1408

Page 1


AUGUSTUS 2014

12 Handwerk & dekor 12 14 28 30 34 74 80 86

Koop slim: Houers met houding Interessante idees vir rakke Slim idees: Bly lekker Sit jou meubels op wiele en laat hulle dubbeldiens doen Drie moet-hê-items vir jou werkkamer, plus hoe jy hulle gebruik Kontemporêre nuwe baadjie vir n stadswoonstel Skep n binnenshuise tuin met vetplante Naaldwerkprojekte: Maak n boontjiesak, brei n sak vir jou wol, stik n gordyn vir n oop kas en weef n mandjie 106 Hekel n vintage-styl doiliematjie

64 Mode & skoonheid

19

64 68 70 OP DIE VOORBLAD STILERING: CARIN SMITH • FOTO: ED O'RILEY • MODEL: JANA KLEYN VAN BOSS MODELS • HARE EN GRIMERING: CHERYL PARKER VAN SUPERNOVA • KLERE: THE SPACE, TRUWORTHS, SPREE EN SISSY BOY • MAT: GONSENHAUSERS FINE RUGS

24 Op die voorblad 24 40 56 86 106 120 124

Bou sommer dié naweek ons huisie-rak Versier bottels met jou gomgeweer Kook self die wêreld se lekkerste kerries Stik n lekkerleeglê-pouffe Hekel n vintage-matjie Maak n voorskootrokkie met die allermooiste smokwerk Versier n koek met rosies ‒ 6 stappe na sukses

Bly sjiek en snoesig met die laag-op-laag-voorkoms Slim idees: Lyk mooi Die beste haarsorg vir mooi winterhare

20 BLAAIE MET

STAP-VIR-STAP-PROJEKTE!

24 Idees-klasse 24 40 96 118 120 124

Bou n gewelrakkie Versier flesse met gompatrone Maak gipsrose vir versierings Ryg n krale-koord Stik n smokrokkie vir n dogtertjie Maak suikerrosies vir n spesiale koek

44 Kos & onthaal

Elke maand

44 46 56

4 Van die redakteur 5 Aanhaling vir die maand 8 Jou kreatiewe kalender 11 Goeie boeke en blogs 42, 55, 123 Patrone 43 Wen kraggereedskap van R45 465 127 Kompetisiewenners 127 Koopgids 128 Teken in en bestel ons nuwe spesiale uitgawes 130 Volg ons op sosiale media 131 In jou volgende Idees

Slim idees: Eet goed Onthaal-idees: Kombuisgoed wat kook Kuier oor kerrie

102 Jou lewe 102 108 111 112 114

Entrepreneur van die maand Reg of weg: Vyf slim skoonmaakstrategieë Apps wat jou lewe makliker maak Jul idees Ons gee goeie raad

SPAAR!

Teken in

Volg ons op Pinterest

en bestel ons spesiale uitgawes.

Besoek ons op pinterest.com/ideasmagazine.


25

39

89

53

96

41

Maak dĂ­t hierdie maand

125 87

121

Ons is op Facebook

Twiet saam

Volg ons op facebook.com/IdeesSA.

Ons is op Twitter by @ideas_magazine.


van die

n my huis hiberneer ons behóórlik in die winter. Daar s hout langs die kaggel, die verwarmer word onder die trap uitgesleep, die sitkamer lĂŞ vol ligte komberse en die hondjies steek skaars hul vierkantige Scottie-neuse by die deur uit. Normaalweg sou ons inhaal op elke TV-reeks wat ons gemis het, maar vanjaar was dit WĂŞreldbeker-sokker. Hoe dit ook al sy, die televisie doen dubbeltyd in die koue en die sitkamer is die spil waarom alles draai. Behalwe vir die vroegaand- en Sondagoggendreuke van sop, kerrie en bredies is die kombuis stil en donker, die slaapkamers sien ons net met ons oĂŤ toe en die balkon is heel verlate. En so word Augustus n lysie-maand ‒ die maand waarin n mens so vaagweg bewus word dat die son weer gaan skyn en die gaste weer gaan kom kuier, maar die huis is nog nie heeltemal gereed nie. Gewapen met n kniekombersie, my notaboek en pen beland ek toe op die koue kombuistrappie en teken drie verskillende planne om die kombuis nuwe lewe te gee ‒ alles met net verf, die rondskuif van bestaande kassies en hier en daar n spyker inkap. Langs dit maak ek n lysie van elke lig in die huis wat nuwe gloeilampies moet kry. ĂŠrens tussen my oninspirerende kombuis en ons kortpad-skoonmaak-artikel op bladsy 108 is iets in my losgewoel en toe ek weer sien, is my lysie lank en my sketse werk al hul pad eetkamer toe. Later het

I

ek die maatband byderhand vir n meer realistiese plan ‒ keer is nou min. Ons het hierdie uitgawe vol uitsorteer-planne geprop vir diÊ van julle wat daardie selfde kriewelrigheid voel in die winter se doodsnikke. Daar is skoonmaakplanne waarmee selfs die luistes onder ons kan saamleef, slim apps vir jou foon en dan natuurlik, wanneer alles skoon en gereed is, wys ons jou hoe om met bestaande meubels jou pakplek en werkplek mooier en meer te maak. Miskien hoef jy nie daai leer in die gang te gaan bêre nie ‒ hang hom bloot dwars op as n ekstra rak. Of sit wiele onder jou meubels en skuif hulle waar die nuwe seisoen hulle nodiger gaan kry. Maar dis nog nie somer nie, so nadat jou doendit -lysie gemaak is, haal eers nog n slag jou lekker dikboompot uit en kook een van Louisa se heerlike kerries. Dit alleen is genoeg om die winter n welkome gas te maak.

Volg my op instagram.com/terenaleroux



'HUPDVWLQH -HXQH 0DPDQ ‡ 9RHGLQJVU\NH YHUVDJWLQJV URRP ZDW VRHSHOKHLG HODVWLVLWHLW HQ YLWDOLWHLW YDQ VZDQJHU YURXH VH YHOOH RQGHUKRX ‡ 0DNOLN RP DDQ WH ZHQG HQ YHUGZ\Q ZDQQHHU LQJHYU\I ‡ :HQG GLH URRP WZHH NHHU SHU GDJ JHGXUHQGH GLH KHOH VZDQJHUVNDS DDQ RRU GLH ERUVWH PDDJ HQ EREHQH

REDAKTEUR E-pos SKEPPENDE REDAKTEUR BESTURENDE REDAKTEUR Kaapstad-kantoorbestuurder

Ontvangs en algemene navrae Johannesburg-kantoor Mobi-tuiste Sindikasiebestuurder KUNSREDAKTEUR Uitlegkunstenaar EINDREDAKTEUR AFDELINGSREDAKTEURS KOS HANDWERK EN SELFDOEN Assistent NAALDWERK MODE EN DEKOR FOTOGRAAF WEBREDAKTEUR Kantoor-assistent en drywer Reproduksie BEMARKING HANDELSMERKBESTUURDER Assistent HOOFBESTUURDER: VROUETYDSKRIFTE Uitgewer ADVERTENSIEVERKOPE Hoof: advertensieverkope (Kaapstad) Sleutelklantbestuurder (Kaapstad) Verkoopsbestuurder (Johannesburg) Verkoopsbestuurder (KwaZulu-Natal) Vertoonvenster-advertensies

Terena le Roux ideesred@media24.com Dala Watts Marweya Smal Natalie Herman 18de vloer, Absa-sentrum, Adderleystraat 4, Kaapstad 8001 Posbus 1802, Kaapstad 8000 021 408 3042 2de vloer, Protea Place 5A, Sandown 2146 idees.co.za Lucille van der Berg 021 408 3038 Enid de Beer Karmen van Rensburg Natasja Lochner

Louisa Holst Lizel Cloete Ciskia Hanekom Dala Watts Carin Smith Ed O Riley Lizette Stulting Fuad Fritz Katherine Clulow

Roxanne Cloete Naquita Hendricks 021 408 3848

Liezl de Swardt Marina Smith

Sarah Curtis-Bowles 084 444 8880 Charlene Meyer 082 928 5970 Susan Pienaar 083 281 7300 Gina van de Wall 083 500 5325 Maryna Parsons 084 627 4441

DIGITALE AFDELING Sakebestuurder

Terance Winson 021 443 9418

Sirkulasiebestuurder Produkbestuurder Bestuurder: intekendienste Sleutelklantbestuurder Intekennavrae

Adele Minnaar 011 217 3263 Wikus Esterhuysen Dilshaad Hassan 021 443 9937 Charlene Cole 021 443 9939 0861 000 594 (deeloproep)

UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 UITVOERENDE HOOF: TYDSKRIFTE HOOF FINANSIĂ‹LE BEAMPTE: TYDSKRIFTE

EsmarĂŠ Weideman John Relihan Raj Lalbahadur

Uitgegee deur Media24, n afdeling van Naspers, Heerengracht 40, Kaapstad 8001.

3DUW RI /LWKD +HDOWKFDUH *URXS /LPLWHG 0DUNHWHG E\ /LWKD 3KDUPD 3W\ /WG 5HJ 1R WK 5RDG 0LGUDQG /3

Š Media24. All regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie tydskrif mag sonder die geskrewe toestemming van die redakteur gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiÍring, skyf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingbewaring of -ontsluiting. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die standpunte gehuldig in artikels, rubrieke en advertensies nie. Hoewel alle redelike voorsorg getref is om te verseker dat die advies in die tydskrif akkuraat is, kan die redakteur en die uitgewer geen verantwoordelikheid aanvaar vir verlies, skade of ongerief wat daaruit spruit nie. Die redaksie behou die reg voor om veranderinge te maak aan materiaal wat aan die tydskrif gestuur word, en kan nie aanspreeklik gehou word vir skade aan of verlies van die materiaal nie. Teen druktyd was die pryse vir gepubliseerde items en dienste korrek.


MOENIE ONS SPLINTERNUWE IDEES HEKEL MISLOOP NIE! 25 unieke hekelpatrone, van maklik tot meer gevorderd ‒ vir jou huis, jouself (en selfs die honde)

TE KOOP VANAF 4 AUGUSTUS

As jy sukkel om Idees Hekel in die winkels in die hande te kry, kan jy joune direk by Lucille van der Berg bestel by 021 408 of per e-pos by lucille.vanderberg@media24.com. 2 c .


GEHOOR VAN N MARK OF N GEBEURTENIS WAARVAN ONS OOK MOET WEET? STUUR GERUS VIR ONS E-POS SODAT ONS DIT VIR DIÉ BLAAIE KAN OORWEEG.

creativecalendarideas@gmail.com

Krui van die maand ‌

ROKET

Roket is die laaste paar jaar baie gewild, maar word al sedert die Middeleeue gekweek. DiĂŠ snelgroeiende jaarplant is inheems aan die Mediterreense streek en as jy dit eers in jou tuin aan die gang het, saai die plant homself weer. Dit het nie baie aandag nodig nie, net goed bemeste grond en direkte son. Die sterk, pikante pepergeur is perfek in slaaie of op pizza sodra dit uit die oond kom. Roket gee ekstra geur aan sop of toebroodjies en jy kan ook pesto daarvan maak. Selfs die blommetjies is heerlik geurig en kan geĂŤet word. Die vars blare is baie alkalies en propvol antioksidante en ďŹ tochemikalieĂŤ wat jou teen siektes en infeksies kan beskerm. Roket bevat vitamien A en C en is n goeie bron van foliensuur en minerale. Bronne: 100 edible and healing owers deur Margaret Roberts en themicrogardener.com

Salm-en-roket-frittata Kook 10-14 baba-aartappels tot net sag. Skil dit en sny dit in skywe. Verhit n 27 cm- kleefvrye pan oor matige hitte. Gooi n bietjie olyfolie in die pan en laat dit oraloor die bodem versprei. Pak die aartappelskywe in n laag in die pan. Skep 125 g gerookte salm bo-op en sprinkel 10 ml gekapte vinkel en n hand vol gekapte roket oor. Klits agt eiers liggies en giet dit in n laag oor die vulsel. Braai dit vir sowat agt minute oor lae tot matige hitte totdat die eier al langs die rand gestol het. Die middel kan nog eens loperig wees. Sit die pan onder n warm oondelement en rooster dit tot dit ferm is. Meng 100 ml crème fraĂŽche, 10 ml dro vinkel en 5 ml gerasperde suurlemoenskil saam in n bakkie. Sny die frittata in wiggies en skep nog 125 g gerookte salm bo-op. Sit dit voor met die crème fraĂŽche en nog roket.

Verander n gewone glasvaas vinnig en maklik in n stylvolle dekor-item vir jou sitkamer. Plak eers maskeerband op die dele waar jy nie verf wil hê nie ‒ wees so kreatief as wat jy wil met jou ontwerp. Werk in n vertrek met goeie ventilasie en spuit n dun laag goue spuitverf op jou vaas. Wag vyf minute, trek die maskeerband af en laat dit goed droog word.


30 AUGUSTUS 6-10 Augustus Decorex is terug in Johannesburg se Gallagher-konferensiesentrum met hope dekor- en ontwerpidees, interaktiewe demonstrasies en opskiet-restaurante en -kroeë. Moenie Plascon se kleurvoorspellings vir 2015 en die Design and Trend Forecast misloop nie. Navrae: thebereed.co.za/ decorex.

2-21 Augustus

Sleep die ganse gesin saam na

Days of the Dinosaur in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum. Dis opvoedkundig én prettig danksy lewensgrootte dinosourus-uitstallings, gevorderde animatronika, n 3D-rolprentteater, uitgrawingsone, die Dino Ride en interaktiewe ruimte vir die kleinspan. • Kaartjies by Computicket. • Navrae: daysofthedinosaur.co.za.

Raak kreatief saam met LIZEL CLOETE, ons handwerk-enselfdoenredakteur, by n handwerkoggend op die Weltevreden-landgoed by Stellenbosch. Lizel sal elke leser individueel help om n unieke lino-stempel te maak. Jy hoef nie ervare in handwerk te wees nie. Die eerste vyf mense wat bespreek kry n spesiale geskenk.

Kaartjies kos R380 en sluit in eet- en drinkgoed asook n stel met al jou benodigdhede. Plek is beperk en jy moet voor 12 Augustus 2014 bespreek. Navrae en besprekings: workshops@ createstudio.co.za.

The Vintage Experience, n nagmark in die Kaapse Tuine, word een keer per maand van 5 nm. tot 10 nm. in die koffiewinkel Truth Coffee met sy steampunk-dekor gehou. Hier kan jy met n drinkding snuffel vir vintageen retro-modes en -bykomstighede en interessante mense en musiek ontdek. Die volgende een is op Woensdag 30 Julie. • Soek The Vintage Experience op Facebook vir nog inligting.

FOTO S VAN 100% DESIGN: MARK WILLIAMS • ANDER FOTO S: ED O RILEY EN SOOS VERSKAF

KINDERDROME word waar Reach for a Dream laat die drome waar word van kinders wat aan lewensgevaarlike siektes ly. Op 1 Augustus hou dié organisasie sy grootste fondsinsamelingsveldtog vanjaar: Reach for your Slippers. Koop n plakker vir R10 by jou naaste Wimpy, Makro of Hirsch s en dra jou pantoffels werk toe. Anders kan jy net jou plakker met n trotse glimlag dra. Vir nog inligting kyk op reachforadream. org.za of bel 011 880 1740. 100% Design Maak van 6-10 Augustus n draai by 100% Design in die Gallagher-konferensiesentrum in Johannesburg ‒ dis oop van 10 vm. tot 7 nm. Dié ontwerp-ekspo het in die jare 90 in Londen begin en is vandag n wêreldbekende handelsmerk met n reputasie vir vernuwende denke. In Suid-Afrika neem dit die vorm aan van gesogte ontwerpe vir professionele mense sowel as ontwerpbewuste verbruikers. Nog inligting: 100percentdesign.co.za. Modeweek Sit jou beste modevoetjie voor by die Mercedes-Benz Modeweek wat van 7-10 Augustus in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou word. Jy sal bekende én opkomende plaaslike ontwerpers se lente- en somerversamelings te sien kry. Kaartjies: webtickets.co.za. 1000 Drawings Dié bemagtigingsprojek behels n kunsverkoping om geld in te samel vir welsyn. Dis net vir een aand ‒ vanaf 5 nm. op 28 Augustus in die Goeie Hoopsentrum, en R100 is al wat jy nodig het om n kunswerk te koop. Navrae: 1000drawingsct.co.za of facebook.com/1000DrawingsCapeTown.


MAANDAG

DINSDAG

WOENSDAG

DONDERDAG

VRYDAG 1

SATERDAG 2

SONDAG 3

31 Julie-1 Augustus Kom teug aan ou staatmakers én minder bekende wyne by die FNB Free State Wine Show, en sluit die aand af met n brandewynproe. Wyn en ligte etes is ook te koop. Dit word van 5 nm. tot 9 nm. by Leopards and Lace in Langenhovenpark, Bloemfontein, gehou. Navrae: freestatewineshow.co.za.

31 Julie-2 Augustus As jou vingers jeuk, sit af na die Yarn Indaba by die Voortrekkermonument in Pretoria waar plaaslik verwerkte en vervaardigde breidraad soos wol, katoen, bokhaar en sybokhaar bemark word. Daar is ook werksessies, allerlei handwerk en n teekamer. Kaartjies kos R40 per persoon. Navrae: yarnindaba.wix.com of yarn-indaba-2014. 31 Julie-2 Augustus Kuier tussen wynplase en klets met Italiaanse wynmakers by The Wine Show in die Boardwalk-konferensiesentrum in Port Elizabeth. Van Suid-Afrika se beste garagiste-wyne is ook te proe en te koop en daar s n kosmark en wynteater. Kaartjies kos R90 by Computicket of R100 by die deur. Navrae: wineshow.co.za of 021 888 8800.

4

5

6

7

8

9

10

31 Julie-3 Augustus Kuier saam met musiek, wyn en heerlike kos by die Wellington-huismark in n wynkelder op die Welbedacht-landgoed, 7,5 km buite die dorp. Handwerk-, dekor- en mode-artikels is te koop en toegang is gratis. Navrae: 083 384 0727 (Nelia), of soek Wellington Huismark op Facebook. 1-3 Augustus Die Futura Skool op Alberton hou n handwerkmark met meer as 120 stalletjies asook gourmet-kos. Dis van 9 vm. tot 7 nm. oop, en Sondag tot 3 nm. Die opbrengs gaan aan die vaardigheidsontwikkelingsprogram van dié skool vir kinders met n spesifieke leergestremdheid. Navrae: 011 433 3248.

11

12

13

14

15

16

17

1 Augustus Wynliefhebbers kan hulle regmaak vir die jaarlikse Shiraz Showcase by die Vineyard-hotel in Claremont, Kaapstad. Dis van 6 nm. tot 9 nm. Kom proe wyne van nuwe oesjare, ou gunstelinge asook internasionale en plaaslike pryswenners. Versnaperinge word bedien. Navrae: facebook.com/ShirazSouthAfrica of info@shirazsa.co.za. 8-10 Augustus Maak n draai by die Weskus-handwerkuitstalling in die Velddrif-stadsaal. Daar is ook n teetuin en werksessies. Toegang is gratis. Bel 022 783 1162 vir meer inligting.

18

19

20

21

22

23

24

14-17 Augustus Oudtshoorn speel gasheer vir Klein-Karoo Klassique, n verskeidenheid konserte met klassieke musiek. Navrae en program: klassique.co.za of info@kunsonbeperk.org.za. 22-24 Augustus Groen vingers? n Verskeidenheid inheemse plante is te koop by die jaarlikse BotSoc (Botanical Society) Indigenous Plant Fair in die Durban Exhibition Centre. Dis oop van 9 vm. tot 5 nm. Kundiges is byderhand met raad en daar is uitstallings in die saal. Navrae: 031 201 5111 of indigenousplantfair.org.za.

25

26

27

28

29

30

31

30 Augustus Kies koers na die Uitkyk-wynlandgoed langs die R44 tussen Stellenbosch en die Paarl vir n pannekoek-en-wynproe. Dit kos R65 per persoon en daar is twee sessies: 11 vm. en 2 nm. Navrae en besprekings: 021 884 4416 of info@uitkyk.co.za. 29-31 Augustus Chris Page hou n werksessie met n sterk kreatiewe en geestelike grondslag op Wellington. Verblyf, etes en vervoer word ingesluit en Saterdagaand is daar n opsionele jogasessie. Navrae: chrispage.co.za, galery@breytenbachsentrum.co.za, of soek Wineland Vitamins op Facebook.


HANDWERK & DEKOR

saamgestel deur Diana Procter

Dia na.P roc ter@ med ia24 .com

loveandlemons.com Jeanine Donofrio en Jack Mathews van Texas

Houtwerk vir almal ‒ Peter Alkema (RHS, R250)

Bright bazaar ‒ Will Taylor (St Martin s Press, R385)

Leer hoe om praktiese, stylvolle meubels vir jou huis te maak. Elke projek bevat foto s, illustrasies en n lys materiale en gereedskap wat jy nodig het. Probeer n maklike speelgoedboks of trapleer, timmer n rak vir die kinderkamer voor die baba gebore word, of kikker jou tuin op met n blinknuwe tuinbank.

Met diÊ boek se vars benadering tot kleur plus die magdom wonderlike dekoridees kan jy enige huis mooier maak. Will deel eers wenke oor hoe n mens kleur kan gebruik en wys dan tien kleurkombinasies ‒ van sagte pastelle tot helder kleure wat n stelling maak ‒ waarmee jy jou huisdekor tot nuwe hoogtes kan voer.

BOEKE BESKIKBAAR BY EXCLUSIVE BOOKS OF KALAHARI.COM • FOTO S: ED O RILEY EN SOOS VERSKAF

FIKSIE

is nie streng vegetaries nie, maar die meeste van hul resepte is. Die twee wil smulpape inspireer om groente kreatief te gebruik ‒ of jy nou vegan is, glutenvry eet of net mal is oor lekker kos. Van die geregte het hulle op hul reise raakgeproe. Jeanine kan nie n gereg maak sonder om suurlemoensap by te voeg nie ‒ vandaar die blog se naam.

sozowhatdoyouknow.blogspot.co.uk Zoe wil graag meer volhoubaar leef en haar blog fokus op idees om bestaande kledingstukke aan te pas en nuwe lewe te gee. Sy dokumenteer nie net haar eie skeppings nie, maar leer graag ander hoe om hul eie klere te maak deur gereeld wenke en aanwysings te plaas. Verder bied sy ook gereeld selfmaak-uitdagings aan waar sy mense aanmoedig om vir n maand lank net handgemaakte klere te dra.

KOS

Dubbelspel ‒ Wilna Adriaanse (Tafelberg, R200)

When the bough breaks ‒ Casey B Dolan (Kwela, R195)

Morito ‒ Sam en Sam Clark (RHS, R525)

My Paris kitchen ‒ David Lebovitz (Ten Speed, R420)

Hulle is almal in die land ‒ van die Chinese triades tot die Russiese maďŹ a. Niemand is hier vir die reĂŤnboognasie of natuurskoon nie. Geld is hul enigste god. Toe Ellie McKenna instem om di wĂŞreld te inďŹ ltreer, dog sy sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesĂŞ het, die duiwel het nie visitekaartjies nie. En nou is hy nie meer daar nie. n Opvolgboek is op pad ‌

Amber is sterwend aan kanker en skryf in haar laaste dae briewe aan haar seun en man om vergifnis te vra vir haar dade in die verlede. Maar dan val sy een nag en word hospitaal toe gehaas waar iemand ‒ haar minnaar, haar man, haar seun ‒ haar vir altyd stilmaak. n Naelbyt-storie oor liefde, verslawing en ontrouheid wat jou tot op die laaste bladsy aan die raai sal hou.

