




Die Harry Potter-aanhangers onder ons het al minstens een keer daarvan gedroom om in Gryffindor, Hufflepuff, Ravenclaw of Slytherin ingedeel te word. Hier by PRG is dit gelukkig nie nodig dat ’n sorteerhoed ons lot bepaal nie; ons word reeds op grond van vanne in dié huise verdeel: Braid, Hofmeyr, Murray en Neethling.
Voordat die Covid-19-pandemie talle skoolaktiwiteite in die wiele gery het, was die kompetisie onder die huise ’n hoogtepunt. Vanjaar het ons besluit om dié kompetisie weer te laat herleef. Volgens mnr. Grobler is dit ’n uitstekende manier om bande te smee en huistrots (én skooltrots) te kweek.
Dit is ’n informele kompetisie wat veral dié kwartaal vir baie pret tydens pouses gesorg het. Leerders kon reeds by die interhuisatletiek punte vir hul huise verwerf. ’n Skaak- en tafeltenniskompetisie en bloedskenkgeleentheid het gesorg vir nog geleenthede om punte in te samel. Betrokkenheid by akademie en Societas speel ook ’n rol. Volgende kwartaal is daar ’n Harry Potter-vasvra en 'n interhuisdebat om na uit te sien.
Die onderwysers is ook opgewonde oor die vooruitsig om in huisspanverband mee te ding. Meneer Uys en mevrou Langenhoven is aan die stuur van sake by Braid. Meneer Kleingeld en mevrou Baehnisch dryf Mur-
ray se betrokkenheid. Meneer Stoltz en mevrou De Villiers hou Neethling gemotiveerd, en meneer Steyn en mevrou Meaker is in beheer van Hofmeyr.
Kom ons kyk hoe lyk die puntetelling na die tweede kwartaal:
Hofmeyr: 704
Murray: 774
Braid: 853
Neethling: 1056
Ons glo dat die huiskompetisie met die ondersteuning en die entoesiasme van elke Paul Rooser en onderwyser nog van krag tot krag sal gaan!
-Semper-redaksie
Gerrit de Vos
Rugby 1st XV:
Oliver Reid
Altus Rabie
Henry du Plessis
Truspe Schoeman
Jesse Stegehuis
Gert Kemp
Riley Norton(C)
Reuben Kruger
Adeeb Borraine
Joshua Dampies
Keenan Stoffels
Samuel Badenhorst
Matthew Kleyn
Hugo Coetzee
Matthew Seymore
Other regular players: Malan Erasmus, Gerrit Van Vuuren, Ian Smith, Luchwayito Mbaliswana, Jordan Steenkamp
Game after game these Paul Roosers run onto the field and give everything they have got. Through pain and through injury, every single one of these players has sacrificed so much for the Roos. This mighty team, led by our headboy Riley Norton, is currently ranked 1st in South Africa and is also the only team in the country that is still undefeated. This team is charging through the season hoping to be the first undefeated Paul Roos first team since 1991.
Throughout the 2024 season, Paul Roos has played eleven games and has won eleven. Included in these victories are 5th ranked Paarl Boys High, 4th ranked Affies and 3rd ranked Paarl Gim. Each game was a challenge, but not one has been too great to overcome.
In term three there will be more of these challenges to overcome, the greatest being the 2nd ranked Grey College in the final game of the season. Our captain, Riley Norton, stated that their mentality going into these big games is to keep it as simple as possible and to follow the game plan. They know they are as prepared as they can be as a team and it is all about giving everything they have and executing to the best of their abilities.
This team has immense talent and you sometimes find yourself wondering if this won’t be the exact team that runs onto the field at the 2031 Rugby World Cup Final.
Paul Roos boasts six players in the WP Craven Week first team (Oliver Reid, Truspe Schoeman, Riley Norton, Adeeb Borraine, Samuel Badenhorst, Henry Du Plessis), three in the second team(Altus Rabie, Gert Kemp, Reuben Kruger) and five in the Academy team(Luke Kent, Keenan Stoffels, Matthew Kleyn, Jordan Steen-
kamp, Luchwayito Mbaliswana), the most of any school. Our captain, Riley Norton, represented South Africa as a grade 11 in the SA schools team last year and hopefully many more players will follow suit this year.
