Page 1


VOORBLAD ‘n Bastergermsbok op die plaas Saaidam, naby Hopetown. COVER A Roan Antelope on the farm Saaidam, in the Hopetown area.

Inhoud Contents

Uitgewer/Publisher Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Beperk Posbus/PO Box 96 Ladybrand 9745 Besturende Redakteur/Managing Editor Stéfan Oberholzer Redakteur/Editor Francois Seymore 051 923 4785/079 780 4618 ovknuus@ovk.co.za

5

16

Inhoudkonsultant/Content Consultant Malcolm Jafta Medewerkers/Contributors Dirk Gunter Giepie Calldo Jan Lodywyckx Santa Ferreira Sulene Oosthuizen Godfrey Mofokeng Igna du Plessis Advertensies/Advertising Francois Seymore 051 923 4785/079 780 4618 ovknews@ovk.co.za

24

38

Uitleg/Layout OVK Skakeling Ladybrand Drukkers/Printers Oranje Print & Packaging 058 481 2105 OVK Hoofkantoor/Head Office 19 Dan Pienaarstraat/Street Ladybrand 051 923 4598 klantediens@ovk.co.za Die menings en aannames wat in hierdie publikasie uitgespreek word, is nie noodwendig die sienswyse van OVK nie en aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat in artikels of advertensies gemaak word nie./ The opinions expressed in this publication are not necessarily the view of the OVK and does not accept any responsibility or liability in claims made in articles or advertisements. Kopiereg word voortbehou en inhoud mag slegs met skriftelike toestemming van die redakteur gereproduseer word./ Copyright is rereserved and contents may only be reproduced with written permission of the Editor. Die tydskrif is gratis by alle OVK Handelstakke beskikbaar en voorwaardes geld./ The magazine is available free of charge at all OVK Trading stores and conditions apply.

46

48

Uit die Woord ............................................ 2 Oor die Grensdraad .......................... 3 Toppresteerders - Wesstreek ........ 4 Fracking in the Karoo ........................ 5 Rotondo: enig van sy soort ....... 12 Sout van die aarde .......................... 16 Toppresteerders - Noordstreek 20 South Devon Wêreldtoer .............. 22 Tyd met jou Kind ................................ 24 Hier en Daar ........................................... 28

Mieliekopvrot ......................................... Kunsmisproewe ................................... Toppresteerders - Suidstreek ..... Kleinveebestuur: Deel 5 ................ Jongboere lig mening .................. Effektiewe Alternatief ....................... Diens nie Onderhandelbaar ... Toppresteerders - Sentraal ........ Kop- en Pluimbrand ......................... Weerinligting ..........................................

31 34 36 38 42 46 48 52 53 56

JUNE 2017 | OVK NEWS

3


D

ie reklamewese is tot ‘n fyn kuns ontwikkel. ‘n Adver tensie se doel is om ‘n ideale lewenstyl met ‘n bepaalde produk te verbind. Om ‘n “nice to have” te verander in ‘n “need”. Eet by ‘n sekere restaurantgroep en jou lewe sal opwindend wees. Ry ‘n sekere motor en jy het aansien. Geen wonder daar word jaarliks wêreldwyd meer as 500 miljard dollar aan advertensies spandeer nie. Of jy dit nou wil erken of nie, advertensies het jou al beïnvloed. Ons almal word een of ander tyd deur ‘n slim advertensieveldtog tot aksie oorgehaal. In Filippense 1: 27 skryf Paulus die volgende: “Gedra julle altyd so dat julle ‘n advertensie vir Christus is. Daarmee moet julle regtig moeite doen. Ek wil net goeie dinge van julle hoor, of ek nou na julle toe kom of nie. Ek wil hoor dat julle soos een man saamstaan en alles doen om ander te oortuig dat die goeie boodskap regtig goed is.” Boodskapvertaling. Paulus skryf aan die gelowiges in Filippi en vra van hulle om ‘n advertensie in hulle omgewing te wees. Nie van hulle self nie maar

Rikus van Zyl Tentmakerleraar: NG Gemeente Fichartdkruin

4

OVK NUUS | JUNIE 2017

Jy is ‘n advertensie vir Christus! van Christus. Hulle is ‘n advertensie deur hulle lewenswandel. Kom ek sê dit anders: Hulle manier van dink en praat en doen in hulle daaglikse lewe moet vir Christus as’t ware adverteer. Hulle leefwyse moet die mense wat oor hulle pad kom, oortuig dat die goeie boodskap van Jesus Christus: sy genade, sy liefde, die nuwe lewe en al die ander aspekte van die evangelie, regtig goed is. Mense wat nog nie vir Christus ken nie moet uit die lewenswyse van gelowiges agterkom: ons mis uit. Ons wil ook vir Christus in ons lewens hê. Hoe leef ons dit in 2017 uit? Een terrein: tree met liefde teenoor alle mense op. Sien alle mense raak as geskape na die beeld van God. Sien mense se potensiaal raak en fokus daarop. As iemand ‘n fout maak help hom op so ‘n manier reg dat sy menswees nie daardeur benadeel word nie. Sien mense se menswaardigheid raak en praat so met hulle. Praat met mense en nie oor mense nie. En leef dit elke dag.

Hierdie lewenswyse is bedoel vir elke dag van die week: Sondag tot Saterdag, 24 uur per dag, jaar in en jaar uit. Hierdie is nie maklik nie en daarom skryf Paulus: “julle moet hiermee regtig moeite doen”. Alleen gaan jy en ek dit nie regkry nie. Lees wat skryf Paulus in Fil 2: 12 en 13: “Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, want dit is die God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.” God help ons: Hy rus ons toe om ‘n goeie advertensie vir Hom te wees. En moenie dit alleen probeer doen nie: “Ek wil hoor dat julle soos een man saamstaan”. Oor grense heen het ons as Christene mekaar nodig om die beste advertensie te wees. Waar begin ons daarmee? By jou gesin, saam met jou werksmense, in die gemeenskap waar jy woon en werk en ontspan. ‘n Laaste vraag: Wié sien die mense in jou daaglikse lewenswandel raak? n


die regering tot verantwoordelikheid sal kan roep. Rugby wil ons nie praat nie maar ons put wel groot vreugde uit ons Blitzbokke se kroning as 7s wêreldkampioene!

FRANCOIS SEYMORE Die lied van Billy Joel “We didn’t start the fire” wat hy in 1989 gekomponeer het waarin hy al die belangrike wêreldgebeure en mense wat ‘n impak op die wêreld gehad het, een vir een opnoem, het nou die aand aangehou om deur my kop te maal. Ek kon nie help om in die vroeë oggendure wakker te lê en die bekende woorde te herskryf na: Ons het nie die vuur begin nie, dit het nog altyd gebrand, sedert die begin van ons land, Coligny, Dlamini, SASSA, plaasmoorde, Eldorado Park, Mosie van wantroue, Brian Molefe, SABC, Skaliegas en kernkrag, Pravin Gordhan, Mogoeng Mogoeng Khomotso Phalane, Hawks, Hlaudi Motsoeneng, Geheime stemming, Grondhervorming, Radikale ekenomiese transformasie, Super 18 vernederinge en die Blitzbokke.... Die laaste paar maande het daar soveel in ons land gebeur dat die nuwe woorde heelwaarskynlik die oorspronklike 4:49 minute sal oorskry. Nie alles was tog negatief nie en die beslissing van die WesKaapse Hooggeregshof dat die onderhandelinge om kernkrag aan te koop ontwettig is, het bewys dat die burgers en die Grondwet altyd

Die laaste twee maande het OVK sy produsente vereer vir hul prestasies wat onder uiterse moeilike omstan dighede, polities sowel as ekonomies behaal is. Kommoditeitpryse het gedaal weens oorproduksie en die dieselprys het weens die swak rand gestyg. Rentekoerse bly darem stabiel en die wonderlike oeste wat van die lande gehaal word laat mens optimisties voel vir die volgende seisoen. Grondhervorming en die vergoedingkwessie word weer as ‘n politieke speelbal gebruik en veroorsaak groot onsekerheid by die boere. One of the new words to the new song is “shale gas”. The Karoo basin is under threat with the goverment’s uncompromising attitude to award exploration licences to three international companies. We got some insight from two resistance warriors, attorney Derek Light and Doug Stern, President of Agri EC, and to get a

real understanding on the impact that shale gas exploration will have on the people, agriculture and environment of the Karoo. Ons het weereens by verskeie produsente gaan kuier en het gaan leer oor sout by Leon Ferreira in Hopetown en van okkerneute op Rotondo in Aliwal-Noord. Vir die vroue gee Igna du Plessis raad oor ons kinders, in die eerste van ‘n reeks artikels en Dirk verduidelik mieliekopvrot. Giepie gee soos gewoonlik advies oor kleinvee en ons gesels met een van ons jong boer finaliste. Louis Fourie het oorgeneem as streekbestuurder in die weste en ons was daar toe internasionale besoekers Dan Kriek se plaas in Tweespruit besoek het. Ek is seker u sal dié uitgawe se uiteenlopende artikels geniet en iets tot nagedagte daarin vind. Kilometers is in die mooiste gedeeltes van ons land afgelê en dit was asemrowend om die kleure van herfs en die prag van die natuur te aanskou. Hoe bevoorreg is ons tog nie? Geniet die wintersmag, geniet al die sport, geniet mekaar en bly warm. n


TOPPRESTEERDERS

t Gewilde Afrikaanse liedjie-

skrywer en sanger, Dewald Wasserfall was die gaskunstenaar wat tot laat die gaste met sy besondere stem vermaak het.

Die Toppresteerders van die Wesstreek is onlangs tydens ‘n glansgeleentheid by die Hoërskool Hopetown aangekondig. Die gaste was vermaak deur die gewilde Dewald Wasserfall en daar is tot laatnag gekuier. Die belangrikheid van die streek in noodsaaklike voedselprodusering is deur OVK Voorsitter, Gilly Scheepers beklemtoon en het hy die individuele wenners gelukgewens met hul besondere prestasies.

Hopetown Skitter

Die presteerders van die OVK Wesstreek is as volg aangekondig: l Hoogste omset in oesversekering: Joubert & Verster Agri (Edms)Bpk l Hoogste omset in korttermynversekering: Joubert & Verster Agri (Edms)Bpk l Top meganisasiepresteerder: Joël le Roux en Seuns l Top sojaboonprodusent: Badenhorst Familie Trust l Top lusern- en ruvoerprodusent: Marius Wiid l Top koringprodusent: Dupdrie Boerdery (Edms)Bpk l Top mielieprodusent: Granary Normandien (Pty)Ltd l Top springmielieprodusent: Gerrie Scholtz l Top Wolprodusent: Louwtjie Steyn l Top lewendehaweprodusent: Mahoebe Eiendomme (Pty)Ltd l Grootste brandstofkliënt: Terblanche Graan Boerdery l Top handelspresteerder: Badenhorst Familie Trust l Toppresteerder in die Wesstreek vir 2017: Granary Normandien (Pty)Ltd

p Seremoniemeester Dirk du

Plessis, (OVK Hoofbestuurder: Regsdienste en Sekretariaat) het die gaste in ‘n ligte luim met sy skerp grappies gehou.

t

6

OVK NUUS | JUNIE 2017

Die Toppresteerders van die Wesstreek vir 2017 is Granary Normandien (Pty)Ltd. Hier word hulle verteenwoordig deur PW Botha en Henry du Plooy met Stefan Oberholzer en Gilly Scheepers van die OVK Direksie.


FRACKING

KAROO vs GOVERMENT THE REAL COST OF SHALE GAS


FEATURE ARTICLE

The view from the Valley of Desolation and Totoscope may well be very different in a few years’ time, should the government issue exploration licences to Shell, Falcon Oil & Gas and Bundu Oil. These companies applied in terms of Section 79 of the MPRDA for explorations rights on 123 000 km2 in one of the driest parts of the country, what is known as the Karoo basin.

D

espite heavy resistance from locals and environmental groups the government seems to be determined to award these licences. The worldwide controversy surrounding hydraulic fracturing (fracking) is related to major environmental and socio-economic negative impacts. As recent as 17 May the Mineral Resources Minister, Mosebenzi Zwane, told parliament during his department’s budget vote that his department intends to pursue the exploration of shale gas. That is the same time that attorney Derek Light, representing business

8

OVK NUUS | JUNIE 2017

man and Karoo farmer, Johan Rupert and various action groups including Agri Eastern Cape. He announced that they are applying to the High Court to set aside the fracking Regulations, which was gazetted in June 2015, on the basis of illegality. To further strengthen the government’s determination to go ahead with fracking is to note a comment of the Canadian company Falcon Oil & Gas’s website: “The Petroleum Agency of South Africa (“PASA”) is proceeding with the processing of the Company’s application for a shale gas Exploration License in

South Africa’s Karoo Basin and the Company expects that the South African Department of Mineral Resources (“DMR”) will issue Falcon with a license to explore for shale gas in 2017.” To understand the seriousness of the situation one should look at Shell’s operational plans. They have indicated that they will start with six


well pads in the first three years and then increase it to 1500 in the next six years! Taking the needs of one well, which include 2500 truckloads of 20 million litres water, sand and chemicals as well as millions of litres of toxic waste to dispose. To fathom the impact of the reality, should all legal resources by opposition groups fail to stop the issuing of exploration licences, is quite difficult. “The industry loves telling us that during the exploration (testing) phase nothing really will happen and there will only be a little machine moving around and for rest there will be nothing to worry about. Then they leave it there, and never go over to the production (operational) phase. That is when all hell will break loose.” says Doug Stern, President of Agri Eastern Cape. “Shell mentions in their EMP (Environ mental Management Plan) that they can put up to 32 wells on one well pad. Twenty million litres and 1% chemicals (200 000 litres) will need to be trucked in for each of the 32 wells. The mix of water, chemicals and sand will be pumped into the well and retrieved again with the gas from the fracked well. This cocktail of chemicals then needs to be safely disposed of.”

Doug explains that the soil structure in the Karoo is mostly made up of lime with lots of irregularities in the composition. Wells will need to be drilled up to 6000m, far deeper than in the US. No matter how well they try to secure the well, methane gas will escape to the surface. “Look at the infrastructure of the Karoo and specifically our roads. We know these companies are not here to build roads. Everything will have to be trucked in. We are talking of thousands of truck loads for one well pad.”

p The graph indicates the area of the Karoo basin and indicate the vast area of Shell’s 90 000 square kilometres, Falcon Oil’s 30 000 and Bundu Gas’s 3 200 square kilometres.

“These wells work 24/7 in the production phase. Can you imagine what impact the millions of lights during the night will have on the ecosystem? Agriculture has been sustained in the Karoo for 200 years and provided lots of work for the local community all this time. The government wants to come in here and

“Can you imagine the volumes of traffic we will have to cope with? As farmers in the Karoo we know our animals are sensitive to gracing. Dust is one issue that will have an impact on the vegetation. Animals are fussy and will not eat vegetation that has been contaminated by something like dust.”

u

“We will get notice of the granting of exploration rights with authorisation to employ hydraulic fracturing (“fracking”) and then have a right to appeal.” says Derek Light. When he met Jan- Willem Eggink, Shell’s fracking team leader, in 2011 he informed him: “I am the one who will stop you or delay you.”

JUNE 2017 | OVK NEWS

9


get a short term benefit of 25- 30 years. They are going to destroy the eco-system, destroy agriculture and move off. They cannot then come back and fix anything. It will be destroyed. These are things that are real to us as farmers.” A study done by the CSIR in 2016 estimated that the shale gas exploration will at the very most create about 2575 direct jobs. For the local community, this means roughly between 390 to 900 unskil-

led and semiskilled opportunities. It is estimated that close to 100 000 people are currently employed by the agricultural sector. “The destruction of agriculture will have a major impact on communities. If the farmers’ production capacity is impacted upon, it will have ripple effect throughout all communities. In the rural areas agriculture is the main suppliers of employment and the economics of communities are based on farming activities.” The Karoo supplies a third of South Africa’s red meat, much of it world class. Additional to this are its 7 million sheep, of which 4.3 million are wool bearing Merinos and about a million goats. The Karoo

t

10

OVK NUUS | JUNIE 2017

“You cannot make money out of the wind, sun or the waves. There is a lot of money involved in this fracking project and regardless of the impact on the environment and food security, the government is determined to proceed at all cost.” says Doug Stern, President of Agri Eastern Cape and Karoo farmer.

p Anti-fracking demonstrations

have taken place around the world and is banned in Europe and most counties in the US.

also contributes 13 million kg of the country’s 44 million kg of wool and produces around 60% of the world’s production of mohair. Most of the wool and mohair is exported and rake in billions in foreign revenue. “The impact this will have on food security is a no-brainer. Additional to the red meat production, diversification also took place to include crops like maize and lucerne along irrigation projects as well as various nut varieties. “The Exploration companies are buying the mineral rights from the government. The farmers own the surface and also have rights.” Entrance to the property will have to be negotiated with the farmer as well as the area they will use for the well pads. Mediation and arbitration can take place to remedy compensation, but the farmer cannot refuse entry.” Once the farmer has been compensated for the area of operations


t

An aerial photograph of a network of wells to illustrate the complicated network of roads needed to deliver water, sand and chemicals.

the gas at distribution centres. To me this is a waste of time and all the money that is wasted on research and environmental studies could be used to develop renewable energy, which is a much cleaner and less destructive method of generating power.”

he needs to farm between these well pads. The size of a well pad is about 1km2 and must be 5km apart which will be scattered all over the farm. Do the sums on 32 wells per pad and the amount of truckloads needed per well and it gets mind blowing.” “Shell has not fully revealed where they are going to resource the water or how they are going to manage

the disposal of the toxic waste or in fact any of the logistical issues. Their EMP was full of irregularities and they did not go into any details or answer any of our concerns. You need one truck with toxic waste to overturn and it will be a disaster.” “Furthermore they need to consolidate the natural gas from the wells. Pipelines will be put up across the farmers’ property and to store

“What we have been able to achieve in this part of the country is quite admirable. The government has not yet got out of the starting blocks because of the fact that we are supported by very good environment laws and the fact that the people are standing together in a united front. The purpose of the

q Picturesque towns such as

Graaff Reinet will lose its tourism trade and will become depopulated, up to the point of becoming a ghost town.