Morito is n lewendige tapasen-mezzekoeg in Londen, en nou kan jy diÊ eetplek se kleinbordjies peuselkos by die huis maak. Daar is meer as 150 resepte om uit te kies ‒ van za atar-platbrode, huevos rotos (eiers met chorizo en aartappel), seebaars-ceviche en gerookte eiervrug met spesery-lamsvleis en rissiebotter tot heerlike nageregte en drankies.

David vervolmaak n klomp klassieke geregte, maar deel ook resepte wat die eetgewoontes van hedendaagse Parysenaars weerspieĂŤl. Verwag van uiesop en lamstagine tot verleidelike nageregte. Die boek bevat ook stories en foto s oor die strate, kafees en bakkerye en onweerstaanbare sjokolade, kaas en brode wat dit so n fynproewerstad maak.




Raklewe Hier is n paar slim, interessante idees vir rakke waarop jy jou mooigoed kan uitstal en orden. deur CARIN SMITH foto s ED O RILEY

Hang ou draadmandjies aan hake wat jy in die muur ingeskroef het, pak verskillende bottels binne-in en vul dit met rose vir n vintagevoorkoms. Draadmandjie (R325) van Onsite Gallery. Pienk bottel (R29) van Typo. Glasvaas met blommotief (R29,99) van Mr Price Home. Inmaakes (R101 vir n boks van 24) van Consol.


Stapel twee sytafeltjies op mekaar om in n japtrap n rak met laaie te maak. Sytafeltjies (albei R1 495) van Trade Secret. Worshond-boekstutte (R475) van In Good Company. Groot bĂŞreboks (R89,99) en twee kleiner bĂŞreboksies (R49,99 vir die stel) van Mr Price Home. Pienk deurknop (R45) van Poetry.


Gebruik n klompie bakpanne as vlak rakke. DĂŠcoupage elkeen se bodem met n prent of foto sodat dit sommer terselfdertyd as prentrame dien. Koperletter (R75) van Onsite Gallery. Teekersie (R69 vir drie) van @home.


n Ou leer kan gou-gou in

die perfekte boekrak verander word. Verf dit in n kleur wat by jou dekor pas en haak dit oor twee of drie stewige hake sodat die onderrand wat die rak gaan vorm, gelyk is.

Leer (R845) van Nerf-af. Lig (R399,99), oorgooidekens (R149,99 elk) en uil-pennehouer (R29,99) van Mr Price Home. Serp (R510) en keramiekbekertjie met blommotief (R135) van Imagenius. KartonvoĂŤltjie (R80) van Abode. Bulhond-deksel (R320, deel van n deksel-en-houer-stel) van Quirky Me. Bakkerstou (R100 per rolletjie) van In Good Company. Keramiekvaas (R70) van Ceramic Factory. Groen bankie (R650) van Onsite Gallery. Pienk kroegstoel (prys op versoek) van Chair Crazy.


Hier is n slim manier om n klein ruimte op te kikker: Gebruik n strook hout teen die muur en plak vinielplakkers op die muur net bo dit om die illusie van rakke te skep. Muurplakkers (vanaf R179 elk), notaboeke (vanaf R89 elk) en boksraam (R179) van Typo. Buetkas (R4 495) van Trade Secret.


VoÍlkoutjies met tralies en lanterns wat groot genoeg is om as bêreplek te dien, is prettige, aweregse idees vir rakke. Stal dit op n buetkas uit of hang dit aan n haak bo jou lessenaar. VoÍlkou (R229,99) en lantern (R359,99) van Mr Price Home. Notaboek met ringetjies (R39) van CNA. Pienk bottel (R29) en kunsafdruk (R119) van Typo.


Versier n moderne boekrak met stroke washi-kleeint en muurpapier en gebruik dit dan as uitstalplek vir jou mooiste porseleinware. Boekrak (R3 495) van Coricraft. Silwer teepot (R125) van Nerf-af. Keramiek-teepot (R99,99) van Mr Price Home. Teepot met polkakolle (R119) van Typo. Strooitjies met vlaggies (R88 per stel) en papierborde (R65) van In Good Company. Blikkie (R29,99) van Mr Price Home. Beker (R350) van In Good Company. Glas-koekstaanders (R89,99 vir die kleiner een en R499 vir die grote) van @home. Keramiek-koekstaander (R199) van Mr Price Home. Knoopstoel (R1 195) van Church Original Products. Mat (R10 419) van Gonsenhausers Fine Rugs. Pienk glase: Soortgelykes kos R35 by Woolworths. Koppies en pierings: Soortgelykes kos R89 per stel by @home.


WENK Gebruik slagtershake om nog

items aan die plankmat te hang.

Skep n rak uit n plank-badmat. Soek n plank wat net eens breÍr as die spasie tussen die latte van die plankmat is, en gebruik n hout- of rubberhamer om dit stewig tussen twee latte in te slaan. Verf die plankmat en plankie dieselfde kleur as jou muur vir n eenvormige, moderne voorkoms. Gebruik klein hakies om die plankmat teen die muur te hang. Plankmat (R129,99), oorgooideken (R149,99) en uil-lampie (R79,99) van Mr Price Home. Kamera-kers (R290) van Imagenius. Skêr (R39) van CNA.


Plak stroke hout aan die binnekant van n ou skoolkoer en n spieÍl aan die binnekant van die deksel en gebruik dit as n rak in jou slaapkamer. Koer-rak (R450) van Peter Osborn Furniture. Lig (R99,99) van Mr Price Home. Die woord love (R450, deel van n stel) van Quirky Me. Bakkerstou (R50 vir n klein rolletjie en R100 elk vir die groter rolle) van In Good Company. Washi-kleeint (R85 vir drie rolletjies) van In Good Company en (R36) van Quirky Me. Muurverf: Plascon s Pink Bubble R1-A2-2 en Bird s Egg B3-B2-2.


Gebruik hake en sterk tou om twee mooi verweerde houtbankies teen jou muur te hang en dan as interessante rakke te gebruik. Maak net seker dit is gelyk en stabiel voordat jy enigiets daarop uitstal.

KOOPGIDS OP BLADSY 127

Bankies (R245 vir die kleiner een en R645 vir die grote) van Nerf-af. Klein borsbeeld-blomvaas (R230) van Chandler House. Geskilderde houtblok (R280), koperletters (R75 elk) en hasie (R730) van Imagenius. Vaas (R320) van Ceramic Factory.


Sypaneel

Dakpaneel

Sypaneel

Dakpaneel

180 mm

275 mm

Laat saag die vier panele vir die dakkie.

â‚€

â‚€

70

â‚€

70

â‚€

70

Pak die vier panele uit met die groter dakpaneel wat die bopunt van die nok vorm.

Mat (R599,99), mandjie (R159,99) en kombers (R220) van Mr Price Home. Hasie (R730) van Imagenius. Houer met olifant-deksel (R695) van Weylandts. Stoel (prys op versoek) van Chair Crazy. Houtrak (R549; sonder dak en wiele) van Mistry s. Metaalpote (R46 elk) van Builders Warehouse. Houtdakkie gemaak deur The DIY Shop.

265 mm

Draai die rakkie onderstebo en skroef die vier pote op die hoeke vas.

70

Laat saag een 300 mm-sy van al vier panele teen n hoek van 70 grade af.

180 mm

Maak die twee sypanele met twee tappennetjies elk aan die bokant van die rak vas: Merk die posisie van die gate vir die tappennetjies aan die rak se sykante af en boor die gate diep genoeg sodat die tappennetjies halfpad daarin pas.

KOOPGIDS OP BLADSY 127

300 mm

LET WEL Ons het die mates vir ons dakkie se panele bereken volgens ons rakkie se grootte. Pas die mates vir joune volgens jou eie rakkie aan.

300 mm

• regop houtrak (ons s n is 1 200 mm hoog, 400 mm breed en 300 mm diep) • 18 mm-dennehoutpanele vir die dakkie: ‒ twee 300 x 180 mm-stukke (sypanele) ‒ een 300 x 275 mm-stuk (dakpaneel) ‒ een 300 x 265 mm-stuk (dakpaneel) • 4 metaalpote met skroewe • paneelspykers • houtlym • houtvuller • klein tappennetjies (dowel pins) • gereedskap (hamer, boor, ens.)

gewelrakkie 300 mm

Jy benodig

300 mm

Bou n


Verander n gewone houtrakkie in n Hollandse huisie deur n dak op te sit en pote aan te skroef. deur LIZEL CLOE TE assistent CISKIA HANEKOM foto s ED O RILEY ek stra stilering CARIN SMITH


Boor twee ooreenstemmende gate in die sypanele, diep genoeg sodat die ander helfte van die tappennetjies daarin sal pas.

Druk houtlym in die gate in die sypanele en druk die tappennetjies daarin. Sit die twee panele eers eenkant.

Lym en spyker die twee dakpanele aan mekaar vas.

Lym en spyker die twee sypanele aan die dakpanele vas. Vul gate in die hout met houtvuller op.

Toets of jou dakkie reg pas. Druk lym op die rak se rande en in die gate vir die orige tappennetjies en druk die dakkie op die rak vas. Vee die oortollige lym met n klam lap af en laat dit droog word. Verf die rakkie indien verkies.

SLIM IDEE Gebruik verskillende soorte washi-kleeint en plak nog gewelhuisies op die muur om n fokuspunt te skep.



BLY lekker

PARYSE KLEUR Pylones, die winkel met die mooiste kleurvolle goed vir jou huis en kantoor, het n tak in die V&A Waterfront, Kaapstad, oopgemaak. Die eienaar-ontwerper Braguette Magique het die eerste winkel in 1985 op die kelderverdieping van n gebou in Parys, Frankryk, begin, en vandag is daar meer as 100 winkels wĂŞreldwyd. Gaan kyk na hul volledige produkreeks op pylones.com.

Dala Watts en Lizel Cloete soek mooigoed en maakgoed vir jou huis. dwa t ts@ med ia24 .com lizel.cloete@ media24.co m WEET JY VAN N OULIKE NUWE WINKELTJIE OF MOOI DEKOR- OF HANDWERKREEKS WAARVAN ONS OOK BEHOORT TE WEET? SKRYF VIR DALA OF LIZEL EN ONS SAL DIT OORWEEG VIR DIÉ BLAD.

Hierdie unieke interieurreeks is ontwerp en vervaardig deur die boetiek-ateljee Room13 Design in Kaapstad. Die muurpapier kos R450 per meter en die materiaal R750. Daar is ses ontwerpe met van botaniese elemente tot graďŹ ese patrone in die versameling. Bel hulle by 021 425 4469 of besoek hul webwerf, room13collection.co.za, om meer uit te vind.

EET IN STYL

DiĂŠ besonderse plekmatjies is van Handmade by Me, n plaaslike aanlynwinkel wat ook n reeks materiale en muurpapier met hul eie unieke ontwerpe het. Die plekmatjies is gelamineer en kos R220 vir n stel van vier. Bestel dit by handmadebyme.co.za.

SLIM KIND

Myslimkind is n opvoedkundige program vir kinders tot ses jaar waar jy elke twee maande n slimboks met ouderdomsgepaste boeke, legkaarte en speelgoed asook raad van kundiges kry. Dit kos R295 per boks. Registreer op hul webwerf, myslimkind.com.

FOTO S: ED O RILEY EN SOOS VERSKAF

DiĂŠ pragtige babaprodukte is van Baby Noenoe, n onderneming op Prins Albert in die Groot-Karoo wat ontstaan het uit n gemeenskapsprojek. Marianne Erasmus het die projek begin en sĂŞ al hul produkte word eksklusief deur die vroue van Handmade Karoo Handgemaak gemaak. Die hasies kos R280 elk en die komberse vanaf R560. Vind meer uit op hul webwerf, babynoenoe.com.



deur LIZEL CLOE TE assistent CISKIA HANEKOM foto s ED O RILEY ek stra stilering CARIN SMITH

Laat wiel!

Werk-/eettafel Sit vanaand by die tafel aan vir ete en skuif dieselfde tafel mĂ´re terug na jou werkspasie deur n gewone tafel op rolwiele te sit. Sorg dat minstens twee van die wiele remme het sodat dit nie rondskuif terwyl jy eet of werk nie. Hierdie oplossing is ideaal vir n oopplan-area of as jy n groot tafel in n knap spasie het en die tafel gedurig moet skuif om plek te maak. Vo lhuisies (vanaf R130 elk) van Peter Osborn Furniture. Lig (R399,99) van Mr Price Home. Glase (vanaf R25 elk), bakkies (R45 elk) en blou vaas (R220) van Woolworths. Geel vaas (R70) van Ceramic Factory. Stoel (prys op versoek) van Chair Crazy.

Gebruik die beskikbare spasie in jou huis doeltreender deur jou meubels op wiele te sit ‒ of dit nou n kas, werkbank of koďŹƒetafel is.


Kassie wat kan skuif Sit n kas wat dikwels in die pad is, op wiele, en gee dit terselfdertyd n nuwe voorkoms. Verf dit in n kleur wat by jou dekor pas (ons het Plascon Velvaglo in Blue Depths B5-C1-1 gebruik) en maak die binnekant mooi met muurpapier. Skuur die kassie vooraf liggies af en verf dit met n universele onderlaag. Laat dit oornag droog word voor jy dit met twee lae emaljeverf verf ‒ laat elke laag ook goed droog word. Om die muurpapier te plak, meet presies hoe groot die verskillende panele moet wees en sny dit daarvolgens. Plak dit met muurpapiergom vas. Rond dit af met mooi nuwe deurknoppe. Lamp (R2 295) en beker met strepe (R22) van Weylandts. Mat (R599,99) en wit bak (R159,99) van Mr Price Home. Groen bak (R149) van Loads of Living.


Mobiele koďŹƒetafel Maak in n japtrap n koďŹƒetafel van n palet en skroef rolwieletjies op die hoeke vas sodat jy dit kan rondskuif soos nodig. Koop die soort met remme aan sodat die tafel stewig sal staan en skroef dit met houtskroewe vas. Jy kan n glasblad vir die bokant laat sny indien verkies. Palet (R65) van Pallet Supply Link. Mat (R10 419) van Gonsenhausers Fine Rugs.


KOOPGIDS OP BLADSY 127

Werkbank op wiele

Sit n werkbank op rolwiele sodat jy dit oral in die huis kan gebruik, soos in jou werkkamer of op die stoep as jy tuinwerk doen. Draai die werkbank onderstebo en skroef die wiele met houtskroewe aan die onderkant van die pote vas. Minstens twee van die wiele moet remme hĂŞ. As jy die werkbank wil verf, skuur dit eers liggies af en verf dit met n universele onderlaag voor jy dit met twee lae emaljeverf verf. (Ons het Plascon Velvaglo in Mayor Green G5-A1-1 gebruik.) Laat dit oornag droog word tussen die lae.

Vo lhuisie (R445), blikhouertjie met vo lmotief (R375 vir drie) en Garden Tidy -tuingereedskapskissie (R395) van In Good Company. Leer (R845) van Nerf-af.


REG VIR

WERK

deur LIZEL CLOE TE assistent CISKIA HANEKOM stilering CARIN SMITH foto s ED O RILEY

Ons kon beswaarlik drie items kies waarsonder ons nie in ons handwerkkamer kan klaarkom nie, maar het uiteindelik op alkant-plakband, n handwerkpons en gomgeweer besluit. Hier is idees vir projekte wat wys hoe nuttig diĂŠ items is.

Kissies (vanaf R12 elk) van Super Floral. Stoel (prys op versoek) van Chair Crazy. Gekleurde glasbottels (vanaf R19,99 elk) van Mr Price Home. Koppie en piering (R179), ligblou knyper (R25) en draadmandjie (R199) van Typo. Blou blik (R595 vir n stel van vier) en rolle bakkerstou (R200 elk) van In Good Company. Verf: Pink Bubble R1-A2-2 van Plascon.

KOOPGIDS OP BLADSY 127

Sit n paar rakke by jou werktafel op sodat jy jou handwerkbenodigdhede netjies kan bêre en sommer terselfdertyd jou handwerkkamer kan opkikker. Vir ons rakkies het ons kissies gekies wat in verskillende groottes en vorms by groot bloemistewinkels te koop is (en gewoonlik as blombakke gebruik word). Ons het ons s n wit geverf en die bodem dieselfde kleur as die muur sodat dit soos wit raampies teen die muur lyk. Skroef hakies aan die agterkant van die kissies vas en hang dit saam met van jou prente op ‒ rangskik dit eers op die vloer om die posisionering te vergemaklik. Probeer van ons projekte om mooi houers vir jou handwerkgoed te maak en pak alles netjies op hul plek.



Alkant-plakband, veral die dun soort, is onontbeerlik in n handwerkkamer. Hier is twee maniere waarop jy dit kan gebruik.

Partytjie-vlaggies Maak diĂŠ vlaggies om kolwyntjies of ander partytjieeetgoed te versier. Plak n stukkie alkant-plakband aan die agterkant van n strokie mooi papier en vou dit dubbel om n sosatiestokkie se punt. Sny n V uit die punt of sny dit in n driehoek om die vlaggie te vorm. Ons het verskillende soorte plakboekpapier gebruik en die sosatiestokkies in bypassende kleure geverf om ons vlaggies te maak.

Lap-washi Maak washi-kleeint van oorskietlap en alkant-plakband en gebruik dit om jou prente teen die muur vas te plak of geskenke toe te draai. Probeer materiaal gebruik wat oorgebly het van gordyne of kussings wat jy vir jou werkkamer gemaak het om die voorkoms mooi bymekaar te bring. Knip net die materiaal in strokies wat so breed is soos die alkant-plakband en plak die plakband aan die verkeerde kant van die materiaal vas om kleeint te maak.

Staander (R595) van In Good Company.

Partytjie-vlaggies


Lap-washi

SLIM IDEE Gebruik jou lap-washi om bottels vir jou handwerkbenodigdhede te versier.


Ponse kan baie meer doen as om net gate in papier en plastiek te druk. Dit kan ook baie kreatief ingespan word in handwerkprojekte. Jy gebruik dit saam met n hamer met wisselbare punte wat in verskillende groottes te kry is.

Kruissteek-hart Skep borduurgaas met jou handwerkpons en maak diĂŠ hart met kruissteke. Gebruik die hartpatroon op bladsy 42 en kopieer dit om in n raam te pas. Plak die patroon met maskeerband op die agterkant van n stuk karton vas en pons die gaatjies. Gebruik hekel- of borduurgare, breidraad of tou om die stekies te maak. Sit die prent in die raam.

WENK Plak die los garepunte aan die agterkant met n gomgeweer vas.

Soene op strooitjies Maak diĂŠ prettige strooitjies vir koeldranke op n kinderpartytjie. Wanneer die kinders dit drink, lyk dit of hulle pruilmondjies het. Trek die lippepatroon op bladsy 42 oor op die agterkant van mooi papier. Knip dit uit en pons n gaatjie daarin waardeur die strooitjie sal pas. DiĂŠ idee sal net so goed werk met snorre.

Stel van vier melkbottels en houer (R100) van In Good Company.


SLIM IDEE Verf jou skilderdoek om by jou dekor te pas. Ons het ons s n met verf van Plascon in die kleur Birds Egg B3-B2-2 geverf voordat die liggies ingesit is.

Bokkop met liggies

Pons n patroon in n skilderdoek en druk feetjieliggies in die gate om diÊ kunswerk te skep. Jy kan ons takbokpatroon op bladsy 42 of jou eie ontwerp gebruik ‒ n enkele letter of woord sal ook mooi lyk. Tel die liggies aan jou string(e) en pons dieselfde aantal gaatjies in die skilderdoek. Ons drie stringe liggies werk met batterye, dus hoef dit nie ingeprop te word nie. Onthou net om n plek aan die agterkant oop te los waar jy die batteryhouers kan plak. Plak jou patroon met maskeerband aan die agterkant van die doek vas ‒ dit moet n spieÍlbeeld wees van hoe jy die ontwerp aan die voorkant wil hê. Kies n ponspunt volgens die grootte van jou liggies ‒ eerder n bietjie te klein as te groot ‒ en toets dit op n afvalstukkie karton. Werk op jou snymat wanneer jy die gaatjies pons. Laat die doek op iets rus wat dit van jou werkoppervlak af lig en druk die liggies van agter af in die gaatjies. Druk n druppel warm gom by elke liggie se basis uit en hou die liggie vir n oomblik sodat dit reguit vorentoe wys wanneer die gom set.


n Gomgeweer plak byna enigiets in n kits ‒ van groot velle karton tot elektriese drade en krale. Dit werk met warm gom, wees dus versigtig dat jy nie jou vingers brand nie. Die gom koel baie vinnig af om n stewige hegplek te vorm. n Mens kry deesdae gomgewere met fyner punte wat beter werk vir meer dekoratiewe projekte.

Gomgeweer (R260) en gekleurde gomstiďŹƒes (R85 vir n pakkie) van Cape Arts and Crafts.

WENK

Wanneer jy die gekleurde gomstiďŹƒe insit, moet jy eers die vorige kleur uit die gomgeweer spuit voor dit sal oorslaan na die nuwe kleur. Jy kan ook die gomgeweer tussen kleure skoonmaak met n bietjie kleurlose gom.

Versierde bottels (Oorkantste blad) DiĂŠ bottels met hul fyn patrone is lekker om handwerk-items in te bĂŞre, maar is ook mooi genoeg om n bos blomme in geskenk te gee. Sien die stappe op bladsy 42.

Klein versierings

Patroonroller

Patroonroller

Klein versierings

Ons het diĂŠ kroontjies gemaak deur warm gom in silikoonbakvormpies te spuit. Die bakvorms is by bakwinkels te kry en word gewoonlik vir suikerversierings gebruik. Laat die gom hard word voordat jy die vormpie probeer uitdruk. Ons het gekleurde gom gebruik (dis in stiďŹƒes by sommige handwerkwinkels te kry), maar as jy nie dit in die hande kan kry nie, kan jy bloot die vormpie agterna met naellak verf of spuitverf. Gebruik dit as plakboek- of geskenkversierings.

Spuit n gompatroon op n koekroller en gebruik dit dan om n mooi reli fpatroon in klei of plastiekversiersel te druk. Jy kan die patroon met die vrye hand op die koekroller teken of jy kan dit eers op papier uitwerk volgens die omtrek en lengte van jou koekroller. Plak die papierpatroon met maskeerband op die koekroller vas met n stuk koolpapier tussenin en trek die patroon met n potlood na. Verwyder die papierpatroon en koolpapier en trek dan die patroon op die koekroller met warm gom na ‒ gebruik n gomgeweer met n fyn punt om al die detail in te kry. Laat die gom hard word en vryf enige gomdraadjies met jou vinger af. Ons het ons patroonroller gebruik om mooi bakkies en hartversierings van lugdroogklei te maak.


Versierde bottels, bakkies & klein versierings

SLIM IDEE

Verf die bakkies of besprinkel dit met n bietjie bladgoudpoeier voor jy dit met n geskikte vernis soos Dala se Deco Varnish seĂŤl.