When asked where the team gets their motivation to play every game as hard as possible, 8th man, Reuben Kruger, said that it’s the fact that they are not only playing for themselves but for their families, friends and the whole of Paul Roos. The maroon stand is all the motivation necessary. Riley Norton agrees by saying that they want to give something the whole school can cheer for.
Now, is this the best first team Paul Roos has ever produced? Maybe. Will this team forever be remembered by the pupils sitting on the stands? Definitely. Winning eleven straight games is unheard of and this team has done it. So, is winning five more really out of the question?
Beor van Reenen
Hano Basson
Callum van Oudtshoorn
Louan van Zyl
Joshua Smit
Keith Sieberts
Barend Geldenhuys
Christo Swanepoel
Ruben Gouws
Daniel Lurie
Reuben Sendzul(C)
Logan Lackay
Krisjan Groenewald
Luke Oliver
The lights turn on every Friday night, illuminating the water spraying over the field. And every Friday night, these guys come out to play. Putting everything out on the field for the Roos. Come rain, come wind, the stands will still
sing for them, crying out for the first team to score us a goal.
Paul Roos’ first hockey team is currently ranked 2nd in South Africa after SACS. This is a team of stars with the likes of Reuben Sendzul(representing South Africa), Barend Geldenhuys and Christo Swanepoel. This team has given the Maroon Machine countless moments of glory, their immense comebacks being the biggest ones. From being two nil down after the third quarter against a very good Grey High team to winning the game 3 - 2. Our first victory on their home ground.
A week later they ran onto the field against the 1st ranked SACS team in the final of the Hibbert Shield after destroying every team on the way. Paul Roos conceded three goals in quick succession but the team kept their
heads and started playing their best hockey. 3 - 0 became 3 - 1 became 3 - 2 became 3 - 3 and it was all tied up when the final whistle blew. They headed into penalty shootouts where Beor van Reenen showed his brilliance in the goals by saving goal after goal. This was nail-biting stuff. After two sets of penalty shootouts, Van Reenen saved the last goal that sealed the deal for the Roos. We have now won the Hibbert Shield two years in a row.
This team has fought hard for every victory they have and we commend them for it. The season is still long and the top seat of the hockey first team rankings is still calling our name.
The team has shown their winning mentality of never giving up so we can be sure that they won’t stop after the second term break.
Ian Lubbe
“Dit is nie die kritikus wat tel nie...” begin Amerikaanse president, Theodore Roosevelt sy beroemde toespraak. Die meeste mense in die hedendaagse samelewing weet egter nie hoe om enigiets anders te doen as om te kritiseer nie. Ons sien dit in al die bekgevegte op sosiale media, Suid-Afrika se vurige politieke diskoers en hoe die kinders op die sportveld altyd iets beter kon doen. “Hierdie kritici wys uit hoe die sterke struikel of hoe die doener beter kon doen,” voer Roosevelt verder aan. Hulle is die lafaards wat rondom die arena sit, en nooit self die sterk man of die doener van dade is nie – ons samelewing se suurstofdiewe. Paul Roos streef daarna om manne te kweek wat uitstyg bo die geraas van hierdie massas en dit te word wat wel volgens president Roosevelt saakmaak – die manne ín die arena.
Van die geskiedenis se sterkste leiers soos Winston Churchill, John F. Kennedy en Oud-Paul Rooser, Jan Smuts, was sterk sprekers wat die wêreld verander het deur in die arena te klim en op te staan vir dit waarin hulle glo en hul standpunte te staaf en te verdedig. Gedurende 2024 het Paul Roos-debat nuwe hoogtes bereik en 'n rekord hoeveelheid leerders in die arena gekry. Dit is die produk van 'n splinternuwe program wat PRG-debat besig is om te ontwikkel.
Hierdie program het in November 2023 afgeskop met junior uitdunne, die eerste van sy soort by Paul Roos. Die top debatkandidate onder die gr. 8’s is geïdentifiseer en na 'n inligtingsessie uitgenooi waar hulle bekend gestel is aan debat. Daarna het 42 van hulle intern kompeteer vir een van die 18 plekke wat in Paul Roos se ses junior debatspanne beskikbaar is. Afrigters het gesoek na kritiese denkers wat vol selfvertroue
met die skerpste teenargumente voorendag kon kom. Die top 18 wat deurgedring het, is uiteindelik gekies om Paul Roos in nasionale kompetisies te verteenwoordig.
