ideale vir 'n Christelike lewenshouding miskien nie regtig haalbaar is nie?

Die ouer broer moes dorp toe gaan vir voorrade, maar voordat hy vertrek help hy eers gou die skrynwerker om al die materiale bymekaar te kry.

Juis vir sulke moedeloos-tye is die gemeenskap met ander gelowiges jou anker. Dan is hulle daar om jou vas te hou met hande wat jou beter kan regop hou, beter kan dien en versorg as waartoe jy in daardie stadium self in staat is.

Die boer se oë het gerek en sy mond het oopgehang van verbasing. Daar is geen heining opgerig nie, maar 'n brug wat strek van die kant van die rivier tot aan die oorkant. 'n Pragtige stukkie werk met handreëlings en al. Sy buurman, die jonger broer, kom reeds oor die brug aangestap met uitgestrekte arms.

Die vraag is of jy in jou goedgaan-tye deel van die hulpspan is om ander ouens regop te hou?

Jy is 'n merkwaardige man om 'n brug te bou na alles wat ek jou vertel en beveel het om te doen. Die twee broers ontmoet mekaar in die middel van die brug en omhels mekaar. Terwyl hulle omdraai sien hulle hoe die skrynwerker sy gereedskapkissie op sy skouer plaas. “Nee, wag! Bly tog 'n paar dae, ons het nog 'n paar ander werkies vir jou,” sê die oudste broer.

Liefdevolle Vader, ek sê dankie vir die mense rondom my, mense wat my deur u liefde versorg en lei. Amen Die waarde van 'n persoon word nie gereken volgens die aantal mense in sy diens nie, maar volgens die aantal mense aan wie hy diens lewer. – PD Moody (Uit: God Maak Sin - Annes Nel [red])

Die skrynwerker was die hele dag druk besig om te meet, te saag en spykers in te kap. Teen sononder toe die boer van die dorp af terugkeer, was die skrynwerker so pas klaar met sy werk.

“Ek sal graag wil bly,” sê die skrynwerker, “maar, ek het nog baie ander brûe om te bou...”

When you've got nothing left but God, you've got enough to start again. (Ingestuur deur Lucelle van Niekerk van Agri Noord-Kaap) November | Desember 2011

3


Onwettige besetting van landbougrond sal nie verdra word nie Clivé Burger, redakteur ulius Malema, leier van die ANC-jeugliga, het onlangs weer Suid-Afrikaners en veral landbouers warm onder die kraag gehad met sy uitsprake dat swartes 80% van die land se landbougrond moet oorneem.

J

verpligtinge in gevalle van besetting of betreding duidelik hierin uiteengesit word. Agri SA staan steeds ordelike wetstoepassing voor, maar kan die benadering net uitleef indien die owerheid dit moontlik maak,” het Möller gesê.

Verskeie landbou-organisasies en politieke partye het hul misnoeë daarmee uitgespreek en weer eens beklemtoon dat sulke ongegronde praatjies die land se ekonomie en veral beleggingsvertroue groot skade berokken.

TLU SA het op sy beurt gesê die klimaatskepping in die land kan uitloop op grootskaalse konflik, en net die ANC-regering het die vermoë om dié potensieel gevaarlike situasie te ontlont.

“Opruiende uitsprake gerig op die onwettige besetting van grond neem toe en dit blyk dat die ANC-leierskap 'n wag-en-sien-benadering inneem,” het Johannes Möller, president van Agri SA, in 'n verklaring gesê. “Dit kan natuurlik deel wees van 'n omvattende en georkestreerde strategie om druk op grondeienaars te plaas ten einde toe te gee aan beleidsinisiatiewe gerig op grondhervorming.”

“Ons daag President Jacob Zuma uit om net so streng en meedoënloos op te tree teenoor sy jeugleier as wat hy opgetree het teen die polisiekommissaris en ministers Sicelo Shiceka en Gwen Mahlangu-Nkabinde,” het Louis Meintjes, TLU SA se president, in 'n sterk bewoorde verklaring gesê.

Hy het bygevoeg dat Agri SA in goedertrou met die regering onderhandel oor die aangeleenthede vervat in die Groenskrif op Grondhervorming en verwag gevolglik van die regering om nie hierdie ordelike proses deur onverantwoordelike uitlatings, deur spesifiek ook die ANC-jeugliga, te laat ondermyn nie. Volgens Möller het Agri SA reeds by verskeie geleenthede 'n inligtingstuk, gerig op die hantering van die onregmatige besetting van grond, soos opgestel deur Agri SA, onder die aandag van lede van Agri SA gebring. Dit is ook aan die SAPD se prioriteitskomitee vir landelike veiligheid voorsien. (Sien hierdie dokument elders in die tydskrif.) “Landbouprodusente moet hulle vergewis van die inhoud hiervan aangesien hulle regte en

4

November | Desember 2011

“Die ANC kan hom nie daarop beroep dat die ANC-jeugliga 'n outonome organisasie is nie. Hulle dra die ANC se naam en daarom moet die ANC volle verantwoordelikheid aanvaar vir hulle jeugbeweging se stellings. Dit is ongehoord dat die ANC-regering se beleid is dat 30% van die grond na swartes oorgedra moet word, maar hulle jeugliga eis 80%, wat in stryd met die regering se beleid is,” het Meintjes gesê. “Boonop is dit totaal in stryd met die land se Grondwet wat eiendomsreg waarborg, ook vir die blankes.” TLU SA het weer eens benadruk dat geen grond van swartes gesteel is nie. Enige sodanige bewering is kwaadwillig en gebaseer op politieke verdraaiings van die geskiedenis. “Malema sê nou dat die blankes hier aangekom het sonder grond en sonder minerale. Dieselfde is van toepassing op Malema se voorgeslagte.”


CrisisOnCall sinoniem met gemoedsrus risisOnCall se dienste het die afgelope nege jaar sinoniem geraak met die woord gemoedsrus. Kommersiële boere het tans verskeie uitdagings op die politieke en ekonomiese terrein waaraan hulle moet aandag gee. Wanneer dit by noodsituasies kom, is CrisisOnCall daar om die nodige gemoedsrus te gee.

C

verleen sou die noodlot toeslaan. ! Min mense besef hoe krities inligting is tydens 'n mediese noodgeval. CrisisOnCall se identifikasiestelsel oorbrug daardie probleem. Neem verder in ag dat telefoniese mediese raad, regsadvies en traumaberading saam met die ander dienste 24/7/365 beskikbaar is.

CrisisOnCall se dienste is só ontwikkel om ook vir die boere en hul gesinne gemoedsrus op 'n landwye basis te verskaf.

Vanaf so min as R7 100 per maand (R85 200 per jaar) kan elke boer en sy gesin nou deel in die gemoedsrus wat CrisisOnCall bied.

Hierdie organisasie verskaf dus nie net gemoedsrus aan sy lede nie, maar maak ook 'n finansiële bydrae tot die Agri Securitas Trustfonds om landelike veiligheid te bevorder, sê Kobus Visser, direkteur: korporatiewe skakeling van Agri SA.

Lidmaatskap tot CrisisOnCall help die organisasie om maandeliks 'n bydrae tot die Agri Securitas Trustfonds te maak.

Deur CrisisOnCall se vennootskap met die Agri Securitas Trustfonds word die volgende dienste aan die landbougemeenskap beskikbaar gestel: ! Die reismoniteringsdiens verseker dat gereeld kontak gehou word met die reisende familie terwyl die krisislyn, gekoppel aan 'n nasionale noodnommer, daar is om hulp en raad te

Die noodlot stuur nie 'n boodskap met die datum en tyd wat dit gaan toeslaan nie. Dit gebeur net. CrisisOnCall sal daar wees om bystand te bied wanneer die onvoorsiene gebeur. Kontak CrisisOnCall by 0861 57 47 47 of stuur 'n e-pos na marketing@crisisoncall.co.za vir meer inligting.

November | Desember 2011

5


Hanteer onregmatige besetting van grond volgens wet In die lig van oproerende uitsprake deur Suid-Afrikaanse politici dat grond in die hande van blanke boere deur swartes moet en sal oorgeneem word, wil ons net weer hierdie inligtingstuk rakende die hantering van onregmatige besetting van grond aan ons lesers deurgee. Dit is opgestel deur Agri SA. Neem asseblief kennis daarvan en indien u enige vrae het of probleme ondervind, kontak asseblief u landbouvereniging of -unie in u streek. 1. Inleiding 'n Duidelike onderskeid moet vir doeleindes van hierdie dokument getref word tussen die onwettige betreding van eiendom en plakkery in die gewone loop van sake aan die eenkant en 'n skielike en georkestreerde besetting van eiendom deur persone aan die anderkant. Hierdie dokument gee 'n breedvoerige uiteensetting van beide. In die geval van 'n skielike en georkestreerde besetting van eiendom moet daar op 'n vinnige en besliste wyse teen sodanige persone opgetree word, wat die deelname van alle rolspelers vereis. 2. Betreding versus besetting Daar is skynbaar heelwat onduidelikheid onder grondeienaars oor die verskil tussen betreding en besetting en wat die korrekte optrede ten opsigte van besetting en betreding is. Betreding beteken om op iemand se eiendom te oortree sonder sy/haar toestemming. Betreding word gereguleer deur die Wet op Oortreding no. 6 van 1939 wat 'n verbod plaas op die betreding van grond sonder die wettige eienaar of okkupeerder se toestemming en dit 'n kriminele oortreding maak. Dit impliseer dat die polisie ingeroep kan word om só 'n persoon te verwyder. Besetting of okkupasie geskied wanneer daar 'n mate van permanensie is waar die persoon reeds 'n struktuur opgerig het en die bedoeling gevestig het om op die grond te woon. Wanneer dit gebeur het, is die persoon nie 'n blote betreder nie, maar 'n onregmatige besitter soos beoog in die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsettings en die Onregmatige Besetting van Grond van 1998. Die implikasie hiervan is dat só 'n persoon net deur middel van 'n hofbevel uitgesit kan word.

6

November | Desember 2011

Uitsetting anders as deur middel van 'n hofbevel is 'n kriminele oortreding waarvoor die eienaar tronkstraf opgelê kan word by skuldigbevinding. Dit is dus uiters belangrik om so gou moontlik die polisie in te roep voordat die betreder 'n struktuur oprig of enige permanensie vestig.

ook nie meer die gemeenregtelike remedies soos die mandament van spolie kan gebruik om plakkers van hul grond af te kry nie. Plakkers (oftewel onregmatige okkupeerders) kan nou net uitgesit word deur middel van 'n hofbevel wat ingevolge hierdie wet gegee is.

3. Wetgewing rakende grondbesetting en uitsettings

• Waar is die wet van toepassing? Hierdie wet is van toepassing op alle grond, landelik sowel as stedelik, privaatgrond sowel as staatsgrond.

!

!

!

!

!

Die uitsetting van persone van grond word deur wetsbepalings gereguleer. Die volgende wette reguleer verskillende geregtelike situasies en is van toepassing vir die doel van die dokument: Die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, 1997, Wet no. 62 van 1997 (VWV-wet); Die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond, 1998, Wet no. 19 van 1998 (VOU-wet); Die Wet op Grondhervorming (huurarbeiders), 1996, Wet no. 3 van 1996 (GH-wet); Die Wet op Oortreding, 1959, Wet no. 6 van 1959 (WO-wet).

Hierdie wette is dikwels moeilik om te vertolk en toe te pas en is daar gestel om beide grondeienaars en die polisie van hulp te wees. 3.1 Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsettings en die Onregmatige Besetting van Grond Hierdie wet (Wet no. 19 van 1998) het op 5 Junie 1998 in werking getree. Dit herroep die Wet op die Voorkoming van Onwettige Plakkery in sy geheel. Plakkery is dus nie meer 'n kriminele oortreding nie. Grondeienaars sal voortaan

• Wie word deur die wet beskerm? Die wet beskerm sogenaamde onregmatige okkupeerders. Dit is naamlik persone wat grond beset sonder die toestemming van die eienaar of persoon in beheer van die grond. Indien die persone wel toestemming het om daar te woon, word die situasie gereguleer deur die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (USV-wet). • Wat is die aard van die beskerming wat die onregmatige okkupeerders geniet? Die wet bepaal dat onregmatige okkupeerders net ingevolge die bepalings van hierdie wet uitgesit mag word. Uitsetting wat op enige ander wyse as ingevolge 'n hofbevel wat in terme van hierdie wet verleen is, geskied, is 'n kriminele oortreding en 'n eienaar of persoon wat hom of haar hieraan skuldig maak, kan 'n boete en/ of tronkstraf opgelê word. Daar word vereis dat 'n eienaar wat beplan om onregmatige okkupeerders uit te sit, aan hulle minstens twee weke vooraf skriftelike kennis van sy voorneme moet gee. Kennis moet ook aan die munisipaliteit in wie se regsgebied die grond geleë is, gegee word. Die kennisgewing moet vermeld dat daar aansoek gedoen sal word vir 'n bevel vir die persoon of persone se uitsetting; op watter datum en tyd die aansoek aangehoor sal


word; wat die redes vir die aansoek is en dat die onregmatige okkupeerders geregtig is om voor die hof te verskyn om die saak te verdedig asook dat hulle geregtig is om aansoek te doen vir regshulp. Ná die twee weke verstryk het, kan die eienaar of persoon in beheer van die grond enige afdeling van die hoër hof of 'n landdroshof, in wie se regsgebied die grond geleë is, nader vir 'n uitsettingsbevel. Die hof is nie verplig om 'n uitsettingsbevel te verleen nie, maar het 'n diskresie in die verband. In die uitoefening van sy diskresie moet die hof sekere dinge in ag neem. Faktore wat in ag geneem moet word, is onder andere die regte en behoeftes van bejaardes, kinders, gestremde persone en huishoudings waarvan 'n vrou die hoof is. Indien die onregmatige okkupeerders reeds vir langer as ses maande op die betrokke grond woon, moet die hof ook oorweeg of alternatiewe grond vir hulle beskikbaar gestel is of beskikbaar gestel kan word. Indien die hof dan in die lig van al hierdie faktore tevrede is dat dit billik en regverdig is om 'n uitsettingsbevel te verleen, sal die hof twee datums vasstel. Die eerste is 'n datum waarop die persone die grond moet ontruim, die tweede is 'n latere datum waarop die uitsettingsbevel uitgevoer sal word indien die persone nie die grond op die eerste datum ontruim het nie. Wanneer die hof hierdie datums vasstel, sal die hof onder andere in ag neem hoe lank die onregmatige okkupeerders reeds op die grond was. Die hof kan ook beveel dat hul strukture gesloop moet word. • Dringende aansoek vir uitsetting Die wet maak daarvoor voorsiening dat 'n eienaar of persoon in beheer van grond die hof op 'n dringende basis kan nader vir 'n uitsettingsbevel. Die bewyslas in só 'n aansoek is egter baie swaar. Die eienaar sal naamlik moet bewys dat daar 'n werklike en wesenlike gevaar bestaan dat hy ernstige skade of besering sal ly indien die persoon of persone nie uitgesit word nie. Verder sal die eienaar ook moet bewys dat hy as eienaar groter ontbering sal ly as die onregmatige okkupeerders nie uitgesit word nie as wat hulle sal ly indien hulle wel uitgesit word. 4. Uitsetting van grond af Uitsetting van grond af word altyd kragtens 'n hofbevel gedoen, of die persoon 'n huurarbeider, 'n bewoner (hetsy wettig of onwettig), 'n plaaswerker of selfs 'n oortreder is. (Let wel: uitsetting en arrestasie moet nie verwar word nie.)

Die uitsetting van 'n bewoner of oortreder moet ingevolge die toepaslike wette geskied, andersins sal die uitsetting onwettig wees. Daar is verskillende kategorieë van bewoners, soos huurarbeiders, wettige en onwettige bewoners en oortreders en plaaswerkers. Dit is belangrik om te onderskei tussen bewoners en oortreders, omdat die prosedures wat gevolg moet word in elke situasie verskil. 5. Bewoners Dit is belangrik om daarop te let dat enige persoon wat met die toestemming van die eienaar of persoon in beheer van landbougrond daar kom woon, kwalifiseer as 'n bewoner in terme van die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg. Ook in die geval waar seisoensarbeid byvoorbeeld tydelik op 'n plaas gewoon het en hul weier om by die verstryking van hul kontrak die plaas te verlaat, sal die prosedures soos voorgeskryf deur hierdie wetgewing vir uitsetting gevolg moet word. Dit is dus ook moontlik vir persone wat aanvanklik wettig met toestemming op plase kom woon het om in effek die plaas te "beset'' deur te weier om die plaas te verlaat by die verstryking van hul kontrakte. In só geval moet 'n kundige prokureur so gou moontlik genader word om uitsettingsverrigtinge te begin. 5.1 Wettige bewoners 'n Wettige bewoner is 'n persoon wat met die toestemming van die grondeienaar op grond woon. • Bewoner 'n Bewoner is 'n persoon wat met die eienaar se toestemming op die grond woon. Hierdie toestemming hoef nie uitgedruk te word nie (geskrewe of mondelings), stilswyende toestemming kan ook gegee word. 'n Voorbeeld van uitdruklike toestemming is waar 'n bewoner op grond woon nadat hy/sy die toestemming van die eienaar gevra het. 'n Voorbeeld van stilswyende toestemming is waar 'n persoon op 'n plaas bly met die medewete van die eienaar. Indien die eienaar geen stappe doen om die bewoner uit te sit nie, het die eienaar stilswyende toestemming gegee deur sy/haar optrede. Só 'n bewoner moet ook 'n bruto salaris van minder as R5 000 per maand verdien. Die USV-wet beskerm die regte van die bewoner. Die USV-wet beskerm nie persone wat die grond vir industriële, mynbou of kommersiële landboudoeleindes benut nie. Die USV-wet is nie van toepassing op grond wat uitgevaardig of erken is as “townships” nie. • Huurarbeider ‘n Huurarbeider is 'n persoon wat op 'n

plaas woon en wat die reg het om die eienaar se plaas te gebruik (of ander grond wat aan die eienaar behoort) en wat, as vergoeding, vir die eienaar werk (soos die persoon se ouers of grootouers gedoen het). Die huurarbeider kan sy arbeid deur iemand anders voorsien, bv. die pa is 'n huurarbeider wat die plaas benut en in ruil werk sy seun of dogter vir die eienaar. 'n Plaaswerker wat hoofsaaklik kontant betaal word vir sy/haar werk kwalifiseer nie as 'n huurarbeider nie. Plaaswerkers moet self die werk doen, wat hulle verder van huurarbeiders onderskei. Die reg van bewoning van die huurarbeiders en hul “vennote” (familielede, werknemers) word deur die GH-wet beskerm. 5.2 Onwettige bewoners 'n Onwettige bewoner is iemand wat sonder die uitdruklike of stilswyende toestemming van die eienaar op die grond bly. Bewoners wat onder die USV-wet val, is nie onwettige bewoners nie. Die regte van 'n onwettige bewoner word deur die VOU-wet beskerm. Hierdie kategorie van bewoner saI meestal wees wat algemeen bekendstaan as “plakkers”. Die VOU-wet het die Wet op die Voorkoming van Onwettige Plakkery, 1951, vervang. 5.3 Oortreders 'n Oortreder is iemand wat eiendom sonder die toestemming van die eienaar betree. 'n Oortreder kan deur die polisie gearresteer word. Wanneer 'n oortreder op die grondeiendom van die eienaar “woon”, moet die oortreder beskou word as 'n onwettige bewoner. “Woon” beteken 'n persoon het sy/haar woonplek op 'n sekere plek of bly permanent op 'n sekere plek. 'n Hof wat 'n oortreder skuldig bevind aan 'n oortreding ingevolge Artikel 1(1) van die Wet op Oortreding, 1959, kan beveel dat die oortreder onmiddellik van die betrokke grond uitgesit word. Hierdie bevoegdheid sluit NIE die bevoegdheid in om te beveel dat strukture verwyder word nie. 6. Prosedure Onder die meeste omstandighede sal 'n polisiebeampte versoek word om die “probleem” van 'n bewoner te hanteer wanneer 'n grondeienaar 'n klagte rapporteer by die gemeenskapsdienssentrum van die polisiekantoor in die area. Die polisielid wat die klagte hanteer, moet bepaal of die bewoner waaroor gekla is in een van die bogenoemde kategorieë val.