VERSIERDE BOTTELS Jy benodig • gomgeweer (verkieslik een met n fyn punt) • glasbottel • papierpatroon • onderlaag vir spuitverf • spuitverf in die kleur van jou keuse • wit asyn • maskeerband

Kruissteek-hart

So maak jy 1 Soek n mooi patroon of letters op die internet en druk dit in die verlangde grootte uit. Skakel solank jou gomgeweer aan en vryf die bottel binne en buite skoon en droog. 2 Plak die patroon met maskeerband aan die binnekant van die bottel vas. 3 Neem jou gomgeweer en spuit aan die buitekant van die bottel n dun straaltjie warm gom al langs die buitelyne van die patroon. 4 Laat die gom afkoel en vee dan die bottel versigtig met n bietjie wit asyn op n stukkie watte af om van vingermerke en gom- drade ontslae te raak. 5 Maak seker die bottel is droog en spuit dit met n laag van die onderlaag. 6 Spuitverf die bottel in die kleur van jou keuse sodra die onderlaag droog is. Spuit nog n paar lae tot die kleur mooi solied is ‒ laat elke laag droog word voor jy die volgende laag spuit.

Bokkop met liggies


WEN Jy kan een van sewe lesers wees wat n pak kraggereedskap van Dremel wen. Elke pak is R6 495 werd.

* DEUR PER E-POS OF SMS IN TE SKRYF, GEE JY VIR ONS TOESTEMMING OM JOU OOK SO TE KONTAK.

G

kraggereedskap ter waarde van R45 465! VRAAG Wat is die naam van Dremel se veeldoelige brander?

ereedskap van Dremel is veelsydig en nuttig en dus ideaal vir selfdoen- en handwerkprojekte.

Elke pak sluit die volgende in: • Die Dremel 4200-rotasiewerktuig, wat ideaal is vir presisiewerk. Dit het n wye reeks gebruike, soos graveerwerk, kerfwerk, verdiepwerk, snywerk, afskuring en polering. • Die Dremel Moto-saag, n kompakte ďŹ guursaag wat maklik is om te gebruik vir gedetailleerde snywerk in verskeie soorte materiaal. • Die Dremel 940, n hoĂŤ-temperatuur-gomgeweer met drupbeheer. • Die Dremel VersaFlame, n veeldoelige brander wat oopvlam-gebruik veilig kombineer met n katalisator en soldeerkop, wat dit baie veelsydig maak. • Die Dremel Multi-Max, n koordlose ossilleerwerktuig wat ideaal is om items te herstel, om te bou of op te knap.

DIE PRYSE Sewe pakke kraggereedskap van R6 495 elk. Elke pak bevat n Dremel 4200-rotasiewerktuig, Moto-Saw, 940-gomgeweer, VersaFlame en Multi-Max.

TOTALE WAARDE: R45 465 SLUITINGSDATUM: 17 AUGUSTUS 2014 JY KAN OP EEN VAN 4 MANIERE INSKRYF: 1 Stuur die antwoord op die vraag en jou kontakdetail agterop n poskaart aan Idees, Dremel-kompetisie, Posbus 1802, Kaapstad 8000. 2 SMS die woord Dremel met jou naam en van, antwoord, e-pos- en posadres na 45733 (SMS e kos R1,50 elk).* 3 Stuur jou antwoord per e-pos na kompetisies@idees.co.za. Skryf Dremel in die onderwerpveld.* 4 Skryf aanlyn op dailyďŹ x.co.za in. KompetisiereĂŤls • Die pryse gaan aan die eerste sewe korrekte inskrywings wat getrek word. • Die beoordelaars se besluit is ďŹ naal en geen gesprek sal daaroor gevoer word nie. • Die wenners word telefonies in kennis gestel. • Die pryse is onderhewig aan beskikbaarheid en lewering deur die borg. • Die pryse kan nie verander, oorgedra of vir kontant geruil word nie. • Personeellede van Media24 en Dremel, hul advertensie-agentskappe en gesinne mag nie deelneem nie. • Die kompetisie sluit op 17 Augustus 2014.


Eet GOED Louisa Holst proe lekker kos en wyn en toets slim kombuisgoed. lhol st@ med ia24 .com

AFROLATYNSE smake

Vinnig fyner Die Braun Multiquick 7 (MQ735)-handmenger spog met nuwe tegnologie waarmee jy die spoed met n ligte druk van jou hand kan aanpas pleks daarvan om te stop en knoppies te verstel. Boonop is daar allerlei ekstras wat kombuistake in kinderspeletjies sal verander ‒ van superharde vlekvryestaal-lemme om goed fyner en vinniger te meng tot n kapper en n klitser. Dit kos R1 200 by takke van Dion Wired.

PERFEK VIR PASTA Met Peppadew se nuwe pastasouse is ure voor die stoof iets van die verlede. Die nuwe sousreeks word van vars, geurige bestanddele gemaak om n ryk, tuisgemaakte smaak te verseker. Jy verhit dit net en gooi dit oor gaar pasta van jou keuse. Vyf geure is beskikbaar en dit kos R25,99 per fles by supermarkte landwyd.

n Sopie sonskyn

Laat die winterkoue wyk met n sopie soet, geurige muskadel. Badsberg Rooi Muskadel 2013 is onlangs by die 2014 Muskadel SA-toekennings as die beste plaaslike muskadel aangewys en dit kos net R55 per bottel. Gaan na badsberg.co.za om dit aanlyn te bestel.

FOTO S: ED O RILEY EN SOOS VERSKAF • EKSTRA STILERING: HANNES KOEGELENBERG

Blinknuwe blou

Simonsberg het hul kaasreeks uitgebrei met n nuwe bloukaas, Simonsberg Blaauwberg, wat spog met n sterk, astrante geur. Hulle maak nou n trio bloukase: Deense-styl Creamy Blue, die Italiaanse-styl Simonzola, en die nuwe Brits-geïnspireerde Blaauwberg. Landwyd te koop by supermarkte vir R19,99.

Maak gerus n draai by Arriba! Café in Langstraat, Kaapstad, vir n eklektiese mengsel van oud en nuut wat hande vat met plaaslike en uitlandse invloede. Probeer die opwindende geure op die spyskaart, maar geniet ook die energie en passie van Afrika- en Latynse kulture wat in die dekor en warm atmosfeer na vore kom. Besoek arriba.co.za om te bespreek.



deur LOUISA HOLST assistent TANI KIRSTEN foto s ED O RILEY stilering HANNES KOEGELENBERG

KOMBUISGOED wat kook

Met n verskeidenheid slim kombuisgereedskap kan jy enige gereg in n sjiek sjef-skepping omtower en terselfdertyd baie tyd en moeite spaar.



Dek jou tafel vroulik en Frans vir diĂŠ elegante spyskaart. Kies sagte kleure soos wit, room en bruin, maar breek dit op met tikkies pienk, silwer en koper. Gebruik ons patrone en jou eie of internet-illustrasies om tafellopers en plekmatjies van papier te skep. Rond die tafel met mooi blomme af.

Blomme Rangskik roosknoppe en angeliere in ou trofees en ander koper- of silwerware. Knoop linte om die ore of stele om dit verder te versier.

Tafellopers Ons het die tafellopers van velle ligbruin karton gemaak en ook die spyskaart daarop getik. Fyn sirkelontwerpe dien as onderborde. Plak die uitgedrukte velle met alkantplakband aan mekaar vas.

Murgpampoentjieen-wortelslaai met n bros spek-bolaag Genoeg vir: 4-6 Bereidingstyd: 30 minute Gaarmaaktyd: 5 minute

Servette Kopieer ons patroon op bladsy 55 op ligbruin karton om diĂŠ ongewone servethouers te maak. Vou die servet om die kartonhouer en steek dit vas met n pĂŞrelspeld. Ons het n koekie bygesit wat met harde versiersel en n illustrasie van eetbare papier versier is. OP DIE TAFEL Tafeldoek (R600), botterbakkie (R250), souspotjie (R50), melkbekertjie (R15), bord (R220), onderbord (R150), eetgerei (R100 stuk), glas (R450) en trofeĂŤ (vanaf R100) van Plan B Vintage.

• 2 snye plaasbrood, verkieslik oud (korsies afgesny) • 120 ml olyfolie • 25 ml pekanneute • 10 ml sesamsaad • 1 knoelhuisie, middeldeur gesny • 400 g murgpampoentjies, punte afgesny • 400 g wortels, geskil • 1 bakkie wilderoket • 2 ml Dijon-mosterd • 30 ml suurlemoensap • 1 ml gerasperde suurlemoenskil • 1-2 ryp avokadopere, in skywe gesny • 2 wiele fetakaas, om voor te sit • 250 g streepspek, gekap en gebraai, om voor te sit


Murgpampoentjie-en-wortelslaai met n bros spek-bolaag


Bief-en-sampioenrolletjies gesmoor in bier

1 Verf die brood alkant met olyfolie,

2

3

4

5

pak dit op n bakplaat en rooster dit onder die roosterelement tot dit goudbruin is aan die een kant. Draai die brood om en pak die pekanneute en sesamsaad ook op die bakplaat. Rooster dit tot die ander kant ook goudbruin is. Haal die bakplaat uit die oond, vryf die brood met die knoelhuisie en laat dit eenkant afkoel. Pols die brood in n voedselverwerker fyn. Voeg die neute en sesamsaad by en pols dit om growwe krummels te vorm. Skep dit uit en hou dit eenkant. Gebruik n mandolien-snyer om die murgpampoentjies en wortels in dun linte of repe te sny. Gooi dit in n groot bak en voeg die roketblare by. Klits die mosterd, suurlemoensap en -skil en die orige olyfolie saam en meng dit deur die slaai. Voeg die avokado by en meng dit weer liggies deur. Sit dit dadelik voor met die feta, spek en krummelmengsel bo-oor gestrooi.

Genoeg vir: 4-6 Bereidingstyd: 30 minute Gaarmaaktyd: 1½ uur • • • • • • • •

Plekkaartjies Kies n mooi illustrasie en lettertipe en maak plekkaartjies vir die gaste. Ons het ons s n op ligbruin karton uitgedruk, in vierkante gesny en op houtgaretolletjies gedruk waarin gleuďŹ es gesaag is.

• • • • • • • •

1 middelslag-ui, geskil 2 knoelhuisies, geskil 125 g knopie- of bruin sampioene 30 ml botter 8 dun skywe beesbinneboud (topside) 30 ml fyngekapte Italiaanse pietersielie 1 groot eier, geklits 250 ml varsgemaakte witbroodkrummels Dijon-mosterd meel, vir oorsprinkel 40 ml sonneblom- of canola-olie 250 ml biefaftreksel 250 ml bier 3 sprietuie roerbraaigroente, om voor te sit (resep op bladsy 52) gaar pasta of rys, om voor te sit

1 Kap die ui, knoel en sampioene

• n Mandolien- en julienne-snyer is gawe kombuistoerusting om vrugte of groente in papierdun snye of mooi julienne-repies te sny. Jy kan ook n gewone groenteskiller gebruik om dun repe wortel of murgpampoentjie te maak. • Ons het die kap-lem van die voedselverwerker gebruik om die krummel-bolaag vir die slaai te maak.

in n voedselverwerker fyn. 2 Verhit die botter in n pan en braai die mengsel oor matige tot hoĂŤ hitte tot die uie en sampioene sag is. Haal dit van die plaat af en laat dit afkoel.

MANDOLIEN (vanaf R160) n Mandolien-snyer word gebruik om vrugte of groente in netjiese, ewe groot skywe, juliennerepies, krinkelsnit-skywe of blokkies te sny. Jy kan die skywe dikker of dunner sny. n Mandolien is ideaal om vrugte of groente in papierdun skywe te sny wat jy in sjiek nageregte of slaaie Ăłf as groente-tjips kan gebruik, of in dikker skywe vir aartappel- of groentegebak.

JULIENNE-SNYER (vanaf R60) Dit is baie nuttig om groente of vrugte vinnig en maklik in dun juliennerepies te sny. Gebruik die repies in slaai, groentegeregte of as garnering.


Bief-en-sampioenrolletjies gesmoor in bier


3 Berei die vleis: Sit elke vleisskyf

tussen twee lae kleefplastiek en slaan dit liggies met n vleishamer tot dit baie dun is. 4 Voeg die pietersielie, eier en broodkrummels by die sampioenmengsel en geur dit met sout en varsgemaalde swartpeper. Smeer n laag mosterd aan een kant van elke vleisskyf, skep n lepel vol van die vulsel bo-op, vou die kante in en rol dit op. Steek dit vas met twee tandestokkies. Doen dieselfde met die ander vleisskywe. 5 Rol elke vleisrolletjie in meel en skud die oortollige meel af. Verhit van die olie in n kastrol en braai n paar rolletjies op n slag tot dit mooi bruin is. 6 Skep al die rolletjies in n enkellaag terug in die kastrol, voeg die aftreksel en bier by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit vir 1-1½ uur prut tot die vleis sag is. Verwyder die tandestokkies. Gebruik n julienne-snyer om die sprietuie in julienne-repies te sny en sprinkel dit oor die vleisrolletjies. Sit dit voor met roerbraaigroente en gaar pasta of rys.

VLEISHAMER (VANAF R70) Deur stukke vleis of hoender liggies met n vleishamer te slaan help jy om die vleis sagter te maak (en jy verkort terselfdertyd die gaarmaaktyd). Dit is veral nuttig as jy meer ekonomiese snitte gebruik wat dikwels taaier is. Vleishamers word ook gebruik om stukke vleis of hoender dunner te slaan sodat jy dit vinniger kan gaarmaak en dit met vulsels kan stop en oprol.

• Ons het n vleishamer gebruik om die vleisskywe platter te slaan sodat dit dun genoeg is om te stop en op te rol. • Ons het die kap-lem van die voedselverwerker gebruik om vars broodkrummels te maak en die bestanddele vir die vulsel vinnig fyn te kap. • Die julienne-snyer kan ook gebruik word om die sprietuie in dun repe te sny. Sit die repies in n bak met yswater sodat dit kan krul ‒ dit lyk veral mooi as garnering.

Suurlemoen-brÝlÊe-tert met klapper-roomys Genoeg vir: 6 Bereidingstyd: 40 minute, plus vriestyd Gaarmaaktyd: 40-50 minute Oondtemperatuur: 180 C Kors • 250 ml koekmeel • 60 ml strooisuiker • 90 ml koue botter • omtrent 20 ml koue water

Groente-roerbraai Gebruik die dun sny-lem van die voedselverwerker om n ui te sny. Skep dit uit en hou dit eenkant. Sny n halwe kool en n rooi en geel soetrissie (pitte verwyder), skep dit uit en sit dit eenkant. Verhit 30 ml olie in n groot kastrol of wok en soteer die ui vir n paar minute. Voeg die kool en soetrissie by en roerbraai dit tot dit net-net sag is. Voeg 125 ml bevrore ertjies by wanneer dit amper gaar is. Geur dit met sout en varsgemaalde swartpeper en sit dit dadelik voor.

Vulsel • omtrent 2 suurlemoene • 95 ml strooisuiker, plus 30 ml ekstra vir oorsprinkel • 95 ml room • 2 groot eiergele • 1 groot eier • 7,5 ml fyngerasperde suurlemoenskil • suurlemoenskil, in fyn repies gesny, vir garnering • klapper-roomys, om voor te sit (resep op bladsy 54)

VOEDSELVERWERKER (VANAF R1 000) Gebruik dit om te sny, rasper, meng, kap, kerf, klits, versap en knie. n Voedselverwerker is onontbeerlik as jy lief is vir kosmaak en onthaal: Dit sal jou help om n hele paar kombuistake vinnig en moeiteloos af te handel. Gebruik dit om sop of patee te verpulp, kap neute, uie of broodkrummels fyn, of maak pastei- of brooddeeg. Die verskillende lemme is ideaal om groente vir roerbraai, sop of bredies reg te kry of om groente of vrugte te rasper vir slaaie of nageregte. Met die sitrusuitdrukker kan jy jou eie sap uitdruk.


Suurlemoen-br没l茅e-tert met klapper-roomys


2

3

4

5

6

7

suurlemoene en sny ook repies vir garnering. Druk dan die suurlemoene uit ‒ jy het 65 ml vars suurlemoensap nodig. Kors Meng die meel, suiker en n knypie sout en pols dit vir n paar sekondes in die voedselverwerker. Voeg die botter by en pols dit weer tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg die water by ‒ net n bietjie op n slag ‒ tot die mengsel n deeg vorm. Haal die deeg uit die voedselverwerker en rol dit in n bol. Bedek die deeg met kleefplastiek en sit dit vir minstens twee uur in die yskas. Haal die deeg uit die yskas en rol dit uit op n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Sny deegsirkels uit wat groot genoeg is om 6-8 individuele losboomtertapannetjies te voer. Bedek die deeg met bakpapier, vul dit met bakboontjies en bak dit blind in die verhitte oond. Haal dit ná 10 minute uit en verwyder die bone en bakpapier. Sit dit terug in die oond en bak dit vir nog 5-8 minute of tot dit bros is. Vulsel Klits die suiker, room, eiergele en heel eier in n bak tot dit deeglik gemeng is. Klits die suurlemoensap en -skil by. Gooi die vulsel in die kors en bak dit vir 20-30 minute tot die vulsel gestol het. Laat dit heeltemal afkoel. Sprinkel die orige 30 ml suiker oor die tert net voor jy dit voorsit. Gebruik n kombuisvlam om die suiker te smelt en hard te maak. Haal die terte uit die pannetjies. Garneer dit met repies suurlemoenskil en sit dit voor met klapper-roomys.

Klapper-roomys Maak: 500 ml Bereidingstyd: 10 minute, plus tyd in yskas en vrieskas Gaarmaaktyd: 10 minute • • • • • •

1 blik klapperroom 250 ml room 250 ml melk 6 groot eiergele 165 g strooisuiker 60 g droë klapper, liggies gerooster

1 Verhit die klapperroom, room en

melk in n kastrol tot dit vuurwarm is maar nog nie begin kook het nie. 2 Klits die eiergele en suiker saam en klits dan die warm roommengsel geleidelik hierby in. 3 Gooi die mengsel deur n sif en sit die kastrol terug op die plaat. Roer dit aanhoudend oor lae hitte tot dit verdik het. Roer die droë klapper by. Laat dit afkoel en sit dit dan in die yskas om yskoud te word. 4 Gooi die mengsel in n roomysmasjien en laat dit dik raak en vries. Skep dit uit in n houer met n deksel. Sit dit terug in die vrieskas tot jy reg is om dit voor te sit saam met die tert.

ROOMYSMASJIEN (vanaf R850) n Huishoudelike roomysmasjien is fantasties as jy lief is vir onthaal en om heerlike vars vrugtesorbet of eksotiese roomys te maak. Boonop kan jy dit voor die tyd maak en in die vrieskas hou. n Roomysmasjien lewer n veel beter resultaat as wanneer jy dit n hele paar keer tydens die vriesproses met die hand moet klits om die yskristalle op te breek.

• Ons het die sitrusuitdrukker van die voedselverwerker gebruik om die suurlemoensap uit te druk. • n Handrasper is baie skerp en perfek om sitrusskil in n japtrap te verwyder. Ons het n julienne-snyer gebruik om die repies suurlemoenskil vir die garnering te maak. • Die voedselverwerker is ingespan om die deeg te maak, en ons het bakboontjies gebruik om die tertdoppies blind te bak. • Met n kombuisvlam kon ons die suiker smelt en karamelliseer vir die heerlike krakerige bolaag.

HANDRASPER (vanaf R200) Met n handrasper (microplane) is dit kinderspeletjies om sitrusskil, neute, parmesaankaas of knoffel en gemmer te rasper of om sjokolade-, kaas- of groenteskaafsels te maak. Dié handraspers is anders as gewone raspers omdat dit van chirurgiese-gehalte vlekvrye staal gemaak word. Dit is ongelooflik skerp om harde of sagte bestanddele vinnig en maklik te rasper. Danksy die plat vorm is dit ook maklik om skoon te maak en te bêre.

KOOPGIDS OP BLADSY 127

1 Rasper eers die skil van die


PATROON VIR SERVETHOUERS (bladsy 48) Kopieer die patroon hieronder op ligbruin (of n ander kleur) karton om servethouers te maak.

KOMBUISVLAM (vanaf R325) n Kleiner kombuis-blaasvlam is onontbeerlik om crème brÝlÊe of ander resepte te maak waar jy suiker moet karamelliseer of bestanddele moet verbruin. Jy kan dit gebruik om bruin Italiaanse meringue of n gebakte Alaska-poeding kleur te gee. Dit werk ook goed om kaas-bolae te smelt of tamaties of soetrissies se skil te skroei indien jy dit moet afskil.

KERAMIEK-BAKBOONTJIES (vanaf R115) Keramiek-bakboontjies is die beste opsie as jy n pasteikors moet blindbak (sonder n vulsel). Voer die pasteideeg met bakpapier en gooi dan die keramiekbakboontjies in. Die boontjies versprei die hitte eweredig en help om die deeg bros te maak, maar keer terselfdertyd dat dit oppof en rys. Jy kan die bone oor en oor gebruik en dit sal jare lank hou. Keramiek-bakboontjies is ook aansienlik makliker en minder moeite om te gebruik as droĂŤ boontjies of rys.


" "

!

# #

deur LOUISA HOLST assistent TANI KIRSTEN foto s ED O RILEY stilering HANNES KOEGELENBERG


MATIGMEDIUM Frikkadel-kerrie (resep op bladsy 62)


boomkastrol en braai n paar stukke hoender op n slag tot goudbruin. Skep dit uit. 2 Sit die hoenderstukke terug in die kastrol wanneer alles bruin is en voeg die jogurt, gemmer, knoel, rissiepoeier, fyngemaakte rissies, borrie en tamatie by. Verhit dit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dit vir 25 minute prut. 3 Maak die kardemompeule met n stamper en vysel fyn (verwyder die doppe) en sny die groen rissies aan die een kant oop. Gooi die kardemom en rissie saam met die swartpeper en komynsaad in die kastrol. Verhoog die hitte en verwyder die deksel. Laat dit vir nog 10 minute prut terwyl jy dit roer tot die hoender sag is. Voeg die julienne-repies gemmer by. Sit dit warm voor met gebraaide rys (resep hieronder), naanbrood (resep op bladsy 61) en n jogurtraïta (resep hieronder).

WARM

Pakistanse hoenderkerrie met gebraaide rys, naanbrood (resep op bladsy 61) en ra ta

Pakistanse hoenderkerrie n Pakistanse vriendin het onlangs vir my n wonderlike resepteboek van haar land gestuur. Hierdie is my weergawe van een van die hoenderkerries in die boek. Dit is aansienlik matiger as die oorspronklike resep, maar dit het steeds n lekker byt. Genoeg vir: 4-6 Bereidingstyd: 30 minute Gaarmaaktyd: 45 minute

• • • • • • • • • • • • •

50 ml sonneblomolie 1,5 kg hoenderporsies sonder vel 250 ml Bulgaarse jogurt 15 ml elk gerasperde vars gemmer en knoel 2,5-5 ml rissiepoeier 5 ml fyngemaakte droÍ rissies 5 ml borrie 750 g tamaties, geskil en gekap 2 kardemompeule 4-8 heel groen rissies 2 ml fyn swartpeper 5 ml komynsaad 10 ml julienne-repies vars gemmer

Komkommer-raĂŻta Rasper komkommer of sny dit in klein blokkies. Meng dit met 250 ml Bulgaarse jogurt. Voeg n knypie komyn, n knypie suiker en 30-45 ml fyngekapte vars koljander of ment (of n mengsel van die twee) by. Jy kan ook 15 ml vrugteblatjang of -atjar byroer, indien verkies. Gebraaide rys Was 200 g basmatirys. Bedek dit met water, voeg n knypie borrie en 1 ml sout by en verhit dit tot kookpunt. Sit die deksel op, verlaag die hitte en laat dit vir 10 minute prut voor jy die plaat afsit en dit vir n paar minute laat stoom. As die rys sag is, kan jy dit in n groot, plat bak uitsprei om uit te droog. Verhit 45 ml sonneblom- of grondboonolie in n pan of wok. Voeg 1 ml mosterdsaad, 10 kerrieblare en 50 ml kasjoeneute by. Roerbraai dit vir 30 sekondes en roer dan 30 ml suurlemoensap en 1 ml gerasperde suurlemoenskil by. Voeg die rys by, roer dit liggies deur en verwyder dit van die hitte.