JUNE 2017 | OVK NEWS

11


current High Court application to declare the Regulations pertaining to Hydraulic Fracking illegal, is because they are full of irregularities and we are telling the government we are not simply going to accept what they are putting on the table.” concludes Doug. To obtain an understanding in what the impact of the collapse of the agricultural sector will have on all the other economic activities in the area, Armandt Horne, Regional Manager of OVK in the Karoo area, emphasised the importance of red meat, specifically lamb production. “We are strategically located to deliver lamb meat to the whole country. Due to the price per kg it is a niche product and we supply 30% of the demand.” “Fracking will destroy more than just the farming activities. It will destroy the whole value chain. Companies delivering products and services to the sector will be hit hard and will lose billions. Every single business, from the retail stores to the local dentist in town are depended on the farming community. The schools, the churches and hospitals. If, as we have seen during the

12

OVK NUUS | JUNIE 2017

drought period, the farmers are under pressure, the whole town is under financial pressure.” explains Armandt. “Forget for a minute the farmers and look at the other major income generator for the Karoo and that is tourism. Most small towns still exist because of tourism and will be in ruins if they lose the tourism trade. Nobody will visit an area to see fracking towers and clouds of dust. It will mean the end of ecotourism.” Why then is the government so desperate to get shale gas fracking off the ground? Firstly the government has to reduce the countries greenhouse emissions by 2025 by at least 34%. The priority, to achieve this reduction is to reduce the use of coal to generate power. Secondly the government stand to generate huge revenues from the estimated 390 – 480 trillion cubic feet gas under the surface of the Karoo basin. Shell envisaged a potential $200 million investment developing the first six wells! The government has recently taken a couple of

blows but one that signals a major victory for the “people” must be the ruling by the Western Cape High Court to set aside nuclear agreements signed by the government with vendor countries, declaring them unlawful and unconstitutional. Holding the government accountable through the courts and delaying the issuing of fracking licences, increases the extraction cost of the natural gas. Is it possible that this cost can be increased to a point of non-viability and force these international fossil corporations to look at other countries for means of their survival and leave South Africa and the Karoo to its rightful owners – its people? n


OKKERNEUTE

Verskeie gewasse is in 1995 deur die Industrial Development Corporation of SA nagevors en twee jaar later is besluit om okkerneute kommersieel as ‘n bedryf te ontwikkel, aangesien dié besondere neut op daardie stadium nie in die land verbou is nie. Dit was die ontstaan van Rotondo, die okkerneutplaas, aan die oewer van die Oranjerivier, buite Aliwal-Noord.

P

ercy Watkins is vanaf die beplanningfase in beheer van die projek en is die plaas in 1999 aangekoop. Spilpunte is verwyder, grondvoorbereiding is gedoen en die eerste boompies uit Spanje is ingevoer, aangesien geen plantmateriaal plaaslik beskikbaar was nie. Die steggies moes egter vir twee jaar in kwarantyn staan en duur skoolgeld was betaal. Later is buis-steggies ingevoer wat nie aan dieselfde kwarantynstandaarde hoef te voldoen nie.

geplant het of 10 x 10m. “Dit was weereens skoolgeld en nie die regte ding om te doen nie. Dit was gelukkig beperk tot die eerste paar hektaar en daarna het ons 150 bome, 8 x 8m aangeplant en selfs 300 bome van sekere kultivars slegs 8 x 4m uitmekaar geplant. In Spanje plant hulle 8 x 8m of 8 x 6m, wat so tussen 150 en 180 bome per hektaar is.”

deur verskeie filters gepomp voordat dit na die onderskeie blokke versprei word. Die 160 liters per/uur spuitkoppe is op 360° gestel en word nagenoeg 800mm per hektaar oor ‘n jaar periode besproei. Die stelsel het egter baie aandag nodig en sproeikoppies word gereeld ver vang. Percy sê ‘n goeie kwaliteit spuitkop kan tot R84 kos. ‘n Vinnige som bring die insetkoste van die spuitkoppe op bykans R6.2m en die koppe moet elke 4 tot 7 jaar vervang word!

Rotondo enig in sy soort

In 2001 is die eerste boompies so groot soos potlode op 15 hektaar geplant. Percy verduidelik dat hulle destyds 100 bome per hektaar

Teen 2010 is 488 hektaar met 74 000 bome geplant. Mikrobesproeiing is by elke boom aangelê en word water uit die Oranjerivier, wat eers na ‘n slikdam en dan na ‘n opgaardam gepomp word, vir besproeiing gebruik. Die water word daarna

Die droogte het ook sy effek op Rotondo gehad en het die oes skade gely. Volgens Percy het die kwantiteit slegs sowat 15-20%


p Die ses ton skutmasjien laat die

aarde letterlik bewe soos dit die boom se stam skud. Blare waai en die neute word los geskud van die groen vrug en val op die grond.

afgeneem, maar was die kwaliteit met ‘n massiewe 40% beïnvloed. Sodra die klimaat warm word en die bome nie water kry nie, droog gedeeltes van die lobbe op en so gaan tot 50% van die kern verlore. Bykomend verkleur die neut donker der en word as tweede of derde graad gegradeer. Dit het veroor saak dat uitvoere met bykans 50% gedurende die 2016 seisoen gedaal het.

Verskeie variëteite van die okkerneut is geplant. Chandler is die wêreld se leidende kultivar en beslaan 60% van die boorde. Bykomend is Howard, Hartley, Vina en Serr aangeplant en in 2010 is die laaste 60 hektaar Howard bome geplant. Baie van die bome kom eers hierdie jaar in produksie. Dit neem ses tot sewe jaar vir ‘n boom om te begin vrugte dra en kom eers in jaar elf tot volle produksie. Die gemiddelde produktiewe lewensduur van ‘n boom is gemiddeld 60 jaar, maar in California is daar bome wat tot oor ‘n 100 jaar al vrugte dra.

Bestuiwing deur middel van wind vind vanaf einde September by die Serr kultivar plaas en loop derhalwe ‘n groot risiko om rypskade op te doen. Die Chandler en Howard kultivars bestuif vanaf middel tot einde Oktober. Dop en neut vorming vind plaas tot einde Januarie. Die neut word dan ryp en oestyd begin in Maart tot einde Mei.

q Die oesmasjien ry oor windrye

en tel neute op terwyl dit die blare wegblaas. Die beginsel werk soos enige mielie- of koringoesmasjien en word die massatenk leeggemaak in ‘n tapkar wat die neute na die verpakkingsfabriek neem.


u

Die uitvoerneute word in sakke van 25kg verpak en op die plaas in verskepingshouers gepak. Vandaar word dit na Durban vervoer en na hul bestemming verskeep.

Die voordeel is dat die Serr bome vroeër geoes kan word en as hulle klaar is, is die res van die boord gereed. Rotondo lewer tans 800 ton neute per seisoen en soos die jonger bome produksie-ouderdom bereik, styg die opbrengs jaarliks tot ‘n beplante maksimum van 2000 ton in 2020. Dit is ‘n gemiddeld van vier ton per hektaar. Die wêreld se okkerneutproduksie van bykans 2 miljoen ton word oorheers deur China met 46%. Die VSA, wat hoofsaaklik uit Kaliforniese boorde bestaan, is die wêreld se grootste uitvoerder. Dit laat ons plaaslike produksie uiters onbelangrik lyk maar Percy is oortuig dat Suid-Afrika die potensiaal het om tot soveel as 2000 hektaar onder okkerneutbome te plant.

koue en aard glad nie in areas waar pekanneute weer goed groei nie. Die okkerneutboom is uiters gevoelig vir hael en ryp, veral in sy derde tot vierde jaar. Percy sê daar is bome in sy boord wat sewe jaar gelede onder hael deurgeloop het, en nog steeds die letsels wys. Bykans 80% van Rotondo se oes word uitgevoer na verskeie lande insluitend China, Indië, Europa, Viëtnam, Iran en ‘n groot persentasie, veral uitgedopte neute, na die Emirate toe.

Okkerneutverbouing in SA is beperk aangesien klimaat, water en grond die plantpotensiaal beperk. Die Aliwal-Noord area is uiters geskik weens sy water en koue klimaat. Die okkerneut het ‘n groot behoefte aan

Okkerneutolie word baie gewild in Europa maar is besonders duur. Die gebruik is dieselfde as olyfolie en word oor slaaie en in kosvoorbereiding gebruik. Die okkerneut se hoof gebruik is om as rou neut

geëet te word maar word ook in slaai en gebak gebruik. Percy het grootgeword in Barkly-Oos en na matriek by Grey Kollege in Bloemfontein het hy die graad BSc.Agric. aan Kovsies behaal. “Ons het nog ‘n klein familieplaas buite Barkly-Oos en as ek moeg is vir neute en bome dan kry ek so elke tweede naweek met my motorfiets om na my beeste, wat ‘n kruis tussen Hereford en Angus is, te gaan kyk.” Hy het in 1995 betrokke geraak by die IDC se pistachioneutprojek in Prieska waar daar toe reeds ondersoek ingestel is in die verbouing van okkerneute en ander spesialiteit gewasse. Die geleentheid is toe aan hom gebied om die eerste kommersiële okkerneutplaas in Suid-Afrika te bedryf en in Mei 1999 het hy na sy grootword wêreld teruggekeer. Die Italiaanse woord “Rotondo” beteken sirkel en die naam is uiters geskik, aangesien die Oranjerivier ‘n hoefyster om die plaas vorm. Die grootte van die okkerneutboom verskil volgens kultivar en die Serr kan tot ‘n hoogte van 11m bereik met die Chandler sowat 10m en die Howard 9m. Die grootte beïnvloed dan ook die plantpraktyk van die

t

16

OVK NUUS | JUNIE 2017

Percy Watkins is sedert 1999 betrokke by die ontwikkeling van die land se grooste okkerneut - plaas van 500 hektaar, net buite Aliwal-Noord.


t

verskillende variëteite en word die Vina op 10 x 5m, die Howard 8 x 4m en die Chandler op 8 x 8m geplant. Die neut se grootste vyand is die kodlingmot. “Wat lekker is van die kodlingmotprogram is dat dit dieselfde is as die appelprogram. Ons het dit net so aangepas wat die beheer van die mot baie vergemaklik. Die boom self hou nie van staanwater om sy stam nie en daarom word hopies grond om die stam gemaak. Dit help ook gedurende oestyd wanneer die boom geskud word, dat die neute weg van die stam rol.”

q Deel van die 200 tydelike werkers wat die gekraakte neute ontdop. Hierdie proses is baie tydsaam en kan tot Oktober duur.

Okkerneute het die laaste drie jaar tot 40% in dollar prys gedaal en Percy skryf dit maar aan mark tendense toe. Tans verkoop okkerneute in sy dop teen R40 000 per ton, teenoor pekanneute se R80 000 tot R100 000 per ton! Swak kwaliteit kan die prys afdwing na tot R25 000 per ton, en dus is dit noodsaaklik om hoë kwaliteit oeste te verseker. Wanneer die neut ontdop is, haal dit tussen R100 tot R120 p/kg. Hierdie einste neute word aan die verbruiker vir tot R400 per kilogram verkoop! Die oes van die neute vind gedurende Maart tot Mei plaas, en dan word daar 24/7 tot in die oggendure, deur die addisionele 200 tydelike werkers gewerk. Die eerste stap in die oesproses is om die boordvloer gelyk en skoon te kry. Die skutmasjien kry dan sy kans en

Die geoeste okkerneute het ‘n voginhoud van 30%. Om die bewaring en raklewe te verhoog word die neute in droogeenhede gedroog teen 42°C vir 3 dae tot ‘n voginhoud van 6%. Natuurlike metodes sal tot drie weke duur om dieselfde voginhoud te verkry.

skud die neute van die bome af. Daarna gaan blasers deur die boord en blaas die blare en neute weg van die bome af. Meganiese harke vee die neute en blare in windrye waarna die oesmasjien die neute optel en blare wegblaas. Die blare word later met ‘n snyer fyngekap en op die boordvloer as kompos versprei. Die 65 permanente werkers word na die winter besig gehou deur elk van die 74 000 bome te snoei en volgens Percy, is dit ‘n uiters belangrike deel van die onderhoudprogram. Hoe groter die boom word, hoe minder word gesnoei maar die kleiner bome moet in die regte vorm, met ‘n regop stam gesnoei word. Percy is besig om ‘n kwekery op die been te kry om plaaslike boere van bome te voorsien. Die uitbreiding van die okkerneutbedryf is vir hom van kardinale belang en is altyd bereid om boere toe te spreek en van sy kennis te deel. Die neut vereis geweldige hoë insetkoste, maar produseer oor ‘n langtermyn van ten minste 50 jaar. Kleiner boorde is besig om te ontwikkel en dalk is sy droom van 2000 hektaar onder die prag boom, nie te vêr in die toekoms nie. n


KUIER SAAM

Die bakkie se dieselwalms steur die vars Noord-Kaapse oggendlug terwyl die wiele hul weg vind op die kronkel tweespoorpad. Wit Springbokke spring met hul gewone entoesiasme en grasie oor die lang gras en die Bastergemsbokke loer nuuskierig in ons rigting. Agter die stuur sit Leon Ferreira en vertel dat dit alles lank gelede begin het.

D

ie storie begin sover terug as 1942 toe die destydse Union Corporation soutpanne in die Noord-Kaap gekoop het en die Orange River Salt Works gestig het. Die sout is deur Sappi in die papiervervaardigingsproses gebruik en Leon se pa is gevra om die soutproduksie te bestuur en was dit die begin van die Ferreira’s se voetspore op die plaas Reynekespan. Later het Sappi gevind dat die sulfate (SO4) van die omgewing se panne nie aan hul behoeftes voldoen nie en Leon se pa versoek om al die gronde met panne te verkoop. Dit het dit vir hom moontlik gemaak om die 6000 hektaar Reynekespan in 1961 te koop en die soutwerke se produksie voortgesit. Die sout is vir menslike- en landbougebruik verkoop sowel as in die verwerking en looi van velle. Die soutproduksie is oor die jare uitgebrei wat panne soos Nanthwitch Salt en Riverton Salt Company by Kimberley, Nu Salt Industries naby Orania, Kaalpan Soutwerke naby Strydenburg insluit. Sentraal Soutwerke in die Vrystaat is deur Oranje River Salt Works uitgekoop en word vandag nog deur Leon en sy broer Dupie bedryf. ‘n Verpakkings aanleg is by Nantwich opgerig in 1988 en in 1999 het

hulle die Opstaanpan Soutwerke in die Kalahari aangekoop en die verpakkingsaanleg verskuif vanaf Nantwich na Opstaan. Die Engelse woord “Salt” is afgelei van die Romeinse woord “sal” wat weer afgelei is van “Salus, the Goddess of Heath”. Dit is ook waar die woord “salary” van afgelei word omdat sout as ‘n betaalmiddel gebruik was in daardie era. Sout het meer as 14 000 huishoudelike en industriële gebruike. Chemiesegraad growwe sout word hoofsaaklik in die vervaardiging van chloor en bytsoda gebruik. Growwe sout word weer in die verwerking van velle en lekke vir diere gebruik. Fyn sout word aangewend in voedselbewaring, speserye, die verbleiking van pulp in papiervervaardiging en vele meer. Soutpanne in die binneland vorm vinniger sout as by die kus waar seewater gebruik word. Die sout kristalle vorm bo-op die water en sodra die water verdamp het, kan die sout afgeskraap word. In die Kalahari by die Opstaanpan is die soutinhoud in die water 105%. Wanneer die westewinde in Hopetown waai, verdamp die water binne 7 -10 dae en kan die pan “geoes” word. Die panne kan egter gegroei word (na die water verdamp het, word hy weer volgemaak) en word

die sout net een keer per jaar afgeskep. Die prys van landbousout is tans ongeveer R500 per ton en dié vir menslike gebruik tussen R1700 en R2000 per ton. Die wêreld se soutproduksie word gedomineer deur China wat in 2016 bykans 58 miljoen metrieke ton (22%) vervaardig teenoor die VSA se 42 miljoen. Lande soos Indië, Canada, Duitsland, Mexiko, Chili en Brazil produseer gemiddeld 10 miljoen metrieke ton. Suid-Afrika dra ‘n skamele 0.14% van die wêreld se produksie by! Leon is in 1953 op Reynekespan gebore en het aan Boys High in Kimberley matrikuleer. Na voltooiing van sy Weermagdiensplig het hy in 1972 by die soutprodusering aangeluit en is in 1977 met Louise,‘n plaaslike meisie van Hopetown getroud, nadat sy haar studies in Stellenbosch voltooi het. Vier pragtige dogters, Celia, Frieda, Leona en Andrea is uit die huwelik gebore. Met sout in Leon se bloed het hy egter altyd die hunkering gehad om te boer. Die geleentheid het opgeduik toe hy en ‘n vriend in 1974 die plaas Nova (nie ver van Reynekespan) gekoop het om gewasse te plant. Na ‘n paar jaar het hulle Nova teen ‘n goeie wins

Sout van die aarde


t

Leon Ferreira boer sedert 1972 in die Hopetown omgewing en sy boerdery het na verskillende vertakkings uitgebrei. ‘n Familiebesigheid het ontstaan en word meeste van die dagtake deur van sy skoonseuns verrig.

aangeskaf nadat hy twee jaar by die boerdery betrokke was. Die plase vorm die kern van die familiebesigheid.

verkoop en in 1976 die plaas Saaidam, gekoop en saam met sy pa op beide grondstukke begin boer. L Ferreira en Seuns Boerderye is gebore.