November | Desember 2011

7


Wanneer 'n bewoner die beskerming van die GH-wet, USV-wet of VOU-wet geniet, moet die polisiebeampte aanbeveel dat die klaer 'n prokureur raadpleeg ten einde die uitsettingsprosedures ingevolge die toepaslike wetgewing in werking te stel. Uitsetting wat nie ingevolge die toepaslike wetgewing plaasvind nie, is onwettig en is oortredings ingevolge wetgewing. 6.1 Uitsetting van huurarbeiders Huurarbeiders kan net ingevolge 'n bevel van die Grondeisehof (Artikel 5 van die GHwet) uitgesit word. Sodanige bevel word deur die eienaar bekom deur 'n aansoek aan die hof. 6.2 Uitsetting van wettige bewoners Uitsetting van wettige bewoners kan ingevolge 'n bevel van die landdros-, grondof hooggeregshof plaasvind. Uitsettings ingevolge USV-wet kan in drie fases gedoen word: > Die eienaar beëindig die reg op okkupasie ingevolge Artikel 8; > Die eienaar bekom 'n hofbevel indien die bewoner nie die grond binne die vasgestelde tydperk ontruim nie; > Die uitsettingsbevel word toegepas. Waar 'n bewoner sedert 4 Februarie 1997 op die grond gewoon het, en niks ingevolge die USV-wet verkeerd gedoen het nie (kwaadwillige skade aan eiendom, intimidasie, ens.), moet gepaste akkommodasie voorsien word soos in die USV-wet omskryf word. 6.3 Uitsetting van onwettige bewoners Onwettige bewoners kan net ingevolge 'n bevel van die landdroshof of hooggeregshof uitgesit word. Die eienaar kan by die hof aansoek doen om 'n uitsettingsbevel. Dit is ook 'n kriminele oortreding om direk of indirek enige betaling te ontvang of te bemiddel vir die reël of organiseer of toelaat dat 'n persoon grond beset sonder die toestemming van die eienaar of die toesighouer oor die grond. 7. Uitvoering van uitsettingsbevele Die balju van die hof sal uitvoering gee aan uitsettingsbevele. In sommige gevalle waar daar genoegsame aanduidings is dat die balju en sy/haar amptenare aan beserings, die dood of skade aan eiendom blootgestel kan word, sal die Suid-Afrikaanse Polisie die persone beskerm en 'n wet en orde funksie vervul. 8. Oortreding Oortreders moet so spoedig moontlik gearresteer word en in die hof verskyn. Die

8

November | Desember 2011

eienaar of persoon in beheer van die eiendom moet 'n formele klag by sy naaste polisiekantoor lê. Wanneer dit duidelik is dat die verdagte(s) vir 'n sekere tyd op die eiendom gewoon het, moet die eienaar die raad gegee word dat die oortreder deur middel van 'n hofbevel uitgesit moet word. Die eienaar of persoon in beheer van die eiendom moet 'n beëdigde verklaring aflê waarin ten minste die volgende gestel word: ! Die bevoegdheid van die klaer (bv. eienaar, wettige bewoner of persoon in beheer); ! Dat die verdagte(s) op die grond (of in die gebou) gegaan het; ! Dat die eienaar, wettige bewoner of persoon in beheer nie toestemming gegee het nie; ! Dat die verdagte geen wettige rede het om op die eiendom te wees nie (bv. waar die verdagte die grond huur, 'n werknemer van die klaer is of 'n bona fide besoeker van 'n wettige bewoner is (USV-wet). 9. Grondbesettings Wanneer polisie in kennis gestel word van 'n grootskaalse grondbesetting is dit belangrik om so gou moontlik op te tree. Grondbesettings gaan gewoonlik gepaard met die gewelddadige besetting van grond. • Wat die eienaar kan doen? Die eienaar kan 'n dringende uitsettingsbevel bekom ingevolge Artikel 5 van die VOU-wet. • Wat kan die SAPD doen? Die SAPD moet ondersoek instel om vas te stel of enige van die volgende oortredings begaan is: ! Gemenereg oortredings: aanranding, moord, brandstigting, kwaadwillige beskadiging van eiendom of enige poging tot die bogenoemde; ! Oortreding – Artikel 1 (1) Wet op Oortreding, 1959; ! Openbare geweld: Artikel 17 van die Wet op Oproerige Byeenkomste no. 17 van 1956; ! lntimidasie ingevolge Artikel 1 of 1A van die Wet op lntimidasie no. 72 van 1982; ! Betaling vir die organisering van onwettige okkupasie - Artikel 3(1) van die Wet op Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond, 1998 Wet no. 19 van 1998); ! Sameswering om enige van die bogenoemde te pleeg - Artikel 18(2)(A) van die Wet op Oproerige Byeenkomste no. 17 van 1956. ! In alle gevalIe waar grondbesettings gepolisieer word, moet volledig rekord gehou word vir getuienis.

10. Spesifieke optrede met grondbesettings Die volgende prosedures is met die polisie nasionaal uitgeklaar vir optrede deur grondeienaars of persone wat gemagtig is om namens die grondeienaar op te tree: Enige optrede wat daarop dui dat onwettige besetting van plase voorkom, moet onmiddellik deur die grondeienaar of sy gevolmagtigde by sy plaaslike polisie gerapporteer word en 'n klagte van betreding moet gelê word ingevolge Artikel 1 van die Wet op Oortreding (Wet no. 6 van 1959). Indien 'n grondeienaar oor enige inligting beskik of dreigemente ontvang wat dui op 'n plaasbesetting moet dit ook onmiddellik aan sy plaaslike polisie gerapporteer word. Indien daar reeds 'n periode verloop het voordat sodanige besetting gewaar word, moet die grondeienaar of sy gevolmagtigde by die hof aansoek doen om 'n uitsettingsbevel ingevolge die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsettings en die Onregmatige Besetting van Grond, Wet no. 19 van 1998, en die voorval moet ook by sy naaste polisiekantoor aangemeld word. Persone wat van voorneme is om hul plase vir 'n tyd lank te verlaat, moet ook die volgende reëlings tref: ! 'n persoon skriftelik magtig om namens hom só 'n voorval aan te meld; ! reëlings met sy regsverteenwoordiger tref om sodanige uitsettingsbevel by die hof aan te vra (veral na ure); en ! sy regsverteenwoordiger van die nodige volmag voorsien om die nodige regsstappe namens hom te doen. • In die geval van die polisie, is die volgende instruksie deur die Joints Prioriteitskomitee (voorheen Nokok) aan die polisie en weermag voorsien: ! alle voorvalle wat dui op plaasbesettings moet op 'n dringende basis hanteer word deur die polisie; ! alle oortreders op sodanige eiendom moet onmiddellik gearresteer word en voor die hof gedaag word; ! in gevalle van skuldigbevinding van oortreders moet aanklaers versoek word om aansoek te doen om 'n onmiddellike uitsettingsbevel in terme van Artikel 2(2) van die Wet op Oortreding, 1959; ! en uitsettings moet uitgevoer word deur die plaaslike balju van die hof met die ondersteuning van die polisie om toe te sien dat wet en orde deur sodanige uitsetting gehandhaaf word. Die volgende operasionele prosesreëlings is ook in plek en georganiseerde landbou se


verteenwoordigers in die Grondvlak Joints Prioriteitskomitee moet betrokke raak by die uitvoering daarvan: ! die Provinsiale Joints sal die Grondvlak Joints taak om in ooreenstemming met die wetlike prosedure, soos reeds uiteengesit, onmiddellik besetters van plase en kleinhoewes te arresteer; ! indien 'n uitsettingsbevel verkry is, moet die polisie onmiddellik die oortreders arresteer; ! die Grondvlak Joints moet alle rolspelers onmiddellik inlig oor enige inligting wat betrekking het op onwettige plaasbesettings; en ! die prosedure sal soos nodig ook deur die polisie met die grondeienaar gekommunikeer word. lntelligensie sal op 'n weeklikse basis die klimaat monitor wat kan lei tot onwettige plaasbesettings en groepe dophou wat by reëlings van sodanige aksies betrokke kan raak. Grondeienaars se optrede behels die volgende: ! rapporteer alle onwettige grondbesettings onmiddellik by die plaaslike polisiekantoor en voorsien alle relevante inligting rakende die besetting; ! rapporteer die bevestigde grondbesetting aan u plaaslike provinsiale landbou-unie; ! indien die plaaslike polisie nie reageer op 'n klagte oor 'n onwettige grondbesetting nie, moet dit onmiddellik aan die provinsiale landbou-unie gerapporteer word, wat dan verder met die klagte moet handel; ! indien reaksie op provinsiale vlak nie na wense is nie, moet die klagte oor die grondbesetting asook die polisie se versuim om op te tree volledig en skriftelik aan Agri SA gerapporteer word, wat die klagte verder sal opneem met die nasionale Joints Prioriteitskomitee; Wenke aan boere: ! weet wat op u grond aangaan; ! tree so gou moontlik op teen persone wat sonder u toestemming enige tipe woonstrukture op u grond oprig; ! lê onmiddellik 'n klag van betreding by die polisie en gee 'n bekwame prokureur opdrag om met uitsettingsverrigtinge te begin (maak seker dat u prokureur op hoogte is van die bepalings van hierdie wet); ! bring kennisgewings op u grensdrade aan wat sê: Betreding is 'n kriminele oortreding. Oortreders sal vervolg word. In die geval kan die toepassing van Agri SA se protokol vir toegang tot plase en die oprigting van plaasprotokolborde van waarde wees.

11. Protokol vir toegang tot plase In die lig van die aanvalle op plaasbewoners wat onverpoos voortgaan, sal geen besoeker in die toekoms toegelaat word om enige plaasgrond te betree nie behalwe in die volgende gevalle: Veiligheidsdienste ! Dit sluit in die SAPD en die SA Nasionale Weermag. Verkieslik per vooraf reëling. ! In duidelike uitkenbare voertuie en kleredrag (uniforms). ! Meld onmiddellik by die eienaar aan wanneer die eiendom betree/binne gegaan word en toon identiteitsdokument. ! Lig die eienaar in oor die aard en tydsduur van die beoogde optrede op die grond. ! Grondeienaars onderneem om hulle samewerking aan die veiligheidsmagte te verleen in die uitvoering van hul pligte. Ander amptenare wat ingevolge statutêre reëlings die bevoegdheid/reg het om grond te betree in die uitvoering van hul pligte ! By hierdie groep word ingesluit inspekteurs van die Departemente van Arbeid, Binnelandse Sake, Gesondheid, Landbou, ens. ! Net per vooraf reëling/afspraak/toestemming van die eienaar of 'n ander persoon in beheer van die eiendom. ! Wanneer die eiendom betree of perseel binne gegaan word, moet daar onmiddellik by die eienaar of persoon in beheer van die eiendom aangemeld word. ! Die amptenaar moet homself behoorlik identifiseer, uiteensit wat die aard van sy besigheid is en hoe lank hy op die eiendom sal vertoef. ! Die amptenaar sal geen ander take of aksies verrig as dit waarvoor hy toestemming verkry het nie. Indien die amptenaar nie daarin slaag om 'n afspraak te maak nie omdat hy nie kontak kan maak met die eienaar/persoon in beheer van die eiendom nie, of omdat die versoek om 'n afspraak afgewys word, dan moet hy die plaaslike boerevereniging of landbou-unie of die SAPD nader om hom by te staan. Privaat persone wat ingevolge 'n statutêre reëling besoeke op plase kan aflê ! Dit sluit in mense wat byvoorbeeld ingevolge die Wet op die Uitbreiding van Verblyfsekerheid 'n reg het om bewoners op 'n plaas te besoek. ! Net per vooraf reëling/afspraak met die

eienaar of die persoon in beheer van die eiendom. ! Die besoeker mag net 'n vooraf geïdentifiseerde roete na die plaaswerkerhuise of voorouergrafte gebruik. ! Daar moet 'n duidelike ooreenkoms wees oor die tydsduur van die besoek. ! Die besoeker sal geen aktiwiteite onderneem anders as waarvoor hy/sy toestemming verkry het nie. Private persone sonder statutêre regte ! Dit sluit in onder meer navorsers, politieke organiseerders werkerorganiseerders, godsdienswerkers en so meer. ! Per reëling om plaaswerkers te ontmoet op 'n geskikte openbare bymekaarkomplek van die plaas af. Boere sal dit vir hul plaaswerkers moontlik maak om sodanige geleenthede by te woon, insluitend, waar prakties moontlik, die verskaffing van vervoer na die bymekaarkomplek. Net in hoogs uitsonderlike gevalle sal die persone toegelaat word om die eiendom te betree en dan met 'n baie uitdruklike reëling met die eienaar of persoon in beheer van die eiendom en op sodanige voorwaardes as wat so 'n persoon mag voorskryf. Algemeen Landbou-organisasies en die breë boeregemeenskap se benadering sal wees om die veiligheidsituasie met hierdie werkswyse te bestendig en sal nie die protokol gebruik om mense wat 'n bona fide reg of versoek het om die eiendom te betree op onredelike wyse sodanige betreding te ontsê nie. Amptenare en persone wat toegang tot eiendom wil verkry, sal begrip toon vir die noodtoestand wat tans op plase heers en hulle nie skuldig maak aan uitlokkende of uitdagende optrede nie en sal versoeke om toegang tot plase beperk tot wat redelikerwys noodsaaklik of gewens is.

Volmag dokumente wat lede kan gebruik om volmag te gee aan ‘n persoon om namens hom op te tree indien die grondeienaar van sy grond afwesig is, kan by u naaste landbou-unie ofvereniging verkry word.

November | Desember 2011

9


Bestuur jou geskiedenis sodat jou kind 'n toekoms kan erf TC Nieuwoudt, Bo-Karoo Internet Agri Die geskiedenis van die landbougemeenskap in die Bo-Karoo, suid van die Oranjerivier, vorm die grondslag vir oorlewing van die landbou in die nuwe Suid-Afrika, maar ons moet ons erfenis bestuur om volhoubaarheid te verseker.

10

November | Desember 2011


T

alle van ons boere sien dinge in die landbou in Suid-Afrika gebeur en is onrustig oor hoe ons ons erfenis aan ons kinders met trots gaan nalaat – sodat daar ook nog vir hulle 'n boerdery-toekoms in die Bo-Karoo sal wees. Ons is dit aan ons voorvaders, net soos aan ons nageslag, verskuldig. Om ons erfenis, wat nou ook ons brood en botter is, te bewaar en te bestuur, het ons die Bo-Karoo Internet Agri-beweging op die been gebring. Die kerndoelwitte van hierdie beweging is om: ! aan die Regering te bewys dat ons landbougemeenskap in die BoKaroo 'n inheemse reg tot selfbeskikking het; ! aansoek te doen vir 'n nuwe munisipaliteit en kiesafdeling, dus 'n herindeling van kiesafdelings; ! toelating te verkry by die tradisionele leiers om sodoende ons landbougemeenskap te verteenwoordig; ! 'n spreekbuis te vorm vir grondeienaars en plaasarbeiders. Die redes vir bogenoemde doelwitte spruit uit die oorweldigende, oorgeërfde behoefte van ons landbougemeenskap om optimaal te funksioneer, te groei en ons eiesoortige kultuurerfenis te bewaar, sonder dat ons in hierdie proses gestrem word. Die grondslag van ons argument word gevorm deur ons eiesoortige karakter, veral met betrekking tot ons identiteit en kultuur. Hierdie eiesoortigheid het unieke behoeftes tot gevolg en net ons as kultuurgroep binne hierdie gebied het begrip vir hierdie behoeftes wat binne ons gebied bestaan. Verder bestaan daar 'n behoefte om self hierdie eiesoortigheid van ons te bestuur. Net diegene van ons wat in hierdie omstandighede gebore en getoë is en dus oor die nodige verwysingsraamwerk beskik, sal ons situasie suksesvol kan bestuur, aangesien spesifieke uitdagings en sekere unieke vermoëns hierdie

eiesoortige kultuur en gewoontereg van ons help vorm het.

trekarbeiders hulle hier kom vestig het.

Mense uit ander gebiede van die samelewing wat tans ons situasie bestuur, verstaan nie hierdie eiesoortigheid nie en verstaan dus uit die aard van die saak ook nie die behoeftes wat daarmee gepaardgaan nie. Hierdie situasie is 'n groot bron van frustrasie vir ons.

Dorpe het ontstaan weens 'n behoefte van ons belangegroep aan skole, kerke en winkels. Geskikte plase is deur lede van die belangegroep uitgekoop om as dorpe te dien, tot voordeel van die betrokke boerderygemeenskap.