BRON: DIÉ PAKISTANSE HOENDERKERRIE IS GEGROND OP N RESEP IN DIE BOEK A TASTE OF PAKISTAN (NATIONAL FOODS LIMITED)

1 Verhit die olie in n groot swaar-


Indonesiese bief-rendang (resep op bladsy 60)

MEDIUMWARM


Indonesiese bief-rendang My heel eerste oorsese vakansie was n besoek aan Maleisië en Indonesië in die Ooste. Hierdie beesvleiskerrie is een van die geregte wat ek daar geëet het en dit bly n gunsteling.

5 Sprinkel die klapperskaafsels,

koljander en uieringe bo-oor en sit dit voor met rys, garnaal-kraakbeskuitjies en ekstra rissiesous.

Lamsvleis-en-lensiekerrie

Genoeg vir: 4 Bereidingstyd: 30 minute Gaarmaaktyd: 2 uur

Dié Indiese kerrie kombineer twee van my gunsteling-kerriebestanddele: lamsvleis en lensies. Dit is amper soos n dahl met sagte stukke lamsvleis tussenin. Jy gaan jou lippe aflek!

• • • • •

Genoeg vir: 6-8 Bereidingstyd: 30 minute Gaarmaaktyd: 2 uur

• • • • • • • • • •

60 ml klapper- of grondboonolie 2 uie, fyngekap 5 knoffelhuisies, fyngedruk 20 ml fyngerasperde vars gemmer 1 kg beesdikrib, ontbeen en in blokkies van 2 cm gesny 10-15 ml sambal oelek (rissiesmeer) 3 ml borrie 30 ml fyn koljander 5 ml fyn komyn 1 ml fyn naeltjies 2 ml fyn swartpeper 30 ml bruinsuiker 15 ml tamarynpasta 1 blik klappermelk geroosterde klapperskaafsels, vars koljander en brosgebraaide uie, om voor te sit

1 Gooi van die olie in n kastrol,

verhit dit oor matige hitte en soteer die ui, knoffel en gemmer vir n paar minute tot goudbruin. Skep dit uit en hou dit eenkant. 2 Verhit die orige olie en verbruin n paar blokkies vleis. Skep dit uit en herhaal met die res van die vleis. 3 Skep al die vleis terug in die kastrol saam met die uie en voeg die sambal oelek, speserye en suiker by. Roerbraai dit vir twee minute en voeg die tamaryn, klappermelk en 100 ml water by. Roer dit goed en verhit dit tot kookpunt. 4 Verlaag die hitte tot dit net prut, sit die deksel op en laat dit vir twee uur prut tot die vleis sag en die sous dik en ryk is.

• 500 g rooi lensies, afgespoel • 2 vars groen rissies, pitte verwyder en fyngekap • 4 ml borrie • 15 kerrieblare • 60 ml sonneblomolie • 2 groot uie, fyngekap • 6 naeltjies • 6 kardemompeule • 1 kaneelstokkie • 35 ml fyngedrukte knoffel • 45 ml fyngerasperde vars gemmer • 1 kg stowe-lamsvleis • 3 tamaties, fyngekap • 500 ml groente-aftreksel • 15 ml tamarynsmeer • 45 ml gekapte vars koljander • 2 ml rissiepoeier • 2-4 gedroogde rooi rissies, in stukke gebreek • 2 knoffelhuisies, in skyfies gesny • 5 ml komynsaad • 2 ml mosterdsaad • 2 ml garam masala 1 Gooi die lensies in n groot kastrol

saam met 1,3 liter water, 5 ml sout, die rissies, borrie en helfte van die kerrieblare. Verhit dit tot kookpunt, verlaag dan die hitte en laat dit vir 10 minute met die deksel op prut. 2 Verhit solank die helfte van die olie in n aparte kastrol. Voeg die uie by en soteer dit vir drie minute. Voeg die naeltjies, kardemom, kaneel, die orige kerrieblare en die knoffel en gemmer by. Roerbraai dit oor matige hitte ‒ voeg n bietjie water by as dit aan die bodem wil vassit.

3 Voeg die lamsvleis by en roer dit

deur. Laat dit vir vyf minute kook, voeg die tamaties by en laat dit vir nog vyf minute prut. Voeg die gaar lensiemengsel en die aftreksel by en verhit dit tot kookpunt. Sit die deksel op en verlaag die hitte sodat dit vir 1½-2 uur kan prut tot die vleis sag is. Roer dan die tamaryn en vars koljander by en laat dit vir nog vyf minute kook. 4 Verhit die orige olie in n pan net voordat jy die kerrie wil voorsit, gooi die orige bestanddele in en soteer dit vir 1-2 minute tot dit geurig is. Skep dit oor die kerrie en sit dit voor met rys of naanbrood.

Massaman-groentekerrie Thaise kerries is geurig en opwindend. Ons verskaf n resep om jou eie vars kerriesmeer te maak, maar as jy min tyd het, kan jy n goeie kerriesmeer by jou plaaslike supermark koop. Genoeg vir: 4 Bereidingstyd: 20 minute Gaarmaaktyd: 30 minute • 1 blik klappermelk • 45 ml Massaman-kerriesmeer • 1 middelslag-ui, geskil en in kwarte gesny • 2 middelslag-aartappels, geskil en in blokkies gesny • 15-20 ml bruinsuiker • 25 ml vissous • 30 ml vars lemmetjiesap of 20 ml suurlemoensap • 2 lourierblare • 500 g gemengde groente (sampioene, murgpampoentjies, mangetout, dwergmielies) • 60 ml geroosterde grondbone, grofgekap 1 Verhit 45 ml van die klappermelk

in n kastrol. Voeg die kerriesmeer by en laat dit vir een minuut prut terwyl jy dit roer. 2 Voeg die ui, aartappel, orige klappermelk, 250 ml water, suiker, vissous, sap en lourierblare by. Verhit dit tot kookpunt en laat dit vir 15 minute prut.


MEDIUMWARM Lamsvleis-en-lensiekerrie

3 Voeg die orige groente by en laat

dit nog 15 minute prut of tot die groente sag is. Verwyder die lourierblare, roer die grondbone by en sit dit voor met rys. Massaman-kerriesmeer Sny agt heel gedroogde rissies oop en verwyder die pitte. Week die rissies vir 10 minute in n bietjie warm water en dreineer dit. Gooi 15 ml koljandersaad en 5 ml komynsaad in n droÍ pan en roer dit vir twee minute oor matige hitte. Skep dit uit en hou dit eenkant. Gooi agt fyngedrukte knoelhuisies, twee groot fyngekapte uie, n stingel grofgekapte sitroengras en 10 ml fyngekapte vars gemmer in die pan en roer dit vir vyf minute oor matige hitte tot dit bruin is. Haal die pan van die plaat af. Maal die geroosterde speserye met n stamper en vysel fyner.

Voeg die uimengsel en geweekte rissies by en pols dit om n smeer te vorm. Voeg 2 ml fyn naeltjies, 5 ml kaneel, 5 ml fyngemaalde steranys, 2 ml varsgemaalde swartpeper en 5 ml garnaalsmeer by. Hou dit in n lugdigte houer in die yskas.

Maklike naanbrood Genoeg vir: 8 Bereidingstyd: 25 minute, plus rustyd Gaarmaaktyd: 10-15 minute • • • • • •

250 g (460 ml) witbroodmeel 5 ml suiker 2,5 ml bakpoeier 10 ml sonneblomolie, plus ekstra 90-125 ml Bulgaarse jogurt gesmelte botter of knoelbotter, vir rooster

WARM Massaman-groentekerrie

1 Sif die meel, suiker, 1 ml sout en

bakpoeier in n groot bak. Voeg die olie en omtrent 100 ml jogurt stadig by en meng dit om n sagte, gladde deeg te vorm. Voeg nog n bietjie jogurt by indien nodig. 2 Keer die deeg uit op n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie dit vir 10 minute, of gebruik n voedselverwerker met n deeghaak. Bedek die bol deeg en laat dit vir 15 minute eenkant rus. 3 Verdeel die deeg in bolle en rol dit dun uit in n langwerpige vorm. Verf die oppervlak met n bietjie olie en rooster dit in n warm rielpan of swaarboompan tot dit alkant bruin en gaar is. (Vir n sagter weergawe kan jy dit sonder die olie rooster.) 4 Verf die naanbrode met botter of knoelbotter sodra jy dit uit die pan gehaal het.


Romerige hoenderkerrie Maleise-styl kerries is gewoonlik aan die matige kant maar nietemin baie geurig. DiĂŠ romerige kerrie is ideaal vir kuiergaste wat van speserygeure hou, maar skrikkerig is vir brand. Genoeg vir: 4-6 Bereidingstyd: 30 minute Gaarmaaktyd: 25 minute • 15-20 ml hoender-masala (matig of medium) • 90 ml koekmeel • 750 g hoenderborsďŹ lette, in repe gesny • 30 ml botter • 30 ml canola-olie • 1 groot ui, middeldeur en dan in dun ringe gesny • 1 knoelhuisie, fyngedruk • 5 ml gerasperde vars gemmer • 10 ml vinkelsaad • 5 ml komynsaad • 1 blik heel tamaties, fyngekap • 3 ml borrie • 1 vars rissie, fyngekap (opsioneel) • 150 ml Bulgaarse jogurt • 50 ml room (of gebruik melk, indien verkies) • 5 ml garam masala • vars koljander, om voor te sit 1 Meng 10 ml masala, die meel en

n knypie sout en gooi dit in n verseĂŤlbare plastieksak. Voeg die hoender by en skud dit om die repe te bedek. 2 Verhit die botter en die helfte van die olie in n pan en braai die hoender in twee sarsies tot dit mooi goudbruin is. Skep dit uit en hou dit eenkant.

3 Gooi die orige olie in die pan, voeg

1 Verhit die olie in n kastrol en voeg

die ui, knoel en gemmer by en soteer dit vir n minuut of twee voor jy die vinkel- en komynsaad byroer en vir nog n minuut soteer. Voeg dan die gekapte tamaties, die orige masala en die borrie en rissie (indien jy dit gebruik) by en laat dit vir vyf minute prut. 4 Voeg die hoender by en laat dit vir 3-5 minute prut tot dit gaar is. Voeg die jogurt en room by en verhit dit tot dit deurwarm is. Haal dit van die plaat af voor dit begin kook. 5 Sprinkel die garam masala bo-oor, garneer dit met koljander en sit dit saam met rys of roti s en n tamatiesambal (resep hieronder) voor.

die kassia, naeltjies en mosterdsaad by. Voeg die ui en wortel by sodra die mosterdsaad begin skiet en roerbraai dit tot dit sag is. Voeg die koljander, gemmer, knoffel en rissies by en roer dit deur. Roer die borrie en komyn by, gevolg deur die tamaties. Geur dit met sout, peper en n knypie suiker. Voeg 250 ml water by en verhit dit tot kookpunt. Voeg die frikkadelle een-een by die pruttende sous. Roer dit n paar keer versigtig rond terwyl dit kook om te keer dat dit aan die bodem vassit, maar oppas om dit nie te breek nie. Laat dit vir 1015 minute prut tot dit deurgaar is. Roer die fyngemaakte kardemomsaadjies en vars koljander by. Roer die jogurt by, indien verkies, of sit dit in n aparte bakkie voor. Sit die kerrie voor met n kool-en-wortelsambal (resep hieronder), poppadoms en rys.

2 3

4

Tamatie-en-uie-sambal Meng fyngekapte ui, twee fyngekapte tamaties, Âź fyngekapte groen soetrissie, 10 ml fyngekapte koljanderblare (opsioneel) en n skeut lemmetjie- of suurlemoensap en geur dit na smaak.

5

Frikkadel-kerrie

Frikkadelle Gooi een fyngekapte ui, een sny korslose brood en een eier in n bak en meng dit saam. Voeg 500 g varkmaalvleis (of lams- of maer beesmaalvleis) by, asook een fyngerasperde wortel, 10 ml beesaftrekselpoeier en 10 ml papawersaad, en meng dit goed deur. Hou die mengsel in die yskas tot jy die kerrie wil maak. Rol die vleismengsel in bolletjies en dan in meel voor jy dit in die sous sit om gaar te word.

Hierdie heerlik geurige kerrie is een van my pa se gunsteling-resepte. Jy kan dit medium of warm maak deur net die hoeveelheid rissies aan te pas. Genoeg vir: 4-6 Bereidingstyd: 40 minute Gaarmaaktyd: 25 minute • • • • • • • • • • • • • • •

20 ml sonneblomolie 2 stukke kassia 6 naeltjies 5 ml swart mosterdsaad 2 middelslag-uie, fyngekap 2 wortels, in blokkies gesny 7 ml fyn koljander 15 ml fyngerasperde vars gemmer 3 groot knoelhuisies, fyngedruk 1-3 vars rissies, fyngekap 5 ml borrie 5 ml fyn komyn 1 blik (400 g) pruimtamaties frikkadelle (resep hieronder) saadjies van 6 kardemompeule, fyngemaak • 30 g vars koljander, gekap • 250 ml Bulgaarse jogurt

Kool-en-wortel-sambal Meng 250 ml grofgerasperde wortel met 250 ml fyngesnipperde kool. Voeg 50 g droĂŤ klapper, 2 ml strooisuiker, 30 ml lemmetjie- of suurlemoensap en n ontpitte fyngekapte rissie (opsioneel) by. Verhit 30 ml sonneblom- of grondboonolie en braai 1 ml komynsaad, n knypie mosterdsaad en agt kerrieblare by. Roerbraai dit oor matige hitte vir 30 sekondes, skep dit oor die sambal en roer dit deur voor jy dit met n bietjie sout geur, indien verkies.


MATIG Romerige hoenderkerrie


Dra items met verskillende teksture laag-op-laag saam vir hierdie luukse wintervoorkoms. Baadjie (R995) van Cheryl Arthur, beskikbaar by The Space. Trui (R499) van Cotton On. Romp (R299) van Truworths. Oorbelle (R149) van Accessorize. Armband (R215) van Lulu Belle.


Grys is n sjiek, elegante en moderne kleur wat perfek werk in die winter. Verbreek n monochrome kleurskema met een item in n ander kleur. Jas (R1 100) van The Space. Serp (R379) van Zara. Skouersak (R2 299) van Mimco. Stewels met wighakke (R575) van Truworths. Sykouse (R279) van Trenery.

MODEL: JANA KLEYN VAN BOSS MODELS. HARE EN GRIMERING: SHERYL PARKER VAN SUPERNOVA. KOOPGIDS OP BLADSY 127.

deur CARIN SMITH foto s ED O RILEY


Dra twee serpe, een dik en wollerig en die ander van n ligter breistof, saam vir ekstra warmte en interessantheid. Jas (R1 399) en wolserp (R599) van Zara. Gebreide serp (R499) van Accessorize. Ring (R95) van Lulu Belle.


Meng gerus patrone, maar hou die motiewe dieselfde grootte en dra n eekleurige item tussenin sodat dit nie te besig lyk nie. Baadjie (R1 599) en rok (R4 439) van Zara. Moulose trui (R699) van Forever New. Belt (R595) van ALC, beskikbaar by The Space. Spanbroek (R299) van Cotton On. Stewels (R625) van Truworths. Handsak (R1 599) van Zara. Halssnoer (R750) van Lulu Belle.


Lyk MOOI Van pamperlang-produkte tot verleidelike geure … Ons help jou om goed te voel én sommer n goeie saak of twee ook te ondersteun. tleroux @medi a24.co m m ed ia 24 .c om ca ri n. sm it h@

Die jongste toevoeging tot Jo Malone se reeks verfrissende geure, Silk Blossom, is spesiaal ontwerp sodat jy dit net so kan dra of laag-op-laag saam met ander parfuums om jou eie opwindende geur te skep. Dit ruik na vars appelkose met n tikkie spesery, en het n poeiersagte ondertoon van sonsoekertjies en klam mos. Dit is nou in die winkels om Vrouemaand te vier en kos R625 vir 30 ml.

Aan SA met liefde

Dra jou hart op jou handsak Maak in Augustus, oftewel Vrouemaand, n draai by enige Frasers-winkel landwyd en skenk n handsak aan die Jes Foord Foundation (JFF) se Handbag Project, wat deur die DNA Project ondersteun word. JFF help die slagoffers van verkragting deur te sorg dat hulle n nuwe of gebruikte handsak met basiese toiletware kry. Vir elke handsak wat jy skenk, kry jy 15% afslag op enige Frasers-handsak. Navrae: jff.org.za, frasersluggage.co.za.

RAAK RUSTIG Wat is saliger as n warm bad om die laaste winterkoue te verdryf? Jenam se geurige badmelk-reeks (R49,50 vir 350 g) is pure ontspannende bederf in die allermooiste verpakking, wat dit ook n wonderlike geskenk maak. Ons is dol oor die vars, subtiele geur van Seabreeze. Vind meer uit op jenam.co.za.

Dié African Paradise Body Conditioner (R325 vir 245 g) van Lush is spesiaal vir Suid-Afrika ontwikkel. Dit bevat geen preserveermiddels nie, maar bestanddele van volhoubare gemeenskapsprojekte in Afrika soos galambotter, moringa-olie en ilang-ilang uit Ghana, en aloe vera uit Kenia. Smeer dit ná n stort aan jou klam vel en spoel dit liggies af. Lees meer op lush.co.za.

GOEIE Die stylvolle dog bekostigbare Britse modehandelsmerk River Island maak nou n klompie Suid-Afrikaanse winkels oop. Wees op die uitkyk vir mooi klere met unieke detail. Die vlagskipwinkel in die nuutopgeknapte Rosebank Mall gooi sy deure middel-Julie oop, en daarna volg nog winkels landwyd.


! #' " *# ## "

*" ' " # # - " * # '* ' # #* *' ' "' + *# *# '#

# " * " * ' ' * #' *#' #* ' ' + # / $/ / )( ,,, *#' . % *#' *' "


MOOI

awe-hare-dae kikker n mens se gemoed dadelik op, terwyl n minder gelukkige kapsel jou maklik bek-af en vaal kan laat voel. Die nuus op die haarfront is wonderlik ‒ die nuutste ontwikkelings en produkte kan jou selfs n bietjie vir Moeder Natuur laat tong uitsteek as sy suinig was met die regte kleur, dik hare, krulle of n blink-reguit haargordyn.

G

@

NEIGINGS

TEENVEROUDERING Jou hare is nie ouderdomsbestand nie. Jou kopvel is sowat vyf jaar jonger as jou gesig, maar word eweneens oud. Dit beteken die haarsakkies (follicles) wat hare produseer, hernu mettertyd stadiger en kollageenproduksie neem af, terwyl kollageenverharding die haarwortel kan versmoor en haarverlies aanjaag. Navorsing oor teenveroudering vir die vel word nou ook ingespan

vir hare, en word as die skiniďŹ cation van die hare beskryf. n Opwindende nuwe behandeling wat pas in Suid-Afrika bekend gestel is, is Evox Hair Rejuvenation Therapy, n soort teenverouderingsterapie vir hare. Sharon Reouveni van Bionic Products beskryf dit as n salonbehandeling met ampules wat ďŹ broblaste (selle wat die voorlopers van kollageen produseer) inspan om in die hare se voedingsbehoeftes te voorsien. (Bel 082 452 9909 vir n salon naby jou.) PROBEER OOK: KĂŠrastase se Age Premium Anti-oxidant for Mature Hair-reeks (R255-R405).

DIKKER, DIGTER HARE Wetenskap kan nou vir jou meer en dikker hare gee as wat Moeder Natuur uitgedeel het! Met gevorderde molekulĂŞre en stamsel-tegnologie is dit nou moontlik om die aard van jou hare te verander, sĂŞ die navorsers van L OrĂŠal Paris. In die afgelope paar maande het diĂŠ skoonheidshuis

(wat ook KĂŠrastase en Redken besit) n aantal produkte die lig laat sien wat enigeen met dun hare of hare wat yl raak, opgewonde sal maak. Digte, dik haarvesels lĂŞ aan die kern van mooi hare, sĂŞ die navorsers wat KĂŠrastase se nuwe DensiďŹ que Stemoxydine, n kopvelbehandeling met ampules, ontwikkel het. DiĂŠ produk berei die kopvel voor vir nuwe haargroei, verdik die haarvesels en -skag en verbeter die hare se volume en soepelheid. Dit teiken die dormante fase (nĂĄ die haar uitgeval het) van die haarsakkie, wat van twee maande tot 10 jaar kan neem voor dit n nuwe haar produseer. Met die stamsel-tegnologie stuur dit nou n sein na die slapende haarsakkie om dadelik weer in n groeifase oor te gaan. Die reeks van drie produkte (wat altesaam R2 500 kos) kan binne drie maande jou hare dikker en digter maak. L OrĂŠal se splinternuwe Elvive Fibrology Thickening Masque en Thickness Creation Serum (R74,95 elk) belowe ook om binne vyf aanwendings die hare dikker en voller te maak deurdat dit die haarvesels opplomp.


deur ELSA KRĂœGER


Olies om te gebruik voor jy jou hare kleur, voor sjampoe, nå sjampoe, voor jy droogblaas en terwyl jy stileer en sommer tussenin ook, is die grootste nuus vir blink, gesonde, beheerbare hare. Dit speel klaar met droogheid, vaalheid, kroeserigheid en statiese elektrisiteit. Argan-olie, macadamia-olie, avokado-olie en veral klapperolie is die nuwe lieinge van haarsorg. PROBEER: L OrÊal Elvive Extraordinary Oil (R159,95; no. 3); INOAR Argan Oil (R434; no. 4), wat hemels ruik; die Dove Nourishing Oil Carereeks (R58,99); Gary Rom Haircare Baobab Oil (R375); en Wella SP Luxe Oil Reconstructive Elixir (R449; no. 2).

Kleurbehandelings kan mettertyd die hare dunner en brosser maak. Redken se nuwe Intra Force for Color-treated, Thinning Hair-reeks (R260-R499) bevat die bestanddeel Aminexil om die hare se leeftyd te verleng en Arginine om mikrosirkulasie van die kopvel te stimuleer. Yl hare word dikwels beskou as minder hare op die kopvel, maar dit het ewe veel te make met die deursnee van die haarskag. Albei neem af met die verloop van tyd, daarom vertoon jou hare dunner, al het jy n vlegsel so dik soos n perd se stert in jou jong dae gehad. Nioxin DiaBoost with HTX (R695) lewer sigbaar dikker hare nĂĄ net een aanwending. Dit penetreer die haarskag met dieselfde bestanddele wat gebruik word om die vel te hidreer en op te plomp. PROBEER OOK: FHI Heat Hair Veil Powder Hair Filler (R295; no. 7 op foto), wat jou hare dadelik dikker laat lyk; die Davines Replumping-reeks (R210-R320) en Hannon Volume More Hair Volumising-reeks (R145-R180).

