SOCIETIES AND EVENTS
Afrikaans Vereniging Die Afrikaans-Vereniging by die Hoër Meisieskool Rustenburg wil leerders die geleentheid gee om die Afrikaanse kultuur te ontdek en te beleef. Die vereniging skop elke jaar af met ‘n AFRIKAANSDAG. Hierdie jaar is dit op 10 Maart gehou. Afrikaansdag begin met die Afrikaans-byeenkoms waar die meisies die geleentheid kry om aan die res van die skool te wys wat hulle in die Afrikaansklas doen. Ons gassprekers by die byeenkomste is gewoonlik bekende skrywers wat die meisies kom toespreek. So wil ons aan hulle bewys dat Afrikaans wel lewe en dat mens selfs jou brood in Afrikaans kan verdien! Ons gasspreker hierdie jaar was Dianna Ferrus – ‘n skrywer, digter en storie-verteller. Diana het haar welbekende gedig vir Sarah Baartman (wat oorspronklik in Engels verskyn het as I’ve come to take you home) voorgedra. Haar passievolle voordrag het die meisies en leerkragte se harte geraak. Afrikaansdag is vol pret en sluit onder andere skryf- en eetkompetisies en speletjies in. Die Afrikaans-Vereniging se tydskrif Die Muggie is weer in Septembermaand gepubliseer. Leerders se skryfvaardighede word in die tydskrif ten toon gestel. Afrikaanse artikels word deur die leerders self geskryf, onderhoude word gevoer en leerders kry die kans om hulself uit te leef in die taal. Die nuwe komitee vir 2014 -2015 is onlangs gekies en dit is verblydend dat al meer leerders hulself bereid stel om deel van die vereniging te wees. Hul entoesiasme en planne vir 2015 kan net beteken dat die Afrikaans–Vereniging by Rustenburg in die toekoms beter en groter gaan groei.
Afrikaans Vereniging Gasspreker Die Afrikaans-Vereniging het op 10 Maart hul jaarlikse Afrikaansdag gehou. Ons dag het afgeskop met ‘n byeenkoms waar ons meisies aan die res van die skool kon wys wat hulle in die Afrikaansklas leer. Ons gasspreker was Diana Ferrus – ‘n skrywer, digter en storie-verteller. Sy is ‘n stigterslid van die Afrikaanse Skrywersvereniging, Bush Poets en Women in Xchains. Diana is welbekend vir haar gedig vir Sarah Baartmann I’ve come to take you home. Hierdie gedig is oorspronklik in Engels geskryf en later in Afrikaans vertaal. Wat ‘n belewenis was dit nie om na haar passievolle voordrag te luister nie. Haar entoesiasme vir die Afrikaanse taal, haar onopgesmuktheid en haar inspirerende woorde aan die meisies het almal wat geluister het, geraak . Die dag is ook opgekikker met ander opwindende aktiwiteite. Eerste pouse was daar die pannekoek-kompetise waar deelnemers soveel pannekoeke moontlik moes eet. Die wenner was natuurlik die een wat die meeste kon eet! Geluk, Jaime Newdigate (D1)! Tweede pouse was dit weer die graad 8’s se beurt om te kompeteer in die boeresport-kompetisie. Dit het speletjies soos toutrek en sakresies ingesluit. A4 het hul boerebloed gewys en die kompetisie gewen!
Afrikaans Vereniging
Standing, from left: Emma Bergh, Shannen Beukes, Amelia Dionisio, Ayesha Korowlay Seated, from left: Firdous Khan, Ellen-Marie Trautmann, Ms Norma Caesar, Haley-Anne Box, Nuzhah Jacobs
RGHS MAGAZINE 2014
Photographic Team
Second row, from left: Sarah du Toit, Abigail Baker, Dominique Nothnagel, Nousheena Ebrahim, Lindsay Llewellyn, Brittany Gouws, Abigail Tudge, Bianca Blair, Emma Du Toit First row, from left: Ursula Hardie, Genevieve Morris, Lily van Rensburg, Franki Lock, Gillian Williams, Kirstin Shaw Seated, from left: Athraa Fakier, Bronwyn Barratt, Tanri de Lange (Head), Ms Karen Cronje, Samantha Culligan (Deputy), Aaliyah Davids, Kirsty Daniels Absent: Lauren Wilson, Ashira Yodaiken
99