“Dit is nie wat jy in jou lewe bymekaar maak nie, maar wat jy versprei het, wat vertel watter lewe jy gelei het.” Helen Walton (1919 – 2007) Dupie het ook by die boerdery vertakking betrokke geraak en die feit dat Leon op daardie stadium nog net dogters gehad het, het hom nie van stryk gebring nie en het hulle die boerdery vinnig uitgebrei en plase Wiidsdraai (1979), Zoutpansfontein (1981), Disselfontein (1987), Naautesfontein (1988), Bakovenspan (1994), Kameeldrift (1996), Elandsdraai (1998) aangekoop. De Bron het Okkie, Leon se skoonseun,

u

Die verskeie plase het veroorsaak dat verskillende vertakkings ontwikkel het en vandag bestaan dit uit produksie van 35 000 ton sout per jaar, bykans 800 hektaar onder spilpunte met gewasse soos mielies, springmielies, koring en aangeplanteweiding vir die kommersiële Dorpers en Bonsmaras kuddes sowel as 11 hektaar onder Pekaneutbome. Voeg daarby ‘n jagfasiliteit met gereelde besoekers, eksotiese wildteling en ‘n pasvoltooide luukse lodge, dan is dit verstaanbaar dat Leon se dogters en skoonseuns betrokke met die bestuurspligte moes raak. Die pekanneut vertakking gaan oor die volgende paar jaar uitgebrei word en Frieda en Leona het reeds met ‘n kwekery begin. Die ontstaan van die boorde dateer terug na 1988 toe Leon se pa, wat in Stilbaai gaan aftree het, vervelig geraak het. Hy oortuig hulle toe en trek terug

om ses hektaar op die ouderdom van 80 jaar aan te plant. Sewe jaar later was die bome in produksie en kon hy van sy neute eet en die sukses van die boord sien. Daardie gees om nalatenskap heers binne die familie. Sy oudste dogter Celia is getroud met Gerrie Scholtz wat vandag ‘n prominente produsent in eie reg in die Hopetown omgewing is, en reeds vanaf 2003 met gewasse wat hoofsaaklik springmielies insluit, boer. Gerrie is onlangs aangekondig as OVK Wesstreek se Springmielieprodusent vir 2017. Benewens die boerdery het hy ook ‘n doktorsgraad in Dierevoeding aan Kovsies verwerf. Tweede oudste Frieda is met Chris van der Post getroud wat in 2014 by die familiebesigheid betrokke geraak het. Chris kom van ‘n plaasagtergrond en het reeds op agtjarige ouderdom sy eerste bees gekoop. Na hy sy B.Com LLB graad aan Kovsies verwerf het, het hy vyf jaar as prokureur gepraktiseer waarna hy na die vervoerindustrie verskuif het. Hier het hy baie besigheidsondervinding opgedoen wat die familiebesigheid nou baie goed te pas kom. Chris is verantwoordelik vir die lodge, die eksotiese wildteling en jagplaas asook die weidingslande en skape. Hy is ook in beheer van die soutproduksie.

Frieda en Leona is betrokke met die bestuur van die nuwe luukse lodge wat tans 12 persone in besondere privaatgeleë wooneenhede kan huisves. Frieda, wat aan die Hotelskool in Bloemfontein studeer het, behartig ook die spyseniering.

JUNE 2017 | OVK NEWS

19


p Okkie Vermeulen het ses jaar

gelede by die boerdery aangesluit en is verantwoordelik vir onder meer die gewassevertakking. Hulle is prominente verskaffers van springmielies aan die plaaslike springmieliefabriek.

Die wildteling bestaan uit Bastergemsbokke, Tsjebes, Bontebokke, Wit Springbokke, Letswes, Elande en Kalahari Springbokke. Die daling in wildspryse word bespreek en Leon noem dat hulle ‘n tyd gelede R600 000 vir ‘n Swart Rooibok gekry het. Drie maande later, is ‘n mooier bok vir R60 000 verkoop.

Okkie sê dat hy van dag een af dit besonders geniet het en nie ‘n oomblik spyt is oor sy besluit nie. Hy geniet die onafhanklikheid en vryheid wat die boerdery en wat die familiebesigheid hom bied. Hy noem dat boerdery nie tyd ken nie en hy werk meer naweke as ooit tevore. Hy is verantwoordelik vir die gewasse op Disselfontein en De Bron asook al die meganisasie en beeskudde. Weens sy agtergrond is hy ook in beheer van die finansiëleen statutêrebestuur van die familiebesighede. Die jongste dogter, Andrea is verlede jaar met Danie Jacobs, wat by ‘n vervoermaatskappy betrokke is, getroud. Danie is nie betrokke by

Die derde oudste dogter, Leona is met Okkie Vermeulen, bekende Sharks en Cheetahs rugbyspeler wat sedert 2011 by die boerdery betrokke is, getroud. Groot geword as seun van die plaaslike dokter in Hopetown het hulle elke sekonde, wat hulle nie op skool was nie, gebruik om hul pa op van sy plase te help. Gekwalifiseerd as geoktrooieerde rekenmeester aan Kovsies en na ‘n paar jaar in die praktyk het Okkie besef dat sy verkose loopbaan nie vir hom beskore is nie, en het hy die groot stap, ten spyte van vele advies, besluit om die finansiële beroep op ‘n jong ouderdom te verlaat en voltydse boer te word.

20

OVK NUUS | JUNIE 2017

p Chris het in 2014 by die familie-

besigheid getrokke geraak. Hy is onder andere verantwoordelik vir die soutaanlegte en bemarking.

p Die redakteur van die Ameri-

kaanse tyskrif “Hatches Fly Tying Magazine” het die vlieghengel by die Lodge as nommer 4 in die wêreld geklassifiseer.

die familiebesigheid nie. Leon vertel dat hy op ‘n stadium besluit het om die boerdery af te skaal en meeste van die grond te verhuur. Gerrie het die plaas, Wiidsdraai en ‘n gedeelte van Naautesfontein gekoop en boer op sy eie. Okkie, Chris en sy dogters se betrokkenheid het dit vir hulle moontlik gemaak om uiters suksesvol voort te boer en verdere uitbreidings moontlik te maak. Die familie het die hulp van ‘n bekende Kaapse familiebesigheidskonsultant, André Diederichs, ingeroep om hulle te assisteer om die besigheid korrek te formuleer. ‘n Familiegrondwet is opgestel en dit bepaal al hul handelinge en besluite. ‘n Opvolgstrategie is geformuleer en die volhoubaarheid van jare se harde werk is verseker. Die familie kom bymekaar vir middagete en dan kry mens die gevoel van die respek en liefde wat hulle vir mekaar het. Frieda het die smaaklikste koue Springbokfillet en vars gebakte broodjies by die lodge voorberei. Terwyl die familie die maal in ligte luim geniet, kan jy die rustigheid by Leon en Louise Ferreira aanvoel terwyl hulle met soveel deernis na die geliefde gesigte om die tafel kyk, en al die onsekerheid van wat die toekoms inhou, is vergete..... n


T

TOPPRESTEERDERS

Oos-Vrystaat boere presteer

p Stéfan Oberholzer het die gaste ingelig oor OVK se bedrywighede van die afgelope jaar en die wenners in die verskillende kategorieë aangekondig.

22

OVK NUUS | JUNIE 2017

oekennings is onlangs aan OVK se top Oos-Vrystaat boere gemaak toe die Noordstreek se Toppresteerders in Ladybrand tydens ‘n galageleentheid oorhandig is. Die gaste is deur Adam Tas met sy opgewekte musiek vermaak terwyl daar afgewag is vir die belangrike toekennings. Na afloop van die oorhandigings deur Stéfan Oberholzer (Besturende Direkteur van die OVK Groep) is daar tot in die oggendure gekuier. Die volgende erkennings is tydens die funksie gemaak: l Top wolprodusent: A Kriek l Hoogste omset korttermynversekering: Downtouch Investments l Top mielieprodusent: Liberhof Landgoed l Top sojaboonprodusent: JJ Groenewald l Top sonneblomprodusent: JJ Groenewald l Top meganisasiepresteerder: Bloukruin Landgoed l Top koringprodusent: Bloukruin Landgoed l Grootste brandstofkliënt: Bloukruin Landgoed l Hoogste omset in oesversekering: Bloukruin Landgoed l Top handelspresteerder in die Noordstreek: Bloukruin Landgoed l Toppresteerder in die Noordstreek: Bloukruin Landgoed

p Bloukruin Landgoed is as die OVK Noordstreek se Toppresteerder

aangekondig. Hier staan Stéfan Oberholzer en Joël le Roux (Visie-voorsitter van die OVK Direksie) by Harrison en Gilly Scheepers.


INTERNASIONALE TOER

Die eerste South Devon Wêreldtoer het onlangs regoor SuidAfrika plaasgevind met 50 South Devon beestelers en hul metgeselle vanuit die Verenigde Koningryk, Australië en New Zeeland wat die toer meegemaak het. Die toergroep het verskeie telers besoek, waaronder die South Devon stoet op Bellary, plaas van Dan Kriek naby Tweeling.

D

ie lidlande van die Wêreld South Devon Genootskap kry elke drie jaar die geleentheid om ‘n wêreldkonferensie en toer aan te bied. Engeland, Australië, Nieu Seeland, VSA en Kanada het reeds hul beurt gehad en vanjaar was die eerste keer in die geskiedenis dat dié wêreldtoer en -konferensie in Suid-Afrika aangebied is. Die doel van die toer is om internasionale South Devon telers die geleentheid te bied om bymekaar te kom en mekaar se kuddes van nader te bestudeer. Kennis en bestuursaangeleenthede word bespreek en nuwe vriende word gemaak. Die sosiale interaksie van beesboere vanoor die wêreld is veral stimulerend. “Die hoofdoel sal

South Devon bewys gewildheid

ongetwyfeld die uitruil van genetiese materiaal tussen telers van lidlande wees. Die sakegeleenthede wat hieruit voortspruit is natuurlik vir Suid-Afrikaanse telers van uiterste belang. Die konferensie in Port Elizabeth is die formele gedeelte van die toer, waar onder andere wêreldwye genetiese evaluasies van South Devon beeste bespreek is. Verder bemark ons ook die landelike gebiede, sowel as Suid Afrika as ‘n toeriste aantreklikheid.” aldus Dan Kriek, vise-president van die South Devon Beestelers Genootskap van Suid-Afrika.

Die Suid-Afrikaanse Genootskap is in 1914 in Natal gestig en is die besluit tydens die eerste vergadering geneem om by die SA Stamboek Genootskap aan te sluit. Die South Devon Beestelers Genootskap het hul eerste Nasionale Kampioen in 1997 tydens die Bloemfontein Skou opgelewer. Die South Devon ras het sy oorsprong in die Suid-Weste van Engeland en is geteel vir vleis- en melkproduksie asook diere wat in droogte toestande kan aanpas. Die eerste beeste is in 1897 in Natal ingevoer en het sedertdien oor die hele land versprei. Die ras is bekend vir sy rustige temperament en maklike hantering en maak dit die dier ‘n uitstekende kandidaat vir kruisteling.Die beeste is ook gewild onder opkomende boere wat nie oor voldoende hanteringsfasiliteite beskik nie. Die vrugbaarheid van die koeie kan positief gemeet word aan die gemiddelde van ander rasse en die gemiddelde gewig van die kalwers is tot 37kg.

t

24

OVK NUUS | JUNIE 2017

Die raam van die plaaslike ras is effens kleiner as die wat in Engeland geteel word, weens die afstande wat op natuurlike weiding geloop word.


t

Die plaaslike ras het ‘n kleiner raam as dié in Engeland. “Ons teel met medium-raam beeste maar die grootte word deur die omgewing bepaal. Die ekstensiewe grasveldgebiede van SA vereis ‘n mediumraam dier ten einde maksimum reproduksie en produksie standaarde te handhaaf, met minimum insette.

Die South Devon beskik oor korrekte beenstruktuur en hoewe wat bydra tot die dier se gehardheid en vermoë om ver afstande te loop. Die ras het daarby uitstekende melkproduksie en word die bulle in kruisteling gebruik om groter melkproduksie in koeie vir vinniger speenkalfgroei en gewig te verkry.

Die klimaat in Suid-Afrika maak dit moontlik om beeste die heel jaar op natuurlike weiding te laat loop, tot verbasing van telers in Engeland, wat verplig is om hul beeste vir tot sewe maande onderdak te hou en te voer.

South Devon telers is oor die land versprei en pas uitstekend by die verskillende klimaatomstandighede

Deel van die internasionale toergeselskap bestudeer van die South Devon beeste op Bellary, die eerste besoek aan ‘n Suid-Afrikaanse tellery.

aan. “Die voordeel van die South Devon is sy uitstekende vrugbaarheid, sy mak temperament, sy goeie melkproduksie wat swaar speenkalwers oplewer en sy uitstekende kruisteel vermoë. Die meeste South Devon bulle word aan kommersiële telers verkoop en word in kruisteel programme aangewend. Die voordeel van kruisteling is die benutting van basterkrag ten opsigte van swaarder speenkalwers en verhoogde produksie van vervangingsverse. South Devon kruisverse is veral baie gesog!” sluit Dan af. Die toergeselskap het verskeie telers in die Vrystaat en Oos-Kaap besoek en die wêreldkongres in Port Elizabeth bygewoon. ‘n Draai is by die Pumba Privaat Wildreservaat naby Grahamstown gemaak met die toer wat in Kaapstad afgesluit is, was ‘n bewys van nog ‘n suksesvolle internasionale toer wat deur ‘n SuidAfrikaanse telergenootskap aangebied is. n

“Die Engelse en Nieu-Seeland beeste is ‘n heelwat groter raam bees as by ons aangesien hul voedingstoestande en reënval dit moontlik maak. Engelse beeste word in die winter onderdak gehuisves en word gevoer. Die Australiese South Devon is baie dieselfde raamgrootte as ons beeste, aangesien toestande baie ooreenstem” verduidelik Dan.

u Dan Kriek, met Brian Thompson, president van die South Devon Wêreldliggaam tydens die besoek aan Tweeling.

JUNE 2017 | OVK NEWS

25


LEWENSSTYL

H

“Die kinders word net te gou groot!” Mamma’s se reaksie in winkels wanneer klere gekoop word, by familiebyeenkomste of selfs op sosiale media se nuutste herinnering – die reaksie is altyd dat tyd heeltemal te vinnig vlieg. En voor ons ons oë uitvee is hulle ouer en voel ons half verslae dat tyd saam met ons kinders so vinnig deur ons vingers kan glip.

ierdie realiteit staar soveel ouers daagliks in die gesig. Ons kontaktyd met ons kinders is besig om ‘n baie kosbare en soms beperkte kommoditeit te word. Ouers met kinders in die koshuis weet dat Vrydagaande maar kort is, Saterdae volgestop met wasgoed was, sportbyeenkomste en sosiale afsprake, Sondae is kerk en weer die groot inpak en regmaak vir teruggaan koshuis toe. Tussendeur moet moeders nog probeer uitvind watter take en toetse voorlê vir die komende week en watter huiswerk van die vorige week hersien moet word. Indien jy wel gelukkig genoeg is dat jou kind nie in die koshuis is nie, is die kinders soms na skool tot kort voor slaaptyd besig met aktiwiteite en sport. Skole oorlaai ons kinders met huiswerk en take (waarmee ma’s soms sukkel, want dis soms ook bokant haar vuurmaakplek).