In Januarie 2024 het hierdie spanne vuur en vlam met voorbereiding tydens 'n werkswinkel, nog 'n eerste van sy soort by Paul Roos, vir juniors en seniors by Markötter begin. Dit het hulle die geleentheid gebied om hul vaardighede onder leiding van die skool se spesialisafrigters te ontwikkel. Hulle kon ook leer om op 'n gesonde manier van hul mede-debatteerders te verskil. Altesaam het die daar 37 junior en senior sprekers deurgedring tot die finale spanne, een van die grootste talentpoele wat Paul Roos Debat nog opgelewer het.
Tydens die eerste rondte van die nasionale ATKV-kompetisie het die skool reeds die vrugte van hierdie program gepluk met 'n rekord van drie senior en drie junior spanne wat deurgedring het na die provinsiale rondte. In die volgende rondte het die skool sy rekord geëwenaar met
'n volle 3 spanne wat in Augustus in Bela-Bela aan die finale rondte sal deelneem, die meeste van enige Wes-Kaapse skool. Dit bevestig Paul Roos se plek as die sterkste debatskool in die provinsie.
Die skool breek verdere rekords by die Con Spirito-kompetisie in Mei 2024. Vyf Junior en drie senior spanne het na die semifinaal, wat in Julie in Kaapstad sal plaasvind, deurgedring.
Dit is hierdie merkwaardige jong leiers wat nie net terugsit en kritiseer nie, maar die manne in die arena is wat aan belangrike gesprekke deelneem en hulle standpunte vorm en verdedig wat eendag 'n verskil kan maak.
Ons wens hulle baie sterkte toe en sien uit om te sien wat PRG Debat nog teen hierdie trant kan vermag.
As jy die debatwaters wil toets, kan jy in die tweede week van die derde kwartaal aan die interhuisdebat of aan die “change my mind”-debatte gedurende pouses deelneem.
Francois Odendaal
Die komedie Kantlyn bied die geleentheid vir rugbyspelers om vir die eerste keer op die verhoog te verskyn. Onder leiding van juffrou Wiehman kan dit nét ’n sukses wees.
Sinopsis:
Na 'n vernederende nederlaag in die AVBOB Sevens-toernooi is nuwe leierskap in die Impi-span nodig. Met houdings so suur soos die lemoene wat Bees se ma halftyd verskaf het, moet 'n moeilike keuse gemaak word. Tussen botsende persoonlikhede, manne met muisneste en 'n ontruimde stadion, speel kleedkamer-intriges uit wat Binnelanders mak laat lyk.
Tussen die gelag en gebabbel, skaaf en skuur die akteurs en teg-
niese manne aan die produksie om PRG-toneel tot die volgende vlak te neem. Met die gevoel van samehorigheid onder die akteurs en vars gebakte melktert, is Kantlyn-repetisies altyd vet pret en plesier.
Volgens die akteurs, is die ervaring om hulle in karakters in te leef opwindend en kweek ‘n passie vir drama. “Teen dié tyd is ons almal amper al soos boude,” sê Spyker, gespeel deur Thomas Naudé. “As
ons nie besig is om ons harte op die verhoog uit te speel nie, sit ons almal saam en gesels soos ou vriende,” getuig Reü Louw wat Patat speel.
Volg Kantlyn op Instagram, kantlyn_impi_rugby, deur die QR-kode te skandeer. Maak ook seker jy pen die volgende datums neer om die manne in aksie te sien: 17 Julie in die Japie (PRG
Toneelaand), 8 Augustus in die Drostdy Teater (Klein Libertas Toneelfees) en 22 Augustus in die Baxter Teater (ATKV Tienertoneel).
In die woorde van Spyker (en Ricus Nel): “Manne dis ‘n voorreg om ‘n harde game te deel. Al die bloedbroers bymekaar waar die trui die vriendskap seël.”
Die ervare regisseur Brink Nelson se Lugkastele beloof om vanjaar gehore oudergewoonte te betower met diepsinnige vrae oor die menslike psige.
