Ovk nuus June 17

Page 27

sielkundige, biokinetikus, sportsielkundige, afrigter en dieetkundige wees.

Wees aanlyn Almal weet wat dit beteken om “aanlyn te wees” Gaan kyk na die mate van chaos en frustrasie sodra ons elektroniese toestelle van lyn af is, geen wi-fi konneksie beskikbaar is nie of jou (duur) data klaar is. Is jy en jou kind emosioneel aanlyn? Is julle so ingestel dat julle konneksie suiwer en duidelik is, sonder onderbrekings en verwarrings? Ouers verloor deesdae maklik konneksie met hul kinders, as gevolg van afstand en oorvol programme. Die geheim is nie die hoeveelheid beskikbare ure in ‘n dag (of week) wat jy en jou kind saam het nie, maar eerder wat ons met daardie kort tydjies doen. Kwaliteittyd is beslis die goue sleutel tot ‘n ongesteurde konneksie met jou kind.

Hoe konnekteer ons? Ouers en kinders se neurologiese netwerke bestaan uit sintuie, ‘n brein en spiere. Almal beskik oor hierdie meganika van leer, wat die basis van gedrag vorm. As jy vir jou kind ‘n opdrag gee, moet sy ore dit hoor, die boodskap aanstuur na die brein vir interpretasie en die brein moet vir die spiere die opdrag vuur om jou instruksies uit te voer. Hierdie proses moet vinnig en akkuraat gebeur. Soms beweeg die impulse nie so effektief tussen die sintuie, brein en spiere nie, of soms gaan die inligting sommer heeltemal verlore. As ons wil hê dat ons kinders minder aggressief, angstig, onseker, prikkelbaar, geïrriteerd, skaam, voorop-die-wa, aanhoudend klouerig of hartseer moet wees, moet ons begin deur die min tyd tot ons beskikking, optimaal te gebruik. Maak hoë intensiteit ontwikkelingsafsprake met jou kind deur van die sintuie in te span. So kan jy gehalteen kwaliteittyd met jou kinders

deurbring, selfs al is hulle net naweke tuis

Tassin ‘n Navorsingstudie van Schanberg & Field het bewys dat die tempo van breingroei- en ontwikkeling verhoog, deur jou kind aan te raak. Aanraking beteken kontak op fisiese-, emosionele-, sosiale- en geestesvlak. Hou op om na die selfoon te staar en selfoonknoppies te druk. Kyk eerder in jou kind se oë en druk hom diep. Aanraking en styf vashou laat ‘n kind veilig voel in sy eie lyf. Wanneer jou kind by die huis is, kan jy ‘n Mind Moves Massering doen: Die kind staan regop en hou albei arms sywaarts uitgestrek teen 90˚. Staan agter hom en trek die buitelyn van sy liggaam ferm van die kroontjie tot by sy tone na. Druk die voete ferm vas vir 8 tellings. Herhaal dit drie keer.

Reuk en smaak Reuk is die kortste pad na jou kind se hart. As jou kind emosioneel is na ‘n week in die koshuis, is dit ‘n goeie idee as die ma altyd dieselfde parfuum dra oor naweke. Sy kan selfs ‘n sagte speelding of lappie met daardie parfuum spuit en dit saamstuur koshuis toe. Maak Vrydagmiddae kos wat soos huistoe-kom ruik, sodat jou kind se maag en hart na die naweek vol kan wees! Skep roetine en rituele tuis. Kinders het nodig om veilig en geborge te voel, voordat hulle weer vertrek. Doen dit deur Sondag op ‘n spesifieke manier iets saam te doen soos pannekoek bak of koffie op die stoep te drink voor die groot inpak.

Gehoor As my kinders in die oggend nog nie gereed is vir skool nie, het die bure se kinders al hul tande geborsel en hare gekam! Verseker nie iets om op trots te wees nie en iets waaraan ek daagliks nog werk. Ons moet let op hoe ons met ons kinders praat.

JUNE 2017 | OVK NEWS

27


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.