Mamma’s word nie net bombardeer met sport- en skoolaktiwiteite nie, maar moet ewe skielik kenners wees oor gluten-vrye diëte, lae spiertonus, ADHD, e-leerprogramme, Instagram, privaat afrigting, mediesie spesialiste en kinderregte. Kan kinders nie maar eerder net soos mielies groei nie? Deesdae word al hoe meer kinders gediagnoseer met konsentrasieprobleme, angsversteurings, probleme met impulsbeheer, skeidingsangs en enurese. Ons kinders onttrek van die gesinsaktiwiteite of reageer met gedrag, wat manipulasie en aggressie insluit. Ouers is bekommerd, maar het net te min tyd en soms te min hulpbronne tot hul beskikking om dit te hanteer. Die vrou agter elke plaas moet nie net die besigheid se sake hanteer nie, maar moet ook oplossings hê vir boeta en sussa se grille en geite. Sy moet naweke ‘n opvoeder,

Tyd met jou kind deur Igna du Plessis


sielkundige, biokinetikus, sportsielkundige, afrigter en dieetkundige wees.

Wees aanlyn Almal weet wat dit beteken om “aanlyn te wees” Gaan kyk na die mate van chaos en frustrasie sodra ons elektroniese toestelle van lyn af is, geen wi-fi konneksie beskikbaar is nie of jou (duur) data klaar is. Is jy en jou kind emosioneel aanlyn? Is julle so ingestel dat julle konneksie suiwer en duidelik is, sonder onderbrekings en verwarrings? Ouers verloor deesdae maklik konneksie met hul kinders, as gevolg van afstand en oorvol programme. Die geheim is nie die hoeveelheid beskikbare ure in ‘n dag (of week) wat jy en jou kind saam het nie, maar eerder wat ons met daardie kort tydjies doen. Kwaliteittyd is beslis die goue sleutel tot ‘n ongesteurde konneksie met jou kind.

Hoe konnekteer ons? Ouers en kinders se neurologiese netwerke bestaan uit sintuie, ‘n brein en spiere. Almal beskik oor hierdie meganika van leer, wat die basis van gedrag vorm. As jy vir jou kind ‘n opdrag gee, moet sy ore dit hoor, die boodskap aanstuur na die brein vir interpretasie en die brein moet vir die spiere die opdrag vuur om jou instruksies uit te voer. Hierdie proses moet vinnig en akkuraat gebeur. Soms beweeg die impulse nie so effektief tussen die sintuie, brein en spiere nie, of soms gaan die inligting sommer heeltemal verlore. As ons wil hê dat ons kinders minder aggressief, angstig, onseker, prikkelbaar, geïrriteerd, skaam, voorop-die-wa, aanhoudend klouerig of hartseer moet wees, moet ons begin deur die min tyd tot ons beskikking, optimaal te gebruik. Maak hoë intensiteit ontwikkelingsafsprake met jou kind deur van die sintuie in te span. So kan jy gehalteen kwaliteittyd met jou kinders

deurbring, selfs al is hulle net naweke tuis

Tassin ‘n Navorsingstudie van Schanberg & Field het bewys dat die tempo van breingroei- en ontwikkeling verhoog, deur jou kind aan te raak. Aanraking beteken kontak op fisiese-, emosionele-, sosiale- en geestesvlak. Hou op om na die selfoon te staar en selfoonknoppies te druk. Kyk eerder in jou kind se oë en druk hom diep. Aanraking en styf vashou laat ‘n kind veilig voel in sy eie lyf. Wanneer jou kind by die huis is, kan jy ‘n Mind Moves Massering doen: Die kind staan regop en hou albei arms sywaarts uitgestrek teen 90˚. Staan agter hom en trek die buitelyn van sy liggaam ferm van die kroontjie tot by sy tone na. Druk die voete ferm vas vir 8 tellings. Herhaal dit drie keer.

Reuk en smaak Reuk is die kortste pad na jou kind se hart. As jou kind emosioneel is na ‘n week in die koshuis, is dit ‘n goeie idee as die ma altyd dieselfde parfuum dra oor naweke. Sy kan selfs ‘n sagte speelding of lappie met daardie parfuum spuit en dit saamstuur koshuis toe. Maak Vrydagmiddae kos wat soos huistoe-kom ruik, sodat jou kind se maag en hart na die naweek vol kan wees! Skep roetine en rituele tuis. Kinders het nodig om veilig en geborge te voel, voordat hulle weer vertrek. Doen dit deur Sondag op ‘n spesifieke manier iets saam te doen soos pannekoek bak of koffie op die stoep te drink voor die groot inpak.

Gehoor As my kinders in die oggend nog nie gereed is vir skool nie, het die bure se kinders al hul tande geborsel en hare gekam! Verseker nie iets om op trots te wees nie en iets waaraan ek daagliks nog werk. Ons moet let op hoe ons met ons kinders praat.

JUNE 2017 | OVK NEWS

27


Hoe klink ons stemtoon? As ons as mammas nie STOP nie - asemhaal en self rustig word nie, kan ons nie verwag dat ons kinders kalm en ontspanne moet wees nie. Kinders met ‘n genetiese dominante linker-oor luister na ons stemtoon en hoor dan nie WAT ons sê nie. Hulle het soms nodig dat Mamma ‘n opdrag herhaal, sonder om te skree. Navorsing het bewys dat ‘n kind 18 negatiewe opmerkings hoor vir elke een positiewe inset. Hoeveel keer kritiseer ons of dreun ons oor hulle as hulle iets verkeerds doen? Komplimenteer jy hulle wanneer hulle stroopsoet saamspeel… of loop jy ook saggies op jou tone verby met die hoop dat die vrede sal bly? Kinders moet hoor hoe soet, wonderlik, oulik, slim, voorbeeldig en gehoorsaam hulle is en hulle sal dit dan ook word!

Om ogies blinker te maak, kan jy die Helderwakker doen: Staan agter jou kind. Maak jou kind se arms wyd oop en laat hom diep en stadig asemhaal. Kruis dan sy arms oor sy bors in ‘n omhelsende gebaar, en laat hom diep en stadig uitasem. Gee jou kind `n lekker stywe drukkie van agter. Herhaal drie keer. Kinders het nie perfekte ouers nodig nie, net ouers wat tyd maak vir druk-

kies gee en luister. David Feuerstein skryf dat kinders slegs een liefdevolle volwasse nodig het om die wêreld vir hulle te ontsluit en betekenis te gee. Doen dit deur baie aanraking, aanmoediging en waardering, geselsies en gesamentlike aktiwiteite. Hou op om jou te bekommer oor wat jy nie reg doen nie, en geniet die kort en kosbare oomblikke saam met jou kosbare kinders! n

Sig Kyk in jou kind se oë. Kyk lank. Kyk diep. Buk af of kniel as jy moet. Kan julle vir een minuut lank gemaklik oogkontak maak? Mens se oë weerspieël hoeveel liggies in jou brein brand, blink ogies sê EK IS TUIS! Baba’s se oë kan na geboorte net blink en hulle kan net kontras sien. Daarom kyk die baba so lank en diep in mamma se oë. Sit neer jou foon en kyk na die ongelooflike wonderwerk van ‘n kind voor jou!

28

OVK NUUS | JUNIE 2017

Igna du Plessis het ‘n privaat Mind Moves® praktyk wat beweging gebruik om neuro-ontwikkelingsagterstande aan te spreek. Sy is opgelei in spelterapie en het eers as onderwyseres haar kennis met kinders en ontwikkeling gevestig. Sy het `n nagraadse kwalifikasie in PsigoOpvoedkunde en is `n toegewyde ma van Dominique (11) en Danaé (7). In die volgende paar uitgawes sal Igna onderwerpe oor die verhouding tussen ouers en kinders asook familieaangeleenthede aanspreek. Sy kan gekontak word op igna.duplessis@mindmoves.co.za


HIER EN DAAR EN ORAL l AROUND AND ABOUT l

Jongboer v u

Die glansgeleen Sarien en Waldo Elisma en Steph Excelsior, het die Jaar in ligte luim

q Roné en Kobus

Stephen van Sc

Carte Blanche feature Shweni

The current affairs programme Carte Blanche recently recorded a programme in Dewetsdorp featuring 2017 World Champion and OVK’s bade shearer Mayenzeke Shweni. The feature highlighting sheep shearing, was recorded on the farm of Japie Steenkamp, who was also interviewed by well-known TV personality, Claire Mawisa.

OVK is betrokke by skools

p Ficksburg Hoërskool se 1ste rugby-, netba

ryspan spog almal met nuwe sportdrag g

t

30

OVK NUUS | JUNIE 2017

Die Netbalspan van Hoërskool Hopetown op ‘n hoë noot af te skop. Die klere is deu Roeloffse (OVK Takbestuurder: Hopetown) en spanlede Marisa de Wet , Robin-lee Ad oorhandig.


l HIER EN DAAR EN ORAL l AROUND AND ABOUT

van die Jaar

ntheid in Bloemfontein is bygewoon deur o van Niekerk, Elfrieda Strauss, Heynco Nel, han Nel, Theresa en Jaco Nel, almal van e aankondiging van die Jongboer van die m afgewag.

van Schalkwyk, Herman Archer (finalis) en chalkwyk, almal van Trompsburg.

GOSA in Mosselbaai

Dié 34ste simposium van Die Graanhanteringsorganisasie (GOSA) is deur sowat 200 afgevaardigdes bygewoon. Verskeie graanopbergers en graanhanteerders – waaronder OVK, asook die verwerkings- en distribusiebedrywe, finansierders, insetverskaffers en verskeie statutêre rolspelers was teenwoordig. OVK Graan is deur Kobus Scheepers, Gert Nienaber, Herman van Deventer, Johan van Rensburg en Joe Stander verteenwoordig.

Marquard Jongmans Gholfdag

Die jaarlikse liefdadigheidsgholfdag gereël deur die Marquard Jongman Vereniging het onlangs plaasgevind. Die doel van die dag is om fondse vir kosprojekte, kinderhuise en die afreeoord en siekeboeg op Marquard te genereer. Hier staan lede van die reëlingskomitee Kobus du Toit, Janneman Basson, Shawn Gasson en Henru van Rooyen.

sport

al-, hokkie- en tennispanne sowel as die fietsgeborg deur OVK.

n spog met splinternuwe drag om die seisoen ur Neil Strauss (OVK Versekering) en Frikkie ) aan Melize Symington (Sport onderwyseres) donis, Liza de Wet (voor) en Aysha van Wyk

JUNE 2017 | OVK NEWS

31


HIER EN DAAR EN ORAL l AROUND AND ABOUT Toppresteerders t

Die Toppresteerders van die Nood-Kaap is onlangs tydens ‘n glansfunksie van OVK Wesstreek in Hopetown aangekondig. Die geselligheid is bygewoon deur Morné en Maheza Ross, Henri en Cloete Coetzee.

q Oos-Kaapse produsente het in Cradock die OVK Suidstreek Toppresteerders funksie bygewoon. Michelle en Freddie van Zyl het saam met Hanlé en Rudi Nel die koue trotseer om die gesellige aand mee te maak.

p Die Chinesesaal in Ladybrand was stylvol versier vir die

bekendmaking van die Oos-Vrystaat se Toppresteerders. Lindi en Friedl Maritz en Marietjie en Petrus Grove, almal van Ficksburg, het die aand saam met medeboere en personeel van OVK geniet.

u

Die reeks funksies is in Aliwal-Noord afgesluit met die toekennings aan die produsente van die Sentraalstreek. Hier staan Peter en David Cloete by Mike Dobrowsky Jnr wat Sky Estate Farming (Pty)Ltd verteenwoordig het en later die aand as is dié streek se Toppresteerder aangewys is.

Nampo weereens sukses

Oudergewoonte was OVK/CMW betrokke by die pas afgelope Nampoweek. Verskeie sybokhaar- en wolprodukte is verkoop en die opgestopte skapies was ‘n gunstelling onder kleingoed..... en die ouers!

32

OVK NUUS | JUNIE 2017

Kinders leer oor mielies

OVK Meulens het onlangs Hermana Laerskool in Ladybrand asook Laerskool Tweespruit besoek. Die kinders is ingelig oor mielie- en koringprodukte en daarna het elkeen tot groot vreugde ‘n gratis pakkie meel ontvang. Volgens Jaco Lonte van OVK Nywerhede word nog besoeke na verskeie skole beplan.


GEWASSEBESTUUR

Mieliekopvrot

veroorsaak deur Fusarium spesies

M

Dr. Belinda Janse van Rensburg , Landbounavorsingsraad – Instituut vir Graangewasse

ielies is die belangrikste eenjarige graangewas wat deur kommersiële en bestaansboere in suidelike Afrika geproduseer word. Dus is die aard en omvang van siektes wat op mielies voorkom van breë, algemene belang. ‘n Baie belangrike siekte van mielies is mieliekopvrot wat veroorsaak word deur die swamspesies, F. verticillioides en Stenocarpella maydis asook die Fusarium graminearum spesie kompleks. In die boeregemeenskap word die term Fusarium kopvrot algemeen gebruik, maar daar word nie tussen F. verticillioides en F. graminearum onderskei nie. ‘n Algemene woord vir F. graminearum spesie kompleks besmetting is ook Gibberella kopvrot. Daar is egter ‘n groot verskil tussen die twee swamme. In hierdie artikel word daar inligting verskaf oor F. verticilliodes asook F. graminearum oftewel Graminearum kopvrot (Gibberella kopvrot). In ‘n opvolg artikel sal Diplodia kopvrot bespreek word.

Mieliekopvrot veroorsaak deur Fusarium verticillioides Ekonomiese belangrikheid F. verticillioides kom wêreldwyd voor en word mees algemeen vanaf mieliepitte geïsoleer. Mielieprodusente ly jaarliks miljoene rande se verliese as gevolg van swak saadgehalte en verlaging in opbrengs. Die swam beskik oor die vermoë om ‘n mikotoksien (miko = swam en toksien = gifstof) naamlik fumonisien te produseer. Handelaars moet dikwels onkostes aangaan om graan te toets vir fumonisiene (toksiene) en verbruikers betaal dus hoër pryse vir produkte omdat die kostes wat deur handelaars aangegaan is op die verbruiker afgewentel word. Bestaande graderingsregulasies speel ‘n belangrike rol om te verseker dat die verbruiker sover moontlik toegang het tot veilige voedsel. Die graderingsproses behels dat mielies slegs op visuele simptome geëvalueer word. Die slegte nuus is dat daar F. verticillioides isolate is wat mielies kan

infekteer sonder dat enige simptome sigbaar is en buiten dit produseer sommige swam-isolate meer fumonisiene as ander. Visuele gradering alleen is dus nie voldoende om voedselveiligheid te verseker nie en daarom konsentreer die LNR-IGG op ander beheerstrategieë. Voorkoms en verspreiding F. verticillioides word orals in SuidAfrika aangetref, veral in droë, warm gebiede met temperature bo 28°C. Verskeie stremmingsfaktore soos droogte, insekte-, en voëlskade sal die voorkoms van die swam aanhelp. Besmetting met F. verticillioides kan enige tyd gedurende die plant se ontwikkeling plaasvind. Die swam is dikwels reeds in die saad teenwoordig wanneer dit geplant word en groei dan saam met die stam tot dit die mieliekop bereik. Die swam se spore kom ook in die grond voor, waar dit ‘n plant se wortels kan infekteer en dan verder groei deur die stam en eindelik na die kop beweeg. F. verticillioides oorwinter

JUNE 2017 | OVK NEWS

33


op plantreste in- en bo-op die grond en herinfekteer plante gedurende die volgende groeiseisoen. Reën en wind kan ook spore vanaf plantreste en die omliggende omgewing op die mielieplant se baard laat beland en sodoende vind infeksie van graan plaas. Die swam het ‘n meervoudige siklus wat beteken dat plante verskeie kere gedurende een groeiseisoen geïnfekteer kan word. Simptome Bekende simptome van F. verticillioides besmetting is ‘n witpienk swamgroei op pitte langs stamboordervreetkanale.

Witpienk swamgroei rondom stamboorderskade. Soortgelyke simptome word geassosieer met insek- en voëlvreetskade op mieliekoppe. Onbeskadigde pitte kan ook ‘n pienk verkleuring toon.