Die belangegroep het sy oorsprong in Afrika. Hierdie groep het hom gevestig in die betrokke territoriale entiteit (Die Bo-Karoo/Pixley Ka Seme) waar geen permanente bestaan en gewoontereg geheers het nie - dus was hierdie gebied “niemandsland”. Hieruit het 'n gewoontereg, eienaarskap, geskiedenis, taal, kultuur en dus ook eerste permanente betaan ontwikkel. Hierdie landbougemeenskap was dus die tradisionele gemeenskap of 'n “tribe” van die Afrikaner binne die Pixley Ka Seme-grense, en is dus inheems aan hierdie gebied. One of the reasons the Cape Northern (Pixley Ka Seme, Bo-Karoo) Frontier stayed an open frontier until the early 18th century, was the climate and environment. The first plans to expand the Cape Colony to the Orange River were implemented in 1820, with the arrival of the British settlers. But local farmers had been settling outside the official borders of the Cape Colony and south of Griqualand and the Orange River for many years.” (Internetbron) Pionier-veeboere en voorvaders van ons belangegroep het hulself so vroeg as 1770 in die gebied (Pixley Ka Seme) kom vestig. Geen dorpe het bestaan nie en daar is van blanke bywoners se arbeid gebruik gemaak, omdat daar nie ander arbeiders beskikbaar was nie. In hierdie territoriale entiteit het die belangegroep 'n taal, kultuur, gewoontereg, 'n eerste permanente bestaan, eienaarskap van grond en geskiedenis ontwikkel wat eie is aan die inheemse kultuurgroep, voordat ander uitheemse, etniese

Hierdie gebied is ontwikkel vanaf 'n ongerepte, semi-ariede gebied met waterskaarste en beperkte natuurlike hulpbronne tot 'n ontwikkelde gebied met 'n werkbare infrastruktuur. Intellektuele kapitaal, metodes en tegnologie van die belangegroep is hiervoor ingespan. Die invoer van die Merino-skaapras vanaf Duitsland in 1789 en later vanaf die koning van Spanje en die internasionale wêreld, het 'n struktuur geskep vir 'n ekonomie en die infrastruktuur van die gebied. 'n Uitvoermark vir die wol is mettertyd geskep en op hierdie manier het ons voorgeslagte hierdie gebied begin ontwikkel en ons het dit verder gevat tot waar dit vandag as volwaardige ekonomiese eenheid funksioneer. Ons glo dat ons betrokke landbougemeenskap “patentereg” het op hierdie ontwikkeling binne die Bo-Karoo. 'n Prominente hofuitspraak in 1965 in die Internasionale Hof in Den Haag bevestig dat Afrika "tribes" geen tradisionele reg op 40% van SuidAfrika het nie - dit sluit Pixley Ka Seme, suid van die Oranjerivier, in. Die oorblywende 60% is 'n warboel van teenstrydighede. Die SuidAfrikaanse weergawe is vervat in Aanhangsel A, Volume 1 van die Rejoiner, filed by the Government of the Republic of South Africa. Volgens 'n antropoloog, ene professor de Jongh, was daar net een nomadiese Boesmanstam van tyd tot tyd in die Bo-Karoo aanwesig. Volgens hom het hierdie stam uitgesterf. Daar moet dus duidelikheid verkry word oor wie eerste 'n permanente bestaan gevoer het in 'n gebied, want daardie mense is inheems aan

November | Desember 2011

11


daardie gebied. Wette wat inbreuk maak op ons geskiedkundige erfenis en grondwetlike regte is onaanvaarbaar en kan nie afgedwing word op ons as inheemse landbougemeenskap nie, want Artikel 9(2) van die Suid Afrikaanse Grondwet verseker aan alle SuidAfrikaners gelyke regte. Die landbougemeenskap binne die BoKaroo moet dieselfde regte op ons tradisionele grond hê as wat die Zoeloe-, Xhosa- en Griekwa-stamme op hul tradisionele grond het. Hierdie regte wat ons toekom en waarvoor ons nou wil onderhandel, word vervat in die doelwitte van die Bo-Karoo Internet Agri-beweging soos hierbo uiteengesit. Die Onafhanklike Afbakeningsraad moet tradisionele gemeenskappe, volgens die “Demarcation Act 24”, in ag neem met die indeling van munisipaliteite en kiesafdelings. Ons as belangegroep en tradisionele gemeenskap is geensins in ag geneem met die indeling van munisipaliteite en kiesafdelings nie. Wat nou gebeur, is dat uitheemse trekarbeider-kolonialisme nou oor ons inheemse tradisionele groep plaasvind en ons word dus ontneem van ons reg tot selfbeskikking binne ons eie tradisionele gebiede. Hierdie indelings was veronderstel om tot voordeel van “openbare belang en openbare doel” te wees, maar dit is net tot voordeel van uitheemse trekarbeiders gedoen. Artikel 235 van die Suid-Afrikaanse Grondwet stel selfbeskikking duidelik: enige gemeenskap wat 'n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, binne 'n territoriale entiteit, mag aandring op selfbeskikking. Ons verwys ook hier na die ooreenkoms wat aangegaan is op 23 April 1994 tussen politieke partye, asook die ooreenkoms wat deur Nelson Mandela en die ANC op 21 Desember 1993 onderteken is.

12

November | Desember 2011

Hierdie ooreenkomste bevestig dat selfbeskikking en prosesse van kontrole 'n saak van belang sou wees. Bogenoemde dui daarop dat die ANC begerig en te vinde was om regte van inheemse minderheidsgroepe te beskerm en uit te brei binne die konteks van federale stelsels van selfbeskikking, gebaseer op die meriete van situasies, omstandighede en feite, dus "checks en balances" toe te pas, sodat menseregte en demokrasie ontsluit kan word. Dit is nie menswaardig teenoor ons as inheemse groep, om toeskouers van ons erfenis gemaak te word binne ons eie tradisionele gebied en erfenis nie. Hierdie situasie is ongrondwetlik volgens Artikel 7.1 Hierdie situasie is ook nie gebaseer op gelyke regte nie, omdat sekere inheemse gemeenskappe binne SuidAfika tans oor hulself mag beskik. Hierdie situasie is ongrondwetlik volgens Artikel 7.1 Om ons te verhoed om oor ons tradisionele gemeenskap, bates en erfenis te beskik, is 'n inperking van ons vryheid. Die situasie is weer eens ongrondwetlik volgens Artikel 7.1 Artikel 7.2 van die Grondwet gee aan die staat die opdrag om die Handves van Menseregte te eerbiedig, te beskerm, te bevorder en te verwesenlik. Dit gebeur nie in hierdie geval nie. Die situasie waarin ons onsself bevind, is weer eens ongrondwetlik. Dit is deel van ons kultuur om die dorps- en distriksmunisipaliteite afsonderlik te laat funksioneer. Volgens Artikel 185 van die Grondwet moet ons eiesoortige kultuur bewaar word. Onkunde en swak prestasie deur huidige munisipaliteite is 'n wesenlike probleem. Die kultuur van die uitheemse groepe is ook nie verenigbaar met ons inheemse groep se kultuur nie en hierdie situasie veroorsaak baie frustrasie en probleme.

Voor 1994 het ons as inheemse tradisionele gemeenskap vir langer as 200 jaar oor ons eie erfenis en munisipale sake beskik. Ons het dus verseker die nodige kundigheid om dit met sukses te kan doen. Bo-Karoo Internet Agri glo dat tradisionele gemeenskappe oor hule eie sake en erfenis binne hulle eie kiesafdelings en munisipaliteite behoort te besluit. Net dan sal die situasie waarin ons onsself bevind, grondwetlik wees. Graag verwys ons u na die Universele Verklaring van die Regte van Persone wat aan Nasionale- of Etniese-, Godsdienstige of Taalkundige minderhede behoort, soos aangeneem deur die Verenigde Nasies op 18 Desember 1992. In Artikel 1 word dit onomwonde gestel: ! State moet die bestaan en die nasionale- of etniese-, kulturele-, godsdienstige- en taalkundige identiteit van minderhede binne hul onderskeie grondgebiede beskerm en moet omstandighede vir die bevordering van daardie entiteit aanmoedig. ! State moet toepaslike wette en ander maatreëls tref om daardie doeleindes te verwesenlik. Hierdie bepalings is in lyn met die Suid-Afrikaanse Grondwet; dus geld dit ook in ons situasie. Die landbougemeenskap binne die Bo-Karoo sal oneindig baat vind by 'n verenigde spreekbuis wat kan help om ons eiesoortige identiteit te bewys en ons regte binne die Grondwet te kan opeis. Daar word 2 145 plase binne 'n gebied van 83 952 vierkante kilometer hierdeur geraak. Saam kan ons meer doen. Vir enige verdere inligting, skakel Bo-Karoo Internet Agri by 082 572 9313 of stuur 'n e-pos na bokaroo@vodamail.co.za. Besoek ook Bo-Karoo Internet Agri op Facebook. Sms u besonderhede na 072 585 2199 indien u lidmaatskap wil bekom.


Motlanthe se siening oor grondhervorming is positief vir landbou

D

it blyk asof die ANC-regering tog sien dat grondhervorming suksesvol in Suid-Afrika kan plaasvind sonder dat dit nodig is om die Grondwet te verander. Adjunk-president Kgalema Motlanthe het teenoor die parlementêre persgalleryvereniging sy standpunt gehuldig dat dit nie nodig is om die Grondwet te verander ten einde grondhervormingdoelwitte te bereik nie, omdat bestaande wetgewing toereikend is as dit reg aangewend word. Hierdie uitspraak deur Motlanthe is deur Agri SA verwelkom. Ook sy standpunt dat indien grond in openbare belang verkry moet word, redelike vergoeding daarvoor betaal moet word en dat só 'n proses onder die gesag van die hof staan, is baie positief teenoor die landbou. Agri SA het in 'n verklaring benadruk dat dit lank reeds sy standpunt is dat dit nie die vrywillige verkoper-benadering of grondwetlike waarborge vir eiendomsreg is wat in die pad van suksesvolle grondhervorming staan nie, maar onbevoegdheid, korrupsie en wanbestuur in die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming. “Motlanthe se uitsprake is 'n vars bries in 'n baie problematiese grondhervormingsomgewing, waarin kommersiële landbou swaar gebuk gaan onder onsekerheid, dreigemente van onteiening en swak administrasie. In KwaZulu-Natal, Limpopo,

Mpumalanga en Noordwes, waar die hoogste druk van onafgehandelde grondeise ervaar word, is die onbeholpenheid waarmee die grondeiseproses bestuur word, rampspoedig vir die landbou.” Die ANC se Polokwane-resolusies van 2007 het onder meer vereis dat die vrywillige verkoper-benadering geskrap word omdat dit kwansuis grondhervorming kniehalter. Niemand het egter by daardie konferensie na die omvang van nepotisme en ander ongerymdhede onder amptenare verwys nie, en hul destruktiewe rol is nie in ag geneem nie. Die ANC behoort in die lig van 'n meer volledige situasie-analise sy resolusie terug te trek, en op grond van 'n wetenskaplike feitebasis 'n beleid oor grondhervorming te formuleer wat investering in landbouproduksie en volhoubaarheid sal bevorder. Hopelik baan Motlanthe se standpunt hieroor die weg vir 'n meer rasionele benadering, lui die verklaring. 'n Strategie met praktiese implementeringsprosedures om die Groenskrif oor Grondhervorming meer toereikend te maak is ook nou deur Agri SA se affiliasies in diepte bespreek. Aspekte daarvan word tans in die ses groenskrif werksgroepe bespreek, maar Agri SA soek ook 'n geleentheid om dit in meer besonderhede met die regerende party te bespreek, het hulle gesê.

November | Desember 2011

13


Blink toekoms vir katoenboere in die vooruitsig Hans Lombard Skakelkonsultante

Die Hertzog Broers van die plaas Wagendrift, Groblersdal, het 'n rekordkatoenoes van 6,7 ton/ha onder spilpunt behaal met die nuwe Bollgard ll katoenvariĂŤteit. Van links is Hannes en Charles Hertzog, Andrew Bennett, tegnologie-ontwikkelingsbestuurder, en Fanie Friis, landboukundige, albei van Monsanto.

14

November | Desember 2011


K

atoenoeste met rekordopbrengste is verseker haalbaar, veral met die nuwe Genuity-, Bollgard ll Roundup Ready Flex Deltapine-katoenvariëteite van Monsanto wat die afgelope seisoen vrygestel is. Dit het alle vorige katoenopbrengsrekords laat spat. In die Loskopvallei het die Hertzog Broers, Hannes en Charles, van die plaas Wagendrift, Groblersdal, 'n rekordoes van 6,7 ton/ha met DP 210 BRF X Roundup Ready Flex-stapelgeen behaal. Katoen op Wagendrift word reeds vir meer as 50 jaar verbou. “Dit is 'n rekordoes wat ons nog nooit voorheen op dié plaas behaal het nie. Dit is beter as die winsgewendheid uit mielies. Ons is baie in ons skik met die nuwe tegnologie en gaan beslis ons katoenaanplantings met dié nuwe variëteit in die volgende seisoen aansienlik uitbrei. Ons het geen onkruid- en bolwurmplae ondervind nie,” het Hannes gesê.

Hulle het 70 ha katoen, waaronder 29 ha DP 210 BRF, onder spilpuntbesproeiing aangeplant. Die katoen is die laaste week van September 2010 aangeplant en teen die middel Junie 2011 klaar gestroop. Die plantestand was 80 000/ha. Vir onkruidbeheer is Roundup Ready (Reg No L7769 Wet 36/47) toegedien. Die Roundup Ready Flexstapelgeen het die besonderse voordeel dat dit vanaf opkoms van die katoen tot een week vóór oes bo-oor die plante toegedien kan word om maksimum onkruidbeheer te verkry sonder om die plante te beskadig. “Dit is 'n groot bonus,” het Hannes bygevoeg. “Voor die koms van GMO's en die RR Flex-stapelgeentegnologie was onkruidbeheer met handearbeid en meganiese skoffel, wat dikwels plante beskadig het, een van ons grootste insetkoste en nagmerries. “Dié nuwe Bollgard ll variëteit verseker nie alleen uitstekende onkruid- en bolwurmbeheer nie, teen baie laer insetkoste, maar sy besonderse hoë opbrengs maak 'n betekenisvolle verskil aan die winsmarge van die boer wat stygende insetkoste in die gesig staar,” aldus Hannes. Met konvensionele katoen was die Hertzog Broers se opbrengs gemiddeld 2,5 ton/ha. Teen byvoorbeeld R5.30/kg beteken dit 'n inkomste van R5 300 per ton x 2,5 = R13 250 per ha. Met Bollgard l was hul opbrengs 3,5 ton/ha. Teen dieselfde prys beteken dit R18 550/ha. Met Bollgard ll se opbrengs van 6,7 ton/ha teen R5.30/kg beloop die inkomste R35 510/ha. Vergeleke met Bollgard l se opbrengs van 3,5 ton/ha beteken die addisionele opbrengs van 3,2 ton/ha meer (6,7 ton/ha) met Bollgard ll – 'n ekstra wins vir die boer van R16 960/ha. Op 100 ha beloop dit 'n allemintige wins van R1,69 miljoen, wat nie te versmaai is nie. Die Hertzog Broers het 1 050ml groeireguleerder in totaal, verdeel in drie toedienings, gedurende die seisoen toegedien. Met die vorige reeks kultivars is tot 1,5 liter in 'n seisoen toegedien. Piretroïed is bygevoeg om suigende insekte te beheer. Die meerharige blare van die nuwe variëteit het bladspringer tot 'n groot mate beheer en rooispinnekop is deur predatore hok geslaan. Bemesting per hektaar met planttyd was 48kg N, 48kg K en 36kg P. Ureum-topbemestings van 2 x 150kg = 300kg het gevolg. Nadat die katoen gestroop is, word die oesreste opgekerf en in die grond ingeploeg. In 'n wisselbouprogram word winterkoring geplant gevolg deur sojabone in die somer, waarna katoen weer geplant word. Volgens Fanie Friis, landboukundige van Monsanto, is daar boere wat nog beter opbrengste onder besproeiing behaal het. In die Weipie-omgewing het Piet Esterhuyse tot 8 ton/ha ge-oes met die ander nuwe stapelgeen kultivar Delta 12 BRF. Selfs op droëland is opbrengste van digby die 2 ton/ha behaal wat ook dui op beter winste.

November | Desember 2011

15


Katoenproduksie neem wêreldwyd toe Internasionaal As gevolg van die geraamde wêreldsurplus van 2,3 miljoen ton katoen hierdie seisoen (produksie minus verbruik), kan wêreldkatoenvoorrade tot oor 11 miljoen ton toeneem teen die einde van 2011/12, wat neerkom op 'n voorraad-tot-verbruikverhouding van 55% (China uitgesluit). Volgens die International Cotton Advisory Committee (ICAC) dui die groot surplus en toename in voorrade op 'n groot afname in die gemiddelde A-indeks vir 2011/12. Die ICAC raam dat wêreldkatoenproduksie in 2011/12 met 8% sal toeneem tot 26,9 miljoen ton, die hoogste vlak in sewe jaar. Die toename in wêreldproduksie sal hoofsaaklik afkomstig wees van China (13% toename), Indië (9% toename), Pakistan (9% toename), Australië (27% toename), Wes-Afrika (33% toename) en Turkye (42% toename). Meeste van die produksietoenames is eerder die gevolg van 'n uitbreiding in hektare as wat dit as gevolg van 'n toename in opbrengste is, wat volgens die ICAC net in 'n geringe mate sal toeneem.