Die rolverdeling bestaan uit ervare akteurs wat gereed is om te bewys hoekom hulle vantevore al pryse vir hulle toneelspel gewen het.
Sinopsis:
Ek bou 'n lugkasteel en sweef deur gesigte van elke verhouding wat ek skep. Kan 'n mens droom oor iets wat bykans onmoontlik is? Ek is Ludwig. Natuurlik het ek vriende. Almal het vriende. Dis sosiale konvensie op sy beste. Hoe meer vriende, hoe beter. Natuurlik het ek vriende. Die grense tussen
werklikheid en virtuele wêrelde, word 'n mengelmoes van pieksels, stemnotas en kunsmatige intelligensie. Maar vir hierdie skoolseuns is daar dalk nie meer ‘n ander opsie as die skerm nie. Die vraag bly: Kan ons vriende wees?
Christiaan Cronjé
When the maroon ball gets rolling, it becomes a force that demands respect. There is no looking right or left, all attention is directed straight at the ball. There is an underlying sense of inevitability that there’s just no stopping the ball.
After an unbelievable first term at the Roos, where lots of effort and preparation were put into
getting ready, fit and sharp, we as Paul Roos, shot out of the gates in term two and immediately announced our intentions to the rest of the country. It was almost shouting to the rest of the country a strong message, that we are a school of excellence and it’s going to be hard to defeat us in any department.
Full stands, loud chants and brothers holding one another, these are the things that Paul Roosers live and breathe, for and we all got to witness it this term. The energy just kept rising through the term as the rugby first team kept beating one school after the other. The sea of maroon feeding off the energy. Our hockey boys also did us proud. People at home were on the edge of their seats and biting their nails, while watching the Maroon fighting spirit come back from a 3-0 deficit and finally winning the Hibbert Shield.
PRG is ’n skool van uitnemendheid. Ons besef dit, ons leef dit en ons waardeer dit! Ons is elkeen deel van iets spesiaals, van
Redaksielys:
waardes wat oor 158 jaar opgebou is en deur elkeen van ons voortgeleef word. Daarom is net die beste goed genoeg. Ons moet ons bes doen — elke dag, elke oomblik! Ons het dit weer hierdie kwartaal gesien. Die Paul Roosers het op vele terreine presteer en die Paul Roos-vlag hoog laat wapper. Ek is trots op elkeen wat op sy unieke manier uitnemendheid nastreef!
And now, for the matrics, there is one term left, one more chance to give everything we have to the Maroon Machine, and we will be going all out. It will be like a domino effect, the rest of the school following the passion and energy until the last goodbye is said.
Nothing is over until it is over. Nothing is done without a fight. Passion takes over and new heights are reached. The end is approaching. Paul Roos is ready. Let’s all leave an everlasting legacy, by giving our absolute best next term. This is how legends are made!
Hoofredakteur: Christiaan Cronjé
Tegniese Redakteur: Ian Lubbe
Verslaggewers: Altus du Plessis, Carlo Hoogendijk, Chris van den Berg, David Doubell, Dieter de Kock, Francois Dercksen ,Gareth Davidse, Gerrit de Vos, Hano Basson, Mark du Preez, Ian Lubbe, Nicholas Nieman, Philippe Andro, Steffan Thielen, Zac Theron
Proeflesers: Me. L. Horne
Mrs. A. de Wet
www.facebook.com/paulroosgymnasium
www.instagram.com/paulroos_gym
https://www.youtube.com/channel/UCBE3ku3BBtXZMbLG2eGatvA
Philip Ham bring Kringe in 'n bos na PRG
Het jy al in die Afrikaans-klas gesit en wonder hoe lyk 'n vlier of 'n kershoutboom wat Dalene Matthee so mooi in Kringe in 'n bos beskryf? Februarie vanjaar het Philip Ham sy Kringe in 'n bos-projek geloods juis om graad 10-leerders te help om vergelykings soos "so wit soos 'n vlier se blomme" of "die kleur van kershout se bas" te verstaan. Dít en sy liefde vir plante dryf sy projek.
"My plan is om die 15 bome wat in die die roman genoem word op Paul Roos se skoolterrein te plant. Sover gaan dit baie goed. Ek het 'n area agter die nuwe kriekettelbord gekry en ek het verlede Maandag die eerste ag bome afgelewer. Dit was die bosvlier, notsung, kalander, opregte geelhout, hardepeer, witpeer, assegaai en rooiels. Hulle gaan tydens die vakansie geplant word."