Pienk verkleuring van onbeskadigde pitte (Foto: Dr. B.C. Flett) Die swam besmet ook koppe en pitte sonder enige sigbare simptome. In so ‘n geval is ‘n produsent nie bewus van die teenwoordigheid van die swam nie, gevolglik ook nie van moontlike toksienbesmetting van die graan nie. Fumonisien F. verticillioides is ‘n belangrike fumonisienproduseerder (fumo-

34

OVK NUUS | JUNIE 2017

nisien B1, B2 en B3) en die swam word geassosieer met gevalle van mikotoksikose by diere. Perde is baie gevoelig vir lae dosisse van fumonisien en hulle kan breinverweking opdoen en vrek. Daarom het die FDA (Food and Drug Administration) van Amerika bepaal dat voer vir perde daar nie meer as 5 dpm fumonisien mag bevat nie. Simptome by varke is vog op die longe asook letsels op die lewer en pankreas. In Amerika is die maksimum toelaatbare hoeveelheid fumonisien op 20 dpm vasgestel. Mielies wat met F. verticillioides besmet is, word ook statisties geassosieer met slukdermkanker by mense. Sulke gevalle is al aangeteken in Suid Afrika, noordelike Italië en Iran. ‘n Verhoogde voorkoms van lewerkanker is ook aangeteken in sekere endemiese gebiede in die Republiek van China nadat F. verticillioides-besmette mielies vir voedsel gebruik is. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Internasionale Agentskap vir Navorsing op Kanker (WGO-IANK) het fumonisiene geklassifiseer as Groep 2B karsinogene. Dit beteken dat fumonisiene waarskynlik karsinogenies is vir mense en daarom is dit uiters belangrik om mens- en dierevoedsel noukeurig te toets vir die voorkoms van fumonisiene. Die FDAriglyne bepaal dat gedroogte mielieprodukte vir menslike gebruik nie twee dele per miljoen (dpm) mag oorskry nie. Plaaslik is daar nie amptelike riglyne vir fumonisiene nie. Beheermaatreëls Geen kultivar beskik oor volle weerstand teen F. verticillioides infeksie en fumonisienproduksie nie. As gevolg van verskeie faktore is dit moeilik om kultivars vir stabiele weerstand te evalueer met konvensionele evaluasietegnieke en daar om speel die regte bestuurspraktyke tans ‘n belangrike rol in die beheer van F. verticillioides kopvrot en gevolglik fumonisien produksie. Navorsing wat gesamentlik deur Stellenbosch Universiteit en LNR-

Instituut vir Graangewasse uitgevoer word, bestudeer verskeie weerstandsaspekte wat moontlik die gebruik van weerstandbiedende kultivars sal bewerkstellig. Navorsing om die rol van Bt-mielies wat stamboorder infestasies beperk kan moontlik ook lei tot laer F. verticillioides infeksie en fumonisien produksie. Vermyding van stresktore en skade aan plante gedurende bewerkings en tydens oestyd, sowel as die berg van graan in ‘n skoon droë area om kontaminasie en verspreiding van die swam te beperk, behoort infeksie en fumonisiene te beperk.

Mieliekopvrot veroorsaak deur die Fusarium graminearum spesie kompleks Ekonomiese belangrikheid Gibberella kop- en stamvrot kom wydverspreid in die mielieproduksiegebiede van Suid-Afrika voor. Hierdie siektes word veroorsaak deur vyf van die 13 swamspesies wat aan die Fusarium graminearum spesies kompleks behoort. Uit huidige navorsing by die LNR-Instituut vir Graangewasse, Universiteit van die Vrystaat en Stellenbosch Universiteit, wil dit voorkom asof Gibberella-kopvrot van mielies slegs deur F. boothii veroorsaak word. Die ander 4 spesies kom in die wortel-, kroon- en stamvrotkompleks voor saam met F. boothii. Die F. graminearum spesies kompleks het verskillende gewas-gashere en weefseltipes onder plante wat in die grasfamilie val. Vatbare gewasse sluit mielies, sorghum, koring, hawer, rog en gars in. Gibberella-kopvrot kom voor in mielies gedurende warm en nat weerstoestande (vanaf blom tot drie weke na baardstoot). Dit is in die periode wat die inokulum die kop deur die baard besmet. Gibberella-kopvrot is dus meer algemeen onder besproeiingstoestande. Die siekte kom meer gereeld voor in die matige oostelike produksiegebiede, maar onlangs was daar ‘n toename in die westelike produksiegebiede. Wisselbou van mielies met ander


grasgewasse kan die siekte laat toeneem in die veld, afhangende van die hoeveelheid F. boothii inokulum wat oorgedra word van een seisoen na ‘n ander. Die siekte kan ook toeneem in lande waar min- of geen bewerkingspraktyke toegepas word a.g.v. stoppels wat agterbly. Gibberella-kopvrot veroorsaak oesverliese en affekteer ook graankwaliteit. Voorkoms en verspreiding Die oorspronklike bron van inokulum is vatbare graanreste, waarop die swam oorwinter het. Die swam vorm strukture op die stoppels wat dan spore vorm en vrylaat. Hierdie spore word in die lug deur die wind versprei. Spore land op die baard van die kop of agter die blaarskede of infekteer wortels en/of die plant se kroon, waar infeksie plaasvind. Die swam groei dan in die verskillende weefsels in en veroorsaak ‘n reeks siektes (kopvrot, stamvrot, kroon- en wortelvrot van mielies). Simptome Kopvrotsimptome is ‘n gedeeltelike of algehele donkerrooi verkleuring van die mieliekop.

Gibberella veroorsaak ‘n donkerrooi verkleuring van ‘n mieliekop. Vroeë infeksies kan lei tot verrotting van die hele kop met miselium, wat die kopblare aan die kop vashou. Gibberella-kopvrot infeksies begin aan die voorpunt van die mieliekop en die swam groei terug na die plant toe. Graan wat met F. boothii besmet is, word weens vrot pitte (Figuur 5) afgegradeer. Besmette pitte kan op hul beurt ernstige gevolge hê vanweë die produksie van mikotoksiene. Die F. graminearum spesies kompleks kan ook stamvrot tot gevolg hê.

Gibberella-kopvrot infeksie begin aan die voorpunt van die mieliekop. Simptome is die afbreek van stamweefsel en ‘n rooi verkleuring – veral op die nodes van die kroon en stam. Die swam breek die weefselstruktuur binne die stam af sodat die plant nie meer regop kan staan nie en dan omval. Zearalenone, Deoxynivalenol, Nivalenol Swamme in die Fusarium graminearum spesies kompleks kan mikotoksiene produseer soos deoxynivalenol (DON), nivalenol (NIV) en die estrogeen metaboliet, zearalenone (ZEA) wat die gesondheid van mens en dier kan aantas. NIV en DON is proteïensinteseinhibeerders. Indien gekontamineerde graan geëet word kan dit bloedarmoede, vel letsels, braking, diarree en lewerskade in mens en dier veroorsaak. Zearalenonegekontamineerde voer kan reproduksie (fertiliteit) probleme in diere veroorsaak. LNR-IGG doen tans navorsing oor die F. graminearum spesies kompleks in die wortels, kroon, stam en kop van mielies in Suid-Afrika asook hulle rolle in die produksie en voorkoms van bogenoemde mikotoksiene.

Beheermaatreëls Die kies van alternatiewe gewasse in ‘n wisselboustelsel is baie belangrik. Vermy wisselbou met grasagtige gashere wat vatbaar is vir die F. graminearum spesies kompleks van swamme. Wisselbou is veral belangrik waar minimum of geen bewerkingspraktyke toegepas word. Wisselbou ontneem die swam van ‘n gasheer en verminder inokulum deur die vermindering van geïnfekteerde stoppel. Enige praktyk wat stoppel verminder, sal ook die primêre inokulumbron verminder. Spore oorwinter op mielie- of koringreste, en sal dan nuwe plante in die groeiseisoen besmet. Hoe meer primêre inokulum, hoe groter die risiko vir besmetting. Al is inokulumvlakke hoog, en die klimaat is ongunstig, sal daar geen infeksies plaasvind nie. Die klem is hier op vermindering van besmette reste deur weiding, ploeg of in uiterste gevalle brand. Waar minimum of geen bewerking gebruik word, moet boere alternatiewe beheermaatreëls gebruik. Dit is dus hier waar wisselbou as deel van ‘n geïntegreerde plaagbeheerstelsel noodsaaklik is. Kultivars verskil in terme van weerstand of vatbaarheid teen Gibberella kop- en stamvrot. Weerstand teen die kopvrotfase van die siekte, waarborg nie weerstand teen stamvrot nie. Daar is tot dusver nie voldoende data beskikbaar aangaande weerstandbiedende kultivars nie, alhoewel baie vatbare kultivars al geïdentifiseer is. Inligting moet ingewin word by saadmaatskappye oor kultivarkeuses. n


Afrifert vat hande met georganiseerde landbou

KUNSMISPROEWE

Uiters suksesvolle proewe is verlede jaar buite Bethlehem deur Afrifert in samewerking met Franshoek Boerevereniging geplant. Andries Terblanche en Louis Scheepers was die boere wat as medewerkers betrokke was. Die winste wat die proewe opgelewer het, het op ‘n ongelooflike R100 000 skenking vir die plaaslike boerevereniging, Franshoek uitgeloop!

D

ries Terblanche van die plaas Richmond net buite Bethlehem het verlede jaar ses hektaar droëland beskikbaar gestel vir die uitvoering van verskeie kunsmis samestellingsproewe met die gewilde Tugela koring kultivar. “Ek is uiters beïndruk met die resultate van die proewe. Ons het tussen 5.61 en 4.75 ton per hektaar geoes. Ek het voorheen ‘n ander verspreider se produk gebruik, maar na afloop van hierdie proewe is ek oortuig van Afrifert Bethlehem se kwaliteit en gaan ek hulle gebruik wanneer ons later die maand begin koring plant.”

Graan SA het volgens hul verslag die gemiddelde opbrengs koring per hektaar vir die 2016/17 jaar in die Vrystaat op 2.80 ton per hektaar verklaar. Die koringoes wat op Richmond se ses hektaar proefland gerealiseer het, is bykans 90% hoër. Volgens Dries het die vogtigheid van die grond, wat vir twee jaar nie

bewerk is nie, plus die Afrifert kunsmis die deurslaggewende rol gespeel. Dries het in die Bethlehem omgewing grootgeword en het die 550 hektaar Richmond in 1996 gekoop. Hy plant gewasse soos mielies, koring en sojabone en noem dat 2017 se mielie oeste ‘n laer wins, weens die swak markprys, gaan lewer in vergelyking met 2016 se droogte oeste nie. “Met die droogte het ek gemiddeld 5.4 ton mielies per hektaar geoes en R3 300 per ton gekry. Hierdie jaar oes ek 3 ton meer maar kry slegs R1 700 per ton. Dus moet ek meer as 10 ton per hektaar oes om dieselfde verdienste te kry. Hier in Bethlehem op droëland toestande is dit onmoontlik.” Die fondse wat vir die Franshoek Boerevereniging geskenk is sal aangewend word om ‘n vergader-

Koringbemestingsproef Tabel 1. Opbrengs van verskillende plantmengsels Produk

Mengsel

Graad

Opbrengs

3:1:1(30)+4S+0,5Zn

KAN basis

B1

5.61

3:1:1(27)+4S+0,5Zn+10% Gips mikro

KAN basis

B1

5.19

3:1:1(27)+4S+0,5Zn+13% Agriman

KAN basis

B1

5.82

3:1:1(25)+4S+0,5Zn+ Multifos

KAN basis

B1

4.75

3:1:1(31)+4S+0,5Zn

Ureum basis

B1

5.08

3:1:1(21.4)+4S+0,5Zn+ Multifos

AMSO4 basis

B1

5.49

36

OVK NUUS | JUNIE 2017

p Dries Terblanche van die plaas Richmond buite Bethlehem.

saal te bou op een van Dries se ander plase, Greyville. Die vereniging dek ‘n groot area om Bethlehem en die vergadersaal sal verseker hul werkinge vergemaklik. “Afrifert glo in die rol wat georganiseerde Landbou speel in ons boeregemeenskap se lewens. Afrifert raak dus graag betrokke by inisiatiewe soos die van Franshoek Boerevereniging.” aldus Louis Fourie van Afrifert. “Daar is ook ‘n skema in plek vir lede van Georganiseerde Landbou strukture wat goedgekeur was deur Afrifert se Direksie. Ingeskrewe lede kan vir elke ton kunsmis wat hy aankoop by Afrifert vir sy plaaslike Boerevereniging ‘n inkomste genereer.” Lokaliteit: Plaas - Richmond, Bethlehem distrik Medewerkers: Franshoek Boerevereniging, Andries Terblanche en Louis Scheepers Kultivar: Tugela Plantdigtheid: 28 kg/ha Plantdatum: 9 Julie 2016 Topbemestingdatum: 30 Oktober Topbemesting: Ureum (170 kg/ha) Plantbemesting: 340 kg/ha Gemiddeld: 5.32 ton/ha


Opbrengs en gradering is gebruik om die plantmengsels te rangskik volgens beste inkomste wat dit vir die produsent kan lewer. Vanaf die inkomste moet die produsent sy eie

produksie koste en vervoerdifferensiaal aftrek om die inligting as riglyn te gebruik. Die gemiddelde Safex- prys vir Desember 2016 is gebruik om die inkomste te bepaal,

Tabel 2. Prestasie volgens opbrengs en inkomste Produk

Opbrengs

Inkomste

Rangorde

3:1:1(27)+4S+0,5Zn+13% Agriman

5.82

R 24298.50

1

3:1:1(30)+4S+0,5Zn

5.61

R 23421.75

2

3:1:1(21.4)+4S+0,5Zn+ Multifos

5.49

R 22920.75

3

3:1:1(27)+4S+0,5Zn+10% Gips mikro

5.19

R 21668.25

4

3:1:1(31)+4S+0,5Zn

5.08

R 21209.00

5

3:1:1(25)+4S+0,5Zn+ Multifos

4.75

R 19831.25

6

R4175/ton. Daar is ‘n verskil van R180 tussen grade, maar als was B1 gradering (Tabel 2). Opbrengs en produkprys is gebruik om die plantmengsels te rangskik volgens ekonomiese waarde vir die produsent. Vanaf die produkprys (R/ton) en bemesting (340 kg/ha) is die koste (R/ha) bepaal. Die opbrengs (ton/ha) en die koste (R/ha) is gebruik om die ekonomiese waarde te bepaal en word gegee as die koste van plantmengsel per ton graan (Tabel 3).

Tabel 3. Prestasie volgens opbrengs en produkprys (ekonomie) Produk

R/ton

Opbrengs

R/ha

R/ton graan

Rangorde

3:1:1(27)+4S+0,5Zn+13% Agriman

R 5051

5.82

R 1717.34

R 295.08

1

3:1:1(21.4)+4S+0,5Zn Multifos

R 4900

5.49

R 1666.00

R 303.46

2

3:1:1(30)+4S+0,5Zn

R 5413

5.61

R 1840.42

R 328.06

3

3:1:1(27)+4S+0,5Zn+10% Gips mikro

R 5190

5.19

R 1764.60

R 340.00

4

3:1:1(25)+4S+0,5Zn+ Multifos

R 5039

4.75

R 1713.26

R 360.69

5

3:1:1(31) )+4S+0,5Zn

R 5443

5.08

R 1850.62

R 364.30

6


SUIDSTREEK TOEKENNINGS

TOP PRESTEERDERS

p Gilly Scheepers (Voorsitter van

die OVK Direksie) het gesê feitlik geen produsent is hierdie jaar weens die droogte verloor nie, en is ‘n bewys van die effektiwiteit van die boere en landboubesighede.

D

ie Oos-Kaap se produsente is onlangs in Cradock vereer toe OVK sy Suidstreek Toppresteerders aangekondig het. Gilly Scheepers, voorsitter van die direksie, het die gaste verwelkom en hul versoek om nie te veel aandag te skenk aan invloede waaroor hul geen beheer het nie en gesê dat die boere voluit moet leef, voluit produseer, voluit bemark en hul edel beroep geniet. Hy het die gaste versoek om hul veiligheid en paraatheid op te skerp veral na aanleiding van die huidige vlaag van plaasmoorde en aanvalle.

p Toppresteerders van die Suidstreek, CJ Neethling Boerdery Trust hier verteenwoordig deur Keith Woodborne en Johan Muller staan by Stéfan Oberholzer en Gilly Scheepers van die OVK Direksie.

Hy het ook aangekondig dat OVK geen verdere oornames in die nabye toekoms oorweeg nie en gaan eerder groei waar OVK ‘n bydrae tot die welvaart van die hele landbougemeenskap kan maak. Nuwe handelstakke word in Senekal, Edenville, Bloemfontein, Umtata, Stutterheim en Queenstown oorweeg .

Dewald Wasserfall het die gaste weereens met sy gewilde Afrikaanse musiek vermaak.