New York katoentermynpryse soos op 3 November 2011 (skikkingspryse):

NY FUTURES VSA c/lb Desember 2011 Maart 2012 MeI 2012 Julie 2012 Oktober 2012 Desember 2012 Maart 2013

98.12 97.80 97.80 97.76 98.64 96.43 97.59

Die ICAC raam dat wêreldkatoenverbruik min of meer onveranderd op 24,6 miljoen ton sal bly in 2011/12. Die verlangsaming in wêreld- ekonomiese groei sal 'n negatiewe impak op die aankope van tekstielprodukte hê met 'n Geraamde wêreldvraag en -aanbod vir katoen vir die gevolglike afname in katoenverbruik. Projeksies van wêreld- ekonomiese 2009/10-seisoen en projeksies vir 2010/11 en groei is die afgelope paar maande afwaarts aangepas en gevorderde 2011/12 (seisoene beginnende 1 Augustus): ekonomieë sal na verwagting die stadigste groei toon. Volgens die ICAC ondervind baie spinners boonop ook nog finansiële probleme na aanleiding van die duur katoen wat in die 2010/11-seisoen aangekoop is. (miljoen metrieke ton) 2009/10 2010/11 2011/12 Hierbenewens is poliësterpryse sedert die begin van die 2011/12-seisoen ook meer kompeterend as dié van katoen. Beginvoorraad 11.9 8.7 9.0 Produksie 22.2 24.9 26.9 Die ICAC verwag verder dat wêreldkatoen handel in 2011/12 met net Verbruik 25.3 24.5 24.6 2% tot 7,8 miljoen ton sal toeneem, grootliks aangevuur deur Chinese Uitvoere 7.8 7.6 7.8 invoere. Invoere 7.8 7.6 7.8 Eindvoorraad 8.7 9.0 11.3 Plaaslike vooruitskouing Eindvoorraad/verbruik 39% 46% 55% Wat die plaaslike vooruitskouing betref, dui die 10e skatting vir die (China uitgesluit) 2010/11-produksiejaar op 'n totale katoenoes van 89 395 bale vesel wat A Indeks (VSA c/lb) 78 164 'n styging van 2% teenoor die vorige maand se skatting toon en 'n styging van 111% teenoor die oes van die vorige seisoen verteenwoordig. Dit is ook die eerste toename in plaaslike katoenproduksie in sewe jaar. Die huidige oesskatting is 14% laer as die eerste skatting vroeër Gemiddelde Cotlook A-indeks (wat 'n aanwyser van wêreldkatoenveselpryse is) en die jaar hoofsaaklik weens die ooreenstemmende Suid-Afrikaanse “prys”: swakker opbrengste teweeggebring deur vloede en ongunstige klimaatstoestande. A INDEKS RSA "PRYS" Ná skatting sal 85 135 bale vesel geproduseer word van SuidAfrikaanse geproduseerde katoenpluksel, 'n toename van 121% teenoor die vorige seisoen. Die balans van 4 260 bale vesel het betrekking op verwagte Swaziland geproduseerde katoen wat deur die Swaziland pluismeule gepluis sal word.

16

November | Desember 2011

Gem. VSAc/lb

Gem. SA c/kg

Week 24/10/11 - 28/10/11 Oktober 2011

109.10 110.61

1914.21 1956.77

Op 03/11/11

108.10

1936.22

September 2011 Op 03/11/10 Op 03/11/09

116.88 143.00 69.40

1958.09 2212.73 1223.02


KATOENOESVERSLAG - 10e SKATTING (November 2011) 2010/11 PRODUKSIEJAAR OPBRENGS OPBRENGS BESPROEIING DROëLAND PRODUKSIE PRODUKSIEHEKTARE HEKTARE kg katoen kg katoen 200kg bale pluksel/ha pluksel/ha katoenvesel GEBIED BESPROEIING DROëLAND

01/11/11 % OES % HANDPLUK

VAN OES SOVER GEPLUIS

LIMPOPO PROVINSIE Loskop Noord- en Suidvlakte Dwaalboom/Thabazimbi Weipe

2350 63 80 1422

0 292 0 0

4200 3900 4150 4600

0 1200 0 0

17377 1043 581 12000

10% 10% 10% 0%

100% 100% 100% 95%

2269 400 4596

0 0 0

3051 4000 4070

0 0 0

12482 2960 34607

0% 50% 1%

87% 100% 65%

0 460 0 0 0

20 0 490 703 0

0 3334 0 0 0

1000 0 450 690 0

37 2760 400 888 0

11640

1505

3931

715

85135

0% 0% 100% 100% 0% 6%

100% 90% 100% 100% 0% 83%

0 0 0 0 0

4000 0 0 0 0

0 0 0 0 0

550 0 0 0 0

4260 0 0 0 0

100% 0%

90% 0%

11640

5505

3931

595

89395

10%

83%

NOORD-KAAP Vaalharts Benede-Oranjerivier Res van Noord-Kaap

NOORDWES Stella/Setlagoli Taung

KWAZULU-NATAL MPUMALANGA OOS-KAAP RSA TOTAAL Swaziland* Botswana* Namibië* Zimbabwe* Mozambiek*

GROOTTOTAAL

* Besonderhede het betrekking op verwagte aankope van katoenpluksel deur RSA & Swaziland pluismeulens vanaf hierdie lande.

Vir enige navrae skakel Hennie Bruwer, hoof- uitvoerende beampte van Katoen SA, by 012 804 1462 – 7. Besoek ook www.cottonsa.org.za of stuur 'n e-pos na enquiries@cottonsa.org.za.

Winste uit rugbyklere beskerm SA boere T ydens die rugbywêreldtoernooi het Senwes die inisiatief geneem om amptelike Springbokklere in die elektroniese medium te bemark. Die wins uit hierdie inisiatief is verdeel tussen die Agri Securitas Trustfonds en die Senwes Spinners Krieket-ontwikkelingsprogram. Tydens 'n informele geselligheid van Agri SA se kongres in Oktober het Senwes 'n tjek van R50 000 aan die Agri Securitas Trustfonds oorhandig as deel van die wins uit die projek. Kobus Visser, direkteur: korporatiewe skakeling van Agri SA, het gesê met bydraes soos dié van Senwes poog die trustfonds om 'n veiliger landelike omgewing te skep sodat produsente

en plaaswerkers op hul primêre taak, naamlik die van voedsel- en veselproduksie kan fokus. Dit is onaanvaarbaar dat die landbouers wat Suid-Afrika van voldoende kos voorsien en die ruggraat van die landelike ekonomie is, voortdurend deur misdaad geteister word. Landbouers is 'n groot bate van die land wat waardeer en beskerm moet word.

Die Agri Securitas Trustfonds poog juis om hierdie bate vir die land te beskerm deur die boerderygemeenskap finansieel te help om hulle eie veiligheid te verbeter. Die fonds was reeds betrokke by die finansiering van meer as 100 landelike beveiligingsprojekte landwyd.

November | Desember 2011

17


Stronkboorders kan ekonomiese impak op mielieproduksie hê Anton Swanepoel, landboukundige: Noord-Kaap, Monsanto Mielieproduksie in Suid-Afrika het ontwikkel tot een van die hoof landbou-aktiwiteite in die land. Die klimaat en omgewing waarbinne mielies verbou word, veroorsaak egter dat 'n verskeidenheid siektes en insekte dié gewas tydens verbouing kan beskadig. Een van die vernaamste insekte wat 'n ekonomiese impak om die verbouing van graangewasse, en veral mielies, kan hê, is stronkboorders. 'n Hoë infestasie van stronkboorders in 'n gebied kan groot oesverliese tot gevolg hê. Drie tipes stronkboorders kom in Suid-Afrika voor: 1. Busseola fusca (mieliestronkboorder) 2. Chilo partelus (sorghumstronkboorder) 3. Sesamia calamistis (pienk stronkboorder) Die belangrikste van die drie is Busseola fusca wat baie wydverspreid in Suid-Afrika voorkom. In die res van die artikel gaan ons veral fokus op Busseola fusca. !

Monsanto se feromoon motvlug-moniteringsprogram, wat oor die afgelope drie produksieseisoene gedoen is, het getoon dat daar in elke seisoen drie motvlugte is. (Sien Figuur 1). Die monitering is gedoen in al die belangrikste mielieverbouingsgebiede.

Die volgende afleidings kan gemaak word as die grafiek ontleed word: ! die afgelope drie seisoene se baie mid-seisoen rëen het 'n verlaging in die populasie van die motte tydens die middelste

!

motvlug te weeg gebring; dit is duidelik dat die derde motvlug, wat elke produksieseisoen plaasvind, 'n redelike groot motpopulasie het.

Die waarnemings het getoon dat die eerste motvlug in Oktober tot November voorkom. Dit beteken dat vroeë aanplantings van mielies veral hierdeur geraak sal word. Dié motte lê hul eiers dan in die blaarskedes van die onderste blare van die mielieplant (sien Foto 1), wat nie altyd maklik is om waar te neem nie. Lewensiklus van Busseola fusca Die wyfiemot lê haar eiers op nag twee tot vyf ná sy uit die papiedop verskyn. In nag ses, sterf sy af. Die wyfie kan sowat 1 000 eiers in haar kort lewe lê. Die eiers word in eierpakkies van sowat 150 eiers gelê. Die eiers broei uit ná sowat nege dae. Die klein larwes beweeg van die blaarskedes na die toegerolde kelkblare van die plant. Hier voed hulle tot die derde vervelling of instar waarna hulle uit die plant se kelkblare sal beweeg. Sommige van die larwes beweeg na ander plante toe, terwyl die res in die plant se stam inboor. (Vandaar die

Figuur. 1: Motvlugpatrone in die Vaalhartsgebied oor die afgelope drie mielieproduksieseisoene.

18

November | Desember 2011


hoeveelheid vreetskade opgemerk word, rapporteer dit onmiddellik aan jou verkoopmakelaar of -verteenwoordiger. Dit is normaal dat klein gatjies in die blare gevind sal word omdat die larwes moet vreet om homself bloot te stel aan die Bt-proteïen wat in die plantmateriaal teenwoordig is. Daar moet ook in gedagte gehou word dat 'n groter eerste vlug verwag word op lande wat nie teen die einde van die seisoen, ná stroop, bewerk is nie en hier word spesifiek verwys na niebewerkingslande. Die rede hiervoor is dat daar 'n groter mate van oorlewing van diapouse-larwes op onbewerkte lande is as wat die geval is by lande wat bewerk word.

Foto 1: Busseola fusca-eierpakkie in blaarskede van die onderste blare op die plant.

naam: stronkboorder of stamboorder.) Die larwes bly in die stam tot ná die sesde instar. Die larwestadiums (instar 1 tot 6) duur omtrent 30 dae. Hierna verander die larwes na papies. Die motte kom te voorskyn ná sowat 10 tot 14 dae wat beteken dat die hele lewensiklus sowat 50 dae duur.

Bewerking stel die oorwinterende larwes bloot aan die natuurelemente. Van die larwes word ook diep begrawe en kan nie na die oppervlak beweeg nie. Die korrekte aanplant van die voorgeskrewe toevlugareas by Btaanplantings is van kardinale belang veral in 'n goeie insekweerstandsbestuursprogram. Indien produsente onseker is oor wat hulle te doen staan, kan hulle met 'n saadverteenwoordiger of -makelaar in verbinding tree.

Dit beteken dat die tweede motvlug op dieselfde aanplanting sal plaasvind in Januarie tot Februarie. Die eiers word nou in die blaarskedes van die blare rondom die kop gelê, asook onder die dekblare van die kop. Wanneer die larwes uitbroei, beweeg hulle na die kop en bly daar totdat hulle die derde instar bereik het. Daarna verlaat van die larwes die kop en boor in die stamme in waar hulle hul lewensiklus dan voltooi. Van die larwes bly egter ook in die kop agter om hul lewensiklus hier te voltooi. Hierdie papies sal soms tussen die pitte gevind word as die dekblare van die kop verwyder word. Die derde motvlug vind dan plaas van Maart tot April. In dié stadium begin die mielies al stadig ryp word en die pitte op die koppe begin verhard. Die vlug sal dus nie baie skade aanrig nie, maar het 'n defnitiewe invloed op die eerste vlug van die komende produksieseisoen. Bykans al die larwes wat uitbroei van eiers wat gelê word ná mid-Februarie, sal nie hul lewensiklus voltooi in die somer nie, maar sal oorwinterende diapouse-larwes vorm (sien Foto 2). Ná die sesde vervelling klim hierdie larwes uit die plant uit en boor in by die onderste internodes van die plant. Sodra die larwe tot binne geboor het, beweeg dit tot heel onder in die plant. Hier hol die larwe vir homself 'n holte uit waarin dit bly totdat die winter verby is. Op hierdie diepte is die larwe onder die grondoppervlakte en is beskerm teen die elemente - selfs teen die hitte as die land ná stroop gebrand word. In die komende lente sal dié diapouse-larwes in papies verander en vorm dan die eerste motvlug van die komende seisoen. Dit gebeur meestal teen die einde van September. Dit is belangrik om kennis te neem dat die laaste motvlugpopulasie van die vorige seisoen sal bepaal hoeveel diapouselarwes daar sal wees en dat dit dan sal bepaal hoe groot die eerste motvlug van die nuwe seisoen sal wees. Uit vanjaar se waarnemings is dit duidelik dat 'n redelike groot eerste motvlug aan die begin van die seisoen verwag word omdat die laaste vlug in al die verbouingsgebiede relatief groot was. Dit is dus belangrik dat produsente hul konvensionele en Btaanplantings monitor gedurende die seisoen. As abnormale

Foto 2: Oorwinterende diapouse-larwe

Vir enige verdere navrae oor stronkboorders of motvlugte skakel gerus vir Anton Swanepoel van Monsanto by 082 821 6832.

November | Desember 2011

19


Bykans 10% meer mielies gaan in 2012 geplant word ClivĂŠ Burger, redakteur

S

uid-Afrikaanse mielieboere gaan in die 2012-seisoen sowat 9,7% meer mielies plant as in die vorige seisoen. Dit blyk uit die nuutste syfers (25 Oktober) wat deur die Nasionale Oesskattingskomitee bekendgemaak is. DiĂŠ syfers is gebaseer op insette wat ontvang is van 'n steekproef van

20

November | Desember 2011

produsente en verteenwoordigers van provinsiale departemente van landbou. Die verwagte oppervlakte met mielies beplant vir 2012 word beraam op 2,602 miljoen ha, wat 229 900 ha (9,7%) meer is as die 2,372 miljoen ha wat verlede seisoen aangeplant is.


Die syfers toon dat produsente beplan om 1,564 miljoen ha witmielies aan te plant, wat 145 900 ha (10,3%) meer is as in die vorige seisoen. In die geval met geelmielies is die verwagte aanplantings 1,038 miljoen ha, wat 84 000 ha (8,8%) meer is as in die vorige seisoen. Hierdie syfers gee 'n aanduiding van wat kommersiële boere se voornemens was rakende die aanplant van

somergewasse middel Oktober 2011. Dit blyk dat die toename in die beplande oppervlakte onder mielies hoofsaaklik toegeskryf kan word aan gunstiger pryse in vergelyking met dieselfde periode 'n jaar gelede. Bo en behalwe dié faktor, kan láát of bo-gemiddelde reënval steeds boere se besluite beïnvloed om ander somergraangewasse aan te plant. Die verwagte aanplantings van sonneblomsaad word beraam op 555 000 ha, wat 13,6% of 87 700 ha minder is as die 642 700 ha aangeplant verlede seisoen. Die voorgenome sojaboonaanplantings toon 'n toename van 10% in vergelyking met die vorige seisoen - vanaf 418 000 ha tot 460 000 ha. Die verwagte aanplantings van grondbone neem ook toe met 5,2% in vergelyking met die vorige seisoen – van 55 150 ha tot 58 000 ha. Die voorgenome aanplantings van sorghum en droëbone neem af met onderskeidelik 31,8% en 16,5%, in vergelyking met die vorige seisoen.

November | Desember 2011

21


Tydens die volgende vergadering van die Oesskattingskakelkomitee op 1 Desember 2011 sal die grootte van die somergewasoeste vir 2011 gefinaliseer word.

die verwagte produksie 551 250 ton, wat 33 750 ton laer is as die vorige skatting, en in die Noord-Kaap is die verwagte produksie 273 000 ton. Dit is dieselfde as die vorige skatting.

Wat wintergewasse betref vir die 2011-produksieseisoen is die verwagte produksie vir koring 1,842 miljoen ton. Dit is 3,21% minder as die vorige skatting van 1,903 miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,05 ton/ha is.

Die afname in die verwagte produksie van koring kan hoofsaaklik toegeskryf word aan ongunstige weerstoestande in sommige provinsies.

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 636 000 ton, wat 26 500 ton minder is as die vorige skatting. In die Vrystaat is

22

November | Desember 2011

Die oppervlakteskatting vir koring is onveranderd gelaat op 604 700 ha. Die vierde produksieskatting vir wintergewasse vir 2011 sal op 24 November vrygestel word.


Eerste witmielies is uitgevoer “Die spanwerk tussen al die rolspelers in die graanbedryf het meegebring dat die eerste vrag witmielies (25 587 ton) vroeg in Oktober na Venezuela toe uitgevoer is,” het Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA, gesê. Dit volg ná 'n vroeëre besoek van die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Tina JoematPettersson, aan Venezuela. Graan SA en die SA Graan Handelaarsvereniging (Sacota) het op 5 November 2010 aksies begin neem nadat inligting bekom is dat Venezuela in Suid-Afrikaanse mielies belangstel. Met die samewerking van die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery (DAFF), wat verantwoordelik is vir die uitreik van die toepaslike uitvoerpermitte, en ander kundiges, is 'n sogenaamde Peste Inligtingstuk saamgestel en selfs in Spaans vertaal. Hierdie inligting is aan Venezuela deurgegee wat hulle owerhede kon gebruik om ‘n ingeligte besluit te neem oor die moontlike risiko's rakende plantegesondheidsaspekte indien hulle mielies van Suid-Afrika af wou invoer. Die koste vir die opstel van die inligtingstuk en die vertaling daarvan is gesamentlik deur Graan SA en Sacota gedra. “Soortgelyke projekte waar goedkeuring vir uitvoere van enige plantaardige kommoditeit verkry moet word, neem normaalweg twee jaar. Almal in DAFF, die mieliebedryf en die spesifieke uitvoerder verdien ‘n pluimpie deurdat dit binne een jaar afgehandel is,” het De Villiers gesê. “'n Soortgelyke oefening was ook onlangs met China voltooi en ons sien met verwagting daarna uit om ook met hulle besigheid te doen.”

November | Desember 2011

23


Kasteel Witdorpers bied topkwaliteit diere aan D

ries Wiese van Kasteel Witdorpers by Loxton het onlangs sy 20ste produksieveiling aangebied. Altesaam 70 potensiĂŤle kopers het geregistreer.

Die duurste Witdorper-ram is gekoop deur Dawie Keyser van D & D Keyser Edms. Bpk. (Danhof). Hy het R41 000 vir die ram betaal. Die hoogste prys betaal vir 'n Witdorper-ooi was R9 500 deur CJ Strauss van Keimoes. By die Dorpers was die toppryse vir ramme en ooie albei R9 500. JJH Coetzee was die koper van die ram en CJ Strauss die koper van die ooi. Jan Temengo het 'n goeie prys van R13 000 betaal vir 'n Boerbok-ram, terwyl PD Fourie R6 200 uit die sak moes haal vir die duurste Boerbok-ooi. Die veiling is aangebied deur GWK met Deon Klopper as afslaer.

24

November | Desember 2011


Foto: Lynette Louw, Veeplaas

Dawie Keyser (middel) van D & D Edms. Bpk. (Danhof) het op die veiling die hoogste prys vir 'n Witdorper-ram betaal – R41 000. Links is Niklaas Visagie, hanteerder, en heel regs is Karike Scheeres, bemarker by Wiese Besigheidstrust.

Van links is HG Human van Prieska, bestuurder: lewendehawebemarking van GWK, Deon Klopper, bestuurder: veilings van GWK in Kimberley en afslaer, en Hannes Gaika, hanteerder, by die Boerbok-ram wat die hoogste prys behaal het. Jan Temenga het R13 000 vir dié ram betaal.