STOP DIE SJAMPOE Wel, amper. Haarkenners verskil hieroor, maar daar is n sterk neiging internasionaal om nie elke dag die hare te sjampoe nie, of selfs glad nie die gewone sjampoes met skuimsulfate te gebruik nie. DiÊ stowwe stroop die hare van natuurlike vog en olie en maak dit bros en droog. Die hare se tekstuur lyk dikwels die dag nå n sjampoe veel beter as wanneer dit pas gewas is ‒ die oliebalans is herstel. Vroue met erge droÍ en etniese hare sweer ook daarby om hul hare met opknapper te sjampoe ‒ die sogenaamde cowash-neiging.

OLIE IS ORALS As jou ma jou hare gereeld met klapperolie ingevryf het (soos myne), sê dankie ‒ sy was reg.

1

2

3

4

5

En dan is daar droĂŤ-sjampoe. Dit is lank nie meer die produk wat ons jare gelede leer ken het wat eintlik maar net n variasie van babapoeier was nie. Nou bevat dit nanotegnologie en bestanddele wat die hare skoon, vars, vol en sonder n poeierneerslag laat. Dit is n lewensredder as jy nie tyd het om hare te was nie omdat dit oombliklik enige olierigheid absorbeer en volume gee aan plat, lewelose hare. PROBEER: Marc Anthony 2nd Day Clear Dry Shampoo (R99,99); Davines Hair Freshener (R260; no. 1); en TIGI Bed Head Oh Bee Hive! Matte Dry Shampoo (R259).

BB-ROME VIR HARE Reeds oorsee in die winkels: n allesin-een-behandeling vir die hare, nes die gewilde BB-rome vir die gesig. (BB staan vir beauty balm). Dit versterk, tem, bevogtig en beskerm die hare. PROBEER: Die INOAR BB Cream Hair-reeks (R420-R490), wat jou hare sagter, blinker, helderder en gladder maak, dit teen hitte beskerm, bevogtig en herstel.

KITS-SALONNE Een van die grootste nuwe suksesstories in die harebedryf is die sogenaamde dry bars wat soos sampioene in New York (waar anders?) opgespring het en nou ook in Suid-Afrika vastrapplek gekry het. Binne n uur is jou hare gewas, drooggeblaas en gestileer, teen n baie redelike prys. Dit is n bekostigbare luuksheid en n vinnige hupstoot vir n vrou se voorkoms en selfvertroue, sĂŞ Shelene Shaer van Tanaz Hair & Beauty, wat onlangs so n salon begin het. Die voorlopers met die neiging in Suid-Afrika is Sorbet Dry Bars, waar n mens kan kies uit agt style tussen R100 en R280. (Besoek sorbet.co.za vir n salon naby jou.)


@ FOTO VAN MODEL: THINKSTOCK/GETTYIMAGES.COM • PRODUKFOTO S: ED O RILEY • EKSTRA STILERING: CARIN SMITH

WINTERHARE

Moenie dat die koue weer jou haarstyl saboteer nie. Statiese elektrisiteit laat jou hare wegvlieg en is n groot winterprobleem. Jy kan dit voorkom deur vog in jou haarsorg-roetine in te bou. Ken die verskil tussen vog- en proteĂŻen- of keratienbehandelings, waarsku Michael Conlin van Pure Hair Design in Craighall Park, Johannesburg. Jou hare het n vogbehandeling nodig as dit krullerig, kroeserig en droog is. Bevogtigende formules vul die boustene in wat die haarskag bymekaar hou en maak dit sag en soepel. ProteĂŻen- of keratienformules moet gebruik word wanneer hare elastisiteit verloor het, veral nĂĄ chemiese prosesse soos bleik, ligstrepies en karteling. Te veel proteĂŻen kan die hare bros en hard maak en maklik laat breek. Laat jou haarstilis die korrekte behandeling aanbeveel.

• Jou beste winterhaarroetine

• Dowwe, lewelose winterhare Verwarmers en koue weer suig alle vog uit die hare en maak dit futloos en dof. DroÍ hare breek maklik. Die beste wat jy kan doen, is om jou hare gereeld met n haarmasker en bevogtigende opknappers te behandel. Wees versigtig om nie sjampoe wat produk-neerslag lig, te gereeld te gebruik nie ‒ dit kan die hare stroop van natuurlike, beskermende olies. Opknapper moet altyd net aan die lengte en punte van jou hare, en nie op die wortels nie, aangewend word, anders maak dit jou hare pap en plat.

Wend een maal per week n intensiewe vogmasker aan.

PROBEER: Avon Advance Techniques Daily Shine Dry Ends Serum (R74,95; no. 5); Pantene Split End Mender Serum (R66,99); Organix Nourishing Coconut Milk Split Ends Mender (R179,95); TIGI Bed Head Recharge High Octane Shine Shampoo for Dull, Lifeless Hair; die Schwarzkopf Gliss Hair Repair with Liquid Keratin-reeks (R52,99-R99,99); L OrĂŠal Elvive Triple Resist X3 60 Second Saviour (R74,95); Gary Rom Haircare Hydro Boost Treatment (R345); en Lush R&B Hair Moisturiser (R195).

• Kroes hare Die beste raad vir kroes hare is

n formaldehied-vrye Brasiliaanse keratienbehandeling by n salon, sĂŞ Ria Gyapersad, kreatiewe direkteur van Glampalm. n Salon-keratienbehandeling werk 10 keer vinniger as n tuisproduk en dit sal jou hare vir minstens drie maande absoluut kroesvry hou. Ons gunsteling-keratienbehandeling is van Evolution Keratin (keratinproducts.co.za). Verleng die leeftyd van jou keratienbehandeling met die korrekte sjampoe, soos Evolution Keratin Moisturizing Shampoo Argan-infused Smoothing Therapy (R240). Gewone sjampoes bevat bestanddele wat die ingeseĂŤlde keratien voortydig kan laat lek . As jy lief is vir jou krulle maar net die kroeserigheid wil tem, probeer Marc Anthony Strictly Curls Stretch (R119,95), wat stywe krulle losser en blinker maak. PROBEER OOK: Urban Therapy Twisted Sista Curl Activator (R89,95); of die Trevor Sorbie Perfect Curls-reeks (R109-R119,95).

Gebruik n super-bevogtigende sjampoe (dit moet pĂŞrelagtig lyk en nie helder en deurskynend nie.) Tangle Teezer Detangler (R260; no. 6) help om koeke sagkens los te wikkel sonder om jou hare letterlik uit jou kop te trek. Kam nat hare met n wyetandkam en begin by die punte.

PROBEER: TIGI Catwalk Oatmeal & Honey Intense Nourishing Mask for Dry, Damaged Hair (R335), Pantene 2 Minutes Deep Smoothening Mask (R66,99), of Lush se Roots Hair Treatment (R180) en slaap oornag daarmee. 6 HaardroĂŤrs, krultange, stryktange en warmkrullers droog hare geweldig uit. Gebruik n beskermende produk soos Suigo Arts Thermal Protector (R179). Probeer 7 die wonderlike nuwe Glampalm Wide Magicstryktang (R2 400; no. 8), wat n beskermende serum in die hare inseĂŤl.

WEET JY? * As jou haarkleursel nie wil vat nie, kan dit te wyte wees aan medikasie: Sekere antidepressante en skildklier-medisyne kan veroorsaak dat jou hare nie die kleurpigmente absorbeer nie. * As jy lang hare het, is die hare op jou kop gemiddeld altesaam 40 km lank! * Net 1,8% van die wĂŞreld se bevolking is natuurlik blond. 8


Die houtrakke in die sitkamer is propvol boeke, plante en retroversamelgoed, wat van diÊ wit muur n interessante fokuspunt maak. Ruan versamel ou horlosies, wat hy by tweedehandswinkels en markte uitsnuel.

MODERN

DEUR CHRISTINE VAN DEEMTER • PRODUKSIE: SVEN ALBERDING • FOTO S: GREG COX (ALLES VAN BUREAUX.CO.ZA)


Janine geniet haar sonkolletjie op die rusbank. n Vintage-ďŹ ets en geraamde prente en foto s teen die muur skep karakter in die eetkamer. Ruan en Janine het die afgeleefde ou ďŹ ets by n mark gekoop en dit herstel en gespuitverf sodat dit weer splinternuut lyk en sy plek volstaan in diĂŠ vertrek.

Janine Mollentze en Ruan Vermeulen van Tamboerskloof, Kaapstad, het slim met min ruimte, treende kleure en n minimalistiese benadering gewerk om hul blyplek n kontemporêre baadjie te gee. Janine werk as produksiebestuurder en digitale inhoudsredakteur, maar danksy haar goeie aanvoeling vir dekor kom klop vriende gereeld aan vir hulp. Haar liefde vir naaldwerk en rondspeel met klei het n uitlaatklep nodig gehad en só is Veltwerk (veltwerk.co.za), waar sy leerbykomstighede maak en verkoop, gebore. As medestigter en animasieregisseur van Am I Collective (amicollective.com), n onderneming wat in kreatiewe oplossings spesialiseer, is Ruan ook allesbehalwe onhandig met ontwerp.


Janine het n kantoorhoekie met n kompakte lessenaar en rakke in die slaapkamer geskep. Potplante, boeke en n lamp werk saam om die illusie van n aparte ruimte te skep.


Agter die bed het die paartjie n fokusmuur met ou wĂŞreldatlasblaaie geskep. n Liasseerkabinet bokant die bed skep nog pakplek. Sweefrakke dien as bedkassies met swaar houtlampe wat die voorkoms afrond.


,

dis knus dog ďŹ eterjasieloos, en wanneer n mens kontemporĂŞre en vintageitems saamgooi, kry jy daardie aantreklike vintage-moderne styl. ‒ Janine

Die badkamer spog met n stylvolle nuwe voorkoms nadat die wit teĂŤls grys en die bad swart geverf is. Prettige markkopies staan kunstig op aandag in die badkamerkassie.

Sit sweefrakke langs die bed pleks van bonkige bedkassies. Verf houtvloere in n ligter kleur vir n nuwe, moderne voorkoms wat n vertrek groter laat lyk. Blaas lewe in n strak swart-wit-grys kleurskema met hout-aksente en baie groenigheid uit die tuin. Kombineer dramatiese lampe met versonke ligte wat uitgedoof kan word vir kontras en atmosfeer. Groepeer breekware volgens kleur op oop kombuisrakke ‒ só omskep jy n funksionele element in n treende fokuspunt.


Die leefvertrekke is oopplan, met n sitkamer en eetkamer waar prettige en sentimentele items iets van die huismense se persoonlikheid verklap. Janine en Ruan nooi graag vriende oor vir aandete. Die tafel is n erfstuk.


# IN DIE STAD deur L AURIAN BROWN en MANDY ALLEN produk sie K ATE BOSWELL foto s L AR LESLIE (bureaux.co. za)

# ! # $ # !# # $ ! ! !# ! ! # % % ! #

# ! # # Die ronde poeierblou en piouterkleurige blare vorm miniatuurrosies op kort stammetjies waarop heldergeel blomme in die somer pryk.

# # !# "&


(Brain cactus). Skep n kontemporêre binnenshuise tuin deur diÊ kaktusplante in groepe in potte met strak lyne te plant wat treend met hulle organiese vorms kontrasteer.


(Mother of hundreds). Minimalistiese dekor word met diĂŠ kaktusplant opgehelder. Wanneer die plant blom, lei die pragtige klein helderrooi tot pienk blommetjies die aandag af van die delikate dog skerp dorings.


(Arizona snowcap). Die stekelrige knoppies van diĂŠ kaktusplant is fassinerend en n mens kan nie anders as om die wonderlik interessante lyne van nader te bekyk nie.


etplante het vlesige stamme of blare waarin hulle in n droÍ omgewing of seisoen water kan opgaar. Hulle kom nie net in woestyne voor nie, maar ook in ander uiteenlopende klimaatstreke ‒ van die kus tot bergterrein, oraloor Afrika en in talle ander wêrelddele. Sommige raak reusagtig groot, ander is weer klein juweeltjies wat kompakte ruimtes met groenigheid ophelder. Die geheim van n suksesvolle vetplanttuin is om te weet in watter omstandighede elke plant in die natuur oreer sodat jy dit die regte hoeveelheid water en lig kan gee.

! ! !

#

LIG In die natuur groei baie vetplante in eense skaduwee onder sogenaamde peetplante of rotse. Dit sluit in crassulas, gasterias, Haworthia en stapelias. Hulle sal verskroei as jy hulle op n warm vensterbank los. Kies n plek met helder lig maar nie direkte son nie; die meeste vetplante hou van 40% skadu. WATER Gee eerder te min as te veel; n goeie basiese reÍl is om die potgrond een keer per week met water te deurweek in die plant se groeiseisoen, wat in die somer óf winter kan wees. In die dormante seisoen kan jy hulle net af en toe ‒ of glad nie ‒ water gee. LUG Alle vetplante het goeie binnenshuise sirkulasie nodig en hou van n bietjie vars buitelug af en toe.

! is n vetplantgroep wat eie is aan die Amerikas. Daar is twee hoofsoorte: woud- en woestynkaktusse. Die woestynkaktusse moet son hê om te kan blom en moenie in die winter water kry nie. Woudkaktusse het heeljaar eense skadu nodig; gee hulle in die winter minder water en kos, maar darem nie niks nie.

" • • • •

Maak seker die pot het genoeg dreineringsgate. Hou die pot, die plant self en omringende area skoon en stofvry. Maak seker daar sirkuleer genoeg lug in die vertrek. Die grond moet lig wees en goed dreineer. Een deel fyn riviersand, een deel growwe riviersand en een deel goed verrotte kompos is n goeie basiese mengsel. • Wees altyd op die uitkyk vir peste. Vetplante is vatbaar vir plant-, wol- en dopluise asook swamsiektes, wat dikwels deur te veel water of beknoptheid veroorsaak word. Sny die deel met die infeksie uit en maak die grond met n swamdoder nat. • Die meeste vetplante plant baie maklik voort. Jy kan nuwe plante kweek van steggies, uitloopsels en selfs n enkele blaar.


Deur die oog van n

naald

… begin n opwindende wêreld van kreatiewe stikwerk.

G

ee jou kreatiwiteit vrye teuels met die onbeperkte moontlikhede wat jou Bernina-naaldwerkmasjien jou bied. Kreatiewe vryheid begin met n Bernina-naaldwerkmasjien. Of jy nou klere of bykomstighede vir die huis wil maak of kwilten laslapprojekte aanpak, sal Bernina se reeks masjiene jou in staat stel om kreatiewe tegnieke, ongewone materiale en toebehore te gebruik wat uitmuntende resultate waarborg. Bernina het die antwoord op al jou kreatiewe naaldwerkbehoeftes, van die gebruik van praktiese en dekoratiewe steke tot gespesialiseerde drukvoetjies en toebehore ‒ wat op die meeste Bernina-modelle pas, aangesien dit maklik uitgeruil kan word ‒ en jy dus spesiale detail op byna enige artikel kan aanbring.

HIER IS N PAAR PRAKTIESE VOORBEELDE: • Met die kleremakersrygvoet #7 kan jy fraiingrande stik en haardetail op motiewe aanbring. • Om jou eie bak te maak is verspot maklik. Draai net skuinsstroke om n dik koord en stik die koord in n sirkel wat jou die vorm van n bak gee. Gebruik n dubbele koordvoet ‒ #79 of #60 sal reg wees ‒ om te verseker die twee koorde wat gelas word, word gemaklik deur die groewe onder die voet gevoer. • Eksperimenteer met oplosbare stabiliseerder wanneer jy jou eie kant- of net-kleedstof maak. Gebruik die vry-aksie-voet (#44), wat jou in staat stel om die item vryelik rond te beweeg, sodat jy jou stikwerk blitsig kan afhandel.

Fraiingrand

Kleremakersrygvoet #7

Die maak van kant

Dubbele koordvoet #60

WEN MET BERNINA Een leser wen n Domena Easybox van R4 560 in ons gelukkige trekking. Beantwoord net die vraag hieronder en staan n kans om dié kompakte stoomysterstasie te wen. Dis maklik om te gebruik en sorg vir 50% minder krag- en 70% minder waterverbruik, wat dit n moet-hê-item vir gewone stryk- én stoomstrykwerk maak. E-pos jou antwoord, asook jou kontakbesonderhede, met Deur die oog van die naald ‒ kreatiewe stikwerk in die onderwerpveld, na marketing@berninasa. com. Dit moet Bernina nie later as 30 Augustus 2014 bereik nie.

VRAAG: Watter voet verseker dat koorde wat gelas word, gemaklik gevoer word? • Die kompetisiereëls is op versoek beskikbaar by marketing@berninasa.com. • Gaan na www.bernina.co.za vir al jou Bernina-produkinligting. • Word n vriend van Bernina en bly ingelig op www.facebook.com/BERNINARSA en op twitter.com/BERNINARSA.


Stik, brei, weef stilering CARIN SMITH foto s ED O RILEY

deur KEVIN SWARTS

Jy benodig • twee 138 x 93 cm-stukke grys linne • twee 128 x 93 cm-stukke gordynvoering • bypassende stoeergare • ekstra-dik swart breidraad • agt 22 cm-lengtes katoenband • ekstra-sterk ritssluiter van 1 m • tapisserienaald • 2,5 kg Styrofoam-korrels

So maak jy LET WEL Alle naattoelatings is 1,5 cm breed. 1 Maak eers die binnekussing. Speld

Grys prenteraam (R109) van Loads of Living. Koppie en piering (R179 vir die stel) van Typo. Houttafeltjie (R295) van Abode.

die twee stukke gordynvoering aan mekaar met die regte kante teen mekaar. Stik al vier sye toe, maar laat n opening van 20 cm in een sy. Dop dit na die regte kant om en vul dit met die Styrofoam op. Werk die opening toe. Werk aan elke hoek een 22 cm-lengte katoenband vas. Dit gaan gebruik word om die binnekussing aan die ooreenstemmende hoeke van die oortreksel vas te bind. 2 Kap een lang sy van elk van die twee oortrekseldele om. Speld diĂŠ twee sye aan mekaar met die regte kante teen mekaar. Stik die eerste en laaste 20,5 cm van die naat toe, maar laat n opening van 1 m in die middel vir die ritssluiter. Stik die ritssluiter in die opening.

Speld die twee dele plat aan mekaar vas en stik en kap een kort sy en die ander lang sy om. Maak die oorblywende ongestikte sy van die oortreksel oop en merk die middel van elke naattoelating van die twee dele. DiĂŠ twee middelpunte sal by diĂŠ kant die hoeke van die oortreksel wees, met die twee lang naattoelatings wat by die middel van die naat bymekaarkom. Stik en kap die naat om. 3 By die twee hoeke, met die naattoelatings wat daarvandaan loop, speld en stik n 22 cm-lengte katoenband aan die naattoelatings, 5 cm van die hoeke af ondertoe. Aan die teenoorstaande kant van die oortreksel is daar geen naattoelatings by die hoeke nie en moet die katoenband aan die oortreksel vasgewerk word, 5 cm van die hoeke af ondertoe. Dop die oortreksel na die regte kant om en pars die nate. Merk aan die twee kort kante n lyn 5 cm binnetoe en parallel met die rand. Stik n bostiksel op elke lyn. 4 Gebruik n dubbele lengte ekstradik swart breidraad en tapisserienaald en werk groot komberssteke oor die kort kante, net binnekant die bostiksel. 5 Steek die kussing in die oortreksel en bind die ooreenstemmende hoeke met die katoenbande vas.

KOOPGIDS OP BLADSY 127

Stik hierdie poue vir lekkerleeglê-dae.


Of jy van naaldwerk hou, brei verkies of graag iets van albei doen, ons het die perfekte projek vir jou. Jy kan selfs iets weef ‒ ons wys jou stap vir stap hoe.


Grootte deur SAPROTEX

Oefen hoe om in rondtes te brei en maak vir jou hierdie mooi sak. Vir jou volgende projek het jy dan iets om jou breigoed in te pak.

Breedte 45 cm en hoogte 36 cm. Die aanwysings is net vir een grootte.

Jy benodig • 4 x 100 g-bolle Elle Pure Gold Chunky in Titanium kleur no. 201 • 5 mm-sirkelbreipen, lengte 60 cm

Spanning 20 ste en 34 rye = 10 cm oor lussteek met 5 mm-penne. LET WEL Vir die beste resultaat is dit noodsaaklik om die regte spanning te verkry. As daar te min steke in jou toetsmonster is, gebruik dunner penne; as daar te veel steke is, gebruik dikker penne.

AFKORTINGS aw gl 1 aw her pat r rdte(s) st(e) VK vlg

aweregs glip een steek aweregs herhaal patroon regs rondte(s) steek(steke) verkeerde kant volgende

So maak jy Stel 180 ste op met n 5 mmsirkelbreipen. 1e rdte: Met VK na voor, aw. 2e rdte: (R 1, gl 1 aw) tot einde. Her diĂŠ 2 rdtes tot werk 26 cm lank is, eindig met 1e rdte van pat. Aw 6 rdtes.

Handvatsels Vlg rdte: Aw 30, heg 30 ste af, aw 60, heg 30 ste af, aw tot einde. Vlg rdte: Aw 30, stel 30 ste op, aw 60, stel 30 ste op, aw tot einde. Aw nog 6 rdtes en heg dan af.

Afwerking Werk die opstelrand toe vir die onderste naat en dop dit na die regte kant om.

Tensy die regte breidraad gebruik word, kan ons nie verantwoordelikheid vir die eindproduk aanvaar nie.



deur ELIZABE TH FESTER

Maak n gordyn om voor n oop kas te hang, maar gee dit n bietjie persoonlikheid met n mooi blomprent wat op lap oorgedra is en toe met washi- linte aan die gordyn vasgemaak is.

Jy benodig • hoÍresolusie- digitale prent • aanstryk-oordrukpapier (te koop by skryfbehoeftewinkels) • materiaal om die prent op oor te dra • materiaal vir die gordyn • oorskietstukkies bont materiaal vir die washi-linte (4 soorte) • bypassende kantstrook • bypassende gare • aanstryk-tussenvoering

So maak jy 1 Meet eers hoe groot die

2

3

4 5

gordyn moet wees en besluit daarvolgens hoe groot die prent moet wees waarmee jy dit wil versier. Ons blom is oor vier A4-velle oordrukpapier vir donker materiaal gedoen. Knip die materiaal vir jou prent daarvolgens, maar laat 1 cm ekstra aan al die rande toe vir omvou. Druk die prent met n inkstraaldrukker op die oordrukpapier uit en knip die rande reg, indien nodig. Volg die vervaardiger se aanwysings noukeurig en stryk die papier aan die materiaal vas. Knip die materiaal vir die gordyn uit met 1,5 cm-soomtoelatings aan al die rande. As jy die gordyn aan die gordynreling wil hang en nie aan gordynringe en -ogies nie, moet jy ook genoeg materiaal vir n skuif aan die bokant toelaat. Pars dit en stik dit. Vou die rande van die materiaal met die prent om en speld dit op die gordyn vas, so na as moontlik aan die rand, want die spelde maak gaatjies in die prent. Stik dit met bypassende gare so na as moontlik aan die rand vas. Rond die bokant van die gordyn met die kantstrook af. Maak nou die washi-linte. Stryk tussenvoering aan die verkeerde kant van die materiaal en knip vier stroke van 4 x 12 cm elk. Vou 1 cm-soompies aan al vier rande in en stik een aan elke hoek van die prent vas. Hang die gordyn op.



deur SAPROTEX

Vir hierdie projek benodig jy twee brei-en-weefstelle en n ronde weefraam. Dit word afgerond met n paar basiese hekelsteke.