Philip het nog twee bome, 'n kershout en 'n swartysterhout, wat later, wanneer hulle groot genoeg is, geplant sal word. Hy het ook die sade van die volgende bome: witels, kamasie en kwar. Hopelik sal hulle teen volgende jaar gereed wees om te plant.
Hy hoop dat hierdie projek nie na sy matriekjaar sal eindig nie. Wanneer die bome goed gevestig is, wil hy graag ook plante soos seweweeksvarings en clivias plant.
“Die doel van die projek is eenvoudig: Om 'n klein stukkie van Knysna by Paul Roos Gimnasium te vestig wat gebruik kan word om vir die kinders te wys hoe die bos lyk. Hopelik kan ek ook 'n plantkultuur by Paul Roos vestig," sê Philip. "Wie weet? Dalk kan dit eendag ook as 'n buitelug-klaskamer gebruik word.”
Te danke aan Philip gaan jy binnekort kan gaan kyk presies hoe ’n vlier en ’n kalander lyk, en vir ’n oomblik voel asof jy saam met Saul die Bos staan en bewonder.
Philippe Andro
There are only a special number of movies that have managed to make a long-lasting and meaningful impact. Films such as the Lord of the Rings trilogy, The Dark Knight, the Harry Potter franchise and the Star Wars Original Trilogy have had a massive staying power in the ever-evolving movie zeitgeist. It is fascinating then, to wonder: What sets apart the iconic and memorable movies of our time from the less noteworthy and forgettable ones?
I believe that all great and memorable films start with having a passionate director with a unique vision for their film. If talented directors are given enough creative freedom, they should be able to convey a distinct mood and atmosphere that can work in tandem with the world they are establishing. The story being told has to be one worth telling that can deliver the film an authentic and well-communicated central message.
A powerful message can inspire and profoundly affect viewers if communicated correctly, such as stressing the importance of bravery, learning to be selfless, and standing up for what you love and believe in. These movies also tend have a clear target
audience, though of course anyone can watch and enjoy any film, having a clear target audience can help streamline a film into being a more focused and impactful final product. Movies don’t need to appeal to everyone, as people enjoy different kinds of films that they personally find engaging and entertaining.
I believe that many of the most forgettable movies have the common flaw of feeling overly engineered for success. I believe that if you are given the opportunity to make a big-budget film, you should use that opportunity to make something impactful and worthwhile that isn’t just a studio-mandated money-making exercise. These films can also feel the need to try and replicate the success of other films, without understanding what made those films unique and special in the first place. They can feel formulaic in their approach to storytelling, not wanting to step outside the box
in fear of making something that isn’t extremely profitable. Ironically, sometimes the pursuit of success at all costs can actually hurt one`s chances of obtaining that success.
I think you will find that most times, if a movie is well-made, has an impactful story and makes for an exciting and entertaining experience, people will go see it. Great movies have the inspiring ability to span and connect generations. I for one, cannot wait to show my favourite movies to my own children one day, letting them experience the all-time classics for the first time! Just think of those few movies you sit and watch every year, ever-eager to relieve those experiences with family and friends on the silver screen!
I think that all of that is an encouraging and positive thought, and just one of the many reasons why I positively adore fantastic movies.
Zac Theron
Boeke het die wonderlike vermoë om mense oor tyd en ruimte te verbind. ’n Besondere voorbeeld hiervan is die verhaal Stories from the Arabian Nights wat meer as 30 jaar gelede deur Juffrou Walsh in Johannesburg aangeskaf is.
Hierdie boek se geskiedenis is diep verweef met die geskiedenis van Paul Roos Gimnasium. Juffrou Walsh het die boek by ’n vlooimark in Johannesburg raakgeloop. Dit was die boek se klassieke voorkoms en mooi illustrasies op die voorblad wat dadelik haar aandag getrek het. Sy was bewus van die boek se literêre waarde, maar sy het nie geweet watter verrassing in die boek vir haar wag nie.
