Concipio Jaargang XVII
Uitgawe/Issue 311
D
Julie/July 2024
Huisspanne herleef!
ie Harry Potter-aanhangers onder ons het al minstens een keer daarvan gedroom om in Gryffindor, Hufflepuff, Ravenclaw of Slytherin ingedeel te word. Hier by PRG is dit gelukkig nie nodig dat ’n sorteerhoed ons lot bepaal nie; ons word reeds op grond van vanne in dié huise verdeel: Braid, Hofmeyr, Murray en Neethling. Voordat die Covid-19-pandemie talle skoolaktiwiteite in die wiele gery het, was die kompetisie onder die huise ’n hoogtepunt. Vanjaar het ons besluit om dié kompetisie weer te laat herleef. Volgens mnr. Grobler is dit ’n uitstekende manier om bande te smee en huistrots (én skooltrots) te kweek.
Dit is ’n informele kompetisie wat veral dié kwartaal vir baie pret tydens pouses gesorg het. Leerders kon reeds by die interhuisatletiek punte vir hul huise verwerf. ’n Skaak- en tafeltenniskompetisie en bloedskenkgeleentheid het gesorg vir nog geleenthede om punte in te samel. Betrokkenheid by akademie en Societas speel ook ’n rol. Volgende kwartaal is daar ’n Harry Potter-vasvra en 'n interhuisdebat om na uit te sien. Die onderwysers is ook opgewonde oor die vooruitsig om in huisspanverband mee te ding. Meneer Uys en mevrou Langenhoven is aan die stuur van sake by Braid. Meneer Kleingeld en mevrou Baehnisch dryf Mur-
ray se betrokkenheid. Meneer Stoltz en mevrou De Villiers hou Neethling gemotiveerd, en meneer Steyn en mevrou Meaker is in beheer van Hofmeyr. Kom ons kyk hoe lyk die puntetelling na die tweede kwartaal: Hofmeyr: 704 Murray: 774 Braid: 853 Neethling: 1056 Ons glo dat die huiskompetisie met die ondersteuning en die entoesiasme van elke Paul Rooser en onderwyser nog van krag tot krag sal gaan! -Semper-redaksie