AFKORTINGS gls kb ks rdte(s)

As jy op n plat oppervlak, soos n tafel, werk, behoort die skering lossies te hang en net-net die oppervlak van die tafel te raak.

glipsteek kortbeen kettingsteek rondte(s)

5 Hou die vorige penne vas terwyl

GROOTTE

jy werk om te keer dat dit uitglip. 6 Wanneer breidraad om al die boonste en onderste penne gedraai is, moet die breidraad links bo by die blou pen wees. 7 Knip die breidraad af en heg dit aan die pen vas.

Deursnee van bodem 26 cm en hoogte 30 cm. LET WEL • Tensy die breidraad wat aangegee word, gebruik word, kan ons nie verantwoordelikheid vir die eindproduk aanvaar nie. • Vir illustrasiedoeleindes het ons n kleiner weefraam as die oorspronklike gebruik en n teenstellende kleur waar nodig.

Jy benodig • 6 x 100 g-bolle Elle Cotton On Seriously Chunky in die kleur van jou keuse (ons het Natural kleur no. 014 gebruik) • 2 brei-en-weefstelle • 41-pen- ronde weefraam • 5 mm-hekelpen • 5 mm-breipenne

So maak jy BOKANT Om die weefraam aan mekaar te sit, las die stukke aan mekaar om n reghoek te vorm, sodat jy 88 penne op die boonste en onderste borde het en 28 op die sykantborde, met die hoekgaatjies van vyf elk nie bygetel nie. Jy het die volgende stukke nodig: • 2 x 36-pen-stukke • 8 x 12-pen-stukke • 8 x 6-pen-stukke • 4 x hoekstukke

Stel die skering op Die breidraad wat vertikaal oor die raam loop, word die skering genoem.

Weef die inslag so in Die breidraad wat horisontaal loop, word die inslag genoem.

1 Gebruik twee breidrade saam,

maak n skuifknoop omtrent 15 cm van die punt van die breidraad en sit dit op die kontraspen in die boonste regterhoek. 2 Bring die breidraad af na die onderste regterhoek en draai dit om die eerste pen op die onderste bord. 3 Hou die breidraad op die onderste pen, bring die breidraad terug op na die bokant van die weefraam en draai dit om die eerste pen op die boonste bord. 4 Gaan voort om die weefraam van bo na onder en onder na bo te bedek, beweeg van regs na links en hou die skering baie slap. LET WEL DiĂŠ stuk sal baie onnet lyk, maar dit is noodsaaklik om die skering slap te hou om ruimte te laat vir die inslag om meer te word sonder dat die raam gebuig word soos die materiaal vorm begin aanneem.

1 Gebruik nuwe bolle en twee

breidrade saam, sit die bolle breidraad aan die linkerkant van die weefraam en trek n paar meter breidraad uit. Maak n skuifknoop omtrent 15 cm van die punt van die breidraad en sit dit op die kontraspen in die linkerhoek bo. 2 Begin by die regterhoek bo en laat glip die weefwerktuig afwisselend oor en onder die skeringdrade totdat die haak aan die linkerkant van die weefraam is. WENK DiĂŠ projek is te groot om n inslag in een beweging te doen. Jy kan bereken van waar jy onder n inslag moet kom om in werkbare lengtes te weef. 3 Weef die eerste paar inslagrye

versigtig, aangesien dit moeilik is vanweĂŤ die losheid van die skering. Werk deurgaans met albei drade.

Las soos volg: Onderste en boonste borde = 1 x 36-pen, 2 x 12-pen, 4 x 6-pen en 2 x hoeke. Sykantborde = 2 x 12-pen. Sit die blou penne in elke gaatjie, maar slaan die onderste twee hoekgaatjies oor. Jy kan n kontraskleur pen vir die hoekgaatjies gebruik.


Waar die twee drade aan die linkerkant van elke pen af loop, is die plek waar die weefwerktuig onder ingegaan het; die drade aan die regterkant van elke pen is waar die weefwerktuig oorgeglip is. 4 Haak die werkende breidrade op die weefwerktuig en trek die weefwerktuig deur die skeringdrade na die regterkant van die weefraam toe.

8 Herhaal tot die breidraad om al

die penne aan albei kante van die weefraam gedraai is. Maak seker jy hou die skeringdrade gelyk met die penne; gebruik die gevurkte punt van die weefwerktuig om inslagdrade na die bokant van die weefraam te druk. WENK Soos meer inslagdrade geweef word, sal dit die skeringdrade stywer trek en sal die materiaal begin vorm aanneem. Dit raak later moeiliker om die weefwerktuig te gebruik; gaan dan oor na die hekelpen soos nodig om makliker te werk.

Stel die skering op 1 Gebruik n 41-pen- ronde weef-

raam, kry die middelpunt van die raam en heg die middelste motief tydelik so goed as moontlik vas. 2 Gebruik twee breidrade, maak n skuifknoop en heg dit aan die sykantpen op die weefraam. 3 Steek die hekelpen van agter in die agterste lus van n kb, haak die twee drade en trek deur, sodat n lus gevorm word. Sit diĂŠ lus op die eerste pen regs van die sykantpen. 4 Draai die werkende draad ondertoe en om die volgende pen. Steek die hekelpen in die volgende kb en haak n lus deur wat op die volgende pen gesit word.

9 Wanneer die weefraam vol is en

die werkende drade by die linkerhoek onder is, knip die breidraad af, maar laat n punt van 15 cm. 5 Glip die lus van die weefwerktuig

op die pen aan die regterkant. Jy gaan dus vier drade deurtrek, aangesien die inslag en werkende drade altyd aan die linkerkant is. 6 Gaan een pen ondertoe, herhaal die weefstap hierbo en wissel die drade bo en onder die weefwerktuig af met die vorige ry. Trek meer breidraad uit die bolle los soos nodig voor elke ry geweef word. 7 Draai die werkende drade aan die linkerkant van die weefraam om die volgende pen en haak dit aan die weefwerktuig. WENK Trek die inslagdrade so styf as moontlik, maar moenie die penne buig nie. Dit is nodig om uiteindelik n stewige materiaal te verkry.

So verwyder jy die weefwerk van die weefraam 1 Heg al die breidraadpunte so 2

3

4

5

6

goed as moontlik vas. Glip al die lusse van die penne op die boonste en onderste borde sowel as die linkerbord af. Vir die regterbord, steek breidraad in n stopnaald, begin by die eerste pen en steek die naald op deur die lus en dan af deur die lus van die volgende pen. Gaan voort met diĂŠ op-en-afbeweging op elke pen totdat jy by die einde kom. Haal nou die lusse van die penne af, maar wees versigtig om nie diĂŠ rand te styf in te trek nie. Sit die materiaal eers so neer en maak nou drade netjies as jy wil.

BODEM Middelste motief: Gebruik n 5 mm-hekelpen en net een breidraad, hekel 5 ks, gls in eerste ks om n ring te vorm. 1e rdte: 1 ks, 10 kb in ring, gls in ks = 11 kb. 2e rdte: 1 ks, 2 kb in elke kb rondom, gls in 1 ks = 21 kb. Heg af.

5 Herhaal die laaste twee stappe tot

drade om al die penne gedraai is. Jy eindig met n lus in die laaste kb en die werkende breidraad by die middelste motief. Moenie die breidraad afknip nie. 6 Knip en verwyder nou die tydelike drade wat gebruik is om die middelpunt van die weefraam te bepaal, haal die skuifknoop van die sykantpen af en trek diĂŠ los draad na die onderkant.


Weef die inslag in LET WEL Wees weer eens versigtig wanneer die eerste paar inslagrondtes gewerk word en sorg dat jy deurgaans met albei drade werk. Omdat jy in rondtes gaan werk, moet die weefwerk ook in stadia gedoen word. 1 Glip die weefwerktuig of n hekel-

pen afwisselend oor, dan onder die skeringdrade, haak die werkende breidraad op en trek dit deur. 2 Herhaal diĂŠ proses totdat jy by die beginpunt kom, laat n lus wat groot genoeg is sodat die twee bolle breidraad daardeur kan gaan, trek dan aan die werkende breidraad om die lus toe te maak en trek die inslag stywer. 3 Herhaal nog n rondte soos die eerste een, maar wissel die drade aan die bo- en onderkante van die weefwerktuig of hekelpen af van die vorige rondte. 4 Gaan so voort totdat jy die einde van die weefraam bereik. Knip die breidraad af en heg die punt vas.

6-DRAAD-VLEGSEL VIR BODEM Gebruik die oorskiet-breidraad en trek 6 drade uit wat elk twee keer die omtrek van die ronde weefraam is (en n bietjie ekstra, net vir ingeval). Heg een punt van diĂŠ 6 drade aan mekaar en gebruik n teengewig, sodat jy aan die vlegsel kan trek. Foto 1: Verdeel die drade, 3 elk in elke hand.

Voltooi so 1 Moenie die bodem van die

weefraam verwyder nie. LĂŞ die voltooide bokantdeel plat neer en begin merkers soos volg aan een van die langer kante insit: Sit n merker in by die hoeklus, slaan 2 lusse oor, sit n merker in by die volgende lus, slaan 2 lusse oor, (sit n merker in by die volgende lus, slaan 1 lus oor) 4 keer, (sit n merker in by die volgende lus, slaan 2 lusse oor) twee keer, (sit n merker in by die volgende lus, slaan 1 lus oor) 24 keer, (sit n merker in by die volgende lus, slaan 2 lusse oor) twee keer, (sit n merker in by die volgende lus,

Foto 2 en 4: Begin aan die linkerkant en neem die eerste draad agter en op tussen die laaste 2 drade aan die regterkant en dan oor die eerste 2 drade aan die regterkant. Trek liggies om op te trek. Foto 3: Neem die laaste draad aan die regterkant agter en op tussen die eerste 2 drade aan die linkerkant en dan oor die laaste 2 drade aan die linkerkant. Trek liggies om op te trek.

slaan 1 lus oor) 4 keer, (sit n merker in by die volgende lus, slaan 2 lusse oor) twee keer, sit n merker in by die hoeklus = 41 merkers. 2 Las die sykante van die bokantdeel soos jy verkies. Ons het breipenne deur die lusse aan elke kant gesteek en n gehekelde glipsteekrand gewerk deur n lus van elke pen tesame te heg. 3 Sit die bokantdeel op die binnerand van die ronde weefraam, begin by n hoeklus en, met n pen aan elke kant van die sykantpen, glip elke gemerkte lus op n pen. Gebruik die weefraamhaak, trek die onderste lus oor die boonste lus en doen dit reg rondom so.

Foto 5: Herhaal die laaste 2 stappe totdat die vlegsel om die omtrek van die weefraam pas, heg dit vas en knip die oortollige breidraad af. Verwyder die eerste lus wat op die weefraam gelaat is en ryg die vlegsel deur. Gaan so voort met elke pen totdat die vlegsel deur al die lusse geryg is. Heg die punte van die vlegsel vas en weef alle los punte in.


1. Teekershouers (aanwysings op bladsy 99)


2. Hoededoos (aanwysings op bladsy 99)

Altyd in

deur LIZEL CLOE TE foto s ED O RILEY ek stra stilering CARIN SMITH

blom

Maak jou eie gipsrose en gebruik dit as spesiale versierings in jou projekte.


3. Raam

KOOPGIDS OP BLADSY 127


Teekershouers

1

Gebruik dié idee om roos-kershouers te maak. Kies n groot blom waarvan die binneste blare verwyder kan word sodat die kersie binne-in kan pas. Trek die blare net los of knip dit met n skêr af. As van die ander blare ook loskom, kan jy dit met jou gomgeweer terugplak. Doop die blom in gips (sien die stappe op bladsy 100), sit die blom op sy basis neer en sit die teekersie binne-in sodat die blom in die regte vorm kan droog word. Laat dit oornag so staan en doop dit dan weer in gips indien nodig. Spuit dit met vernis of wit spuitverf wanneer dit droog is.

Hoededoos

2

Versier n ronde boks of blik met n lint of strokie kant en jou gipsrose. Ons het die kant met alkant-plakband op die deksel geplak en die blomme met n gomgeweer. Die maklikste is om die grootste blomme eerste op die deksel te rangskik en dan die kleineres tussenin te sit. Gebruik die boks om spesiale aandenkings in te bêre en stal dit iewers uit.

Raam

3

Ons het n spieëlraam wat reeds met klein rosies ontwerp is, met ekstra gipsrose versier. Spuitverf die raam wit om by die blomme te pas en kies blomme wat mooi lyk by jou spieël. Jy kan die blomme met n gomgeweer op die raam vasplak.

Kunsblomme (vanaf R12 elk) van Super Floral en Mr Price Home. Spieëlraam (R99,99; sonder ekstra rose) en gehekelde mandjie (R159,99) van Mr Price Home.


GIPSROSE Jy benodig

• kunsrose • gipspoeier • bloemistedraad, of n ander soort dun draad • draadtangetjie • draadknipper • kleurlose aanspuit-vernis of wit spuitverf

Knip die stele van die kunsrose korter en buig die punt om sodat jy die blom daaraan kan ophang. As dit te moeilik is om te buig, kan jy n stukkie gebuigde draad om die steel draai. Span ook n lengte tou waaraan jy die blomme kan hang wanneer jy hulle uit die gipsbad haal. Sit koerantpapier op die vloer waarop dit kan drup.

Maak die gips aan in n mengbak. Gooi water in die bak en sprinkel die gipspoeier bietjie vir bietjie oor die water met n plastieklepel. Oppas dat daar nie klonte in die water beland nie en moet dit nog nie roer nie. Die water sal melkerig word soos die gipspoeier onder die oppervlak van die water verdwyn.

Hou aan gipspoeier byvoeg tot die poeier onder die oppervlak gaan lĂŞ en nie verder sink nie. Roer dit dan versigtig en voeg nog poeier by tot die mengsel soos dun jogurt lyk. Die mengsel moet n bietjie dunner as gewone gips wees, maar ook nie te loperig nie. LET WEL Daar is nie vaste hoeveelhede vir die meng van gips nie, maar jy kan werk met 1 liter water vir elke 1 kg gipspoeier.

Doop jou eerste blom in die gipsmengsel en draai dit aan die steeltjie in die rondte sodat die gips oral tussen die blare kan inloop.


Lig die blom uit die gips. Dit moet met n dun lagie gips bedek wees en geen klonte daarop hĂŞ nie. Roer nog n bietjie gipspoeier by as die mengsel te dun is.

Hang die blom aan die gespande tou op. Werk vinnig om al die blomme met gips te bedek voor dit hard word. Skep die gips uit en gooi dit weg as dit te hard is. Moenie nog blomme daarmee probeer bedek nie.

Laat die blomme oornag aan die tou hang sodat die gips heeltemal hard kan word. Bedek die blomme dan met nog n laag gips indien nodig.

Haal die blomme baie versigtig van die tou af en spuit dit met kleurlose vernis of wit spuitverf om die gipslagie te beskerm. Die spuitverf sal ook enige oop kolletjies bedek. Gebruik die blomme vir versierings.


L

ank, lank gelede was naaldwerk, brei, hekel, kruissteekwerk ‒ noem maar op ‒ n noodsaaklike praktiese vaardigheid wat elke vrou onder die knie moes kry. Sy moes immers klere vir die gesin en mooigoed vir die huis maak én dit herstel wanneer dit nodig was. Wie sou kon raai dat dié huishoudelike takies in die 21ste eeu n kreatiewe lewe van hul eie sou kry en groot aanhang geniet onder van die voorste ontwerpers en trend-voorspellers tot modieuse Hollywood-sterre? Cameron Diaz, Julia Roberts, Sarah Jessica Parker, Julianna Margulies en Hilary Swank is maar n paar van die bekendes wat brei of hekel as stokperdjie geniet. Hulle vorm deel van die sowat 38 miljoen mense wêreldwyd wat dié kreatiewe tradisies aan die gang hou. Ook aan die plaaslike front is handgemaakte artikels ‒ van klere tot bykomstighede en dekoritems ‒ voor in die koor, en dit lyk nie of die gier gou stoom gaan verloor nie. Daarom is Lynn Pyper se jong hekel-besigheid, With Love Handmade Gifts, in n baie belowende posisie. Naaldwerk, sê Lynn, was nog altyd deel van haar lewe, basies so lank as wat sy kan onthou. Dit is n familie-stokperdjie wat van een geslag na die volgende oorgedra is ‒ van haar oumagrootjie tot haar ouma, ma en nou na haar.

Lynn Pyper neem Oos-Londen op horings met haar hekelpenne en maak vinnig naam op die handwerktoneel.

deur TRAC Y GREENWOOD foto s DIONNE MCLOUGHLIN van D.PHOTOGRAPHY



Ek was nog altyd mal daaroor om goed te skep en het nog nooit n handwerkvorm teÍgekom wat ek nie self wou probeer nie, lag sy. Maar hekel is van kleins af al my groot liefde. My oumagrootjie het nie net die mooiste gehekelde goed gemaak nie, maar ook n groot invloed op my gehad ‒ ek besit steeds n hele stapel van haar werk. Haar hekelwerk was vir my so mooi dat ek ook onmiddellik wou leer hekel. My ouma het nie net al die truuks en geheime van hekel geken nie, maar ook eindelose geduld gehad om my touwys te maak. My liefde vir knope, materiaal, lint en allerlei mooigoed kom weer van my ma. Op ons besoeke aan die algemene handelaar het sy my toegelaat om self die materiaal te kies waarmee sy dan vir my n beeldskone rok gemaak het. Onder haar leiding het ek die oorskietlappies van my roksmateriaal gebruik om self klere vir my poppe te maak. Lynn se leerkurwe was egter nie beperk tot die handvaardighede wat van die een geslag na die volgende in haar familie oorgedra is nie. Sy het besluit om haar vaardighede uit te brei en ook kursusse in die maak van porseleinpoppe, naaldpuntwerk en teddiebere te doen.

VAN STOKPERDJIE TOT BEROEP Ek het vir jare met die idee vir n besigheid in my agterkop rondgeloop voor ek oorgegaan het tot aksie om iets mĂŠĂŠr te doen met die goed waaroor ek mal is en passievol voel, sĂŞ Lynn. Nadat die Pyper-gesin van Pretoria na Oos-Londen verhuis het, het Lynn haar werk as persoonlike assistent by n argiteksďŹ rma verruil vir diĂŠ van uitvoerende tuisteskepper en op n vryskut-basis hekelpatrone vir verskeie ondernemings begin skryf. DiĂŠ skuif, sĂŞ sy, was die vonk wat haar aangespoor het om haar eie besigheid te begin om die produkte te verkoop wat haar lewenslange stokperdjie opgelewer het. Dit is n groot stap wat sy nooit sou kon neem sonder die aanmoediging en ondersteuning van haar gesin nie: Hennie, haar man van die afgelope 32 jaar, en haar dogters, Michelle (29), n graďŹ ese ontwerper, en Louise (25), n juweliersontwerper. Dit help ook dat ons nou in die stiller fase van ons lewe is, sĂŞ Lynn. Toe ek nog n voltydse werk gehad en ons twee dogters grootgemaak het, het ek nie die tyd, krag of moed gehad om met iets heeltemal nuuts te begin nie.

Die begrip en ondersteuning van my gesin en goeie vriende het alles soveel makliker gemaak ‌ om die waarheid te sĂŞ is al die beplanning en organisering wat noodsaaklik is as jy n besigheid begin, glad nie vir my moeilik nie. With Love Handmade Gifts fokus op die oomblik op gehekelde items soos babaskoentjies, dekor, juweliersware, hoede, beanies en sagte speelgoed, maar ek maak ook spesiďŹ eke bestellings vir kliĂŤnte, sĂŞ sy. Ek het begin deur skoentjies vir babas en peuters te hekel, en dit het weer gelei tot gehekelde winterstewels vir volwassenes. In die somer maak ek gehekelde sandale en sonhoede vir kleingoed. My stewels vir volwassenes is baie gewild. DiĂŠ idee is gebore nadat n egpaar van Mosselbaai n draai gemaak het by my markstalletjie en my babaskoentjies gesien het. Hulle het my gevra om vir hulle elkeen n groot paar te hekel. Dit het tyd geneem om die patroon heeltemal reg te kry, maar ek is bly ek het die moeite gedoen, want sedertdien bly die bestellings instroom. Ek dink dit is gewild omdat dit anders is ‒ en natuurlik met die hand en met liefde gemaak word! Haar reeks is egter nie beperk tot skoene en bykomstighede nie.


! , $ '- # # ' $ ' ' " , # + # ' , ' $ , * # # "

LYNN DEEL DIE VOLGENDE WENKE VIR KREATIEWE MENSE WAT GRAAG HUL EIE BESIGHEID WIL BEGIN:

)

Moenie bang wees om raad te vra en van ander te leer as jy nie veel selfvertroue en sakekennis het nie.

Oorweeg dit om saam met ander handwerkers te werk wat dieselfde as jy dink. n Dinkskrum saam met ander kreatiewe mense kan lei tot nuwe idees ‒ en dit is pret om jou kreatiewe energie te deel!

( %

Leer jouself, jou talente en jou swak punte ken ‒ dis noodsaaklik om jou drome en doelwitte te bereik. Bly getrou aan jou kennis en ervaring en maak vrede met dít wat jy nie kan doen nie.

Wees te alle tye oop vir verandering en bly by met die tydsgees. Onthou, modes en style verander vinnig en jy moet weet wat in die wêreld gebeur om relevant te bly. Jou ingesteldheid moet reg wees: Glo in wat jy doen, bly nuuskierig, vasberade en positief. Jy moet mal wees oor wat jy doen en trots wees op die produkte wat jy maak en die wêreld instuur ‒ dit is immers deel van jou. .


My klippe met gehekelde oortreksels is n groot treer! Elkeen is uniek en dit lyk fantasties in enige ruimte, vertel sy trots. Die besigheid is nog in sy kinderskoene. Lynn het eers verlede jaar haar idees begin neerskryf en besluit om begin vanjaar die belangstelling te toets deur n stalletjie te kry by die Avalon Arts and Crafts-mark wat by Kidds Beach in Oos-Londen gehou word. Al die positiewe terugvoer was net wat sy nodig gehad het om tot die groot stap oor te gaan en amptelik n klein besigheid te begin. Ek werk van die huis af in n groot, sonnige kamer omring deur berge wol, gare, materiaal en knope wat ek oor die jare versamel het, kompleet met musiek en eindelose koppies tee. Ek kan my nie n lekkerder en gelukkiger plek voorstel nie, sĂŞ sy. Ek sal graag eendag my repertoire wil uitbrei deur klasse aan te bied en byeenkomste te hou waar kreatiewe mense idees kan deel. Dit sal ook wonderlik wees om ander handwerkers aan te stel wat my met bestellings kan help. Lynn het n lang lys idees wat sy n werklikheid wil maak. Ek wil meer dekor-items in my reeks insluit ‒ spesiďŹ ek matte wat van natuurlike materiale gemaak word en n reeks kleurryke klere vir kinders. Sy werk ook aan n boek met patrone wat gegrond is op die hekelwerk van haar man se ouma. Maar terwyl sy nog haar handelsmerk bou, verkies sy om haar werk deur middel van haar Facebook-blad, die goeie ou riemtelegram en haar markstalletjie te bemark. Daar is nog so baie dinge wat ek moet leer en soveel hindernisse wat ek moet oorkom, maar ek is mal oor elke stap van die proses, sĂŞ Lynn.