Quarta Wiese, Jan se dogter, wat tans 'n student in Potchefstroom is, en haar vriend, Nicholas le Riché, 'n boer van Loxton, het die kaastafel beman. Die kaas word op die plaas gemaak.

Dries Wiese van Kasteel Witdorpers by Loxton heet hier alle besoekers by die veiling welkom.

Topkwaliteit Witdorpers soos dié is op die veiling aangebied.

25


Verwagte reënvaltoestande vir die 2011/12-somerseisoen lyk só Johan van den Berg, bestuurder: gespesialiseerde oesversekering, Santam Landbou

ie afgelope seisoen is gekenmerk deur 'n sterk La Nina-verskynsel en ver bogemiddelde reënval oor veral die sentrale tot westelike dele van die land. Dit is 'n baie tipiese effek van 'n sterk ontwikkelde La Nina-verskynsel soos historiese gebeurtenisse wys soos byvoorbeeld 1974 tot 1976, 1988/89 asook tot 'n mindere mate 1999 tot 2001.

D

telkens verhoog en sedert Augustus 2011 kan die afkoeling reeds beskryf word as 'n swak La Nina. Voorspellings dui dat verdere o afkoeling kan plaasvind tot sowat 1,2 C koeler as normaal teen Januarie 2012 (in Januarie 2011 was die draaipunt ongeveer o 1,8 C koeler as normaal) voordat dit kan omdraai en weer na neutraal neig teen die winter van 2012.

Aanvanklike voorspellings vir 2011/12 het gedui op 'n neutrale see-oppervlaktemperatuur-opstelling in die sentrale Stille Oseaan.

Voorspellings van Indiese Oseaan seeoppervlaktemperature dui ook op normale tot koeler as normale see-oppervlaktemperature wat die kanse vir tropiese siklone verlaag. Tropiese siklone in die nabye Indiese Oseaan neig om droër toestande oor die land te veroorsaak.

Sedert Junie het die kanse vir 'n tweede agtereenvolgende La Nina-gebeurtenis

26

November | Desember 2011


Tans reageer globale klimaatstoestande in baie gebiede alreeds volgens die normale La Nina-patroon. ! Vloede in Pakistan/Indië kom voor – tipies La Nina. ! Droogte in oos-Afrika is baie ernstig en tipiese effek van La Nina. ! Australië is tans “abnormaal” met swakker as verwagte reën. Dit kan toegeskryf word aan die gebrek aan warm seewater noord van Australië wat geassosieer is met La Nina-verskynsels. Nog nie tipies La Nina. ! Die baie laat winter in Suid-Afrika is ook dikwels 'n teken van La Nina-toestande. ! Droër toestande wat in die VSA en Mexiko voorgekom het en steeds voorkom is La Nina-karaktertrekke. Daar is baie sterk aanduidings van 'n El Nino-ontwikkeling wat verwag kan word teen 2012/13. Die meeste La Nina-verskynsels is direk opgevolg deur El Nino-verskynsels.

Graanvooruitsigte

Die implikasie van dit is dat die kanse goed is dat die reënseisoen weer laat gaan begin maar dat die mid- tot laatsomer weer normale tot bo-normale reënval kan oplewer. Omdat die huidige La Nina waarskynlik nie so sterk gaan wees nie, is die kanse goed dat die reënval minder as in 2011 gaan wees. Die Indiese Oseaan se kleiner kans vir die produksie van tropiese siklone en sterk laagdrukstelsels kan egter weer 'n positiewe uitwerking op reënval hê. Met die oppervlakwaterbronne steeds baie vol en grondwatervlakke baie hoog, is die kanse vir vloedtoestande weer bogemiddeld indien die potensiële effek van 'n La Nina-verskynsel in ag geneem word.

Daar gaan waarskynlik 2,8 tot 3 miljoen hektaar mielies aangeplant word in die 2011/12-seisoen wat 'n oes van tot 14 miljoen ton tot gevolg kan hê. Dit kan druk op pr yse later in die seisoen plaas maar internasionale voorraadvlakke is laag. Tot op hede is verbasend baie mielies uitgevoer (meer as 2 miljoen ton) wat binnelandse voorraad baie min gemaak het. Met byna geen voorraad oor in Suid-Afrika kan 'n rekordoes dalk steeds hoë pryse tot gevolg hê indien internasionale toestande in ag geneem word. Koring lyk minder rooskleurig weens baie hoë wêreldvoorraadvlakke maar potensiële droogtes in Rusland en aangrensende lande kan dalk 'n uitwerking hê.

November | Desember 2011

27


GWK Transoranje-silo's bykans klaar Die oprigting van silobuise deur GWK by hul oorlaaipunt tussen Hopetown en Orania vorder baie fluks. Die eerste twee buise is reeds klaar, terwyl die finale afronding van die ander twee tans plaasvind. Die buise word opgerig om die innamekapasiteit in strooptyd te verhoog en te vergemaklik. Karen van Zyl - Petrusville

Hierdie foto is in Augustus geneem toe daar met die grondwerke begin is. Foto: Karen van Zyl

Die eerste twee buise is reeds voltooi en die ander twee vorder goed. Foto: Karen van Zyl

28

November | Desember 2011


Probleme met oorskakeling na watergebruikersverenigings word ondersoek

D

ie Departement van Waterwese het op Agri SA se versoek die probleme rondom die omskakeling van staatswaterskemas (GWS) na watergebruikersverenigings (WUA's) onder die loep geneem. Nic Opperman, direkteur: natuurlike hulpbronne van Agri SA, sĂŞ in sommige gevalle sukkel watergebruikers vir meer as twaalf jaar reeds om goedkeuring vir hul besigheidsplanne by die departement te bekom. Daar is gevind dat die vereistes waaraan die besigheidsplanne moet voldoen van tyd tot tyd aangepas word soos wat ministers in diĂŠ portefeulje wissel. Dit is veral die vereiste dat die bestuursliggaam 50% verteenwoordigend moet wees van voorheen benadeelde gemeenskappe

wat nie altyd prakties uitvoerbaar is nie. Die departement het onderneem om die aangeleentheid met die minister op te neem, aldus Opperman. Altesaam 59 staatswaterskemas is reeds na watergebruikersverenigings oorgedra maar 129 is nog uitstaande. Dertien skemas is nog in die proses daarvan, terwyl 32 nuwe watergebruikersverenigings gestig is. Die behoefte vir beter kommunikasie tussen die departement se nasionale kantoor en hul streekskantore is ook geĂŻdentifiseer. Die voorneme van die departement om die inwerkingstelling van waterforums in streeksverband met watergebruikers van stapel te stuur, word dus verwelkom.

Volgens Opperman het die departement Agri SA van hul prioriteitslys vir die omskakelings voorsien en dit sal met watergebruikerstrukture op grondvlak uitgeklaar word. Die departement het Agri SA ook ingelig dat die oorspronklike bedoeling om 19 opvangsgebiedbestuurstrukture (CMA's) te vestig, afgeskaal is na nege. Twee CMA's is reeds in plek, naamlik die Inkomati CMA in die Onderberg-gebied en die Breede-Overberg CMA in die Wes-Kaap. Die departement het ingestem vir 'n opvolgvergadering vroeg volgende jaar waartydens die vordering met die omskakelings gemonitor en verteenwoordigers van die departement se onderskeie streekkantore betrek sal word.

venue@wintershoek.com

November | Desember 2011

29


5 000 skape op 1ste produksieveiling aangebied ClivĂŠ Burger, redakteur

HanrĂŠ Rheeders van Jacobsdal het onlangs sy eerste produksieveiling aangebied. Altesaam 5 000 skape, Merino's en 'n paar Dormers, is aangebied. Hiervan was 1 000 stoorlammers, 600 ooie met lammers en die res was dragtig-geskandeerde ooie. Die gemiddelde prys vir dragtige ooie was R1 800 en die stoorlammers is teen 'n gemiddelde prys van R31/kg verkoop. Die veiling, aangebied deur CMW Elite, was goed bygewoon deur kopers.

Belangstellende kopers bekyk hier die groot aantal diere op die veiling.

30

November | Desember 2011


Wat het 'n man meer nodig by 'n veiling? Jou “vellies�, 'n rugbybal en 'n blikkie Coke. Ewan Burger (4) van Jacobsdal het hom gate uit geniet by die veiling.

Ian Grobbelaar (middel in blou) was die afslaer.

November | Desember 2011

31


Langs die veilingskrale het die besoekers lekker saamgekuier. Links is Coert Meades van CMW Elite in Jacobsdal.

Die veiling is deur CMW Elite aangebied.

Altesaam 5 000 Merino's en 'n klompie Dormers van hoogstaande kwaliteit was te koop aangebied.

32

2de Pruduksieveiling HanrĂŠ Rheeders se 2de produksieveiling is op 26 Januarie 2012 by die Jacobsdal Feesterrein. Vir verdere inligting skakel Coert Meades by 083 388 1371.


Rietrivier Landbou-ekspo was 'n klinkende sukses Die Rietrivier Landbou-ekspo is vir die tweede agtereenvolgende jaar op Tokkie le Roux se plaas naby Jacobsdal aangebied. Hierdie ekspo lok uitstallers vanoor die land en is verseker 'n datum wat op elke landbouer se kalender aangeteken moet word. Die ekspo oor twee dae bied vir elke produsent, hetsy besproeiing of vee, iets insiggewends aan. Buiten dat dit primêr op landbou fokus, is dit ook gerig op die gemeenskap en kan gesinne met hul kinders dit terdeë geniet. Daar is deurlopend vermaak vir ieder en elk. Vanjaar is die vroue ook bederf met stalletjies van boeke, klere, skoene, juwele tot geskenke en skilderye. Vir diegene wat rustig wou verkeer, het Die Pershuis se koffiekroeg gesorg vir lekker koffie en tee en natuurlik heerlike gebak. Die kinders is besig gehou met gesigverf, 'n springkasteel, 'n wonderland-speelgoedstalletjie, wat 'n paar rand uit elke ouer se sak gejaag het, “bubble-run” in 'n swembad en vele meer. Die manne met die spiere het mekaar aangedurf met armdruk om net daarna weer te wys watter staal in hul pype is met gewigoptel. Die Vrydagaand het besoekers Afrikaanse sanger Jakkie Louw se musiek geniet, en Saterdagaand het eers Ray Dylan en toe die Campbells besoekers se voete laat jeuk. Die Rietrivier Landbouvereniging, wat die ekspo organiseer, het verseker 'n wenresep hier beet. Clivé Burger, redakteur, het haar kamera byderhand gehad.

34

November | Desember 2011

Vir die uitstallers was daar darem ook geleentheid om saam met vriende te kuier. Van links is Gawie du Plessis, eienaar van Action Plumbing and Irrigation Contractors, Riaan Jacobs, produsent, albei van Jacobsdal, Riaan Loots van Feedpro Animal Nutrition in Vryburg, en Pierre Koegelenberg van GM Imperial in Kimberley.


Heinie Jansen van Rensburg (links) van Wintershoek Dormers by Koffiefontein het hul stoetdiere kom uitstal. By hom is Jan Abraham Strauss, eienaar van Agri Shalom in Bloemfontein.

Die personeel van die Bloedbank in Kimberley was ook by die ekspo. Van links is, voor: Magda Tesner, skakelpraktisyn, en Moses Themba, skenkerwerwer; agter: Lynice Jacobs, telewerwer, Hugo, sanger van Bloemfontein wat besoekers daagliks vermaak het, en Reggie Dauds, skenker-assistent.

DiĂŠ manne van BKB het 'n ruskansie uit die wind en son gevat. Van links is Pieter Groenewald, vesel- en lewendehawebemarker in Jacobsdal, Fanie Botha, aankoper in die sentraal-oosstreek, Marius Johnson, aankoper: sentraal-wesstreek, Pedrie van der Merwe, kredietbestuurder: Agrifin in Kimberley, en Fanie Brunette van Kimberley, nasionale lusernbemarker.

Johan Jacobs, bemarker: aartappels van Kaap Agri in Malmesbury, hier by hul stalletjie wat bemarking doen vir hul aartappels.

Phillip Leonard, bemarker van BioBoost Solutions in George, hier by hul uitstalling.

Met die reĂŤl van 'n ekspo van hierdie aard gaan daar maandelange harde werk in. Tokkie le Roux (tweede van links) van TNL Boerdery en Tjaart Erasmus, produsent en voorsitter van die Rietrivier Landbouvereniging, albei van Jacobsdal, was die hooforganiseerders. By hulle is links Lourens Conradie van Edenburg, seremoniemeester wat die gaste se lagspiere oortyd laat werk het, en heel regs is Flippie van den Berg van Dewetsdorp.

November | Desember 2011

35


Anita en Johan Marx van Mac Chicken in Port Elizabeth moes bontstaan om al die honger mae te vul met hul heerlike hoender.

Redback Africa het groot aftrek gekry onder die boere met hul leerprodukte soos skoene en hoede.

Wessel Pretorius van Kroonstad, streekbestuurder van Yieldagri, het hul produkte en dienste bemark.

Keith Visagie (links) en AbĂŠ NaudĂŠ is albei verhoudingsbestuurders van Santam in Kimberley. Hulle het besoekers meer van hul versekeringsproduk, en spesifiek oesversekering, vertel.

Sam Leye, 'n ontwerper van Rachel Designs in Bloemfontein, hier in hul kleurvolle stalletjie.

36

November | Desember 2011

Toekie du Plooy (foto) en haar dogter, Rika Oberholzer, van Jacobsdal, se geskenkhoekie, Ma-Rieks, het groot aftrek gekry en veral die vroue het sommer lekker rondgesnuffel tussen al die mooi goed.


Rudi Sutherland (links) en Albie van Niekerk, eienaars van NC Farming Supplies by Modderrivier, het 'n uitstalling gehad waar hul dienste en produkte aan produsente bekendgestel is.

Die groot ysters! Dié drie fris boerseuns was die wenners van die Klein Boertjie-kompetisie vir seuns tussen 6 en 12 jaar. Van links is Christo van Vuuren (11), derde, Marco van Straaten (12), eerste, en SJ Meades (12), tweede, almal van Jacobsdal.

Die parkeerarea was redelik ver...en die bene het maar moeg geword. Dié trekker en wa het soms die kinders (en hul ouers) met pretritte vermaak, en nou en dan het iemand sommer opgespring en 'n geleentheid na sy motor toe gekry.

African San Taxidermy Studio naby Modderrivier het hul pragtige, opgestopte diere kom uitstal. Fritz Viljoen (regs) is die kunstenaar wat die diere na die ware jakob laat lyk. By hom is Petro van der Linde, bestuurder van die taksidermie by Wintershoek.

Die swaar speelgoed van dié met spiere (en krag!). Vir diegene wat kans gesien het, was daar 'n sterkmankompetisie waar jy kon kyk hoeveel kilogramme vir jou kinderspeletjies is. Dit was nie altyd die grootstes wat die meeste kon optel nie. Hier wys 'n deelnemer hoe dit gedoen moet word. George Hugo van Tasol in Kimberley was uiteindelik die wenner.

November | Desember 2011

37


Die prinse se prinsessies. Hierdie fraaie boervroutjies het die afdeling gewen vir dogtertjies tussen 6 en 12 jaar. Van links is Chrisna Roelofse (7) van Jacobsdal, eerste prinses, Nicolene Scholtz (8) van Griekwastad, wenner, en Eloïse Olwage (11), tweede prinses, ook van Jacobsdal.

Klein boertjies. Hierdie drie groot menere was die wenners in die Klein Boertjie-kompetisie vir seuntjies 3 tot 5 jaar. Van links is Riko Swart (3), derde, Ewan Burger (4), wenner, en De Wet du Plooy (5), tweede. Almal is van Jacobsdal. Die wenners het sommer lekker pryse losgeslaan – John Deeretrekkers, kryte, fotosessies, lekkers en vele meer.

Dié klein patrone was die wenners in die Klein Boerinnetjiekompetisie wat vir dogtertjies tussen 3 en 5 jaar aangebied is. Van links is Izeldi Jacobs (4) van Jacobsdal, eerste prinses, Nina Strydom (3) van Port Elizabeth, wenner, en Ava Azevedo (4) van Kimberley, tweede prinses.

Hier word sommer lekker arm gedruk. Iemand moet wen!

38

November | Desember 2011

Jacobsdal Abattoir het sy jaarlikse slaglamkompetisie tydens die ekspo aangebied. In die middel is Schalk Fourie van Modderrivier wat die kampioengroepkarkas sowel as die kampioenenkellamkarkas vertoon het. Hy sal nou deelneem aan Samic se nasionale slaglamkompetisie. Links van hom is André Labuschagne van Jacobsdal Slaghuis, en regs is sy swaer, Lennie Wilkenson, van Jacobsdal Abattoir.


Sanparks was ook een van die uitstallers wat hul parke, veral in die nabye omgewing, by besoekers kom bemark het.

Die span van die Hoër Landbouskool Jacobsdal. Hulle het heerlik saamgekuier in hul stalletjie rondom 'n potjie wat die mond laat water het. Hulle het vir die potjiekoskompetisie ingeskryf en was vas oortuig hulle gaan wen!

Veteraantrekkers uit vervloë dae het by menige ouer boer goeie herinneringe teruggebring. Dié implemente behoort aan Gerhard Scholtz van Jacobsdal.

