1408

Page 31

Kassie wat kan skuif Sit n kas wat dikwels in die pad is, op wiele, en gee dit terselfdertyd n nuwe voorkoms. Verf dit in n kleur wat by jou dekor pas (ons het Plascon Velvaglo in Blue Depths B5-C1-1 gebruik) en maak die binnekant mooi met muurpapier. Skuur die kassie vooraf liggies af en verf dit met n universele onderlaag. Laat dit oornag droog word voor jy dit met twee lae emaljeverf verf ‒ laat elke laag ook goed droog word. Om die muurpapier te plak, meet presies hoe groot die verskillende panele moet wees en sny dit daarvolgens. Plak dit met muurpapiergom vas. Rond dit af met mooi nuwe deurknoppe. Lamp (R2 295) en beker met strepe (R22) van Weylandts. Mat (R599,99) en wit bak (R159,99) van Mr Price Home. Groen bak (R149) van Loads of Living.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.