Die volgende Toppresteerders vir die Suidstreek is deur Stéfan Oberholzer aangekondig: l Hoogste omset korttermynversekering: Karoo Natal Abattoir l Top lewendehaweprodusent: AJ van der Heever l Top CMW wolprodusent: Koringdal Boerdery l Top CMW sybokhaarprodusent: Wentzel Lombaard l Toppresteerder meganisasie: Henk en Hennie Linde l Hoogste omset in oesversekering: CJ Neethling Boerdery Trust l Grootste brandstof kliënt: CJ Neethling Boerdery Trust l Top mielieprodusent: CJ Neethling Boerdery Trust l Top koringprodusent: CJ Neethling Boerdery Trust l Top handelspresteerder: CJ Neethling Boerdery Trust l Toppresteerder: CJ Neethling Boerdery Trust n

JUNE 2017 | OVK NEWS

38


Kleinveebestuur (Deel 5)

KLEINVEEBSTUUR

Waardetoevoeging as gevolg van verhoogde reproduksie/speen%.

R

Hoe gaan ons die volgende uitdaging nog beter die hoof bied?

eproduksieverhoging het verhoogde uitgawes tot gevolg. Die bereiking van die paarmassa doelwit (in vorige uitgawes volledig behandel) wat meer lammers tot gevolg het, het geen waarde as ons nie die positiewes wat hieruit ontstaan, na die volgende vlak van waardetoevoeging neem nie. Met lae speenpersentasies is dit nie moontlik om enige seleksie te doen nie en daarom is die vordering t.o.v. ekonomiese eienskappe onmoontlik.

Die positiewes a. Seleksiedruk op ekonomiese eienskappe soos kilogram vleis bemark, kilogram wol bemark. Vleis moet altyd rondom 80% van die inkomste uitmaak en die

res wol. Wol groei net rondom vleis, en indien die fokus op reproduksie is, is die seleksiedruk ten opsigte van hoeveelheid wol en die gehalte ook in plek. b. Seleksie vir groeikrag en massatoename. Om van die swakker produseerders ontslae te raak moet die ooie en hul lammers op 100 dae wanneer speen, geweeg word. Volgens rekords oor tyd is die gevolgtrekking dat ‘n ooi se 2ling lammers saam dieselfde of tot twee kilogram swaarder as haar gewig en die 1linge sowat die helfte (tot 2 kg swaarder) van sy ma se gewig op speendag moet wees. Slegs met hoë speen% kan van die swak presteerders ontslae geraak word.

c. Seleksie vir gehalte wol. Hoeveelheid (4,5 kg / kop/jaar) en gehalte is die doelwit. Nommerplaat al die lammers met geboorte vir latere rekordhouding. Neem ‘n klein monster van elke vag (EST) voor skeer, kry die Mikron, SD, CF% en gemaksfaktor, die rekenaarprogram plaas dit in kategorieë waarin jy dan die wol met skeer inklas. Plaas jou elektroniese skaal (beams) onder die woltafel om die vagte te weeg. Prakties in skeerhok. Maak numeriese EST lys soos ooie inkom. Skryf oornommers, mikron en lyn op ‘n kaartjie wat na die skeerder gaan. Die vag met pens en kaartjie na woltafel en die wolgewig word op die kaartjie


d.

e.

f.

g. h.

geskryf met aanmerkings en plaas vag word in bak geplaas. Woleienskappe van belang: lengte; digtheid; kwaliteit; stapel, tip en lywigheid; olie en kleur; pens en punte. Seleksie vir gehalte vleis. As vertrekpunt is goeie bouvorm, lengte, breedte en diepte van lyf belangrik. Wetenskaplike toetse soos oogspier en vetdikte en lardering kan ook gedoen word. Seleksie vir melkproduksie. Onder punt (b) word gewigte verhoudings behandel en melkproduksie kan ook saam met dié ingereken word. Seleksie vir moedereienskappe. Hoewel goeie voeding (melk veroorsaak drukking op die uier wat die natuur vir die ooi sê om lam te laat drink) na mening verantwoordelik is vir 99% van moedereienskappe, is die orige 1% ‘n gedrag waar die ooi met haar lammers uitgeskot word en sodoende word die “oorerwing” verbreek. Seleksie vir balans tussen bouvorm en wol (regte tipe) Vervangings% kan verhoog word na 40%. Hoekom die hoë vervangings persentasie? Indien jongooie goed versorg is sal ongeveer 10% oorslaan wat uitgeskot word. ‘n Verdere 5% jongooie sal probleme gee met lamtyd (weggooi, melkprobleme, swak groeiers teel ens), wat ons dan laat met 25% jongooie wat dan die kudde moet vorentoe neem. Die trop verjong dus met ‘n ekstra 5% wat dan strenger seleksie teweeg bring t.o.v. ander eienskappe van ekonomiese belang.

Noodsaaklike feite Daar moet in gedagte gehou word dat dit sowat R 511.00 kos om ‘n jongooi groot te maak, en dat van die ooilam gebore word, verloop 750 dae voordat haar lam verkoop word. Soos in die vorige uitgawes verduidelik, sal goeie gehalte wol vir al die uitgawes betaal. Verder moet ons net weer bevestig dat die voedingsbehoefte van ‘n 60 kg ooi,

p Die kleinveebestuur-reeks word geskryf deur Giepie Calldo van OVK se veselafdeling.

om 135% te speen, in totaal sowat 870 kg kos is. Die oorskryding van die plaas se drakrag sal die globale waarde van hoogspeen beperk en die lammers sal nie op die verwagte verkoopdag die plaas verlaat nie. Seker die belangrikste doelwit van ‘n presisie boerderystelsel is die vinnige bemarking van die surplus vee. Soos die paardag bepaal word, moet die verkoopdag te boek gestel word en daar mag nie van afgewyk word nie.

Kunsmatige Inseminasie (Servikaal of Laparoskopiese) ‘n Hulpmiddel vir vinnige vordering. KI mag na ‘n wondermodel klink maar dit verg die presisietoepassing wat dit verdien. Die uitgawe is hoog, daarom moet die jongooie op die regte paarmassa van ten minste 51 kg wees. Die eierselvorming wat plaasgevind het van speen tot paring sal die lewensreproduksie van die ooi bepaal, en met KI sal die verhoogde reproduksie vergoed vir die addisionele uitgawe rondom die oefening.

Vereistes vir KI sukses a. Paarmassa van Jongooie. Dit is die belangrikste aspek in die reproduksieketting. Die ver-

soeking om deur middel van KI meer geld te maak is wensdenkery. Ondermassa jongooie van 42 kg sal slegs ‘n 50 tot 55% besetting gee terwyl 51kg jongooie se besetting maklik tussen 80 en 90% met ‘n scan% van tussen 110 en 122% kan wees. Die groot waarde van laasgenoemde ooie is dat die daaropvolgende jaar die scan%, na so hoog as 148% opskuif. b. Beste beproefde ramme vir jou teeldoelwit. Ramme met blupwaardes vir groei (speengewig), melkproduksie, woleienskappe soos vaggewig, lengte, tesame met die hand en oog bepaling van kwaliteit, balans tussen lengte en digtheid, olie en kleur, pens en punte, sal die ideale ram kandidaat vir KI wees. c. Gesondheidprogram van ooie en ramme. ‘n Gesonde diere presteer. Inentingsprogram: Enzootiese aborsie aan ooie (met speen en weer 6 weke voor paar vir jong ooie, volwasse ooie jaarliks 6 weke voor paar), Bloutong aan ooie en ramme (6 tot 10 weke voor paar), Bloednier en Pasteurella aan ooie en ramme (6 weke voor paar asook 6 weke voor lam) Spoorelement aanvulling aan ooie en ramme (6 weke voor paar en lam). Strategiese ontwurming van ooie en ramme (6 weke voor paar en lam). Vir ramme moet Uitwendige parasiete goed beheer word aangesien dit onvrugbaarheid veroorsaak. Saad wat vandag gestort word is reeds 6 tot 10 weke gelede geproduseer en dit plaas groot klem op Ramgesondheid (veral met KIprogram). d. Voedingsprogram van ooie en ramme. Vir goeie KI resultate is voeding een van die pilare van sukses. Prikkelvoeding aan Jongooie en Volwasse ooie (goeie weiding 6 weke voor paar en ekstra produksie lek 14 dae voor paar) is aangeveelbaar. Voedingsprogram voor lam, die

JUNE 2017 | OVK NEWS

41


voeding op lamdag tot 3 weke na lam (baarmoederhersteltyd), tesame met 100 dae speen (rustyd vir ooi) bepaal ook die sukses van die KI-program. ramme moet reg deur die jaar fiks gehou en goed gevoed word. Vir die produksie van goeie semen moet ramme vanaf 6 weke voor die paarseisoen, 2 maal per week 15cc Koringkiemolie gedoseer word. e. Toets ramme vir vrugbaarheid. Die is nie onderhandelbaar nie aangesien, jy met ooie wat teen ‘n koste gesinkroniseer is en die program wat op spesifieke tye werk, kan nietig maak met ‘n ram wat dié dag onvrugbaar is. Besmetlike siektes kan ook aangesteek word met ongetoetste ramme. f. Toets ramme vir dekbehendigheid. Indien ramme voor die tyd geleer word om in die kunsvagina saad te deponeer, word baie tyd bespaar.

g. KI-toerusting. Servikale KI kan deur die eienaar self gedoen word, met die regte instumente moet die nodige higiëne toegepas word. Met 1cc goeie semen kan met dié metode sowat 10 ooie bevrug word. Koggelramme word gebruik om die ooie wat op hitte is te merk of ooie kan ook gesinkroniseer word en groter getalle gedoen word. Meer ramme is egter nodig wat dan weer die vordering t.o.v. eienskappe beperk. h. Laparoskopiese Inseminasie. Die proses word deur ‘n veearts gedoen. Die metode is ontwikkel om met gevriesde semen te werk, maar kan ook met vars saad gedoen word. Met 1cc goeie saad kan 60 + ooie gedoen word. Die goeie ram sal met die metode die grootste inpak op jou kudde maak en kan die koste, ten spyt dat dit hoog is, aanbeveel word. Die aanbevole program moet slaafs gevolg word, byvoorbeeld die

i.

j.

k.

l.

dag van spons insit, onttrekking en spuit van dragtige merrieserum, en die regte ure van KI. Opvolg ramme. Met KI word die eerste siklus gesinkroniseer. Vir die 2de hittesiklus word opvolg ramme vir 17 dae bygesit. Daar is dus ‘n 14 tot 17 dae gaping tussen die lamtye. Scan (Sonar). Die praktyk is veral met KI nie onderhandelbaar nie. Meerlinge se voedingsbehoefte verskil van enkelinge, dus word duur voeding gespaar. Sonar 3Ling, 2Ling, 1Ling asook die opvolg siklus apart om die volle bestuursvoordele te benut. Lamstelsel moet 100% in plek wees. Met KI sal jy verplig wees om ‘n intensiewe stelsel te volg waar ooie in haar eie hokkie lam, wat die minimum vrektes tot gevolg het. Maak hok voorsiening vir 80% van die ooie wat ge-KI is. Arbeid. Opgeleide en gemotiveerde arbeiders sal die beste bate in die proses wees.

Voordele l l l l l l l l

Beter toesig, minder vrektes. Selekdruk vir ekonomies belangrike eienskappe. Hoog speen, vleis inkomste hoog. Inkomste verhoog deur surplus teelooie te verkoop. Verhoogde wolinkomste. Beter ongedierte beheer omdat ooie onder toesig lam. Seleksie druk op vervangingsooie. Bemarking van stoorlammers is vinniger omdat al die lammers ewe oud is.

Opsommend Deur stelsels in plek te sit kan ons die hoër uitgawe wat dit te weeg bring positief omdraai deur ‘n hoër inkomste te verseker . Vleis en wolproduksie bied stabiliteit aan die landbou. Wisselvallige reënval en droogtes hou ons nederig om te oorleef en daag ons gedurig uit om te verbeter. n

42

OVK NUUS | JUNIE 2017


JONGBOERE LIG MENING DIE TOEKOMS

Die jaarlikse Vrystaat Landbou Jongboer Konferensie het op ‘n sterk politiese noot afgeskop toe Dan Kriek, President van VL, jongboere die versekering gegee het dat georganiseerde landbou, insluitende VL, voortdurende eise aan die leidende politici maak om verdere afgraderings te voorkom en met planne vorendag te kom om die afwaartse ekonomiese spiraal om te keer.

D

ie kongres is gehou te midde van massa-optogte deur opposisie partye en ‘n moontlike “mosie van wantroue” wat teen die leier van die land ingedien sou word. Daar was ‘n duidelike gevoel van onsekerheid oor die toekoms onder die jongmense en Dan het hulle die versekering gegee dat georganiseerde landbou nie gaan toelaat dat politici die boer se bates onregmatig kan bedreig nie. Hy noem dat hy al vele maal in die verlede gesien het hoe die hoof-

stroom van gemiddelde SuidAfrikaners bymekaar kan staan, soos die euforie van 1995 en 2010 Wêreldbekers sowel die hartseer wat gedeel was met die afsterwe van Madiba. Die laaste paar jaar is die mense egter kwaad vir verskeie redes. “Die mense word kwaad want ons het alles wat nou gebeur, al in die verlede gesien. Politici wat besluite geneem het oor mense se eiendomsreg, vryheid van spraak, vryheid van die media en selfs op

grond van velkleur gediskrimineer het. Danksy ons Grondwet sal geen politikus weer die reg hê om dit aan ons land en sy mense te doen nie!” Hy het ‘n beroep op die jongboere gedoen om altyd deel te bly van die hoofstroom, wat alle vlakke van die samelewing verteenwoordig, en nie aan die regter- of linkerkant af te val nie. “Almal wil ekonomiese voortuitgang hê. Verdeling van ekonomiese welvaart en suksesvolle opkomende boere wat eiendomsreg het. Die toekoms lê soos ‘n teerpad voor ons en as julle in die middel kan bly, sal julle suksesvol wees.” Ter afsluiting het hy die drie finaliste geluk gewens met hul uitnemendheid. “Mag julle, as die toekoms van Vrystaat Landbou ‘n bedeling beding, nadat ons geslag nie meer daar is nie, waar enige iemand uit die hoofstroom, van enige kleur die “Jongboer van die Jaar” kan wees, omdat hy die beste is.” Dr Dirk Strydom, landbou-ekonoom by Graan SA het die jongboere agtergrond gegee van ontwikkeling in hommeltuigtegnologie, drywerlose trekkers en robotte wat reeds in Australië getoets word. Hy het daarop gewys dat ‘n moderne denkwyse in landbou en landbouproduksie aangeneem sal moet word, en dat die jongboere die beste is om dit te doen, aangesien hulle nuwe tegnologie aangryp en nie verwerp nie. Globalisering is aan die toeneem en die plaaslike boer gaan kompeteer met onder andere produsente in Argentinië en Duitsland. Beleide gaan verander en die wêreld is tans op soek na verandering, soos Brexit getoon het. Die vraag wat die jongboer homself moet vra is hoe hy by hierdie beleide gaan aanpas.

t

44

OVK NUUS | JUNIE 2017

Die Jongboer van 2017, Johan van Huyssteen ontvang die trofee saam met sy vrou Juanita vanaf Danie Retief van Standard Bank.


t

Dan Kriek, Voorsitter van Vrystaat Landbou, het die jongboere die versekering gegee dat die staat nie onregmatig hul bates sal bedreig nie.

l l

l

nie en gaan van sy werkers moet gebruik om hom te help om effektiewe bestuur te handhaaf. Dit is waar sinvolle werkskepping begin en opleiding maak almal gereed vir die volgende stap in die samelewing. l

Die verbruiker wil meer beheer hê oor wat hy eet. Suid Afrika se middelklasinkomste is besig om te styg en raak die verbruiker al hoe meer spesifiek oor sy behoeftes. Daar is reeds spesialis voedselwinkels oorsee waar die verbruiker deur ‘n strepiekode kan uitvind waar die vleis op die rak vandaan kom en presies wat die dier gevoer is. Dié tegnologie word alreeds deur plaaslike abattoirs en vleisgroothandelaars gebruik!

“Ons moet nie die beste produsente in die land wees nie, ons moet die beste in die wêreld wees. Dit is ons opposisie en dit is waarna ons moet streef.” Dr Dirk Strydom Een van die grootste uitdagings vir die jongboer is om tegnologie en arbeid te balanseer. Ons sit met baie arbeid beskikbaar en tegnologie gaan geleenthede aan die boere bied om arbeiders in tegnologie op te lei om ‘n sinvolle rol in produksie te vertolk. Die boer sal nie op sy eie die tegnologie kan beheer

u

Dr Dirk Strydom het aan die jongboere verduidelik dat die tendens in die buiteland is om eenhede kleiner maar meer doeltreffend en eksklusief te maak aangesien groot eenhede onbeheerbaar raak.