Dit was eers onlangs, toe sy die boek aan die mediasentrum wou skenk dat sy besef het hierdie boek het oorspronklik uit die biblioteek van die
Hoër Jongenskool van Stellenbosch, wat later Paul Roos Gimnasium geword het, gekom.
Die boek, wat moontlik in die vroeë 1900's in die skool se biblioteek was, het 'n merkwaardige reis onderneem. Toe die skool se naam in 1951 na Paul Roos Gimnasium verander is, het die boek reeds ’n hele leeftyd se avonture agter die rug gehad. Hoe die boek van die skool se biblioteek in Stellenbosch tot in 'n tweedehandse winkel in Johannesburg gereis het, bly 'n raaisel. Dit is moontlik dat iemand gedink het die boek was te oud en dit toe geskenk of verkoop het.
Die terugkeer van hierdie boek na Paul Roos Gimnasium se mediasentrum is ’n herinnering aan die belangrikheid van ons geskiedenis en hoe artikels soos boeke ons aan ons verlede kan verbind. Dit is 'n verhaal van toevallige ontdekkings en die merkwaardige reis van 'n boek. Hierdie gebeurtenis
Vbeklemtoon die waarde van tweedehandse winkels en die skatkis van geskiedenis wat hulle kan bevat.
Stories from the Arabian Nights is ’n bewys van hoe boeke reisigers oor ’n lang tydperk kan wees, en hoe hulle verhale wag om ontdek te word. Die mediasentrum moedig almal aan om na hul boekversamelings te kyk en te oorweeg watter geskiedkundige of klassieke boeke hulle kan skenk. Hierdie boeke het dalk ook hul eie unieke reis wat wag om gedeel te word. Boeke, soos mense, het stories wat die moeite werd is om te vertel en te bewaar vir toekomstige generasies.
Carlo Hoogendijk
ir baie mense beteken die woord “straatkuns” net mooi dieselfde as “graffiti” — lelike en ongewenste tekens, simbole of woorde op geboue. Om te sê dat die twee terme dieselfde beteken, is egter soos om te sê dat daar geen verskil tussen Paul Roosers en Boys’ Highers is nie.
Die eerste vorm van kuns wat direk op mure geskilder is, was vandalistiese graffiti tydens die 1960’s in New York en Philadelphia. Dit het begin toe jong mense hul name of voorletters op geboue en treintonnels gespuit het, maar dit het later ontwikkel in uitdrukking van frustrasies en selfs ’n medium om stories te vertel. Die graffiti was natuurlik onwettig, so die “kuns” was net sigbaar totdat die owerhede dit toegeverf het.
Toe bekende kunstenaars die graffiti sien, was hulle beïndruk. Hulle was beïndruk hoe die graffiti-kunstenaars mense wat verbyloop, gedwing het om na hul kunswerke te kyk en die boodskap te ontvang. Hulle het toe spesiale toestemming van die owerhede of eienaars van sekere geboue begin kry, en het hul eie vorm van graffiti begin, naamlik straatkuns. Alhoewel die meeste straatkuns poog om ’n sosiale kwessie aan te spreek, kan dit ook polities van aard of slegs vir estetiese doeleindes wees. Kunstenaars het later selfs begin opdragte
kry vir straatkuns, met ander woorde, mense het hulle begin betaal. Só het straatkuns ontwikkel in een van die nuutste kunsvorme wat erkenning en kommersiële sukses tot gevolg gehad het. Dit word vandag wêreldwyd gebruik om politieke boodskappe oor te dra of om bewustheid oor sekere sosiale of omgewingskwessies te skep. Aangesien elke land sy eie probleme het, is straatkuns ook uniek vir die land waar dit geskilder word. In Kaapstad, byvoorbeeld, beeld ’n paar kunswerke die droogte wat die Wes-Kaap ’n paar jaar terug ervaar het, uit.
Die doel van straatkuns en graffiti is dalk deesdae dieselfde (beide wil opinies lug), maar dit is egter die uitvoering daarvan wat van een groep Paul Roosers en die ander groep Boys’ Highers maak. Straatkuns is opreg en verdien om deur almal gesien te word vir wat dit werklik is – kuns.
Christiaan Cronjé
Sometimes I’m confused, sometimes I simply don’t know, but mostly I don’t have a clue. What am I talking about, you may ask? I am talking about what I want to do with the rest of my life and more specifically… What do I want to study next year that will hopefully set me up with a successful career and a happy life?