November | Desember 2011

39


Omskep groen grasveld in 'n voerkraal Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere Hoekom kan hoë groei nie op groen grasveld gehandhaaf word nie? • Groeiende speenkalwers wat groen, natuurlike grasveld sonder enige lekaanvulling bewei, bereik dikwels nie hul werklike groeipotensiaal nie. Die voorsiening van 'n tradisionele soutfosfaatlek waarborg ook nie maksimum groei nie omdat dit nie optimale hoeveelhede van sekere kritieke voedingstowwe voorsien nie. Weens die hoë voginhoud van groen, sappige weiding ondervind vinniggroeiende diere 'n tekort aan energie en minerale. Afhangend van die gehalte en die hoeveelheid natuurlike groen grasveld, handhaaf speenkalwers normaalweg 'n daaglikse groeitempo van 400 tot 600g per kalf. Voordele van afronding van speenkalwers op groen grasveld ! Massatoename op weiding is goedkoper as in die voerkraal omdat minder kragvoeraanvulling (1,2 vs. 8 tot 12kg) benodig word. ! Minder arbeid word vereis omdat geen ruvoer gevoer hoef te word nie terwyl Voermol Supermol net elke tweede dag gevoer hoef te word. ! Voerkraalfasiliteite is onnodig. Wat is die voordele van die aanvulling van Voermol Supermol? ! Speenkalwers wat met 'n langwerkende oorinplantaat geïnplanteer is en 1,5kg Voermol Supermol per dag op groen, gebrande natuurlike grasveld gevoer is, het 'n

40

November | Desember 2011

77% hoër groeitempo (1 060 vs. 600g per dag) as die kontrolegroep, wat geen aanvulling ontvang het nie, gehad (Niemand, 1999). ! Met die aanvulling van Voermol Supermol (1,2kg per kalf/dag) saam met die gebruik van 'n geslagspesifieke oorinplantaat kan tot 'n ekstra 400 tot 600g per dag groei gerealiseer word. Genoemde groeirespons verteenwoordig 'n baie koste-doeltreffende (2 tot 3kg Supermol/kg massatoename) omsetting van Supermol na lewende massa. ! Voermol Supermol moet altyd saam met 'n geskikte oorinplantaat gebruik word omdat die groeirespons additief is weens die sinergistiese werking tussen die ionofoor in Supermol en die oorinplantaat. Gesamentlik kan hulle verantwoordelik wees vir 'n groeirespons van tot 25 tot 50% en selfs hoër. ! Verplaas nie weidingsinname soos skoon grane nie, maar stimuleer weidingsinname. Wat is die voorvereistes om 'n goeie groeirespons te verkry? ! Die skielike oorskakeling van droë na baie sappige weiding moet met omsigtigheid geskied omdat laasgenoemde weiding lakserend is wat veroorsaak dat die diere heelwat massa verloor. Die voorsiening van addisionele droë ruvoer (bv. grashooi of strooi) gedurende die eerste week of twee sal in 'n groot mate help om diarree en massaverlies te beperk. ! Die beste respons met Supermol word gedurende die periode van maksimum weidingsgroei verkry. Hoe beter die gehalte


Afronding van speenkalwers op groenweiding met Voermol Supermol kan as een van die mees winsgewende produksiestelsels beskou word.

van die weiding, hoe hoër is die groeitempo van die diere. Die weiding moet welig, jonk, aktiefgroeiend en blaarryk wees. Vinniggroeiende onvolwasse weiding bevat meer proteïen, energie, minerale en vitamines en het 'n hoër verteerbaarheid as volwasse gras wat 'n hoë kalfgroeitempo verseker. ! Die weidingstand moet dig en volop wees om 'n hoë inname en gevolglik 'n hoë groeitempo te verseker. Die hoogte van die weiding is ook 'n belangrike vereiste. Weiding wat tot 'n hoogte van 15 tot 20cm gegroei word, maksimeer die hoeveelheid voedingstowwe wat per hap ingeneem word (Polan & Mowrey, 2000). Om 'n hoë groeitempo te handhaaf, moet die weiding nie korter as 10cm gevreet word nie om te verseker dat daar voldoende weiding vir maksimum weiding- en dus energie-inname is. ! Sodra die kalwers op natuurlike veld, sonder 'n lekaanvulling, ±500 tot 600g per dag groei, is dit 'n aanduiding dat die weiding in staat is om 'n hoë groeitempo te onderhou. In hierdie stadium moet die diere met 'n geskikte oorinplantaat geïnplanteer word en Voermol

Supermol moet daagliks of elke tweede dag teen 1,2kg per bees/dag gevoer word. Watter tipe speenkalf gee die beste groeirespons? ! Pasgespeende kalwers groei swakker op groen, natuurlike veld omdat hulle moeiliker en langer neem om aan te pas as gevolg van die speenskok. Voorkeur moet dus aan kalwers wat alreeds 'n paar weke gelede gespeen is of "oorwinterde" kalwers (“long weaners”) gegee word. Laasgenoemde diere doen uitstekend op Supermol weens kompensatoriese groei. ! Verskeie plaaslike proewe toon dat speenkalwers die hoogste massatoename toon indien hulle 215 tot 230kg weeg wanneer hulle vir afronding op groen, natuurlike veld geplaas word. Té ligte (minder as 200kg) kalwers groei stadig omdat hulle baie moeiliker aanpas en omdat hulle nie in staat is om voldoende gras in te neem om 'n hoë groeitempo te handhaaf nie. Vir die vroeg- tot mediumryptipe word die hoogste daaglikse massatoename verkry met 'n aanvangsmassa van sowat 215kg terwyl in die geval van die laatryptipe die swaarder kalf

November | Desember 2011

41


(±275 kg) die hoogste groeitempo toon. Kruisraskalwers presteer beter weens verhoogde groei as gevolg van basterkrag hoewel goed aangepaste suiwerrasse ook goed vaar. Algemene riglyne om maksimum groeirespons te verseker ! Vir die beste resultate moet die kalwers in homogene groepe volgens massa en kondisie verdeel word en die onderskeie groepe moet in aparte kampe geplaas word. ! Om doeltreffende voeromsetting en 'n hoë groeitempo te verseker, moet diere met 'n doeltreffende doseermiddel ontwurm word indien hulle met interne parasiete besmet is. Indien siektes voorkom wat die prestasie van die diere kan benadeel, soos bv. pasteurella, moet hulle daarteen geïmmuniseer word. ! Kalwers wat oor lang afstande vervoer word asook ligte en pasgespeende kalwers is meer onderhewig aan stres wat tot verlaagde weidingsinname aanleiding gee asook die diere meer vatbaar maak vir siektes. Navorsing toon dat die aanvulling van antioksidant spoorelemente (bv. mangaan, sink, selenium en koper) gedurende strestoestande voordele soos 'n verhoogde groeirespons inhou (Stokka, 1999; Chew, 2000) asook die diere se weerstand teen siektes verhoog (NRC, 1996). Speenkalwers moet daarom met Multimin + selenium + koper + chroom asook Vitamien A en E gespuit word. Wat is die mees koste-doeltreffende aanvullingstrategie? ! Met die aanvang van die reënseisoen is die groei van speenkalwers dikwels stadig omdat die weiding nog nie voldoende voedingstowwe voorsien om 'n hoë groeitempo te onderhou nie. Gedurende hierdie stadium sal dit meer kostedoeltreffend wees om net 'n fosfaatlek (bv. Voermol Fosfaatblok, Voermol P6-lek of Voermol Superfos) te voorsien. Maksimum respons met Voermol Supermol en 'n oorinplantaat word verkry sodra die weiding van so 'n gehalte is dat die diere meer as 600g per dag sonder enige aanvulling groei. Indien Supermol op hierdie stadium verskaf word, is

42

November | Desember 2011

'n groei van tot 1,0 tot 1,2kg per dag op goeie kwaliteit, groen natuurlike grasveld moontlik. Sodra die weiding egter volwasse begin word en die pyp- en saadstadium bereik, verlaag die groeitempo na ±600 tot 800g per dag. Op hierdie stadium kan Voermol Supermol om die helfte met 'n graanmeel gemeng en teen 2,5 tot 3kg per dier/dag gevoer word om steeds 'n hoë groeitempo te handhaaf. As alternatief kan hierdie diere vir die laaste fase van hulle afronding in 'n voerkraal afgerond word. Vir voerkraalafronding kan 'n afrondingsmengsel van 200kg Voermol SB 100 (V4498) en 800kg gemaalde mielies of “chop” gevoer word met ad lib. ruvoer wat apart voorsien word. Vir meer besonderhede oor afronding van speenkalwers raadpleeg Voermol se webblad by www.voermol.co.za. ! Vir die beste resultate moet die inname van die aanvullings op groen grasveld voortdurend gemonitor word om te verseker dat die diere die aanbevole hoeveelheid daagliks inneem om maksimum groeirespons te verseker. Alternatiewe gebruike van Voermol Supermol ! Voer Voermol Supermol as 'n prikkellek aan

skraal koeie en verse op groen grasveld teen 1,2kg per dier/dag vanaf 21 dae voor paring vir 42 tot 60 dae waarna na 'n fosfaat/soutlek oorgeskakel kan word. Hierdie praktyk het in die Ermelo-omgewing die kalfpersentasie van eerstekalfverse vanaf 63 tot 87,5% verbeter. ! Vir die koste-doeltreffende uitgroei van suiwelverse vanaf sowat ses maande ouderdom is Voermol Supermol die ideale aanvulling op natuurlike groen grasveld (raadpleeg Voermol se webblad www.voermol.co.za). ! Die addisionele aanvulling van Voermol Molovite of Voermol Supermol, bo en behalwe 'n suiwelmeel, het die potensiaal om melkproduksie van melkkoeie, wat vanaf groen weidings gemelk word, met tot 1 tot 2kg per koei/dag te verhoog. Dit is waarskynlik as gevolg van die voorsiening van suiker (vanaf melasse), goeie gehalte deurvloeiproteïen, effektiewe vesel en 'n ionofoor (raadpleeg Voermol se webblad www.voermol.co.za).


Twee vennote wen landboutoekennings

J

ohannes Fourie (links) van JWJ Boerdery by Groblershoop en een van sy swartbemagtigingsvennote, Willem Block van Sanddraai Arbeidsgenot Boerdery, ook van Groblershoop, is onderskeidelik aangewys as die Landbou-skrywersvereniging van die Sentrale Streek se Boer van die Jaar en Opkomende Boer van die Jaar. Block het voorheen by Fourie op die plaas gewerk, maar 'n aantal jare gelede het hy deel geword van Fourie se swartbemagtigingsboerderyprojek. Lees gerus volgende maand meer oor diĂŠ wenners en hul interessante vennootskap.

Spuit vir siektes Foto: Karen van Zyl, Petrusville

Lugbespuiting vir Karnal Bunt is onlangs in die Petrusville-distrik gedoen. Karnal Bunt, 'n siekte wat by koring voorkom, kan groot ekonomiese impak op koringaanplantings hĂŞ aangesien dit die koring se kwaliteit aansienlik benadeel.

November | Desember 2011

43


Pioneer en Pannar dien appèl in oor besluit van Mededingingstribunaal Clivé Burger, redakteur

D

uPont Besigheid Pioneer HiBred en Pannar Saad het appèl by die SuidAfrikaanse Mededingingsappèlhof ingedien om te appelleer teen die besluit van die Suid-Afrikaanse Mededingingstribunaal wat Pioneer se voorgenome verkryging van 'n meerderheidsaandeel van Pannar verbied. Die Mededingingstribunaal het sodoende die vorige besluit van die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie gehandhaaf. Die vennootskap is reeds deur die regulatoriese owerhede in Kenia, Malawi, Namibië, Swaziland, Tanzanië en Zambië goedgekeur. Christin English, kommunikasiebeampte van Pannar, het vroeër in 'n verklaring gesê die Mededingingstribunaal het die Desember 2010 besluit van die Mededingingskommissie gehandhaaf om nie die transaksie toe te laat nie. “Ons glo nog steeds dat hierdie transaksie in die beste belang van albei maatskappye, hul werknemers en hul kliënte in SuidAfrika en dwarsdeur Afrika is,” lui die verklaring. Pioneer en Pannar glo oortuigende bewyse is tydens die Mededingingstribunaal verhoor gelewer dat die transaksie nie mededinging in die saadmark sal verminder nie. Die Mededingingstribunaal het aangedui dat hy die redes vir die

44

November | Desember 2011

besluit in die komende weke bekend sal maak. Pioneer en Pannar behou die reg voor om hul appèl na ontvangs van die tribunaal se redes te wysig en aan te vul. Pannar is in 1958 in Greytown gestig en het belange dwarsoor Afrika, Europa, Argentinië en die VSA. Dit het eie filiale in nege lande in Afrika, insluitende SuidAfrika, en verkoop ook deur gevestigde bemarkingsnetwerke in nog ander nege Afrika-lande. Bo en behalwe Pannar se uitgebreide navorsingsinfrastruktuur in Afrika, bedryf dit ook navorsing en kommersiële aktiwiteite in die VSA en Argentinië, asook 'n genetikalisensiëringsonderneming in Europa. “Ons is terdeë bewus van die uitdagings van die klein en kommersiële boere in Suid-Afrika en Afrika. Ons is vol vertroue dat ons kliënte en ons werknemers uit hierdie voorgestelde vennootskap, ingevolge waarvan addisionele beleggings in die nuutste tegnologie en navorsing in SuidAfrika sal plaasvind, sal baat vind. Dit sal Suid-Afrika die geleentheid bied om 'n leier in saadtegnologie te bly vir die Afrika-vasteland, sowel as om doeltreffender op die wêreld se graanuitvoermarkte mee te ding,” het Brian Corbishley, Pannar se voorsitter, gesê. "Pioneer het 'n lang geskiedenis om globale oplossings en innovasie op 'n volhoubare en

toepaslike wyse in plaaslike markte regdeur die wêreld beskikbaar te stel," het Pioneer se president Paul E. Schickler op sy beurt gesê. "Ons is verbind tot die verhoging van landbouproduktiwiteit in Suid-Afrika en die res van Afrika en glo vas dat hierdie vennootskap boere vinniger en meer doeltreffend van beter saadprodukte sal kan voorsien, as wat Pioneer of Pannar dit op hul eie sou kon doen." Pioneer Hi-Bred, 'n DuPontonderneming met sy hoofkantoor in Des Moines, Iowa, is die wêreld se toonaangewende ontwikkelaar en voorsiener van gevorderde plantgenetika, wat saad van hoë gehalte aan boere in meer as 90 lande voorsien. Pioneer verskaf landboukundige ondersteuning en dienste om die produktiwiteit en winsgewendheid van boerderye te help verhoog, en streef daarna om oral volhoubare landboustelsels vir mense te ontwikkel. Hulle lewer sedert 1802 wêreldgehalte wetenskap en ingenieurswese in die globale markplek in die vorm van innoverende produkte, materiale en dienste. Die maatskappy glo dat, deur saam met kliënte, regerings, NRO's en leierdenkers te werk, hy kan help om oplossings te vind vir globale uitdagings soos die verskaffing van genoeg gesonde voedsel vir alle mense, 'n afname in die afhanklikheid van fossielbrandstowwe, en die bewaring van lewe en die omgewing.


Boorling van Prieska spoedig deel van GSA se bestuur

CDP vra vir meer soldate op grens teen plaasaanvalle

D

ie Christen-Demokratiese Party (CDP) het 'n beroep op die SA Nasionale Weermag (SANW) gedoen om in oorleg met georganiseerde landbou te evalueer of die huidige grensbeskerming deur die SANW aan die verwagtinge voldoen.

G

raan SA het onlangs vir dr. Marinda Visser as bestuurder: bedryfsdienste aangestel. Sy sal haar pos volstaaan vanaf 1 Januarie 2012.

Dr. Visser is tans werksaam as hoofdirekteur by die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Sy volg Nico Hawkins op, wat aan die einde van 2011 die diens van Graan SA verlaat. Hierdie boorling van Prieska het in 2003 haar Ph.D-graad as plantpatoloog by die Universiteit van Pretoria verwerf en was agt jaar lank by die Landbounavorsingsraad (LNR) werksaam. “Ek het 'n lang verbintenis met Marinda en het haar oor jare met belangstelling dopgehou tydens internasionale onderhandelinge,” het Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA, gesê. “Haar aanstelling is 'n integrale deel van die nuwe strategie wat Graan SA volg om nader aan die regering te beweeg rakende oplossings vir belangrike kwessies soos voedselsekerheid, werkverskaffing en volhoubare transformasie. “Marinda is bekend in die departement vir haar ywer om marktoegang vir Suid-Afrika te beding en was veral in die laaste tyd baie nou gemoeid daarmee om Suid-Afrikaanse mielies in die Chinese mark te kry – 'n doelwit wat sy gemaklik binne Graan SA sal kan voortsit tot voordeel van al ons produsente.

“Dr. Visser het ook as senior staatsamptenaar goeie bande en verhoudings met kollegas in ander staatsdepartemente en ook in ander lande opgebou, wat 'n groot aanwins is vir die bestuurspan binne die personeelkorps,” het De Villiers benadruk.

Só het ds. Theunis Botha, leier van die CDP, in 'n verklaring gesê. Hy het gereageer op die skietdood van 'n plaasbestuurder by Ladybrand, Sean Schutte (36), en die verwonding van sy broer deur vermeende veediewe wat na Lesotho ontvlug het, sowel as die moord op 'n bejaarde egpaar op hul hoewe buite Rustenburg. “Die grens met Lesotho is al baie lank 'n misdaadknelpunt en verskeie boere en hul gesinslede is al deur aanvallers vanuit Lesotho vermoor. Die owerheid kan hulle nie op onkundigheid oor die gevaar hiervan beroep nie, en werp weer 'n lang skaduwee oor die onbekookte besluit om kommando's sonder behoorlike plaasvervangende stelsels te sluit. “Pas is ook weer van Bloemfonteingestasioneerde soldate afskeid geneem wat aan vredesoperasies in Afrika gaan deelneem. Is die grootste behoefte nie dalk nader tuis nie?”, wou Botha weet. Die CDP het sy meegevoel teenoor naasbestaandes van die vermoordes uitgespreek. “Dit is duidelik dat plaasmoorde nog nie tot iets van die verlede behoort nie.” November | Desember 2011

45


Vanderkloof gaan groot op fees Clivé Burger, redakteur

Daar is vanjaar weer groot feesgevier by Vanderkloofdam se Waterfees. En net soos verlede jaar was dit 'n reuse sukses. 'n Klein groepie hardwerkendes het weer eens bewys dat 'n klein plekkie nie een tree hoef terug te staan vir groter dorpe of stede as daar by die reël van só 'n fees kom nie. Daar was verskeie uitstallers wat iets vir elkeen gebied het. Natuurlik het verskeie stalletjies gesorg dat feesgangers se mae vol bly. Die Vrydag is 'n landbou-inligtingsdag deur GWK vir produsente aangebied en Saterdag het gesorg vir pret en plesier. Daar was 'n bootskattejag op die dam, sterkmankompetisie, skoonheidskompetisies, ponieritte en vele meer. Selfs die uitbreek van 'n veldvuur reg langs die feesterrein kon nie feesgangers se gees blus nie! Sangers – onbekend tot bekend – het heeldag besoekers vermaak. Die Saterdagaand was Ray Dylan aan die beurt. Hier volg 'n fotoblik van die naweek se gebeure. Foto: Frans Stottelaar

Foto: Frans Stottelaar

Dis lekker hier by die fees! Dié twee vriendelike gesigte is Angelique van der Walt (8) van Vanderkloof en Zoë Els van Namibië.

Foto: Frans Stottelaar

Wat is dan nou lekkerder as heerlike potjiekos reg langs die dam met reuke wat enige verbyganger se mond laat water?

46

November | Desember 2011

Die kayakke op die dam het oud en jonk gelok. Hier word ernstig voorberei op die rit!