Ekonomiese groei lê in bemagtiging en dit is alombekend dat Suid Afrika van die laagste produktiwiteit in die wêreld het. Die uitdaging is kolosaal aangesien daar groot ongeskooldheid is en dit die verantwoordelikheid van die boer is om sy werkers op te hef en van kundigheid te voorsien. Dr Strydom het, om die vlak van produktiwiteit te illustreer, verduidelik dat Australië 110kg lewendige-vleis-gewig per arbeidsuur produseer terwyl SA slegs 6kg handhaaf, wat van die laagte ter wêreld is. Hy het die volgende punte uitgewys wat die jong produsente moet op konsentreer om in die toekoms volhoubaar en kompeterend te wees:

l

l

l l

l

Wees nie plaaslik nie, maar internasionaal kompeterend; Die handhawing van ‘n positiewe kontantvloei om die nodige nuwe tegnologie aan te koop; Hulle moet strategiese vennote kry om meer spesifiek te boer. Groot eenhede raak onbeheerbaar en die wêreld neiging is om weer kleiner te gaan maar meer intensief. Uitbreidings moet vertikaal geskied; Produksiekrediet gaan in toekoms ‘n groter uitdaging word en positiewe kontantvloei gaan krities raak; Die produsent moet besondere aandag aan sy begroting gee en verseker alle kostes word bereken; Weens die aanskaffing van tegnologie gaan die boer met onproduktiewe bates sit. Hy moet daarvan ontslae raak om kontant beskikbaar te stel; Optimale produksie moet opgeweeg word teen grootte; Die nodige familiebeplanning moet gedoen word en gereeld aangepas word; Wees altyd op hoogte van die belastingstrukture en moenie vasgevang word in situasies waar onnodige belastings betaal word nie.

Dr Strydom het afgesluit deur die jongboere daarop te wys dat hulle hul leiers goed moet kies en hulle dan ten volle moet vertrou. “Dit help nie om almal om jou die skuld te gee vir jou foute of mislukkings nie. Hy het een van ons bekende sangers aangehaal: “The problem is not the problem, the problem is your attitude about the problem.” Die boere moet altyd teenwoordigende geleenthede identifiseer en benut. Die 2017 finaliste was Willie Stols van die plaas Gelykvlakte naby Vierfontein, Johan van Huyssteen van die plaas Bloekom naby Virginia en Herman Archer van die plaas Settlement in Trompsburg.

JUNE 2017 | OVK NEWS

45


OVK Nuus het met Herman op sy plaas gaan gesels oor die uitdagings wat ‘n jongboer moet trotseer en die alteenwoordigende donker wolk van grondhervorming. “Daar is nie een konsep wat vir die hele land gaan werk nie. Die boerderye verskil en wat in die Vrystaat sal werk gaan nie noodwendig in Limpopo werk nie” Volgens die 34 jarige Herman moet die jongboere weet dat daar strukture is wat hierdie aangeleentheid namens die boere hanteer en “Moenie by jou hek staan en probeer keer, terwyl jou boerdery agter jou rug verwaarloos nie. Die proses het nog ‘n langpad om te loop en intussen moet jy doen wat jy kan doen, en dit is om kos te produseer.” Hy meen die instelling van die jongboer is om te boer en besigheid te doen. Toekomsplanne en investering word glad nie deur die proses van grondhervorming beïnvloed nie. “As ek vandag die vermoë het om 5000 hektaar by te koop, dan sal ek dit doen. Indien dinge dan eendag gebeur, dan moet dit gebeur. Intussen wil ek uitbrei en suksesvol boer en my bydrae maak tot voedselsekerheid.” Hy sien die invloed van politiek eerder as ‘n bedreiging by die vermoë van die eindverbruiker om kos aan te koop. Herman verwys na die onlangse SAASA saga en wys

daarop dat dit 17 miljoen verbruikers is wat mieliemeel en vleis aankoop. Sou hulle nie hul toelaag ontvang nie, sal dit dramatiese gevolge vir die voedselindustrie en op die einde die boer inhou. “Die politieke onstuimigheid en die invloed daarvan op die ekonomie en rand wisselkoers, maak ons baie meer bekommerd en is ‘n groter risiko want dit raak direk die sak van die kopers van ons produkte.” Herman is baie betrokke by georganiseerde landbou en meen hy wil eerder betrokke wees by besluite wat hom direk as boer beïnvloed, as om by die braaivleisvuur staan en daaroor kla. “Ek wil ‘n verskil maak en verandering teweeg bring maar aan die ander kant wil ek op die hoogste vlak betrokke wees by besluitneming wat my boerdery raak. In my geval is dit skaap, wol en vleis.” Hy bereik hierdie doelwitte as ondervoorsitter van die Vrystaatse NWKV en VSRPO, dien hy op die dagbestuur van SASSF en is voorsitter van die plaaslike boerevereniging. “Jongboere moet betrokke raak by georganiseerde landbou. Daar kort nuwe idees en ons sal buite die boks moet dink om al die uitdagings wat op ons wag te hanteer. Die bestuur van Trompsburg Landbou is almal onder 40 en daar is weer ‘n oplewing en nuwe passie. Ons het jong leiers nodig en dit is waar die Jongboer Komitee van

Vrystaat Landbou ‘n belangrike rol speel. Die jong leier word op verskeie vlakke in landbou bemagtig en kan later in ander strukture opgeneem word. Die hartseer is dat baie van hierdie leiers deur die netwerk val en verlore raak.” Die wyse waarop daar met die jongboer gekommunikeer word, het ook verander. Hy verkry al sy inligting wat hy benodig van die internet op sy selfoon in die veld of waar hy ook al is. Hy het nie meer die behoefte om die heeldag by ‘n kongres en jaarvergadering te sit en na sprekers te luister om sodoende inligting te kry nie. Volgens Herman sal daar baie innoverend gedink moet word oor hoe daar deur georganiseerde landbou, asook landboumaatskappye met die jongboer in die toekoms gekommunikeer gaan word. Net soos internasionale boerdery neig om kleiner en meer intensief te word, gaan dieselfde moontlik geld vir effektiewe kommunikasie. Feitlik alle jongboere is betrokke in familiebesighede en Herman kan nie genoeg klem lê op die belangrikheid van verantwoordelikheid strukture en beplanning nie. “Hierdie goed moet in plek wees anders gaan almal ongelukkig wees op die plaas. Die opvolgstrategie moet bespreek word en betrokkenes moet gemaklik wees daarmee. Familiebesigheid is ‘n goeie begin vir die jongboer waar hy kan leer en sy voete vind. Ek en my pa boer al 16 jaar saam en ek leer elke dag nog iets nuuts.” Tegnologiese ontwikkeling maak Herman opgewonde vir die toekoms. “Ons jong mense is honger vir nuwe tegnologie en ons sien kans

t

46

OVK NUUS | JUNIE 2017

Stefan Hanekom (Uittredende Voorsitter Jongboerkomitee) en Dan Kriek (Voorsitter Vrystaat Landbou) by jongboer finaliste Willie Stols, Herman Archer, Johan van Huyssteen en Boet Wilken (Intredende Voorsitter Jongboerkomitee).


u

Jongboer finalis, Herman Archer sien uit na die uitdagings wat die toekoms inhou en wil graag meer jong leiers by georganiseerde landbou betrokke sien.

vir nuwe dinge. In skaapboerdery is daar nuwe ontwikkeling in hulpmiddels soos die skeer en verwerking van wol, outomatiese voerlyne en natuurlik in die genetika.” Volgens Herman, wat voorheen op die Jongboer Komitee gedien het, is die skaapboere van mening dat hulle nie ‘n mededingende kans staan teen gewasse boere wat aan die “Jongboer van die Jaar” kompetisie deelneem nie. Dit is juis om dié rede waarom hy ingeskryf het en is dankbaar vir die blootstelling wat hy as skaapboer ontvang het. “Dit was ‘n groot voorreg om as finalis gekies te word en ek is bly ek het deelgeneem.”

die Jongboer Komitee. Hy neem die leisels by Stefan Hanekom van Virginia oor wat vier jaar as voorsitter gedien het. Alle industrië het konstant nuwe rolspelers nodig om sy voortbestaan te waarborg. Des te meer die belangrikheid vir die landbousektor wat vir voedselsekerheid verantwoordelik is.

Tydens die Jongboer Konferensie is Boet Wilken verkies as voorsitter van

Groot uitdagings lê voor vir die nuwe generasie boere, en dit gaan

besondere leiding kos om hierdie komplekse sosio-ekonomiese probleme in samewerking met die regering op te los om regmatige transformasie mee te bring. Die jongboere is bereid om die vaandel te dra en dit gaan die verantwoordelikheid van die huidige leiers wees, om hulle met die nodige kennis te bewapen om die verantwoordelikhede namens die hele landbou industrie oor te neem. n


KRAGOPWEKKING

Effektiewe alternatief

Eskom se tariewe het vanaf 2004 met 400% gestyg en alle aanduidings is daar dat dit nog met tussen 136% en 186% en selfs dalk tot tot 300% in 2020 gaan verhoog. Dit is bereken dat Eskom se koste 10-11% van totale produksiekoste per hektaar uitmaak en gaan ‘n aansienlike negatiewe invloed in die toekoms op kontantvloei uitoefen en produsente sal alternatiewe energiebronne moet ondersoek om volhoudend te kan produseer.

T

ussen Koffiefontein en Luckhof boer Gert Lamprecht op die plaas Driefontein met Dorper en Meatmaster skape. Na verskeie metertoetse het hy besef hy gaan nie beheer oor sy kragverbruik kry nie en het ondersoek begin instel oor alternatiewe energie. Ses jaar gelede het Gert reeds die besluit gemaak om windpompe wat hul lewensduur bereik het, te vervang met sonkragpompe. Sonkrag was vir hom ‘n natuurlike opsie aangesien die gebied daarvoor geskik is en daar nie veel ander keuses is nie. Hy het verskeie verskaffers genader en is na Janriek Lonte van Johannesburg verwys. Die behoefte is bepaal en Gert wou nie

u Die 24 gel batterye is teen ‘n

koste van R115 000 geïnstalleer en verskaf genoeg krag om die huishouding saans van elektrisiteit te voorsien.

48

OVK NUUS | JUNIE 2017

van die gerief wat elektrisiteit bied, afstaan nie. Aanvanklik is besluit om eers die hoofopstal van sonkrag te voorsien. ‘n Parallelstelsel tussen Eskom en sonkrag van 20kw, met 24 gel batterye wat bedags gelaai word deur 36 fotovoltaïese panele, is teen ‘n koste van R350 000 geïnstalleer. Gert het ‘n lening by OVK oor ‘n periode van drie jaar geneem en volgens sy berekeninge sal hy na

die leningstydperk bykans 70% van sy totale Eskom rekening (teen heersende kostes) bespaar. Tans bespaar hy reeds 30%, oor al sy plase bereken, op sy elektrisiteituitgawes. Die besparing in kontant word nou aangewend in projekte wat tot Driefontein se opbrengs bydra. Gert se doel is om op die medium termyn onafhanklik van Eskom elektrisiteit te genereer. Tans word al


u

Janriek Lonte en Gert Lamprecht by die sonkrag panele wat saam met die sonbaan gedraai kan word om maksimum sonkragradiasie te verkry.

sy veeposte na sonkrag oorgeskakel. Volgens hom moes hulle klein veranderinge in die huis maak en is ligte met 5w LED gloeilampe vervang. Bedags wek die panele genoeg krag op vir algemene gebruik sowel as om die batterye te laai. Saans verskaf die batterye genoeg krag om selfs die oond te gebruik om kos voor te brei en kan die lugversorger ook aanskakel word. Beskuit moet maar bedags gebak word! Tegnologie en die toenemende gewildheid van sonkrag veroorsaak dat die koste van vervaardiging gedurig verlaag en produkte goedkoper word. Gebruike word nie beperk tot algemene kragvoorsiening nie, maar kan selfs aangewend word om heinings vir kampe

of loopgange te elektrifiseer, kweekhuise te verhit, asook vir besproeiingseenhede en –pompe. Navorsing word gedoen om selfs drywerlose plaasvoertuie met sonkrag aan te dryf. Energie en die berging daarvan is die grootste uitdaging wat die moderne wêreld in die oë staar. Koolstofvermindering en skoner lug is ‘n internasionale prioriteit en dit word almal se verantwoordelikheid om

persoonlike koolstofvoetspore te verlaag. Meeste areas in Suid-Afrika het ‘n gemiddeld van 2500 uur sonskyn per jaar met sonkragradiasie van tussen 4.5 en 6.5kw/h/m2 p/dag. Dalende insetkostes en tegnologiese ontwikkeling in die berging van die opgewekte energie vir gebruik op aanvraag, maak sonkrag ‘n bekostigbare alternatief wat ons produsente in die nabye toekoms sal moet oorweeg. n


RESEARCH

Diens nie onderhandelbaar

In Julie 2004 het OVK die Karoo-Oranje Landbou Koöperasie oorgeneem met 4 handelstakke. Vandag het die gebied se takke na 11 gegroei en word al die dienste van OVK deur die streekkantoor in Hopetown aangebied. Vanaf drie meganisasietakke en vyf silo fasiliteite tot versekering, kliëntefinansiering, graanverkryging en landboukundiges.

D

ie Wesstreek, soos die gebied by OVK bekend staan, beslaan bykans 114 000 km2 met grootliks grasvelde en ‘n gedeelte besproeiingslande vanaf Rietrivier in die noorde tot Britstown in die suide, Prieska in die weste en Reddersburg in die ooste. Louis Fourie het in April die streek as bestuurder by Jan Kruger, wat na die graanafdeling in Bloemfontein verplaas is, oorgeneem.

Die streek is egter nie vreemd vir Louis nie en hy sien uit na die nuwe uitdaging om in Hopetown te vestig en die handelstakke en meganisasie punte te bestuur. Landboukundige dienste resorteer ook onder

p 50

Louis. Sy loopbaan by OVK het drie jaar gelede begin toe hy aangestel is as bestuurder van die Noordstreek en was tot onlangs in beheer van OVK se nywerhede afdeling, wat die meulens in Clocolan en Tweespruit asook die Kunsmisaanleg in Bethlehem insluit. Louis sê wat die Wesstreek uniek maak is die groot veekomponent van die BoKaroo, gedeeltes van die Kalahari en die Suid-Vrystaat. Voeg daarby die besproeiingsgebiede vanuit die Oranje- en Vaalriviere asook die kanaalstelsels vanuit die Vanderkloof- en Kalkfonteindamme na die Rietrivier en Jacobsdal omgewing. Die Vanderkloofdam wat in 1977 gebou is, is die tweede grootste

dam, volgens volume, in die land maar het die hoogste damwal van 108m. Die watervlak was onlangs 62% van kapasiteit.

Die besproeiingskema en klimaat bied die geleentheid vir twee oeste per jaar wat insluit wit- geel- en springmielies, sonneblom, lusern, sojabone en koring. Permanente gewasse soos neute en olywe word op uitvalhoeke aangeplant. Die droogte het ‘n impak op almal in die streek gehad. Die Kalkfonteindam was kurkdroog en het die besproeiingsboere geraak vanaf Koffiefontein en Jacobsdal tot Rietrivier. Vlakke van die hoofstrome,

Die Wesstreek beslaan bykans 114 000 km2 met grootliks grasvelde en ‘n gedeelte besproeiingslande vanaf Rietrivier in die noorde tot Britstown in die suide, Prieska in die weste en Reddersburg in die ooste.

OVK NUUS | JUNIE 2017


grootste uitdaging vir die veeboere gaan wees om hul grond te herstel en om met die beskikbare grond te boer. My gevoel wat ek onder die boere in die streek kry is dat hulle nog steeds investeer en uitbrei om kos te voorsien en nie veel vrese rondom die grondkwessie koester nie.”

Oranje en Vaal het ook baie gedaal en was daar beperkings op kwotas. Dit het weer op sy beurt opbrengste negatief beïnvloed. In ander areas moes veegetalle verminder word weens die afname in drakrag van natuurlike weiding. Dit stel ‘n uitdaging om die veegetalle op te bou en terselfdertyd weidingbestuur toe te pas. Dit gaan ‘n lang tyd neem vir die natuurlike veld om voldoende te herstel en daar gaan nie genoegsame weiding vir die winter wees nie. Die reën van die afgelope paar maande was ‘n absolute genade en plekke soos Strydenburg het reeds 50mm meer ontvang as hul jaarlikse gemiddeld! Volgens Louis is daar ‘n paar uitdagings wat die boere sal moet hanteer. Besproeiingsboere sal moet sekerheid oor watervoorsiening kry en die effektiewe bestuur van hul

p

p Louis Fourie het in April die

streek as bestuurder oorgeneem.

energiebronne sal aandag moet geniet omdat elektrisiteit so ‘n groot komponent van insetkostes is. Addisioneel gaan grondbestuur, om siektes en plae te voorkom, belangrik wees aangesien die lading op die grond baie hoog is. “Die

Sy visie vir die streek is eenvoudig. Vir hom gaan handel oor twee aspekte. Eerstens is mense – interne personeel en eksterne klante – en hoe jy hulle bestuur en van diens voorsien. Tweedens gaan dit oor voorraad. “Dit gaan een van my prioriteite wees om te verseker dat ons die regte en genoegsame voorraadvlakke handhaaf om aan die behoefte van die boer te voorsien. Geen kompromie sal op diensvlakke getref word nie. Dit gaan oor diens en nogmaals diens.”