Gehekelde mat Afkortings do dsl gls gr(e) her hlb kb ks lb rdte sp(s) st(e) tes vlg

draad oor dubbelslagsteek glipsteek groep(e) herhaal halwe langbeen kortbeen kettingsteek langbeen rondte spasie(s) steek(steke) tesame volgende

Jy benodig • 14 x 100 g-bolle Elle Cotton On Seriously Chunky in wit • 10 mm-hekelpen • tapisserienaald LET WEL Hekel met 2 drade saam. n Los spanning is nodig sodat die mat mooi plat lê. Begin elke ry met die regte aantal ks om die eerste st van die rdte te vorm: 1 ks ‒ 1 kb 2 ks ‒ 1 hlb 3 ks ‒ 1 lb 4 ks ‒ 1 dsl 4 dsl-gr = hekel 4 dsl in ks-sp, trek hekelpen uit lus, steek hekelpen in die 1e dsl en dan in die 4e dsl, do, trek deur 2 lusse op hekelpen.

So hekel jy 1e rdte: Met n 10 mm-hekelpen en 2 drade tes, hekel 12 ks, gls in eerste ks om n ring te vorm. 2e rdte: 24 lb in ring, gls in 3e ks (= 24 ste). 3e rdte: 1 lb in elke lb van vorige rdte, gls in 3e ks. 4e rdte: 1 lb, 1 ks in elke lb van vorige rdte, gls in 3e ks (= 24 ste en 24 sps). 5e rdte: *4 dsl-gr in 1 ks-sp, 2 ks,* her van * tot * 24 keer, gls in 1e 4 dsl-gr (= 24 dsl-gre).

6e rdte: *1 kb in 2 ks-sp, 3 ks, slaan 4 dsl-gr oor,* her van * tot * 24 keer, gls in 1e kb. 7e rdte: *3 kb in 3 ks-sp, 1 kb in vlg kb,* her van * tot * 24 keer, gls in 1e kb (= 96 ste). 8e rdte: 1 kb in elke kb van vorige rdte, gls in 1e kb. 9e rdte: 1 lb in elke kb van vorige rdte, gls in 1e lb. 10e rdte: *12 ks, slaan 4 lb oor, 4 kb,* her van * tot * 12 keer, gls in 1e ks. 11e rdte: *15 lb in 12 ks-sp, slaan 4 kb oor,* her van * tot * 12 keer, gls in 1e lb. 12e rdte: Gls in vlg lb, kb in vlg lb, *(2 ks, slaan 1 lb oor, kb in vlg lb) 5 keer, slaan 4 lb oor (d.w.s. jy slaan laaste 2 lb van eerste boog en eerste 2 lb van vlg boog oor), kb in vlg lb,* her van * tot * 12 keer, gls in 1e kb. 13e rdte: *(4 dsl-gr in 2 ks-sp, 2 ks) 5 keer, slaan 2 kb oor, (d.w.s. jy slaan laaste kb van eerste boog en eerste kb van vlg boog oor),* her van * tot * 12 keer, gls in 1e dsl-gr. 14e rdte: *3 kb in vlg vier 2 ks-sps, 4 ks, slaan vlg 2 ks-sp oor,* her van * tot * 12 keer, gls in 1e kb. 15e rdte: Slaan 1e kb oor, *10 kb, slaan 1 kb oor, 7 kb in 4 ks-sp, slaan 1 kb oor,* her van * tot * 12 keer, gls in 1e kb. 16e rdte: Gls in eerste 2 ste, *6 kb, slaan 2 kb oor, (1 lb, 1 ks) 6 keer, 1 lb, slaan 2 ste oor,* her van * tot * 12 keer, gls in 1e kb. 17e rdte: Slaan eerste kb oor, *4 kb, slaan 1 kb oor, 2 hlb in sp voor vlg lb, (2 hlb in 1 ks-sp) 6 keer, slaan kb oor,* her van * tot * 12 keer, gls in 1e kb. 18e rdte: Slaan eerste kb oor, *3 kb, slaan 1 hlb oor, 13 hlb, slaan 1 kb oor,* her van * tot * 12 keer, gls in eerste kb. 19e rdte: Gls in vlg 2 ste, *(1 kb, 3 ks en 1 kb) in vlg st, 1 kb, (1 kb, 4 ks en 1 kb in vlg st, 1 kb,) 5 keer, (1 kb, 3 ks en 1 kb) in vlg st, 1 kb, slaan 2 ste oor,* her van * tot * 12 keer, gls in eerste kb, heg af. Weef die los punte in.

KOOPGIDS OP BLADSY 127


Lynn het dié mooi doilie-mat vir ons lesers ontwerp. Hekel dit vir n spesiale plekkie in jou huis. stilering CARIN SMITH foto ED O RILEY

Kontak Lynn via haar Facebook-blad (facebook.com/withlovehg) of bel haar by 083 303 4407. Kofferstoel (R7 950) van Recreate.


Uit met die

deur AAF BRANDT CORSTIUS vir FLOW MAGAZINE (f lowmagazine.com)

# ' # ! ! !!

! #

& ! # ! !

& ! !! ! &

! %'

% #

!' # ! ' # ! '

# # !# "(


Uitgooi is n

Probeer dit gerus: Pak n boks vol boeke, klere en ou, maar nog bruikbare huisware en gaan sit dit voor donker buite voor jou huis. Die kans is goed as jy later die aand gaan loer, sal die boks skoonveld wees ‒ opgetel deur iemand wat n nut het vir daardie leÍ blik wat jy gratis saam met die drie bokse beskuit gekry het. En hoe lekker is dit nie ‒ iemand anders kon voordeel trek uit iets kleins wat jy gedoen het. Jy kan ook die kinders se klere wat te klein is weggee of dit vir die HeilsleÍr of n tehuis skenk. Maak net seker die klere vind nie hul pad terug wanneer die nuwe base dit ontgroei het of dat jy iets in ruil kry vir jou vrygewigheid nie ‒ die weggee-goed moet uit jou lewe verdwyn!

Skep n

Hierdie oplossing is ideaal vir krisis- of besige tye. Ek het in een jaar twee babas gehad en die huis was n gemors. Tyd om aan die kant te maak was daar beslis nie, en in ons drieverdiepinghuis (leef, slaap en solder) was twee verdiepings dus heeltemal verbode vir kuiergaste. Daardie verdiepings is bloot nooit skoongemaak nie. Natuurlik het Ăłns nog daar gekom, maar met ons oĂŤ halftoe.

Die leefgedeelte moes natuurlik steeds huislik en gesellig wees en ten minste aanvaarbaar skoon, maar nie voor halfagt die aand nie. Teen daardie tyd was die kleintjies in die bed en kon die grootmense in n krummelvrye sone ontspan. Om heeldag huis skoon te maak was nie n opsie nie, maar ten minste was ÊÊn deel van ons huis elke aand van halfagt tot slapenstyd skoon en netjies en almal tevrede. Deesdae is ons hele huis weer skoon. Die waskamer of gangkas kan nog so n bly-uit-sone wees ‒ n plek waar jy sonder skroom dinge kan smyt en waar geen van die gewone streng reÍls geld nie. n Vriendin gebruik haar stort as blyuit-sone. Agter haar stortgordyn skuil die skoon wasgoed wat nog gestryk en opgevou moet word.

pas ek dit toe ‌ eens aangepas, maar perfek vir my. Só werk dit: Niemand het ooit tyd (of lus) om op te ruim nie. Daarom stel jy n tydhouer ‒ van die soort wat jy gebruik as jy eiers kook ‒ vir 10 minute en jy takel net een kamer. Bêre die skoene wat rondlê, gooi al die speelgoed in een laai, trek die tafeldoek reg, vis snesies tussen die rusbank se kussings uit, stop ou koerante in n sak, gooi die neutedoppe weg, pak al die afstandbeheerders in n ry. Dit hoef niks meer as 10 minute te duur nie: maklik! As jy vir nog kans sien, neem nog 10 minute en vaar die kombuis of badkamer in.

Die

Ek gaan nie maak asof ek diÊ metode self uitgedink het nie ‒ so slim is ek nie. Ek het dit jare gelede geleer by FlyLady, n opruimkenner op die internet, en van toe af


So ruim jy kamer vir kamer op tot die hele huis skoon is. Dis soos oefen: As jy eers aan die gang is, kry die opruim-lus jou behoorlik beet en nĂĄ 10 minute is jy op dreef en gaan dit lekker vinnig. n Tydhouer is regtig die beste belegging vir iemand wat nie hou van huisskoonmaak nie.

Rangskik dit

Dit is die lekker deel van opruim en jy doen dit eintlik eers nadat jy die 10-minuut-skoonmaak afgehandel het en daar niks meer op die trap of in die gang rondlê nie. Ek het die raad in n tydskrif van n binneversierder gekry. Hy het oral op tafels en in rakke en kassies goed in mooi groepies gepak. Baie mense doen dit, maar syne was so mooi in balans en eksentriek: Dit was nie net n klomp fotorame met n kers langs dit nie, maar n vars pampoen, n vaas uit die jare sestig met n enkele koringblom daarin, foto s in mooi rame (dan werk dit), n baie ou diploma en n potjie wat hy self gemaak het. Ek spring dadelik aan die werk en begin met die rak bo my kaggel ‒ dis die plek in die huis wat hom die meeste daartoe leen. Op die kaggel staan n uitgebrande kers, twee piepklein familiefoto s en n plastiekhouer vol dooie goggas ( n biologie-eksperiment van my stiefseun). Nå vyf minute is die twee foto s steeds daar, maar daarmee saam n klein skildery, vier ekstra kerse en n goue spaarbus in die vorm van n ou Volkswagen wat ek al jare het maar nie geweet het wat om mee te doen nie.

Later koop ek n blompotjie by. Daar is seker nie meer plek nie, maar daardie enkele koringblom moet nog daarin kom ‌ Wat lekker is, is dat hierdie groepies ook funksioneel kan wees. Handsakke kom alles op een plek. Die mooi geel skooltas kan op die vintage-stoel lĂŞ met die serp bo-oor gedrapeer. Die houthondjie en die keramiekvark kan n vensterbank deel. Die porseleinďŹ guurtjies ‒ lelik op hul eie maar mooi saam ‒ kan in die hoek staan, en lepels en raspers kan saam aan n reling in die kombuis hang en sĂł n geheel word, kompleet asof dit uit n sjef se kombuis kom.

Oppas vir

in die vlees

Soms is die grootste probleem die gemors wat jy niĂŠ meer raaksien nie omdat dit al so lank so rondlĂŞ. Dit kan wissel van n houer wat altyd vol papiere is en n leer wat nooit weggepak word nie tot vloerlyste wat in die hoek staan en wag om ingesit te word.

Jy sien dalk nie meer die rondstaangoed en onafgehandelde projekte raak nie (en daarom maak dit jou nie elke dag van voor af vies nie), maar dit knaag tog in jou onderbewussyn aan jou. Neem n notaboekie en stap deur die huis. Ek het dit pas self gedoen en in die voorportaal ikker die gloeilamp al heeljaar lank, daar staan n mandjie met bondels plastieksakke by die deur, die mat in die gang maak rafels, en die stortgordyn is gaar. Skryf alles neer en dóÊn iets daaromtrent. Nie alles op een slag nie, want dan gooi jy tou op en raak die lysie nie korter nie. Een doring op n slag. Eerste op my lys is die lig in die voorportaal. Ek kan nie wag nie.


! deur CARIN SMITH

Op soek na n helpende hand om jou lewe te organiseer? Met ons lysie gratis apps kan jy jou dagtake lag-lag kafdraf.

D

ie lewe is besig genoeg tussen vergaderings oor middagete, kinders oplaai, besluite oor aandete en rekeninge betaal. As jy n slimfoon het, probeer gerus diĂŠ nuttige toepassings om dinge n bietjie makliker te maak.

Help jou kook:

Pepperplate is n app wat jou aandetes help beplan. Dit help jou om jou resepte te organiseer, inkopielysies saam te stel en selfs die geregte te maak. Sodra jy geregistreer het, kan jy resepte van die web aaai of gunstelinge uit jou eie kookboeke intik. Jy kan ook spyskaarte saamstel. Op grond van jou maaltydplan skep Pepperplate inkopielysies wat jy in die supermark kan afmerk. Sodra jy wil begin kook, lei diÊ app jou stap vir stap deur die resepte, kompleet met n kombuishorlosie wat tyd hou. Beskikbaar vir die web, iOS, Android en Kindle-toestelle.

Kry n aftik-lysie:

#

Begin elke dag met diĂŠ eenvoudige app. Met Any.do kan jy jou dag beplan deur lysies met n tydraamwerk op te stel en dit met die kalender op jou rekenaar te sinchroniseer. Jy kan ook vir jouself stemnotas los. En die take wat jy nie vandag klaarkry nie? Klik bloot daarop en sleep dit na mĂ´re se lysie, of klassiďŹ seer dit as upcoming of someday .

Wat dit selfs prettiger Ên meer doeltreend maak, is dat jy elke taak op jou lysie kan afmerk sodra jy dit afgehandel het. Beskikbaar vir iOS, Android en Google Chrome.

Bestuur jou geld:

Dis n nuttige app vir reisigers of mense wat bloot n hulpmiddel soek om hul daaglikse uitgawes dop te hou. Die app werk met alle geldeenhede en jy kan jou reisbegroting apart van jou daaglikse uitgawes byhou. Dit is ook n rekening-organiseerder wat met al jou toestelle gesinchroniseer kan word. Gebruik dit om by n begroting te hou, jou maandelikse besteding dop te hou en betyds herinner te word om al jou rekeninge te betaal. Dit bied selfs daaglikse wisselkoerse vir die 34 vernaamste geldeenhede. Beskikbaar vir Apple-toestelle en Android.

Kommunikeer visueel:

As jy haastig is, bied Skitch n maklike manier om met behulp van interessante visuele elemente te kommunikeer. Neem bloot n foto en voeg enigiets soos teks, n gesiggie, merkers of n raam daarby om jou boodskap oor te dra. Deel dit dan deur middel van e-pos, Twitter, Facebook, Instagram, WeChat of WhatsApp. Beskikbaar vir Android, Windows en Apple-toestelle.

Skep jou eie webtydskrif:

As jy jou gunsteling-aanlynnuus op een plek wil versamel en deel, is Flipboard die app vir jou. Blaai deur blogs, artikels en interessante stories oor jou gunsteling-onderwerpe en bêre dit in jou eie tydskrif , waar jy dit later kan lees. Daar is kategorieÍ vir alles ‒ van kos en eetplekke tot musiek en stadsgidse. Beskikbaar vir iPad, iPhone, Android en Kindle.

" #

Hou kop met jou werksuitgawes:

Met diĂŠ app kan jy tred hou met die uitgawes wat jy vir werk aangaan. Dis ideaal vir vryskutwerkers, want dit hou rekord van kwitansies, werksure en die kilometers wat jy vir werk gery het en help jou om vinnig en maklik n dokument met al jou uitgawes saam te stel. Gebruik Expensify om n foto van jou kwitansie te neem, kies die kliĂŤnt vir wie dit was, en siedaar. Die SmartScan-tegnologie lees jou kwitansie en skep die uitgawe sonder dat jy dit met die hand hoef te doen. Dit bestuur ook jou uurtarief en die tyd wat jy aan die werk bestee het. Jy kan ook jou uitgawes in n pdf-dokument omskep en op jou rekenaar bĂŞre. Beskikbaar vir iPhone, iPad en Android.


JUL idees

Vertel vir ons meer oor jouself, jou smaak en jou kreatiwiteit. Briewe, fakse en e-posse is welkom. ideesred@media24.com of idees.co.za

SKRYF VIR ONS EN

WEN! Skryf aan Idees, Jul idees, Posbus 1802, Kaapstad 8000, faks 021 408 3046 of e-pos ideesred@media24.com. Onthou asseblief om jou adres en telefoonnommers by te sit. Die skrywer van diĂŠ maand se wenbrief kry n koopbewys vir R1 500 van Mywalltattoos. Muur-tatoes is plakkers van selfklewende viniel wat op byna enige muur geplak kan word. Op mywalltattoos.com kan jy kies uit 250 verskillende ontwerpe in meer as 20 kleure en verskeie groottes. Die tatoes word almal in Suid-Afrika gemaak en is binne een of twee werkdae gereed. Dit word landwyd aan kliĂŤnte gepos of per koerier afgelewer. Gaan kyk na al hul ontwerpe en vind meer uit op mywalltattoos.com.

GELUKSALIGHEID

Ek lees die nuutste Idees en my kop kry ook idees. Waar het dit begin, al die skeppende vlytighede? Self het ek n bietjie klere vir die kinders gemaak en nie veel meer nie. Al die kunstighede is altyd bewonder, want ek is mos nie kunstig nie. Tot so agt jaar gelede. Ek en my dogter woon n werksessie by waar ons lang stringe krale maak wat lieik om jou nek drapeer. Die bal het begin rol en ek het besef dat ek ook dinge kan maak wat nuttig en mooi is. Weliswaar nie meesterstukke nie, maar die gevoel dat ek iets geskep het, was en is absoluut n tonekrulmoment. Die geestelike kuur is onkoopbaar. Alles wat ek onder oÍ en hande kry, word herwin en die res aangekoop. Ons huishulp skud net kop oor die blikke, bottels, proppe en lappies wat nie durf weggegooi word nie. Die handwerkwinkels baat by die aankope. Dink net aan al die legio dinge wat n mens kan maak en doen! Ek wens ek het dit vroeÍr ontdek, maar ek werk hard om in te haal. Gelukkig is daar internet en ons lekker tydskrifte. Nou benodig ek n projek om al die tydskrifte te stoor. Ai, soveel dinge, so min tyd. Marthie Duminey, Kempton Park

Ek was baie opgewonde toe ek die gestikte voorblad van Maart 2014 sien. Om kreatief te wees gee n mens sommer weer woema en ek kry nie altyd tyd daarvoor nie. Ek het twee rame gehad wat gevul moes word en dit sou met niks anders as julle idee gevul word nie! Die eindresultaat pronk in my dogter se huis in Bloemfontein en ek moes nog maak wat Kaap toe kon gaan. Dit was baie lekker om te maak. Van julle ander prente in hierdie Idees het ook plek teen n muur gekry in rame wat my man gemaak het. Dankie vir al die inspirasie. Martinda Powell, Bloemfontein


Soos baie dinge maar duurder raak, probeer n mens mos maar hier en daar sny. Voeg daarby n pasgebore baba en jou besluit om jou Idees te kanselleer klink maklik. Ek het skoon vir my suster n jaar se subskripsie geskenk gegee siende dat ek myne gaan kanselleer, want so weet ek mos daar sal altyd n boek in die familie wees. Toe blaai ek weer Desember 2013 en Januarie 2014 se uitgawes deur en sien die oulike patrone ‒ eers vir die kortbroekie vir meisies en seuns en toe die wasgoedsak wat ek hoeka een van die dae gaan nodig hĂŞ as my gogga crèche toe moet gaan. Net daar en dan besluit ek toe: Ek sny eerder op n ander plek. My Idees bly. Baie dankie vir n fantastiese tydskrif propvol idees vir hierdie nuwe mamma. Nadia van der Westhuizen, Durbanville

BRIEWE MOET OORSPRONKLIK WEES EN MOES NĂŠRENS ANDERS VIR PUBLIKASIE AANGEBIED GEWEES HET NIE. ONS PLAAS GRAAG FOTO S VAN PUBLISEERBARE GEHALTE. BRIEWE KAN VERKORT WORD.

Mooi opgehelder Ek wil graag met my enigste en gunsteling-tydskrif deel wat ek met die foto s in die tydskrif maak. My ma se Moedersdag- en verjaardaggeskenke is opgehelder danksy julle inspirasie. Idees is al tydskrif wat ek koop en oral in my huis is die voorblaaie sommer deel van my dekor. Dankie dat ek elke maand opgewonde kan uitsien na my nuwe Idees! Mal oor julle. Tanya Venter, Midstream Estate

WARM HUIS EN HART Sjoe, ek wag elke Idees met groot afwagting in en voel sommer glad nie goed as die tydskrif al op die winkelrakke pryk en dis nog nie in my posbus nie. As ek egter behaaglik agteroor gaan sit en van voor na agter en weer van agter na voor blaai en elke bladsy verslind, is alle ongedurigheid weg. Ek moet erken die laaste paar maande se uitgawes vat die koek, want elkeen is meer in my kraal as die vorige een. Maart se Idees met die artikel oor Postcrossing het my lewe sommer ingrypend verander. Ek het dadelik geregistreer en het nou al 23 poskaarte van oor die wĂŞreld ontvang. My liefde vir letters en woorde het ek sommer ingewerk deur vir poskaarte te vra met aanhalings en woordkuns. Manlief is so gaaf om die pos uit te haal, behalwe die poskaarte, want

ek trippel van opwinding om dit self uit te haal. My heel eerste poskaart uit Duitsland het my aangespoor om weer my Matriekduits op te knap! Ek het n versierde plakboek gemaak met al my poskaarte en n wêreldkaart waar ek elke plekkie afmerk waarheen my poskaarte vlieg. Heerlik! En toe kom die Junie-Idees ‌ baie, baie geluk! Ek het dit n derde keer deurgeblaai en elke opskrif en woord bekyk. Die fantastiese uitleg en kreatiewe letters laat n mens sommer dadelik die artikel lees. Nog is het einde niet: Ek kry n poskaart uit Rusland met die versierde letter-boodskap: I believe in love! Ek kon my oÍ nie glo nie. Dankie, Idees, julle bring sommer warmte en liefde in my huis en hart, of soos die aanhaling sê: All my letters are messengers of love. Aletta Olivier, Brackenfell

Elke maand n geskenk Dankie vir n wonderlike tydskrif. Elke maand as ek my Idees ontvang, voel ek soos n kind wat nie kan wag om n geskenk oop te maak nie. In elke uitgawe is daar iets wat my belangstelling prikkel en dan moet ek dit maak. Ek wil graag hierdie brief opdra aan my twee wonderlike oumas, van wie die een reeds jare gelede oorlede is. Hulle het my geleer brei en naaldwerk doen toe ek nog op laerskool was. Ek het besluit om n fotoplakboek te maak van al die projekte wat ek maak, want in elke projek stort n mens tog n bietjie van jouself uit. Jy het dan mooi herinneringe vir jou oudag. Dankie vir ons hemelse Vader vir ons talente, dankie vir die mense wat ons inspireer en ondersteun ‌ en dankie, my man, dat jy verstaan as my werkkamer lyk of n trop olifante deur hom is. Daleen Schoeman, Pretoria


saamgestel deur CISKIA HANEKOM foto s ED O RILEY

Wonder jy hoe n mens eiers gou kamertemperatuur kry of hoe om ou handdoeke te verfris? Ons het die antwoorde. SLIM IDEE Wanneer jy jou

brei- of hekelwerk blok, strek die werk eens sodat die patroon ten beste vertoon.