I realise that choosing the profession I want to follow is a decision of paramount importance. But I cannot help thinking that it is too much for an inexperienced 18-year-old to make.
What you want to be when you grow up requires careful thought: We therefore need time to learn about and consider all the options. With a busy program at school and the pressure to get good grades - that will in turn influence what we can and can’t do – some students are forced into hurried, expedient decisions, which may not be in their best interest in the long term.
Pressure is piled on young people to choose qualifications for a career they want now but will have to wait between 4 and 7 years for. Grade 8 to Grade 11 flew past and feels like a bit of a blur.
Suddenly we are in matric, and we must attend University open days, study prospectuses and have talks about financing our studies. Amid all of these, potential employers also expect us to build relevant working experience. And none of this can be easily undone. If I suddenly (eventually) realise that being a doctor is the only career for me, but I don’t have Life Sciences for instance, then I face a long hard trip back through education.
Vast amounts of guidance and information is available to us. This
can, however, be more a curse than a blessing. The variety of careers that we have become aware of has probably made us more uncertain of which to pursue. While it is better to be overinformed rather than uninformed, by the time we reach the tender age of 18, we have been bombarded with numerous options. But telling us about the many options – while piling on the pressure to make snappy decisions – isn’t really helping.
The majority of us do not know what we want to do when we finish school or university. The few who do know what they want often rethink their choice as they develop and grow. Who I am now isn’t who I might be in the future. This is the dilemma that we need answers to and guidance for.
I suggest that the following can assist us in not only making better career and study choices but also ultimately contributing more to society in general when we are living our purpose
and making a difference: Parents must take an interest in who their kids are and what makes them tick. Help your children discover their purpose!
Understand the modern career landscape. The job you are going to do in four years’ time might not even have been invented yet.
Do your homework. By this I mean explore all the options. Do some job shadowing. Get a mentor that you can learn from and that can also introduce you to his business network. Knowledge is power, so get as much as possible before making this big career decision.
Take a gap year. If you are still unsure at the end of Matric then don’t be afraid to take a gap year. Our dads went to the army for two years and this surely helped some of them to get clarity and make a better career decision. To “waste” one year is far better than potentially wasting a lifetime!
Altus du Plessis
Suid-Afrika is vanjaar weereens gasheer van die belowende Onder 20-Wêreldrugbykampioenskap. Die toernooi skop op 29 Junie in Kaapstad by die DHLstadion af en duur tot 19 Julie.
Dit gaan ’n reusestryd wees tussen die wêreld se 12 beste o. 20-spanne. Frankryk, wat verlede jaar koning gekraai, sal graag hul titel wil behou, en die Junior Bokke sal graag verlede jaar se brons medalje met die wentrofee wil vervang. Engeland, wat vanjaar die Ses Nasies se o. 20-beker gewen het, beoog ook om vanjaar met die louere weg te stap.
Die wedstryde sal by drie verskillende stadions gespeel word – die Danie Craven-stadion, die Athlone-stadion en die DHL-stadion. Die kaartjies is op Ticketmaster beskikbaar en sluit
’n hele wedstryddag met toegang tot al drie stadions se wedstryde in.
Die Junior Bokke is in Groep C saam met Engeland, Argentinië en Fidji; Groep A bestaan uit Frankryk, Wallis, Nieu-Seeland en Spanje; Ierland (naaswenners in 2023) Australië, Georgië en Italië is in Groep B.
Frankryk sal in die openingswedstryd teen Spanje kragte meet en die Junior Bokke sal kort daarna hul kampioenskapveldtog teen Fidji begin.
Rian Oberholzer, uitvoerende hoof van SA Rugby, sê rugbyaanhangers kan net soos verlede jaar ’n topgehaltetoernooi verwag. “Verlede jaar se toernooi was ’n onvergeetlike ervaring. Dit is ’n groot voorreg om dit weer te kan aanbied, om weereens die volgende generasie supersterre in Suid-Afrika te verwelkom.”
N“Die Wêreldrugby o.20-kampioenskap speel ’n belangrike rol in die wêreldwye rugbyprentjie en is die sleutel tot die bevordering en groei van die spel, terwyl ons ook opgewonde is om die volgende geslag Springbokke te identifiseer.”
