Potchefstroom Herald 22 Maart 2013

Page 17

22 Maart 2013

Potchefstroom Herald

Vyf spelers van Laerskool Mooirivier se dogters-tennisspan het aan die weeklange Suncity Tennis-uitdaagtoernooi vir SA se Prestige skole deelgeneem en uitstekend gevaar. Die span het sewende geëindig van 18 skole. Voor: Luané Kleingeld, Estelle van Tonder en Nicolene Nel. Agter: Lara van der Merwe en Liezel Muller.

Vyf spelers van Laerskool Mooirivier se seuns-tennisspan het aan die weeklange Sun City Tennis-uitdaagtoernooi vir SA se prestige skole deelgeneem en uitmuntend gevaar. Die seunspan het derde geëindig tussen 18 skole. Voor: Charles Williams, Jacques Botha en Philip Botha. Agter: Rynard Botha en Andrew Daly.

17

Marthinus du Preez (100m, 75mH), Ruandi van Dyk (1200m) en Almero Niemann (gewigstoot) van Laerskool Mooirivier het almal goue medaljes tydens die Noordwes-atletiekkampioenskappe verower.

Dié vyf dogters van Laerskool Mooirivier het hulle taak as lede van die skolierpatrollie uitmuntend die kwartaal verrig. Hier is Louise Smith, Lia Wissing, Katelynn Snyman, Anja Coetsee en Kara van der Merwe. Sewe leerlinge van Laerskool Mooirivier is gekies vir die Noordwes-atletiekspan wat op 15 en 16 Maart aan die SA-kampioenskappe op Sasolburg deelgeneem het. Voor: Nicolene Nel (spiesgooi), Ruandi van Dyk (1200m) en Marla Muntingh (800m). Agter: Hendrik Hattingh (spiesgooi), Marthinus du Preez (100m, 75mH), Gerhard Joubert (spiesgooi), en Almero Niemann (gewigstoot).

Tydens die skaaktoernooi wat deur die NWU aangebied is, het Laerskool Mooirivier se Tokkies hul stemme dik gemaak en uitstekend presteer. Reinhardt Rontgen het in die o.10-afdeling gewen en Dewald Lubbe was tweede. Marco Snyman en Janu Fouche was gesamentlik tweede in die o.12-afdeling. Dawie Rontgen het in die o.14-afdeling gewen. Sy tweelingbroer, Adriaan Rontgen en Marnus Grobler was gesamentlik tweede. Cornell Grobler (o.10) het in die o.18-afdeling deelgeneem en tiende geëindig. Voor: Reinhardt Rontgen, Dewald Lubbe, Jayden du Toit, Cornell Grobler en Marco Snyman. Agter: Dawie Rontgen, Marnus Grobler en Adriaan Rontgen

Tydens Laerskool Mooirivier se Prestige-swemgala is Sunel Smit en Rouxlé Marais onderskeidelik as die junior en senior victrix ludorums aangewys. Mooirivier het die gala gewen.

Gerhard Joubert en Marla Muntingh van Laerskool Mooirivier het albei silwermedaljes in spiesgooi en 800m tydens die NWatletiekbyeenkoms verwerf.

Amorie en Clarissa Liebenberg van Laerskool Mooirivier het eerste plekke by die NW-driekampkampioenskappe verwerf.

Nicolene Nel, Hendrik Hattingh en Estelle van Tonder van Laerskool Mooirivier spog met bronsmedaljes wat hulle tydens die Noordwes-atletiekkampioenskappe verower het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Potchefstroom Herald 22 Maart 2013 by Potchefstroomherald - Issuu