Takbestuurders en bemarkers van die Wesstreek staan by Louis Fourie. Voor is Wynand Fourie (Britstown), Marlene Du Toit (Strydenburg), Rossouw Kruger (Hopetown Meganisasie) en Scholtz Saaiman (Hopetown Meganisasie) Agter hulle staan Dirk Theron (Hopetown Meganisasie), Jacques Senekal (Edenburg), Albert Swanepoel (Koffiefontein), Armann Fourie (Fauresmith), Frikkie Roeloffse (Hopetown) en Reon Boshoff (Prieska). In die agterste ry is Nelco Van Der Westhuizen (Bemarker), Luan Lingenfelder (Reddersburg), Vernon Viljoen (Trompsburg) en Kobus Bruwer (Petrusville).

JUNE 2017 | OVK NEWS

51


u

Hopetown is in 1850 gestig en het bekendheid in 1867 verwerf toe die eerste groot diamand, die Eureka Diamond, daar ontdek is.

Louis is gebore uit ‘n sendelingfamilie in die Transkei en op sendingstasies grootgeword. Sy ouers het later na die Kaap verhuis en het hy aan die Hoërskool Groote Schuur in Nuweland gematrikuleer. Hy het daarna rekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Na ‘n klerkskap by ‘n ouditeursfirma in Kaapstad en B.Com. honneurs wat hy aan Unisa verwerf het, het Louis besef dat hy liewer in die kommersiële wêreld betrokke wil raak as die ouditeurswese. Sy bekendstelling aan die landbou kom in 2002 toe hy in die kredietafdeling van GWK in Douglas aangestel is. By GWK het hy met vele aspekte in die landboubesigheid te doen gekry wat insluit lewendehawe en die bestuur van drie abattoirs. Hy het die eiendomsafdeling ontwikkel en later die bemarking van GWK hanteer. Na tien jaar het hy weens persoonlike omstandighede besluit om nuwe uitdagings aan te pak.

Hy het daarna as konsultant opgetree en was ook betrokke by Vrystaat Mielies vir ‘n kort tydperk. Dit het hom die geleentheid gebied om meer tyd met sy drie kinders te spandeer. Die oudste, Riana is besig om as narkotiseur te spesialiseer, Nicola is ‘n onderwyseres en Louis jr. studeer B. Rek, soos sy pa by Maties.

“Ek sien uit na Hopetown en die wonderlike mense van die NoordKaap en Suid-Vrystaat. Ek kan nie wag om weer verhoudinge met die boere te hervat nie.” Louis vertel dat hy in die bo-Karoo leer jag en dit het sy voorliefde geword. ‘n Sport wat hy verseker meer in die winter gaan beoefen!

“Daar is verskeie rolspelers in die gebied wat dienste aan die landbou lewer, maar kompetisie is goed en dit bied die verbruiker keuses. Die gebied is ook uniek in die opsig dat dit die naaste koringmark na die noorde is en die naaste mieliemark na die suide is.”

Ondervinding en entoesiasme is bestanddele vir sukses. Onder Louis se leiding en visie gaan dit ‘n groot uitdaging wees om die vlakke van dienslewering te verhoog tot voordeel van die kliënte en die streek in sy geheel. Opwindende tye wag op almal. n

p Die Vanderkloofdam is die tweede grootste (volume) in Suid-Afrika en spog met die hoogste damwal van

108 meter en 765 wyd. Die dam speel ‘n belangrike rol in die voorsiening van water vir bykans 100 000 hektaar besproeïngslande.

52

OVK NUUS | JUNIE 2017


TOPPRESTEERDERS

Sentraalstreek vier hoogtepunt Die toekennings aan die produsente van die OVK Sentralestreek in AliwalNoord was die laaste van die reeks Toppresteerders funksies. Die glansgeleentheid is deur uitgenooide gaste bygewoon en oudergewoonte is daar tot laatnag op die musiek van Adam Tas gekuier.

Gilly Scheepers, Voorsitter van die OVK Direksie, het die borge ABSA, JoJo Tanks, Total, RCL Foods en PWC in besonder bedank vir hul betrokkenheid by die Sentraalstreek toekenningsfunksie sowel as hul verbintenis met OVK en die produsente. Hy het weereens die boere gelukgewens met hul besondere prestasies wat bereik is onder moeilike mark en makro-ekonomiese en politieke omstandighede.

Die volgende wenners in verskeie kategorieĂŤ is aangekondig: l Hoogste omset in oesversekering: East Cape Farms l Hoogste omset in korttermyn versekering: East Cape Farms l Top mielieprodusent: Sky Estate Farming (Pty)Ltd l Top wolprodusent: JSH van Schalkwyk l Top lewendehaweprodusent: GP Joubert l Top handelspresteerder: Sky Estate Farming (Pty)Ltd l Toppresteerder van die Sentraalstreek: Sky Estate Farming (Pty)Ltd

54

OVK NUUS | JUNIE 2017

p

Verteenwoordigers van Sky Estate Farming (Pty)Ltd. Nicolas Stevens, Mike Dobrowsky Jnr en David Dobrowsky het die toekenning van Manie Botha, Gilly Scheepers en StĂŠfan Oberholzer van die OVK Direksie ontvang.


Kop- en pluimbrand van mielies Dr. Belinda Janse van Rensburg, Landbounavorsingsraad – Instituut vir Graangewasse

Voorkoms en verspreiding Kop- en pluimbrand (veroorsaak deur Sphacelotheca reiliana; Syn: Ustilago reiliana), ook bekend as kop-brand kom in Suid-Afrika, Australië, Mexiko, Nieu Zeeland, Asië en suidoos-Europa voor. Die swam besmet beide mielies en sorghum. Waar monokultuur mielies vir ‘n aantal seisoene verbou is, kan 25% of meer van die oes besmet wees. Die sorghumras van die siekte kan mielies, sorghum en Sudangras besmet, terwyl die mielieras slegs mielies besmet. Geïsoleerde besmettings word hoofsaaklik in droër produksiegebiede gevind.

Simptome Siekte simptome ontwikkel terwyl die plant se koppe en pluime ontwikkel. ‘n Sorus (swam-puisie) ontwikkel op besmette koppe en pluime en vervang koppe en pluime heeltemal (Foto). Die sorus van ‘n besmette kop sal uiteindelik bars en ‘n swart, poeieragtige spoormassa (teliospore) kan dan gesien word. Die gasheer se vaatweefsel sal min of meer behoue bly en sal lyk soos swart weefselagtige stringe. Pluimbesmetting kan wissel van ‘n paar individuele aartjies op die pluim tot die hele pluim wat blaaragtige strukture kan vorm. Plante met pluimsimptome sal amper altyd besmette koppe hê. Ander simptome sluit in onderontwikkelde koppe wat by blaarbotsels voorkom, vertraagde groei (meestal meer as 50%) en oormatige spruitvorming.

Ekonomiese belangrikheid en epidemiologie ‘n Aantal jare gelede was hierdie swam ‘n ernstige beperkende faktor vir mielieproduksie in gebiede en seisoene waar epidemies voorgekom het, met groot ekonomiese implikasies. As besmetting die ontwikkelende mieliekop bereik, word die graan vernietig. ‘n Tien persent besmetting beteken gewoonlik ‘n 10% oesverlies. Weerstandsteling teen die siekte kan egter verseker dat die voorkoms van hierdie siekte beperk word in kommersiële mielielande. S. reiliana is grondgedraagd en het bruinswart, bolvormige stekelrige teliospore. Teliospore word deur die wind versprei en oorwinter in die grond voordat dit mieliesaailinge besmet. Spore bly vir baie jare lewensvatbaar in die grond. ‘n

GEWASSEBESTUUR Grondtemperatuur van 21-28ºC is krities vir besmetting van die gasheer. Gemiddelde tot lae grondvog (onder 50% veldkapasiteit) en suurtoestande (pH 5.5) is gunstige faktore wat besmetting sal bevorder. Die siekte word vererger deur ‘n tekort aan stikstof. Die miselium (swamdraadjies) groei sistemies agter die groeipunt van die mielieplant tot geslagtelike volwassenheid, waarna dit uitbars binne die kop- en pluimweefsel. Besmette plantweefsel ontwikkel galle en produseer spore wat weer in die lug vrygestel word om die siklus te herhaal. Beheermaatreëls Uitgebreide teelprogramme van die LNR-Instituut vir Graangewasse het nuttige bronne van weerstand in teelmateriaal geïdentifiseer. SuidAfrikaanse mieliekultivars het dus hoë vlakke van weerstand teen kopen pluimbrand. Stikstoftekorte bevorder die voorkoms van kop- en pluimbrand en moet aangespreek word om optimale gewasgroei te verseker. Bekalking om die grond pH te verhoog sal help om besmettings deur hierdie siekte te verminder. Toedienings van ureum, ammonium sulfaat, drievoudige super fosfaat en kalsium nitraat sal ook die siekte voorkoms verminder. Wisselbou met enige ander gewas sal die besmettingsbron in die grond verminder. Brand alle besmette plante om te voorkom dat inokulum in die grond ophoop. Deur later te plant, wanneer die grondtemperatuur hoër is en reënval minder wisselvallig is, sal die vlakke van kop- en pluimbrand verminder. Onder eksperimentele toestande het sekere sistemiese swamdoders wat deur saadbehandeling of deur inploeg in die grond toegedien is, vlakke van kopen pluimbrand effektief beheer. In Suid-Afrika is triadimefon en triademenol geregistreer op mielies as saadbehandelings teen kop- en pluimbrand. n

JUNE 2017 | OVK NEWS

55


Santam Landbou Proefplaas PROMOSIE

S

antam Landbou as die Oesversekeraar met by verre die langste verbintenis tot Suid-Afrikaanse landbou, het ‘n baie ernstige strewe om die beste moontlike diens en akkurate skadebepalings aan elke kliënt te bied. Versekering teen haelskade is die versekeringsproduk wat die meeste deur boere in Suid-Afrika uitgeneem word. Dit is juis op hierdie gebied waar Santam Oesversekering op hoogte moet bly van genetiese veranderings in gewasse en reaksie op skades soos veroorsaak deur hael.

grade van skade oor verskillende groeistadiums op die finale opbrengs van ‘n plantestand. Met die groter aanplantings van kortgroeiseisoenkultivars in die afgelope paar jaar is ‘n aparte taksasietabel opgestel vir kortseisoengroeiers omdat medium- en kortseisoengroeiers nie dieselfde reageer op skade nie. Om die effek van verskillende omgewings te evalueer, word proewe ook op ander proefpersele in die land gedoen maar op ‘n beperkte skaal as gevolg van die arbeid en logistiek verbonde hieraan.

Die gebruik van ‘n navorsingstasie is dus noodsaaklik vir ‘n versekeraar soos Santam Landbou. Geleë buite Bloemfontein, ongeveer 11km op die ou Kimberley pad (R64), bied die Santam Proefplaas die geleentheid om verskeie vrae wat ontstaan ten opsigte van oesversekering te beantwoord. Santam het drie permanente personeel en verskeie deeltydse personeel wat omsien na die navorsing. Die navorsingsrigting word bepaal deur behoeftes soos geïdentifsieer deur die bedryf asook die tegniese span van Santam Landbou. Hoewel die proefplaas te Bloemfontein net sedert 2004 gebruik word vir navorsing, het sy voorganger te Ficksburg reeds sedert die 1970’s die doel gedien.

Demonstrasiedae Praktiese navorsingsresultate word visueel bekendgestel aan boere, makelaars, studente en eie personeel op hierdie dae. Demonstrasiepersele word vir hierdie doeleindes aangeplant aangesien die werklike proefpersele nie beskadig mag word nie.

Proewe Die proefplaas te Bloemfontein word tans hoofsaaklik aangewend om die effek van haelskade op op mielies en sojabone te evalueer. Die effek van blaar-, stam-, stand- en pitskade op die oesopbrengs word gedoen op beide medium- en kortgroeiseisoen mielie- en sojaboonkultivars. Hierdie navorsing toets die effek van verskillende

56

OVK NUUS | JUNIE 2017

Demonstrasiedae is waar klein perseeltjies identies behandel word soos die werklike navorsingspersele. Die verskillende behandelings in die demonstrasieproewe is uitgelê

sodat die besoeker baie maklik die visuele verskille kan sien tussen die verskillende skadebehandelings. Hierdie is ‘n jaarlikse instelling gedurende Maart en tydens hierdie demonstrasiedae is besoekers welkom om ‘n praktiese ervaring te kry van hoe skadebepalings gedoen word en die reaksie van plante op skades van verskillende intensiteite.

Die besoek aan die proefpersele word vooraf gegaan deur ‘n teoretiese toeligting waar die beginsels en metodiek van die navorsing aangebied word. Dit word gewoonlik afgesluit met iets om te eet en te drink. Opsommend Santam Landbou is baie trots om met ‘n rekord van meer as 40 jaar se navorsing steeds voortdurend die reaksie van nuwe kultivars te toets en prosedures te verbeter. Getrou aan Santam se aard sal navorsing dus steeds deurlopend gedoen word om te verseker dat die beste resultate en akkuraatste taksasieprosedures gebruik word om skades te bepaal. n

p Die sojaboon proef met die plaasopstal bo en demonstrasie blok aan die regter kant.


Bestuurder: Finansies Wallie Weeks is sedert die begin van die jaar as Bestuurder: Finansies by die Hoof - kantoor in Ladybrand werksaam . Gebore en getoë in Klerksdorp het hy matrikuleer aan die Hoërskool Wesvalia. Daarna het hy die grade B. Com (Rekenmeesterskap) en Hons B. Com (Kosteen bestuursrekeningkunde) aan die Universiteit van Potschefstroom voltooi. Sedert 1999 was hy onder andere betrokke by Senwes, Suidwes Landbou, Vrystaat Mielies en GrainCo. Wallie is getroud met Renate en het twee kinders, Walter (9) en Elise (5).

Bestuurder: Meulens Heinrich Roos het ‘n maand gelede as Bestuurder: Meulens in Ladybrand oorgeneem. Hy het in die wynland groot geword en aan die Hoërskool Swartland in Malmesbury gematrikuleer. As jongman het hy baie belangestel in die meulproses en by die Bokomomeule in Aliwal- Noord sy loopbaan begin. In die jare 1988 tot 1993 het hy opleiding in verskeie afdelings ontvang. waarna hy later kwaliteitsbestuurder van Bokomo se vier meulens geword het. Heinrich is in Italië opgelei as ‘n pastamaker, en in 1996 aangestel as bestuurder by Pioneer se pasta-aanleg. Na hy sy eie bakkerye in Mosselbaai en Hermanus vir 10 jaar bedryf het, het hy ‘n draai in Botswana en by GWK gaan maak voor hy by OVK aangesluit het. Heirich is 27 jaar met Geneen getroud. Hul dogters is Gene wat in skoonheidskunde gekwalifiseer is en Rochea wat verpleeg kunde aan Kovsies studeer.


KLIMAATINLIGTING DIE WEER

REËNVAL

Die werklike reënval en temperatuursyfers tot 30 Mei 2017 word verskaf deur OVK weerstasies in onderskeie streke. Die werklike vs langtermyn reënval en temperatuur word in onderstaande grafieke weergegee.

MINIMUM TEMPERATURE

MAKSIMUM TEMPERATURE

DAM

RIVIER

KAPASITIET ,000 000m3

30/05/17 %

2016 %

ALLEMANSKRAAL

SAND

174.60

50.00

10.70

BLOEMHOF

VAAL

1240.30

101.40

20.30

ERFENIS

GROOT VET

206.10

76.70

15.50

FIKA-PATSO

NAMAHADI

29.50

66.50

18.10

GARIEP

ORANJE

5196.10

87.40

54.10

KALKFONTEIN

RIET

325.20

13.30

5.40

KNELLPOORT

RIETSPRUIT

130.00

57.50

35.10

KOPPIES

RENOSTER

42.40

96.80

32.30

KRUGERSDRIFT

MODDER

71.50

58.50

29.20

RUSTFONTEIN

MODDER

71.30

39.90

28.40

STERKFONTEIN

NUWEJAARSPRUIT

2617.00

90.60

88.80

TIERPOORT

TIERPOORT

34.00

6.60

-0.1

VAAL

VAAL

2603.50

100.40

41.60

VANDERKLOOF

ORANJE

3171.30

68.10

63.10

65.26

31.60

58

OVK NUUS | JUNIE 2017


Ovk nuus June 17  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you