1408

Page 110

So ruim jy kamer vir kamer op tot die hele huis skoon is. Dis soos oefen: As jy eers aan die gang is, kry die opruim-lus jou behoorlik beet en nĂĄ 10 minute is jy op dreef en gaan dit lekker vinnig. n Tydhouer is regtig die beste belegging vir iemand wat nie hou van huisskoonmaak nie.

Rangskik dit

Dit is die lekker deel van opruim en jy doen dit eintlik eers nadat jy die 10-minuut-skoonmaak afgehandel het en daar niks meer op die trap of in die gang rondlê nie. Ek het die raad in n tydskrif van n binneversierder gekry. Hy het oral op tafels en in rakke en kassies goed in mooi groepies gepak. Baie mense doen dit, maar syne was so mooi in balans en eksentriek: Dit was nie net n klomp fotorame met n kers langs dit nie, maar n vars pampoen, n vaas uit die jare sestig met n enkele koringblom daarin, foto s in mooi rame (dan werk dit), n baie ou diploma en n potjie wat hy self gemaak het. Ek spring dadelik aan die werk en begin met die rak bo my kaggel ‒ dis die plek in die huis wat hom die meeste daartoe leen. Op die kaggel staan n uitgebrande kers, twee piepklein familiefoto s en n plastiekhouer vol dooie goggas ( n biologie-eksperiment van my stiefseun). Nå vyf minute is die twee foto s steeds daar, maar daarmee saam n klein skildery, vier ekstra kerse en n goue spaarbus in die vorm van n ou Volkswagen wat ek al jare het maar nie geweet het wat om mee te doen nie.

Later koop ek n blompotjie by. Daar is seker nie meer plek nie, maar daardie enkele koringblom moet nog daarin kom ‌ Wat lekker is, is dat hierdie groepies ook funksioneel kan wees. Handsakke kom alles op een plek. Die mooi geel skooltas kan op die vintage-stoel lĂŞ met die serp bo-oor gedrapeer. Die houthondjie en die keramiekvark kan n vensterbank deel. Die porseleinďŹ guurtjies ‒ lelik op hul eie maar mooi saam ‒ kan in die hoek staan, en lepels en raspers kan saam aan n reling in die kombuis hang en sĂł n geheel word, kompleet asof dit uit n sjef se kombuis kom.

Oppas vir

in die vlees

Soms is die grootste probleem die gemors wat jy niĂŠ meer raaksien nie omdat dit al so lank so rondlĂŞ. Dit kan wissel van n houer wat altyd vol papiere is en n leer wat nooit weggepak word nie tot vloerlyste wat in die hoek staan en wag om ingesit te word.

Jy sien dalk nie meer die rondstaangoed en onafgehandelde projekte raak nie (en daarom maak dit jou nie elke dag van voor af vies nie), maar dit knaag tog in jou onderbewussyn aan jou. Neem n notaboekie en stap deur die huis. Ek het dit pas self gedoen en in die voorportaal ikker die gloeilamp al heeljaar lank, daar staan n mandjie met bondels plastieksakke by die deur, die mat in die gang maak rafels, en die stortgordyn is gaar. Skryf alles neer en dóÊn iets daaromtrent. Nie alles op een slag nie, want dan gooi jy tou op en raak die lysie nie korter nie. Een doring op n slag. Eerste op my lys is die lig in die voorportaal. Ek kan nie wag nie.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.