Die toernooi sal die eerste internasionale kompetisie wees om die drie nuwe reëlwysigings van Wêreldrugby te implementeer om vloeiende spel te verseker en om spelerswelsyn te bevorder.
Volgens die nuwe regulasies sal ’n span byvoorbeeld nie meer toegelaat word om ’n skrum te kies wanneer ’n vryskop aan hulle toegeken word nie.
Kom ons ondersteun die Junior Bokke voluit deur die toernooi en hoop dat hulle die wa deur die drif sal kan trek!
David Doubell
aas die sokkerwêreldbekertoernooi elke vier jaar, sou ek sê die grootste opwinding vir sportliefhebbers is definitief die Somer Olimpiese Spele. Die massiewe variasie in al die sporte is ongelooflik en daar is altyd iets om te kyk. Verveling kom nie hier voor nie!
Die Spele vind vanjaar van 26 Julie tot 11 Augustus in Frankryk plaas. Die branderplankry-afdeling vind egter in Tahiti plaas. Die hele Parys is opgetof met Olimpiese Spelebaniere. Dit is veral die die jong
Franse wat uitsien na dat hierdie historiese gebeurtenis wat vir die sesde keer in hul land aangebied word. Die Olimpiese Spele is oorspronklik in 776 voor Christus in Antieke Griekeland gehou en het voortgeduur tot die vierde eeu na Christus. Pierre de Coubertin, ’n Fransman, het die Spele in 1896 teruggebring. Heelwat mense is opgewonde omdat baie van die sportsoorte in die buitelug gaan plaasvind. Die skaatsplankry gaan byvoorbeeld plaasvind op die plein waar Marie Antoinette en ‘n klomp ander Franse adellikes tydens die Franse Rewolusie in 1789 onthoof is! Hierdie jaar
neem daar 10 500 atlete aan die Spele deel. Daar is 32 sportsoorte en 754 sessies wat seremonies en kompetisies insluit.
Nuwer sportsoorte soos basketbal, “breakdancing” en branderplankry, gaan groot belangstelling lok, veral onder die jonges. Die 100 meter-naellope, swem, asook gimnastiek, is die items waaraan ’n mens dink as jy die woorde “Olimpiese Spele” hoor. Dié drie word gesien as die gewildste onder die toeskouers. Dit gaan beslis weereens ’n skouspel wees!
Al die talentvolle atlete oefen minstens vier jaar (of selfs lewenslank) vir hierdie geleentheid. Alle oë is op hulle. Die Spele kan drome bewaarheid, of ’n doring in die vlees wees wanneer atlete se drome verkrummel.
Kom ons wens hierdie atlete, veral ons Suid-Afrikaners, die beste Olimpiese Spele van hul lewens toe!
me. Jooste:
Mr Stansbury:
Waar kom Juffrou vandaan?
“Witbank, Mpumalanga. Ek het skoolgehou by Hoërskool Generaal Hertzog.”
Wat doen Juffrou om te ontspan?
“Ek speel graag hokkie en stap langs die see."
Hoekom wou Juffrou juis ’n skeinatonderwyser word?
"Dit is die uitdagendste vak en ek hou baie van uitdagings."
Hoe voel dit om nou net vir seuns skool te hou?
"Die konstante hoë energievlakke is 'n aanpassing, maar seuns se sin vir humor is baie beter as meisies s’n."
Where did you previously teach?
Westville Boys’ High School
What is your favourite quote?
“Never assume that silent is weak and loud is powerful. Remember this: a lion’s most powerful weapon is its silence, not its roar.”
What do you enjoy doing in your free time?
“Play as many rounds of golf as I possibly can.”
What is a book that you think everybody should read at least once in their life?
“'The Case for Christ' by Lee Strobel”
Mrs Price:
Where did you previously teach?
Kingswood College in Grahamstown
What is your favourite book/series?
" It's difficult to choose a favorite, but 'The Elephant Whisperer' by Lawrence Anthony certainly stands out as one of the best."
What is your life motto?
"Count your blessings everyday."
If you could have dinner with any 3 people who would it be?
"One of Jesus's disciples - Matthew, Nikola Tesla and my husband."
-Nicholas Nieman