Potchefstroom 20150424

Page 23

24 April 2015

Potchefstroom Herald

Plaaslike jagtersvereniging het talle lede en bied verskeie aktiwiteite

Die Hartbeestak van Suid-Afrikaanse Jagters- en wildbewaringsvereniging in Potchefstroom het tans ongeveer 1 280 lede en word beskou as een van die top tien grootste takke in die land. Volgens die voorsitter, André Olivier het hulle behalwe die gewone lede ook 47 junior- en 103 senior lede, 71 studentelede en 49 vrouelede. Die tak het sy eie skietbaan in Syferfontein en dit word beskou as een van die top vyf skietbane in die land. Die baan word sesmaandeliks geakkrediteer deur National Regulator Complusory Specifications (NRCS). Die baan beskik oor ‘n 300m skietbaan, ‘n 100m inskietbaan, ‘n 50- en 25m kleingeweerbaan, asook ‘n handwapenbaan en ‘n nasionale standaard haelgeweerbaan met kleiwerpers met

afstandbeheer. Die haelgeweerbaan word gereeld deur groepe bespreek. Die tak hou elke maand ‘n amptelike skietkompetisie. Die skietbaan is vir die gebruik van lede alleenlik. Ander voordele wat lede van die tak het, is onder meer opleiding en kursusse in onder meer as toegewyde jagter, toegewyde sportskut, baanen veiligheidsoffisier, herlaaikursusse en daar word ook gereeld gassprekers genooi wat praat oor bewaring en ander onderwerpe in die jagbedryf. Een van die Hartbeestak se lede, Ibert Joubert, is in 2014 vir die tweede keer as wenner aangewys by die SA Jagters se Presidentskiet-uitdaagreeks vir seniors. In 2013 was Freddy Botha die wêreldkampioen in die 100 m “benchrest” in

Vroue is ook lede van die jagtersverenigings en neem deel aan kompetisies. Hier ontvang een van die vroue ’n prys as algehele wenner in ’n skietkompetisie. Links is die voorsitter van die Hartbeestak, André Olivier.

Australië en Gert le Roes in 2de plek in die 200 m “benchrest”. Volgens Olivier het navorsing van Prof. Peet van der Merwe en Melville Saayman van die Noordwes-Universiteit in 2013 getoon dat die ekonomiese bydrae van die jagbedryf in Suid-Afrika jaarliks gemiddeld R6.3 miljard beloop. Daarby bestee oorsese jagters ‘n bykomende R1.2 miljard per jaar. Voornemende lede kan aanlyn aansluit as lid by die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging en dan vra om by die plaaslike tak (Hartbeestak) geaffilieer te word. Die webtuiste is www.sahunt.co.za. Tans het die SA Jagtersvereniging ‘n spesiale aanbod vir voornemende junior lede van o.18 om aan te sluit vir ‘n eenmalige bedrag van R145, wat dan

Besoekende lede van ander takke ontspan tussen skietaflos­ se tydens die jaarlikse PMP­groeperingskiet.

23

geldig is tot dat hy/sy 18 word. SA Jag is tans by sowat 30 bewaringsprojekte landwyd betrokke, waarvan sommige oorgrensprojekte. Daar word ook baie gefokus op uitgebreide ekosisteme in areas waar SA Jagters jaarliks jag. Die totale lede van SA Jagters is 38 000 en bestaan uit 74 takke landwyd. Van die bewaringsprojekte sluit in die verkryging van DNA profiele van renosters wat in ‘n database opgeneem word by Onderstepoort. Hierdie inligting kan help om ‘n moontlike spoor te volg van gestroopte renosters. Die Hartbeestak vergader maandeliks by die Potchefstroom Dorp Rugbyklub. Olivier se e-posadres is andresaircon@telkomsa.net indien daar enige navrae is.

Jagters op die Syferfontein skietbaan.

New products available at Gas World • Le Creuset • Weber • Piazzetta Fire Places • Jura Coffee Machines • A wide range of gas stoves

“They are ideal for nursing homes, commercial kitchens, hotels,sports clubs etc, as well as domestic situations in larger houses''.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Potchefstroom 20150424 by Potchefstroomherald - Issuu