HOEKOM MOET JY EERS N ONDERLAAG AANWEND VOOR JY IETS KAN VERF? Onderlaag (primer) verbeter die binding van die verf aan die oppervlak en sal dit langer laat hou. Berei altyd eers die oppervlak voor deur dit met suikerseep te was en dan liggies te skuur. Vee dit met n klam lap skoon en laat dit droog word voordat jy dit met die onderlaag verf.


Wat is garam masala?

Garam masala is n fyn speserymengsel wat gewild is in die Indiese kookkuns. Verskillende kombinasies van speserye word in verskillende streke gebruik, elk met sy eie kenmerkende geur. In sommige mengsels is die geure gebalanseer, terwyl ander n dominante geur het.

Hoe kies ek die regte koďŹƒetafel? Neem in ag hoeveel plek jy het en meet dit. Daar moet genoeg beweegruimte om die tafel wees en spasie vir jou bene as jy sit. Die beskikbare plek sal ook die vorm van die tafel beĂŻnvloed: reghoekig, vierkantig of ovaal. Neem ook die grootte van die ander meubels in ag, anders gaan die verhoudings nie reg lyk nie. Dink waarvoor jy die tafel gaan gebruik. Soek jy ekstra pakplek of het die tafel eerder n dekoratiewe funksie? Watter styl verkies jy? Modern, eklekties of vintage? Dit sal ook die keuse van die materiaal (hout, glas, perspeks, ens.) beĂŻnvloed. Onthou ook die tafel moet liefs dieselfde hoogte as jou rusbank en stoele se sitplek wees ‒ hoĂŤr of laer kan ongemaklik wees.

Hoe rooster n mens speserye? Sit die speserye in n skoon, droĂŤ pan. Skud die pan liggies sodat die speserye oor die bodem versprei. Rooster dit oor matige tot lae hitte tot dit geurig is. Skud die pan liggies om die speserye te meng. Moenie dit te veel rooster nie, anders brand dit aan en raak dit bitter.

" ! $ ! ! !$ $ ! $ ! !

" ! "!! !

#

# #

!"" ! ! $

!

# ! !

# # # " # " $ ! % " ! "

%

! $

!

# % && & ! &! ! ! # & ! && $ &! $&


Gebruik teeblare uit gebruikte teesakkies as voedsame deklaag vir jou potplante.

WENK Spuitverf alfabetyskasmagnete almal dieselfde kleur vir n skoner voorkoms in die kombuis.

WENK Keer dat n koek n punt

in die middel vorm deur n holte in die beslag te maak voordat jy dit in die oond sit.

WENK Versprei gom eweredig oor n houtoppervlak met n skroefdraadstaaf.

Hoekom raak handdoeke nรก n tyd hard en kry dit n muwwerige reuk? Waspoeier en versagmiddel bou mettertyd op in handdoeke, wat dit minder absorberend maak en n mufreuk gee. Sit die lewe terug in ou handdoeke deur hulle in warm water met een koppie asyn te was, en dan weer in warm water met n halwe koppie koeksoda. Dit raak ontslae van die ou wasmiddels, maak die handdoeke meer absorberend en laat dit weer vars ruik.


BRONNE: WWW.WINTER-COOKING.CO.ZA; WWW.ESKOM.CO.ZA; ESKOM SE 49M ENERGY EFFICIENT COOKBOOK (SAAMGESTEL DEUR ANGELA DAY)

Kook heerlike wintergeregte vir jou vriende en familie n gebruik minder elektrisiteit.

SPAAR MET smaaklike kos H

eilsame trooskos, n knetterende kaggelvuur en knus kuiers saam met vriende en familie is sinoniem met koue wintersdae en -aande. Maar die tyd ‒ en elektrisiteit ‒ wat dit kos om n egte feesmaal te berei kan selfs die ywerigste kok laat huiwer. Tog is daar n omgewingsvriendeliker manier waarop jy maaltye kan maak waaraan almal sal weglê sonder dat dit jou maandelikse elektrisiteitsrekening te veel opjaag: deur eenskottelgeregte te kook. Eenskottelgeregte is n maklike manier om heerlike kos op die tafel te sit en boonop geld te spaar (sonder om te veel skottelgoed vuil te maak!). Eskom, in samewerking met Pick n Pay en 49M, nooi jou om deel te raak van die groeiende

aantal huishoudings landwyd wat di winter op n omgewingsvriendeliker manier kos maak danksy die aanlyn-bron www. winter-cooking.co.za. Met hope inspirerende resepte ‒ soos n 2 kg-beesbraaistuk wat vir 20 minute teen 250 ºC gebraai word waarna dit vir twee uur in die afgeskakelde oond gaar word, en n garnaal-en-chorizo-risotto wat binne 15 minute in n drukkoker gekook word ‒ asook slim wenke en die kans om fantastiese pryse te wen, is hierdie webwerf nuttig vir alle verbruikers. Skryf jou gunsteling-eenskottelgereg in die aanlyn-kompetisie in en jy kan in aanmerking kom vir een van die pryse. Die inskrywings vir die kompetisie sluit op 15 Augustus 2014, so skud op!

WEET JY? Tensy jy iets bak, kan jy n waaieroond se temperatuur 10 persent laer stel as di van n gewone oond en die oond ook 10 minute voor die einde van die gaarmaaktyd afskakel.

SPAAR KRAG IN DIE KOMBUIS • Sit kastrolle se deksels op ‒ dit versnel die kookproses met tot ses persent. • Kap groente in eenvormige klein stukkies op sodat dit vinniger gaar word. • Moenie die ketel tot bo volmaak nie; kook net soveel water soos wat jy nodig het. • Maak verskillende geregte op een slag gaar in die oond. • Verhit oorskietkos in die mikrogolfoond, nie die oond nie. • Ontdooi kos vooraf in die yskas en nie in die mikrogolfoond nie. • Pak die skottelgoedwasser vol voordat jy dit aanskakel. • Ontvries jou vrieskas gereeld.


KRALE-KOORD Jy benodig

• houtkrale (ons het verskillende groottes krale in dieselfde kleur gebruik; soek krale met groot gate) • gereedskap (boor, skroewedraaier, ens.)

Trek die kragprop uit die muur en skroef die doppie af. Skroef die draadjies los en haal die koord heeltemal uit die prop. Hou die skroewe en doppie eenkant.

Kyk of die koord deur jou krale pas. Indien nie, moet jy die krale se gate groter boor. Werk versigtig teen n lae spoed en hou die kraal stewig vas terwyl jy boor.

Ryg die krale op die koord en wissel die groottes af soos dit vir jou mooi lyk.

Skroef die koord weer aan die prop vas as al die krale geryg is, die blou draadjie links en die bruin een regs (soos op foto 1). Skroef die doppie terug.


Ryg n

kralekoord Maak n onooglike elektriese draad mooi met krale en verander dit in n interessante dekor-element. Ons het dit vir n leeslamp gebruik.

KOOPGIDS OP BLADSY 127

deur LIZEL CLOE TE foto s ED O RILEY ek stra stilering CARIN SMITH

Kroegstoel (R995) van Abode. Lampskerm (R129,99) en lampstaander (R169,99) van Mr Price Home. Krale van Global Beads (globalbeads.co.za).


GESMOKTE ROKKIE Grootte Pas vir n kind van omtrent vier jaar oud (104 cm lank, borsmaat 57 cm).

Jy benodig • • • • • • •

patroondiagram op bladsy 123 125 x 150 cm gingang (3 mm-streep) 35 cm dun aanstryk-tussenvoering bypassende stringborduurgare bypassende gare kleremakersgraďŹ ekpapier liniaal en potlood

So maak jy LET WEL Een blokkie in die diagram is 1 x 1 cm. Alle naat- en soomtoelatings is 1,5 cm breed. 1 Teken en knip die smokdele vol-

gens die diagram op bladsy 123 uit. 2 Knip die tussenvoering uit en stryk dit aan die verkeerde kant van die belegseldele vas. Kap die onderrande van die voor- en agterpantbelegsels om.

Speld die agterpantbelegsels aan die agterpante vas en stik die armsgat- en halsnate om die skouerbande te vorm. Knip die naattoelatings smaller en die geronde rande in. Kap die soomtoelating van die agterpante om ‒ begin 2 cm binne die deel wat met n belegsel afgewerk is. Dop die skouerbande na die regte kant om en pars dit. 3 Werk aan die verkeerde kant van die voorpant rye rygsteke elke 6 mm in die deel op die patroon aangedui. Trek die rygsteke in en trek die materiaal af en toe in n vertikale rigting om die plooitjies te help vorm. Dit moet 17 cm breed wees as dit heeltemal ingeplooi is ‒ dis eens nouer as die voltooide breedte, maar die smokwerk sal tot die uiteindelike breedte rek. 4 Werk die smoksteke aan die regte kant van die voorpant met drie draadjies borduurgare. Begin met n ry kabelsteek, 2 cm onder die geknipte rand aan die bokant. Slaan twee strepe van die gingang oor en werk twee rye diamantsteek, wat elk twee strepe bedek.

Slaan twee strepe oor, werk n ry kabelsteek en slaan nog twee strepe oor, gevolg deur twee rye diamantsteek. Eindig deur twee strepe oor te slaan en werk n laaste ry kabelsteek. Pars die plooitjies binne die naattoelating aan die borand plat en trek die rygsteke uit. 5 Kap die soom van die voorpant om. Speld die skouerbande van die agterpant aan die voorpant vas met die regte kante teen mekaar en 1,5 cm van die armsgatrand. Speld die voorpantbelegsel aan die voorpant vas en stik die armsgat- en borandnate toe. Knip die naattoelatings smaller en die geronde rande in. Dop die belegsel na die regte kant om. Pars die nate, maar moenie die plooitjies plat stryk nie. 6 Met die belegsels na bo, speld, stik en kap die synate van die voor- en agterpante om. Speld die belegsels aan die binnekant van die rok vas en werk dit deur die synate vas. Pars en stik die soom. Hou die voorpantbelegsel aan die binnekant van die rok in posisie met n ry vangstekies aan die plooitjies.

SMOK SO RYGSTEKE 1 Merk aan die verkeerde kant van die materiaal n ruitenet van kolletjies tussen 6 en 10 mm van mekaar. Gebruik n 6 mm-spasiĂŤring vir dun materiale en n breĂŤr een vir dikker materiaal. Gingang is veral maklik om in te ryg omdat die blokkies as ruitenet gebruik kan word. Werk rye rygsteke deur n paar draadjies materiaal by elke kolletjie op te tel.

KABELSTEEK 2 Trek die rygsteke baie versigtig in om klein plooitjies te vorm en trek die materiaal af en toe in n vertikale rigting om die plooitjies te help vorm. Plooi die gedeelte eens smaller as die uiteindelike breedte in. Die voltooide smokwerk is elasties en sal rek. Draai die rygdrade om spelde om die plooitjies in posisie te hou.

1 Bring die naald op deur die materiaal, links van die eerste plooitjie. Hou die gare onderkant die naald, vang die vou van die tweede plooitjie vas en druk die naald deur van regs na links. Moenie die steke te styf trek nie omdat kabelsteek nie so elasties soos diamantsteek is nie. 2 Met die gare bo die naald, druk die naald van regs na links deur die vou van die derde plooitjie. Herhaal diĂŠ twee stappe om n ry steke te vorm.


MODEL: NIKA LERM • KLERE: NAARTJIE KIDS • TOUKUNS-HASIE (R360) VAN ABODE • KOOPGIDS OP BLADSY 127

Die tendensvoorspeller Li Edelkoort sĂŞ smokwerk is aan die terugkeer. Ons het inspirasie uit ons kinderdae gaan haal om julle weer te leer smok.

Smok n rokkie deur KEVIN SWARTS foto s ED O RILEY stilering CARIN SMITH


GOLFSTEEK & TRALIESTEEK

DIAMANTSTEEK

DiĂŠ steek word van links na regs gewerk. Bring die naald op deur die materiaal, links van die eerste plooitjie.

Die volgende steek vang die derde plooitjie van regs na links vas en n paar millimeter ondertoe van die vorige steek af, met die gare bokant die naald gehou.

Met die borduurgare bokant die naald, vang die vou van die tweede plooitjie vas en druk die naald van regs na links deur.

Laastens, met die gare onderkant die naald, vang die vierde plooitjie van regs na links vas. Herhaal diĂŠ vier stappe tot by die einde van die ingeplooide deel. Die tweede ry steke word in die teenoorgestelde sigsag-rigting gewerk.

DiĂŠ steke word van links na regs gewerk. Werk diagonale rye steke deur die naald van regs na links deur die volgende plooitjie te druk. Hou die gare onderkant die naald in die opgaande rye en bokant die naald in die afgaande rye.

Golfsteek word gevorm deur parallelle sigsag-lyne te werk. Vir traliesteek word die sigsaglyne in die teenoorgestelde rigting gewerk.


GESMOKTE ROKKIE

(bladsy 120)

Draadrigting

Agterpantbelegsel Knip 2

Middelvoor ‒ plaas op vou

Middelvoor ‒ plaas op vou

Draadrigting

Plooi in

Voorpantbelegsel Knip 1

Voorpant Knip 1

Agterpant Knip 2

• Jy kan kleremakersgraďŹ ekpapier by ons bestel. Dit kos R25 vir drie A1-velle, posgeld ingesluit. Bestel by 021 408 3040 of per e-pos by marweya.smal@media24.com.


SUIKERROSIE Jy benodig • plastiekversiersel in die kleur van jou keuse • mielieblom • koekroller • klein ronde koekiedrukker (of gebruik iets soos n sjerrieglas) • skoon, klam teedoek

Rol van die versiersel baie dun uit op n gladde, skoon oppervlak wat met mielieblom bestrooi is. Sny vyf, sewe of nege sirkels uit na gelang van die grootte roos wat jy wil maak. Hou die versiersel bedek met kleefplastiek om te keer dat dit uitdroog.

Vat n klein stukkie van die orige versiersel en rol dit eers in n bolletjie en dan in n kegel. Sprinkel mielieblom oor jou hande as die versiersel taai raak.

Vou n sirkel om die boonste helfte van die kegel. Die punt van die kegel moenie uitsteek nie. As dit nie lekker klou nie, kan jy die sirkel liggies op die klam teedoek druk en dit dan met die klam kant om die kegel plak.

Druk die tweede sirkel reg oorkant die eerste een vas en sorg dat jy die eerste een se naat bedek. Druk dit eens hoÍr as die eerste sirkel vas en vou dit om die kegel. Hou so aan om sirkels vas te plak en sorg elke keer dat dit die vorige sirkel met omtrent n derde oorvleuel. Werk van een kant af en in dieselfde rigting.

Knyp die orige versiersel aan die onderkant liggies af. Gebruik jou duime en voorvingers om soveel af te knyp soos wat jy wil, maar wees versigtig om nie die buitenste sirkels te veel af te trek nie.

Druk elke roosblaar liggies buitentoe indien jy n oop roos verkies. As jy wil hĂŞ die roos moet plat staan op n koek, moet jy die onderkant stomp of skuins afsny met n skĂŞr.


Dié eetbare roos is maklik om te maak ‒ en jy het nie eens spesiale toerusting nodig nie.

Roos

sonder dorings deur TANI KIRSTEN foto s ED O RILEY


333'. $$ **' $! 333')$5 "" * *' $! $". $5 "" 4 6+0 0 # +#6

Om hier te adverteer, k kontak /% 1 .$. 0 1 1*.1* /% 1 6# 66 % 66 % 1 1*.1* 6# 66 %# 66 0 1 1*.1* 6# 66 % 66 " . )) "

$$).) ) $"1! ". $! *$ )1* 2 )* *. . * 3 ) 4 (" 2 )* " 2 " &) . 3$ " " ) " 3 ) 2 )3 ". . !* " $$&' ) * $$ (" " $ 3 " 3 * 3 ) 4 )1*. * ! ! . $1 2) " "" " $".*& "' ) 3$) $$ 3 ) * ** * " 1) . . ".2$ ! "* $$) (" 2 )* " 2 " $" )3 )& '

) 2 ) ) " . " *$ $"* 3 $ $$

$ *.11) &$* "

2QV ZLQNHO KHW GLH JURRWVWH UHHNV LQJHYRHUGH WRHUXVWLQJ HQ JHUHHGVNDS YLU VXLNHUNXQV DVRRN SDVVJHPDDNWH NROZ\QWMLHSDSLHUWMLHV JHVNHQNERNVLHV WDIHO HQ WURXGHNRU HQ QRJ YHOH PHHU

)

%0,


Koopgids @home 086 066 6674 Abode 072 261 3540 Accessorize 021 447 7718 Billabong 031 566 5373 Builders Warehouse 086 028 4533 Cape Arts and Crafts 021 555 3699 Ceramic Factory 011 057 4314 Chair Crazy 021 552 2674 Chandler House 083 423 2001 Church Original Products 083 298 4490 CNA 086 026 2289 Consol 011 874 0000 Cotton On 021 552 2635 Forever New 021 555 3713, 011 465 1829 Global Beads 021 976 8091 Gonsenhausers Fine Rugs 021 462 4819 Imagenius 021 423 7870 In Good Company 011 447 1628, 021 671 4852 Lulu Belle 012 346 6424, 021 671 5728 Merrypak 021 531 2244 Mimco 086 002 2002 Mistry s 021 510 2426 Mr Price Home 080 021 2535 Naartjie Kids 021 448 3502 Nerf-af 084 946 6326 Onsite Gallery 021 462 1357 Pallet Supply Link 083 720 5507 Peter Osborn Furniture 021 461 0623 Pick n Pay 086 030 3030 Plan B Vintage 082 491 3677 Poetry 021 464 5800 Quirky Me 082 417 1885 Recreate 021 447 0007 Sootcookie 082 087 8110 Spree.com 086 199 9501 Super Floral 021 510 7759 The DIY Shop 021 511 1839 The Space 011 783 1935, 021 674 6643 Trade Secret 021 447 1186 Trenery 086 002 2002 Truworths 021 460 2300 Typo 021 552 2635 Woolworths 0860 022 002 Zara 011 302 1500, 021 446 8700

Ăˆ

/NGEVEER TOT VAN VROUE VAN REPRODUKTIEWE OUDERDOM LEI AAN PREMENSTRUELE SINDROOM 0-3

Ăˆ

$IT IS BEWYS DAT VROUE MET à N HOž YSTERINNAME TO LAER RISIKO VIR 0-3 HET

Kompetisie %HPDUN GHXU /LWKD 3KDUPD (GPV %SN 5HJ 1U 3DG 0LGUDQG 9HUZ\VLQJ &KRFDQR %HGR\D 32 0DQVRQ -( HW DO ,QWDNH RI 6HOHFWHG 0LQHUDOV DQG 5LVN RI 3UHPHQVWUXDO 6\QGURPH $P - (SLGHPLRO

3DUW RI /LWKD +HDOWKFDUH *URXS /LPLWHG

Sapience LG-wenners T. Morkel, Tamboerskloof R. Walker, St. Winifreds, KZN L. Taylor, Strandfontein H. Page, Port Elizabeth


Teken in op Idees en spaar PLUS bestel ons spesiale uitgawes vooraf.

aak seker jy loop nie n enkele uitgawe van jou gunstelingtydskrif mis nie deur op die maandelikse Idees in te teken én ons splinternuwe Partytjie-Idees en Idees Borduur vooraf te bestel. Dié spesiale uitgawes gaan propvol kreatiewe projekte en idees wees. Jy sal soos gewoonlik elke maand jou kreatiewe inspirasie met jou maandelikse uitgawe van Idees kry en jou tydskrif in die pos ontvang voordat dit in die winkels beskikbaar is. Dit beteken jy kry ons nuutste idees eerste onder o !

M

TEKEN OP EEN VAN HIERDIE MANIERE IN: Bel 0861 000 594, Maandae tot Vrydae, 8 vm. tot 5 nm. Gaan na dailyfix.co.za en klik op Subscribe .

Stuur n e-pos met jou naam en kontakbesonderhede na ideesinteken@media24.com.

Bepalings en voorwaardes Dié aanbod geld net tot 17 Augustus 2014 en is net vir mense in Suid-Afrika. Skakel +27 21 405 1905 vir tariewe in ander lande. • Geen afslag word bereken op die posgeld en BTW nie. • Deur per e-pos of SMS in te teken gee jy vir ons toestemming om jou ook so te kontak. • Gratis SMS e geld nie. • Betaling geskied vooraf. Om ononderbroke diens te verseker word jou intekening outomaties hernu en die bedrag van R36,34 maandeliks ingevorder. • Intekengelde kan van tyd tot tyd verander. Ons sal jou so gou moontlik oor prysveranderings inlig voordat dit in werking tree sodat jy jou intekening kan kanselleer, sou jy wou. • Ons kan die betaal-opdrag vir jou intekening aanpas volgens die jongste veranderinge in die prysstruktuur. • Die spesiale uitgawes se voorblad en inhoud kan nog verander.

SMS inteken idees na 32361. SMS e kos R1 elk.

Teken deur My Subs in. Registreer op mysubs.co.za en teken in ‒ op die gewone tydskrif óf die digitale een. Teken deur Zinio op die digitale tydskrif in. Registreer net op za.zinio.com en kry Idees op jou e-leser, iPad, tablet, PC of Mac.


NET R436 KRY *JYVIR ELKE MAAND JOU IDEES VIR 12 MAANDE

BESTEL ONS SPESIALE UITGAWES VOORAF: * Vir R95 kan jy een spesiale uitgawe van jou keuse bestel. * Vir R190 kan jy al twee spesiale uitgawes bestel. (Pryse sluit posgeld in.)

DIE POS IN IS IF R K S D Y JOU T

TEEN ‌

Bestel die spesiale uitgawes by Lucille van der Berg by 021 408 3038 of per e-pos by lucille. vanderberg@ media24.com.


Al ons idees, gerieflik byderhand op jou slimfoon! • Kry elke dag handwerk- en dekor-idees, resepte en allerlei interessante dinge vir jou dagboek op jou foon en/of tablet PLUS skryf vinnig en maklik in vir ons gereelde kompetisies. • Kontak die span direk onder die Kontak ons -balkie om idees en wenke te deel of sommer net te gesels. • Onthou, as jy wil bydra tot ons Dagboek-datums, kan jy vir ons n e-pos stuur na web@idees.co.za.

Ons splinternuwe skryfbehoeftereeks is hier! Dié van julle wat dit nie in Julie by ons Trommelskou kon koop nie, kan dit direk by ons bestel. Gaan na dailyfix.co.za en soek onder Stationery .

Stappe met foto s • Handwerkprojekte • Weeksaandetes • Hope onthaal-idees

instagram.com/ideasmagazine

dailyfix.co.za

Instagram saam met ons

Laai al ons patrone hier af

facebook.com/IdeesSA

pinterest.com/ideasmagazine

Facebook saam

Pin saam

twitter.com/Ideas_magazine Kom maak n draai in ons aanlynwinkel op Spree. Loer na ons gunsteling-produkte en koop mooi goed vir jou en jou huis by:

spree.co.za/en/idees

Twiet saam


• Poedings wat jy sommer met jou oÍ al eet • Ontpop in jou vriendekring se gewildste gasvrou met hope idees vir tafels, linne, eetgerei en natuurlik heerlike kos • Doop, kleur ‌ en spog • Blomplanne vir n huis waar dit altyd soos lente lyk • Maak maklik n ronde ingeplooide stoelkussing



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.