Foto: Frans Stottelaar

Die Dam Kwagga het gesorg vir 'n heerlike uitstappie op die dam.

Foto: Frans Stottelaar

Dié fikse (flukse) groepie het deelgeneem aan 'n pretdraf in die Rolfontein Natuurreservaat by Vanderkloof. Foto: Frans Stottelaar

Foto: Frans Stottelaar

Kleuters van die Renosterberg Pre-primêre Skool in Petrusville het vrolik almal by die fees verwelkom.

Klein Joa van der Merwe van die Renosterberg Pre-primêre Skool in Petrusville, wat die fees aangebied het, sing hier uit volle bors tydens die opening van die fees.

Foto: Frans Stottelaar

Wat is 'n fees sonder 'n Mej. Fees? Hier is Natasha Grobler (18, middel) van Bloemfontein, Mej. Waterfees 2011, saam met haar twee prinsesse, Zanelle Smith (22, links), van Vanderkloof, eerste prinses, en Juanita Coetzee, tweede prinses. (Ongelukkig kon die organiseerders geen verdere inligting oor Juanita verskaf nie.)

Boot- en jetski-ritte was sommer baie gewild en al was die water bietjie aan die koue kant, was dit steeds groot pret. Foto: Frans Stottelaar

November | Desember 2011

47


Foto: Clivé Burger

Die Gumboot-dansers van Petrusville het sommer lekker ritme gebring en elkeen laat lus voel om sy voete saam te stamp. Foto: Clivé Burger

Foto: Clivé Burger

Mej. Waterstroompie was vir dogters tussen 12 en 15 jaar. In die middel is Mej. Waterstroompie 2011, Chanté Somers (13) van Petrusville, en by haar is haar twee prinsesse, Ané Naudé (13, links), tweede prinses, en Charmaine Potgieter (14), eerste prinses, albei van Bloemfontein. Foto: Clivé Burger

Die mooiste waterdruppeltjie is ook gekroon. Dogtertjies tussen 7 en 11 jaar kon meeding om die kroon vir Mej. Waterdruppeltjie. Die wenners is van links Marike Steyn (7) van De Aar, tweede prinses, Angelique van der Walt (8) van Vanderkloof, eerste prinses, en Elsche-Mari Nel (7) van De Aar, Mej. Waterdruppeltjie 2011.

Mense van talle omliggende dorpe het hul bote gebring en saam feesgevier die naweek. Foto: Clivé Burger

48

November | Desember 2011

De Kloof Eco & Sport Estate @ Vanderkloof Dam het gesorg vir al die pret op die dam. Hier kon jy boot- en jetski-ritte bespreek.


Foto: Clivé Burger

Foto: Clivé Burger

'n Paar manne het gewys hulle het krag in hul spiere soos hierdie deelnemer wat 'n paar gewigtige sakke op 'n wa moes laai. Hierdie kompetisie het groot aftrek gekry by feesgangers.

Daar was verskeie uitstallers by die fees en besoekers kon heerlik deurstap en dit geniet.

Foto: Clivé Burger

Foto: Clivé Burger

Oe, ons rus heerlik (terwyl die vrouens werk!). Dié twee inwoners van Vanderkloof, Danie Zaayman (links) en Len de Jager, het salig voor die NG kerk Vanderkloof se kosstalletjie die hele affêre gesit en bekyk.

Tyd om ‘n bietjie te rus.

Foto: Clivé Burger

November | Desember 2011

49


Landbouvereniging sluit jaar af Die Havengabrug Landbouvereniging by Petrusville het hul jaarlikse afsluiting by Reghoek Boerdery tussen Orania en Petrusville gehou. Die besproeiingsboere het heerlik met hul vrouens saamgekuier. Karen van Zyl van Petrusville was agter die kamera.

Op die oewer van die Oranjerivier is die jaar se verrigtinge afgesluit en lekker saamgekuier. Van links is Kobus Theron, handelsbestuurder van GWK, Ertjies van den Berg, streekbestuurder: kleinhandel (oos-streek) van GWK, albei van Luckhoff, Joe Stander, silobestuurder: Havengabrug-silo, Ettienne Pienaar, graanbemarker van OVK in Petrusville, en Zellich Straszacker, 'n boer van Vanderkloof.

Van links is Deon Joubert van Attiesdam, Gideon Joubert van Bleskop, en AndrĂŠ Bredenkamp van Vanderkloof, almal boere van die distrik.

50

November | Desember 2011

Die vrouens het ook kom saamkuier. Hier is Rita du Plessis (links) en Carol Straszacker.


Orania se Koringfees gaan vermaak vir almal bied

V

oor 2011 sy laaste skadu's gooi, gaan Orania eers lekker saamkuier met hul Koringfees wat 9 en 10 Desember aangebied word.

Vir bespreking van stalletjies en die Saterdagaandvertoning kan Marlene van Staden by 084 816 4932 of orania@vodamail.co.za of Driekie de Jongh by 072 339 6575 of reydriek@yahoo.com gekontak word. Vir die kinderprogramme skakel Amanda Smith by 072 960 7986 of stuur 'n e-pos na amandasmith@vodamail.co.za. Rika Botha kan ook by 074 575 0218 geskakel word. Tegniese inligting en logistieke navrae kan met AndrĂŠ Steyl by 071 962 2161 bespreek word.

'n Program wat insluit perderitte, skyfskiet, sakresies, koedoedrol-spoeg, verfbalgevegte, 'n boereorkes, plaaslike sangers en talle ander kinderaktiwiteite is vir Vrydag op die spyskaart. Die Polisie gaan ook 'n hondevertoning aanbied. Die oggend om 09:00 word 'n koring-inligtingsessie in die ouditorium vir produsente aangebied. Net voor die son sak, is daar ook 'n toer na 'n koringplaas waar nagstropery gaan plaasvind. Vir die sportgeesdriftiges is daar sommer vroeg Saterdagoggend 'n fietsren oor 20km, so diegene wat lus is om saam te trap, moet sommer nou al inskryf. En soos op goeie Orania-tradisie gaan 'n heerlike ontbyt met koringbier, brood en boeremusiek om 08:30 aangebied word. Hierna begin die kinderaktiwiteite en die sterk manne gaan bietjie hul spiere bult in 'n sterkmankompetisie. Om 10:00 word ook 'n pekanneutaanbieding in die ouditorium gedoen. 'n Koringtoer volg om 12:00 en teen 13:00 is dit die potjiekos-kompetisie. Dirk Hermann van Solidariteit se boek, Treurgrond en Ons was daar, word om 15:00 bekendgestel. Die potjiekoskoning(s) word om 17:30 aangewys. En vir diegene wat nog bietjie energie oorhet, is daar om 19:30 'n vertoning deur Adam Tas. Sondag om 10:00 word die fees afgesluit met 'n dankseggingsdiens in die gemeenskapsaal. Kom geniet die pret en plesier saam met Orania se inwoners en beleef hul eg Afrikaanse gasvryheid.

Voorsitter Willie du Plessis 083 417 5274 willie@orania.co.za

Vise-voorsitter Andreas du Plessis 053 207 0154

Feesbestuur Rikus van Staden 082 894 5053

Veiligheid en Nooddienste Manie Opperman 083 225 8199

Kos Gawie Engelbrecht 073 093 2124

Inligting Kallie Kriel 073 245 7493

November | Desember 2011

51


Jong wetenskaplikes wys hul staal Drie leerders van die HoĂŤrskool Diamantveld in Kimberley het onlangs aan Eskom se Nasionale Ekspo in Boksburg deelgeneem en met medaljes teruggekeer huis toe. Hulle is Johan de Villiers (silwer), Heleen Janse van Rensburg (goud) en Beatrice Potgieter (goud) wat ook die wenner van die chemie-afdeling was.

Heleen Janse van Rensburg (Graad 12) het 'n goue medalje gewen vir haar projek oor Vitamien C in lemoenprodukte.

Beatrice Potgieter (Graad 10) het 'n goue medalje gewen en is boonop ook as die wenner in die chemiese afdeling aangewys. Haar projek het gehandel oor die effektiewe manier om spierbeserings met 'n yspak te behandel.

52

November | Desember 2011

Johan de Villiers (Graad 10) is beloon met 'n silwermedalje vir sy projek oor gaskoeldrank en tande.


Agri SA se 8ste Jongboer van die Jaar kom uit Noord-Kaap

T

oyota SA en Agri SA het vanjaar weer kragte saam gespan om die agtste nasionale jongboer van die jaar, Gog van der Colff van Groblershoop in die Noord-Kaap, aan te wys. Gog is as wenner aangewys uit agt finaliste wat vir die nasionale kompetisie gekwalifiseer het. Hy is tydens 'n spoggeselligheid in Oktober by Fourways in Johannesburg as wenner aangewys en het 'n Toyota Hilux Xtra-kajuitbakkie as prys gewen. Gog het 'n B. Com- graad in Landbou-ekonomie en boer op die Carpe Diem Landgoed met tafeldruiwe, rosyntjies en pekanneute. Die boerderybesigheid is nasionaal en internasionaal geakkrediteer by Global Gap en Woolworths.

hulle gereeld 'n kopskuif moet maak om toepaslik te bly en hulself met kennis moet bemagtig. Hy boer naby Hennenman met mielies, sojabone, aartappels, beeste en wild. ! Gerrie van der Merwe van Agri Noordwes

benadruk dat jong boere die ruggraat van die landbou is en dat hulle 'n kritiese rol moet speel in opleiding en die bemagtiging van opkomende boere. Hy boer naby Zeerust met tabak, koring, beeste en skape. ! Werner du Plessis van Agri Wes-Kaap sê dat die

behoud van landbou nie in die besit van grond lê nie, maar wel in die doeltreffende bestuur van die grond wat aan hom toevertrou is. Hy boer naby Ceres met steen- en kernvrugte, groente, sitrus en wyndruiwe. ! Steyl Willemse van Agri Mpumalanga meen dat

wedersydse respek, konsekwentheid en die regte opleiding van die vernaamste faktore is wat 'n rol speel in die bereiking van sy doelwitte. Hy boer in Hazyview met piesangs, gemmer en makadamianeute.

Kobus Visser, direkteur: korporatiewe skakeling van Agri SA, sê die waarde van die kompetisie lê in die ontwikkeling van jong ondernemingskap asook die voorbereiding van jong boere as toekomstige leiers in die strukture van Agri SA en sy affiliasies. Vanjaar se jongboere het gewys dat hulle die kuns bemeester het om aan te pas by veranderde omstandighede in die landbou deur doelgerigte optrede en dat die volhoubaarheid en die langtermyn gevolge daarvan behoorlik in oënskou geneem word. Die finaliste vanjaar het hulle reeds onderskei as denkers wat in geloof beplan, met selfvertroue en hoop die toekoms in die landbou tegemoet gaan. Dit onderskei hulle reeds van ander jongboere. Vanjaar se ander sewe finaliste was: ! Jaco Minnaar van Vrystaat Landbou glo dat jong boere die toekoms van die landbou is, maar dat

54

November | Desember 2011

Gog van der Collf en sy vrou, Melissa, hier tydens Agri Noord-Kaap se jaarkongres toe hy as provinsiale wenner aangewys is.


! Stuart Dewing of Agri Eastern Cape says

young farmers must be innovative, more efficient, more productive but must also embrace challenges. Hy boer in die Hogsback met Merinos en vleisbeeste. ! Willem de Beer van Agri Limpopo sê hy sien die

rol van jong boere in die ekonomie van SuidAfrika om voedeselsekerheid in die land te

Lees gerus volgende maand in

verseker en om uitvoere te bevorder. Hy boer naby Tzaneen met 'n verskeidenheid groentesoorte. ! Richard de Freitas van Agri Gauteng sê hy sien

homself as deel van die familie-onderneming waar hy kan groei en in die toekoms 'n groter aandeel in kan hê. Hy boer naby Boksburg met 'n verskeidenheid groentesoorte.

@agri meer oor Gog van der Colff.

Rekordprys vir South Devon

'n Suid-Afrikaanse rekordprys van R55 000 is onlangs vir dié South Devon-bul, Nieubaden Benjamins Brutus, betaal. Die koper was die Johstep South Devon Stoet van Barrie (foto) en Gielie van Zyl van Kimberley. Die teler van die bul is Tielman Nieuwoudt van die Nieubaden South Devon Stoet van Schweizer-Reneke. Die 34 maande oue Brutus het in 2010 die South Devon-ras in die Spesiale Prestasietoetsklas tydens Pretoria Skou verteenwoordig.

November | Desember 2011

55


Gholfdae aangebied vir Monsanto-kliënte Monsanto het onlangs twee gholfdae in onderskeidelik Jacobsdal en Douglas vir sy kliënte aangebied. Stephen Bann, verteenwoordiger van Monsanto in Kimberley en omgewing, het 'n paar van die spelers afgeneem.

Stephen Bann, verteenwoordiger van Monsanto, hier by een van hul produkte se baniere in die Jacobsdal Gholfklub.

Dit is duidelik Tjaart Erasmus, produsent van Jacobsdal, is al 'n ou gholfer.

56

Van kort na lank? Die span is van links Nicky du Plooy, produsent van Jacobsdal, Kobus Strydom, skoolhoof van Herlear Primary School in Kimberley, Ralph Liebenberg van Jocobsdal Abattoir, en Henk Brandt, skoolhoof van Hoërskool Noord-Kaap, ook van Kimberley.

Willem Mülke, produsent van Plooysburg, wys sy “swing” is nog heeltemal in die kol.

Wiaan van der Linde, besturende direkteur van Wintershoek naby Modderrivier, geniet elke oomblik van sy gholf.


Jaco Cilliers van Douglas is 'n man wat nie met 'n gholfbal speel nie – soos dié foto duidelik wys!

Net die regte houding! Jouke van Bergen, produsent van Douglas, hier in aksie.

Mooi in gelid. Dit was duidelik dat die Douglas-kliënte van Monsanto die gholfdag terdeë geniet het.

Edrich Prinsloo, verhandelingsbestuurder van GWK in Douglas, hier op sy stukke.

Pieter Basson van Klerksdorp, streekbestuurder: besproeiing in die Noord-Kaap, en Stephen Bann, verteenwoordiger van Monsanto in Kimberley, hier by die groot opblaasbanier van Monsanto se Dekalb-produk by Douglas se gholfdag.

November | Desember 2011

57


Agri SA maak stem dik oor landbousake op jaarkongres Clivé Burger, redakteur

A

gri SA se jaarkongres is in Oktober by die Misty Hills Hotel en konferensiesentrum by Muldersdrift aangebied. Die tema vanjaar was: Politieke en Ekonomiese Dimensies van Verandering. Tydens die kongres het Agri SA weer eens sy verbintenis tot grondhervorming bevestig en benadruk dat hulle 'n bydrae kan lewer in die verbreding van deelname aan die kommersiële landbou, die bereiking van nasionale doelwitte ten opsigte van nasionale voedselsekerheid, werkskepping en landelike ontwikkeling, en 'n lewensvatbare en stabiele landbou-omgewing kan help verseker. Dié organisasie het ook 'n belangrike rol te speel in die ontsluiting van landbouontwikkelingsgeleenthede in kommunale gebiede. Kongreslede het egter oor heelwat kwessies in die landbou hul kommer uitgespreek. Beleidsimplementering se stadige vordering lei tot erge frustrasie. Ontoereikende samewerking en/of vennootskapsverhoudinge tussen die staat en sektorrolspelers om koste-doeltreffende en versnelde vordering met beleidsimplementering te fasiliteer, behoort aandag te kry. Luidens 'n verklaring deur Agri SA het die kongres gevoel die gesloer met die grondeise-proses het 'n onbekostigbare en ontwrigtende effek op volhoubare

58

November | Desember 2011

landbou. Die moontlike heropening van die grondeiseproses laat ook kommer by hulle. 'n Toenemende miskenning in regeringsgeledere van die waarde van 'n markbenadering ten opsigte van eiendomsreg en ekonomiese ontwikkeling bly 'n kwessie wat aangespreek moet word. Verdere sake wat by kongres kommer wek, is:

! 'n Gebrek aan koördinasie ten

!

!

!

!

opsigte van beleidsontwikkeling en -toepassing waarmee grondhervorming vir doeleindes van landbouontwikkeling gerig word. Ontoereikende navorsing en inligting wat beleidsontwikkeling en die monitering van vordering met beleidsimplementering rugsteun, met inbegrip van 'n databasis oor grondbesit wat na verskeie jare se pogings nog nie in plek is nie. Beleidsvoorstelle wat nie die werklike oorsake van falings met grondhervorming identifiseer en aanspreek nie. Sekere elemente van die Groenskrif op Grondhervorming wat die winsgewendheid en volhoubaarheid van die landbou in gedrang bring en daarvan 'n onwerkbare plan vir vordering met grondhervorming maak. Die onvermoë van die staat om met meer intervensies in

die grondmark hul prestasie met implementeringsbestuur te verbeter of om daardeur vertroue by die landboubeleggersgemeenskap te skep. ! 'n Gebrek aan genoegsame konsensus tussen rolspelers in die bedryf en die regering oor watter beleidsrigtings oor grond in die beste belang van die landbou is ten einde die bedryf in staat te stel om nasionale doelwitte te bereik. ! Die lae prioriteit wat landbou teenoor mynbou-ontwikkeling het met die gevolglike vernietiging van die langtermyn potensiaal van skaars landbouhulpbronne ten koste van die korttermyn voordele van mynbouontwikkeling. Die kongres het die regering se bereidwilligheid om oor die inhoud van die Groenskrif op Grondhervorming te onderhandel, verwelkom. Agri SA sal hierdie bereidwilligheid van die regering ten beste benut met die volgende uitgangspunte vir sy insette: ! Beleid, wetgewing en programme moet binne die raamwerk van die Grondwet ontwikkel en geïmplementeer word. ! Privaat eiendomsreg moet gerespekteer word en met behoud van markbeginsels, die voorkeurbenadering van toegang tot grond wees.


! Sekerheid, beleggersvertroue en volhoubaarheid moet nagestreef word. ! Samewerking van ander rolspelers in die voedselwaardeketting moet verkry word. ! Vennootskappe tussen die staat en rolspelers in die bedryf moet 'n belangrike element van implementeringsbestuur wees. ! Goeie inligtingstelsels moet ontwikkel en toepassing vind om bestepraktyk-benaderings te bevorder en algemene vordering te evalueer. ! Die afhandeling van die restitusieprogram moet geprioritiseer word sodat die onsekerhede wat daaroor bestaan uit die weg geruim kan word en sodoende die weg kan baan vir sneller vordering met die herverdelingsprogram. ! Die herkapitalisering en herstel van vervalle plase moet 'n prioriteit bó die van PLASgrondaankope wees. ! Aspekte soos die beter seleksie van begunstigdes, voldoende en goed gekoördineerde navestiging, ondersteuning en vennootskapsverhoudinge met ervare kommersiële boere moet elemente van programme wees om 'n groter sukseskoers te behaal. ! Daar geleentheid vir alternatiewe benaderings tot grondhervorming moet wees as dit wat in die Groenskrif op Grondhervorming voorgestel word.

