SENEKAL REKORD 120118

Page 1

Since 2014

R2,00

12/01/2018

rekordmedia1@gmail.com

072 757 0514

www.rekordmediafs.co.za

Tyd het Tonne Tyd… Dit Haal Jou In! Hannes Loock

Adjudant-Offisier Louis Jooste

SENEKAL: Donderdag 7 Desember is ‘n groep misdadigers die hoogste gesamentlike vonnis opgelê wat nog in Suid-Afrika deur ‘n hof opgelê is. En die verhaal agter die vonnis het ‘n draai deur Senekal geloop. Elf Misdadigers is in Kroonstad gevonnis tot altesaam 1 166 jaar gevangenisstraf nadat hulle skuldig bevind is aan koperdiefstal. Gedurende Augustus 2015, meer as twee jaar gelede, word ‘n koperdief op Senekal in hegtenis geneem. Sy makkers ontvlug egter. Dit is hier waar Adjudant-Offisier Louis Jooste van Senekal in die prentjie beland. Met behulp van Combined Private Investigations (Eskom se gekontrakteerde ondersoekers), (CPI), begin die voortvlugtiges ingehaal word. Een word op Welkom gearresteer, nog een op Virginia en nog drie op Richmond in Natal. Nog is dit het einde niet. Tussen A/O Louis Jooste en sy helpers van CPI word die eienaar van die voertuig wat gebruik was ook gearresteer. Die handelaar en sy twee handlangers is volgende om aan die pen te ry. Hulle word in Primrose gearresteer en nog een in Virginia. Die verdagtes word in Senekal Gevangenis aangehou. Op 9 Januarie 2016 ontsnap vyf van die koperdiewe en nog twee gevangenis. Tydens die ontsnapping word die hoof van die gevangenis op Senekal in die been gewond met ‘n ingesmokkelde vuurwapen. Die bewaarders se selfone word ook gesteel


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.