Rakende botsende ekonomiese aansprake op natuurlike hulpbronne het afgevaardigdes besluit dat die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye versoek moet word om as kampvegter op te tree vir die beskerming van landbougrond en ander hulpbronne waarvan die bedryf afhanklik is en in die besonder om 'n gelykwaardige waardering van landbou se aanspraak op natuurlike

hulpbronne teenoor dié van mynbou-ontwikkeling te beding. Gapings in landbou-, mynbou- en omgewingswetgewing en die toepassing daarvan moet geïdentifiseer word en voorstelle vir regstellende maatreëls moet ontwikkel word. Verder moet omgewingsbelangegroepe asook openbare figure se begrip, ondersteuning en samewerking vir gekoördineerde bewaringsgerigte praktyke verkry word (nasionaal en internasionaal). Lede van die betrokke portefeuljekomitees in die Parlement en die Nasionale Beplanningskommissie moet ingelig word van die leemtes in die betrokke wetgewing, die gebrek aan toepassing daarvan en moontlike oplossings moet aangebied word. Volgehoue druk oor omgewingskwessies wat landbou-hulpbronne benadeel, moet in die media gehandhaaf word. Affiliasies en grondvlaklede moet ook deur werkswinkels ingelig word oor hul regte teenoor die regte van mineralereghouers. Die Openbare Beskermer moet as 'n opsie oorweeg word om leemtes met die implementering van wetgewing op te neem. Beleidsontwikkeling oor die benutting van hernubare en omgewingsvriendelike energiebronne moet 'n prioriteit wees sodat dit as lewensvatbare alternatiewe vir steenkool- en skaliegas-energiebronne kan dien. Die toestand van Suid-Afrikaanse paaie en veral sekondêre paaie wat deur landbouers gebruik word, het ook weer op die tafel gekom. Daar is besluit dat 'n padinsfrastruktuur- en onderhoudsfonds daargestel moet word om die agterstand en uitdagings ten opsigte van padonderhoud op provinsiale en plaaslike vlak aan te spreek.

Agri SA sal ook voortgaan om met Telkom SA en ander privaatsektor diensverskaffers te skakel ten einde bevredigende oplossings vir die telekommunikasieprobleme in landelike gebiede te vind. Kongres het verder besluit dat 'n invoer-vervangingstrategie, wat werkskepping en voedselsekerheid ondersteun, ontwikkel en geformaliseer moet word. Toepaslike invoerbeskerming moet oorweeg word vir spesifieke bedryfsvertakkinge wat van strategiese belang is. Gesubsidieerde invoerbare landbouprodukte moet nie voorkeurtoegang geniet nie en is strenger en vinniger reaksie op oortreders van bestaande vryehandel-ooreenkomste nodig. Minder rigiede arbeidswetgewing kan werkskepping in die sektor verhoog. Agri SA is juis bekommerd oor gepubliseerde voorstelle vir 'n meer rigiede wetlike bedeling wat tans by Nedlac onder oorweging is. Die opvoeding en opleiding wat nuwe toetreders benodig, moet geëvalueer word in noue oorleg met toepaslike landbouopleidingsinstellings soos AgriSETA en FET's. Die Wetsontwerp op Verblyfsekerheid moet uit 'n werkskeppingperspektief nagegaan word, terwyl horisontale en vertikale geleenthede in die landbou benut moet word, byvoorbeeld die potensiaal van onontwikkelde of verwaarloosde besproeiingskemas. Johannes Möller en Theo de Jager is onderskeidelik tot president en adjunk-president van Agri SA verkies. Robin Barnsley is tot voorsitter van die Algemene Sakekamer en Neels Ferreira tot voorsitter van die Bedryfskamer verkies.

November | Desember 2011

59


Oorkoepelende burgerraad vir grondwetlike regte word gestig

I

n bykans elke dorp of stad ervaar belastingbetalers dat hulle nie van plaaslike owerhede waarde vir hul belastinggeld ontvang nie. Baie Suid-Afrikaners blameer die swak dienslewering op die derde vlak van regering dikwels aan leemtes in die Grondwet 1996. Die regering van die dag se beleid van regstellende aksie asook swart ekonomiese bemagtiging word dikwels blameer weens die onbevoegde personeel wat dikwels onbekwaam is om hulle taak professioneel te verrig. Die vraag is wat die burgerlike samelewing kan doen om dienslewering te verbeter? Die Grondwet 1996 gee in verskillende artikels erkenning aan die reg van die burgerlike samelewing om hulle grondwetlike belange te beskerm. SĂł waarborg die Grondwet die reg van gemeenskappe om organe van die burgerlike samelewing te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit [a.31(1)(b)]. Hierdie reg word versterk nie net deur die grondwetlike voorsiening van taal-, godsdiens- en kultuurrade nie, maar ook deur ander burgerlike rade [a.185(c)] wat ter versterking van die demokrasie [a.181(1)] tot stand gebring kan word. Belanghebbendes in meer as 200 dorpe het derhalwe besluit om 'n oorkoepelende burgerlike raad

vir die bevordering en die beskerming van grondwetlike regte soos omgewingsbewaring, watervoorsiening, veiligheid, eiendom, behuising, gesondheidsorg en toegang tot inligting asook 'n reg op billike administratiewe optrede, veral op die derde regeringsvlak, te beskerm. Laasgenoemde aspekte is vervat in 'n Handves van Regte van die Raad wat op die toepaslike organe van die staat afdwingbaar is, omdat dit direk uit die land se grondwet voortspruit. Die nuwe raad sal heeltemal a-polities wees en die beginsel van direkte demokrasie sal in elke dorp se spesifieke situasie deur die inwoners self gevolg word. Plaaslike gemeenskapsrade sal die geleentheid gegun word om by die oorkoepelende nasionale raad te affilieer. Die raad kom tot stand op 12 November 2011 by wyse van die kollektiewe besluitneming van 'n aantal beskermhere wat as oorgangsmaatreĂŤl die tussentydse ampsdraers van die raad sal aanwys en sal daarna by die 185-Kommissie as statutĂŞre raad geregistreer word. Vir enige verdere inligting skakel Jaap Kelder, voorsitter van die nasionale belastingbetalersunie, by 083 208 9314 of dr. Christo Landman, voormalige kommissaris van die Grondwetlike Kommissie vir die Bevordering en die Beskerming van Gemeenskapsregte, by 082 854 7516.

Dorpe in die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat word versoek om asseblief alle belangrike datums aan @agri deur te gee vir plasing. Stuur die inligting na agriclive@mweb.co.za. Sluitingsdatum vir die Desember/Januarie-uitgawe van @agri vir kopie, foto's en advertensiemateriaal: 9 Desember.

60

November | Desember 2011


Hulle laat die speke sing 'n Groep fietsryers van die Prieska Fietsryklub het aan die MTN OFM Classic in Bloemfontein deelgeneem. Almal het dit voltooi en goeie tye behaal. Zack Barnard en Frans Terblanche het die wedren in 'n tyd van 2:43 en Ryan van der Westhuizen in 2:51 klaargemaak. Van links is Theresa Swart, Surietha Kotzé, Danie Swart, Cecile Dwyer, Kanne Kotzé, Wendy Brand, Clinton Brand, Dulcken Dwyer, Samantha Groenewald en Sol Groenewald.

Ons wil u, die leser, vra om hierdie tydskrif (die e-pos wat u ontvang het met die link na @agri) na al u vriende en kennisse te stuur sodat ons ook só ons lesertal kan uitbrei. Boonop is daar lekker kontantpryse op die spel. Al wat u moet doen is om die e-pos te stuur na 10 van u kontakte en agriclive@mweb.co.za te cc. Die kontanttrekkings van R2 000, R1 000 en R500 sal gedoen word aan die einde van Januarie* – juis wanneer ons almal ná die feestyd platsak is. So waarvoor wag u? *Die redaksie behou die reg voor om die datum van trekking uit te stel indien nodig. November | Desember 2011

61


Die wit broek sit nie “nice” nie! Clivé Burger, redakteur

L

alie draai om en om voor die lang spieël in die kamer. Sy bekyk haar van dié kant, draai weer 'n keer, bekyk haarself dan weer van die ander kant. Sy gaan staan stil met haar rug na die spieël en loer versigtig oor haar regterskouer. Die wit broek sit nie nice nie! Sy kyk totdat haar nek lam raak. Kyk dan oor die ander skouer. Sy tel die handspieël op en hou dit hoog bo haar kop sodat sy die hele groter prentjie kan sien. Van agter af. Die wit broek sit régtig nie nice nie! Haar oog vang die groot foto bo haar en Schalk se queen size bed. Sy wil dit nie sien nie! Sy draai om en val agteroor op die bed met haar kop tussen die sagte verekussings. Sy maak haar oë met albei haar hande toe. Draai dan om, gryp die kussing en gil kliphard daarin. 'n Verdwaasde Schalk kom staan in die deur. Wat sal dan nou fout wees met Lalie? Die onaardse geluide wat uit haar keel kom klink uit die bose. Hy leun met sy skouer teen die kosyn. Hy wil eers kliphard lag, maar wanneer hy haar betraande gesig sien, bedink hy homself op die plek. “Wat's fout Lalie,” wil hy besorgd weet. Lalie kom stadig regop asof sy iewers 'n spier in haar lyf getrek het. Die swart maskara loop sulke swart traanspoortjies teen haar wange af. Schalk sukkel weer om nie te lag nie. Sy lyk nou kompleet

62

November | Desember 2011

soos die hoofsanger van die Parlotones met die swart strepe onder haar oë. 'n Glimlag trek tog om sy mondhoeke. Die volgende oomblik tref 'n verekussing hom vol in die gesig. Hy buk stadig om dit op te tel. “Genugtig Lalie, hoekom nou so aggressief en waarom lyk jy só?” probeer hy weer. Sy kyk vir haarself in die spieël, val weer agteroor en begin nou kliphard huil. Schalk wil nadergaan, maar hy is maar versigtig. 'n Skreeuende vrou kan soms gevaarlik wees. Daar kom skor geluide uit Lalie se keel. Sy huil asof sy weer 'n keer When a Man loves a Woman of Dead Man Walking gekyk het. Of soos toe sy die dag soos 'n klein dogtertjie op sy skoot kom sit en om hom mee te deel dat sy sy Fortuner gestamp het (eintlik het sy toe vertel dit was die ander ou se skuld). Lalie draai om en wys woordloos na die troufoto van hulle twee wat so vier jaar gelede geneem is. Schalk kyk na die foto. Vroumense. Hy verstaan nou glad nie. Is sy hartseer oor dié foto? Sy is beeldskoon in haar roomkleurige trourok wat sag oor haar skouers val en hyself, moet hy nou erken, lyk glad nie sleg nie. Skoongeskeer, jonk en handsome. Wat is fout met die foto? Hy het 'n tyd gelede weer vir haar gesê hoe pragtig sy


was op daardie mooi lentedag toe hulle met die Stellenbosche berge in die agtergrond ewige trou aan mekaar gesweer het. For better or for worse. Is Lalie dan ongelukkig getroud of wat? Waarom sal die troufoto nou juis op hierdie uur haar so hartseer maak? Liewe hemel, hy weet hy het Lalie die afgelope paar weke bietjie afgeskeep, maar hy sal daarvoor probeer opmaak. Noudat dinge vir hom mooi in plek geval het. Hy hoop nie iemand anders het op die toneel verskyn nie. Dalk het Lalie in haar eensaamheid iemand anders ontmoet wat vir haar elke dag vertel dat sy die mooiste vrou op aarde is. Schalk is skielik bietjie ongemaklik en senuweeagtig. Hy trek aan sy das en vee sy hand deur sy hare. Hy wonder of hy moet nader gaan. Lalie sit nog steeds soos 'n beseerde klein voëltjie op die bed sonder om 'n woord te sê. “Lalie?” probeer hy versigtig. Hy gee 'n tree nader om te sien wat is haar reaksie. Dalk 'n borsel teen die kop of gaan sy toenadering soek? Sy staan stadig op, haar swart hare effe deurmekaar en sy lyk nou regtig nie so beeldskoon soos wat sy eintlik vir hom is nie. Sy wys driftig met haar vinger na die troufoto teen die muur. Kyk net hoe lyk ek daar? Schalk kyk na die foto. Hy weet nie wat hy moet sien nie. “Ek sien,” antwoord hy saggies. “O jy sien? O jy sien hoe het ek daar gelyk?” wil Lalie aanvallig weet. Schalk weet nie mooi wat om te antwoord nie. “Ja, ek sien,” sê hy weer. “Wel kan jy sien dat ek glad nie meer so lyk nie?” spoeg sy dit uit. “Ja, ek sien, maar...”

“O jy sien Schalk? Wat sien jy nou eintlik?” “Ek sien 'n pragtige vrou met wie ek getroud is wat op daardie dag op haar heel mooiste gelyk het,” antwoord hy skaapagtig. Lalie kan die trane nie keer nie. “So ek lyk nie meer vir jou so nie?” dring Lalie aan. “Nee...maar jy moet onthou dit is ook al amper vyf jaar later!” probeer hy die situasie red. “Vier jaar. Dit is juis die punt my liewe Schalk,” sis sy. “Ek lyk nie meer so nie!” “Maar Lalie jy is steeds die mooiste vrou wat ek ken,” troos hy. “O en hierdie...hierdie duike op my boude wat duidelik sigbaar is deur die wit broek, is dit ook vir jou mooi?” Lalie gee hom nie kans om te antwoord nie. Wat hy ookal volgende gaan sê, sal verseker verkeerd wees en die situasie tien keer vererger! Lalie draai weer in die rondte voor die spieël. “Sien jy Schalk, my bobene sit die broek vol, dit druk my vetrolle bo my broek se band uit, en die duike in my boude lyk soos haelskade.” Schalk kyk so ewe. “Ja Lalie, maar dit is 'n wit broek. Dit sal so maak”, probeer hy steeds troos. “Jy het daardie broek aangehad toe ek jou ontmoet het. Jy was jonger as nou.” “En maerder wil jy dalk sê?” “Nee, nee, maar onthou net die tyd stap aan en dinge bly nie altyd dieselfde nie. Ook nie 'n wit broek nie. In elk geval nie een wat jy sewe jaar gelede gedra het nie. Kry eerder vir jou 'n nuwe een.”

November | Desember 2011

63


“Wat wil jy nou eintlik sê Schalk? Moet ek 'n groter nommer koop? Is dit wat jy probeer sê?” “Ja. Nee. Ag genade Lalie. OK die wit broek sit nie nice nie – in elk geval ék sê nie so nie. Randall Wicomb sê so. Hy glimlag weer. Schalk stap nader en maak haar kas oop. Heel links hang 'n rooi nommertjie – met die prysetiket nog aan. Hy haal dit uit. “En dié?” “Trek eerder hierdie aan. Dit is pragtig en sal jou donker gelaatstrekke en pragtige bene baie goed komplimenteer.” Hy hou dit voor haar, en kyk saam met haar in die spieël van oor haar skouer. “Sit jou diamantoorbelletjies daarby aan.” Lalie probeer effe glimlag. Schalk besef dit is tyd om homself uit die voete te maak voordat hy homself vasloop in nóg

'n tirade oor 'n wit broek wat nie nice sit nie. By die deur draai hy om. “Dans met die rooi rok, die hartlam van my...” Hy knipoog vir haar. “Kom ons gaan laat wees.” Lalie gaan vee haar gesig in die badkamer af en gly die rooi rok oor haar kop. Sy steek die los hare weer vas, sit nuwe maskara en vars lipstiffie aan. Sy bekyk haarself op en af in die spieël. By die deur voor sy die lig af sit, kyk sy weer vir oulaas na die troufoto. Sy steek haar tong uit vir dit. “Môre, net môre gaan sy apteek toe. Sy gaan ook van daai pilletjies kry wat Karlien haar van vertel het. Al haar vriendinne word dan nou so maer...

UILVROU geskryf en uitgevoer as eenvrouvertoning deur Marlene Zwiegers met Francois Le Roux se tjello, musiek en beelde.

26 Januarie 2012 | Kimberley Girls' High Skoolsaal Aangebied deur Jeneka Vroue-organisasie

“Die Uilhuis van Helen Martins van NieuBethesda...wat u sien is 'n vervulde wens van 'n kunstenaar, om dit wat sy geskep het te bewaar vir nageslagte wat kom. 'n Passie, 'n droom is wat u hier sien....'n kunstenaar wat geskep het ondanks 'n finansiële tekort, ondanks mense wat nie kon verstaan nie. Sy het geskep omdat sy nie anders kon nie. “Let op die draadletters wat Helen se hele unieke wêreld wat sy vir haarself geskep het, vervat in die eenvoudige woorde: 'This is my world'.”

64

November | Desember 2011

UILVROU is 'n toneelstuk wat jou nie net boei met sy beelde nie, maar die verhaal van Helen se lewe trek jou in tot jy voel asof jy dit saam met haar beleef. Kaartjies kos R100 (ete ingesluit). Skakel Marian van der Westhuizen by 083 633 6446.


Romerige patat- en sampioengebak Bestanddele

Metode

15ml margarien 15ml olie 1 ui (fyn gekap) 2 knoffelhuisies (fyn gekap) 250g knopiesampioene (gesny) 250g bruin sampioene (gehalveer) 2 patats (geskil en in blokkies gesny) 1 blikkie gesnyde tamaties 1 Knorr romerige sampioensous 250ml melk 80g Parmesan-kaas (gerasper)

1. Verhit die oond tot 180째C. 2. Verhit die margarien en olie in 'n pot en braai die uie en knoffel liggies tot sag. 3. Voeg knopie- en bruin sampioene by en braai tot sag. 4. Voeg die patats, gesnyde tamaties, Knorr se romerige sampioensous en melk bymekaar en roer goed deur. 5. Laat dit kook en verlaag dan die hitte sodat dit vir 15 minute kan prut. Roer gereeld. 6. Plaas dit in 'n oondvaste bak en gooi die gerasperde Parmesan-kaas bo-oor. Laat dit bak vir 20 minute of totdat die patats sag is.

Vir meer van hierdie watertandresepte, besoek gerus www.whatsfordinner.co.za.

November | Desember 2011

65

@agri November | Desember 2011  

@agri November | Desember 2011

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you