24 Oktober 2014
7
Potchefstroom Herald
Herald ondersoek
“Op veertien verkoop ek dwelms” Dustin Wetdewich “Ek het kliënte op die PUK gehad, kliënte in al die hoërskole. Dit was mal, hierdie ‘snotkop laaitie’ wat dagga aan almal verkoop!” So vertel Daryl Schutte van sy tyd as dwelmhandelaar en -verslaafde in die stad. Schutte is nou 22 jaar oud en hy het al meer as sy deel van lewenskennis opgedoen. Op 14 het hy vir die eerste keer probeer dagga rook, en naderhand ‘n gaping in die mark gesien om dagga aan mense in Potchefstroom te verkoop. Op 15 het hy vir die eerste keer die uitwerking van Tik (crystal meth) gevoel. “Ek het dit nie self gerook nie, maar omdat ek in die kar saam met mense gesit het wat dit gerook het, het ek ook die uitwerking daarvan beleef,” vertel hy. Volgens Schutte was hy ‘n baie skaam en teruggetrokke kind op skool, maar die aand wat hy Tik gebruik het, was hy vol selfvertroue. “Toe ek by die huis kom het ‘n meisie my gebel en ek het met haar gesels soos nooit tevore nie, ons het gelag en grappies gemaak, alles was net lekker. Dit is toe dat ek besef het dat dit die Tik was wat my soveel selfvertroue gegee het. Die volgende dag het ek vir my Tik gaan koop.” Schutte se ouers is geskei toe hy 15 was en hy het baie tyd tussen sy twee ouers spandeer. “As ek gevoel het my ma is te streng, dan besluit ek om na my pa toe te gaan. As ek gevoel het dis te streng by my pa, is ek maar weer terug na my ma toe.” Tot op ‘n dag toe hy besluit het om weg te loop
matriek drie keer doen as gevolg van die dwelmgebruik. Hy het tydens sy laaste probeerslag weer teruggeval in die gewoonte. “Ek wou eintlik net wakker te bly om te leer. Ek het voorskrifmedikasie gebruik om wakker bly, sodat ek meer tyd voor die boeke kon deurbring, maar dit het net veroorsaak dat ek weer begin dwelms soek het.” Sy matriekuitslae was toe nie goed nie. Daarna het Schutte se pa hom by Healing Wings se rehabilitasiesentrum ingeskryf. “Dit was omtrent die eerste keer in vyf jaar wat ek nugter was. Toe ek daar aankom was ek 20 jaar oud en het 40kg geweeg. Ek het dit egter aan myself ontken. As ek in die spieël gekyk het, het ek nog gesien dat ek goed lyk”, vertel hy. Schutte se verhouding met sy familie het heeltemal verbrokkel omdat hy nie tyd saam hulle wou deurbring nie. Hy kon nie dwelms gebruik terwyl hy saam met hulle was nie. “Niks maak meer saak nie. “die enigste ding wat vir my saak gemaak het was die volgende ‘hit’. Ek het vir dwelmhandelaars begin werk en dan betaal hulle my met dwelms. Ek het nooit self goed gesteel nie, Daryl Schutte was 'n dwelmver maar ek slaafde en dwelmhandelaar het gewat sy lewe omgedraai het. Fo help om to: Dustin Wetdewich vriende se ge-
van die huis af. Hy was toe 16 jaar oud. “Ek was by ‘n vriend en het die heeltyd dwelms gebruik. My pa was in daardie stadium in die hospitaal waar hy na ‘n operasie herstel het. Hy moes nog ‘n week in die hospitaal deurbring, maar het homself ontslaan om na my te gaan soek,” vertel Schutte. Sy pa het hom uiteindelik opgespoor en hom vir die eerste keer in ‘n rehabilitasiesentrum geplaas. Dit is hier waar hy besef het dat as jy nie wil skoonkom nie, dan sal jy nooit. “Ek het al seker al die dwelms gebruik wat ‘n mens kan - CAT, Mandrax, Rocks, Heroïen, alles. Ek wou regtig daardie eerste keer skoon kom,” sê hy. Sy eerste tydjie in die rehabilitasiesentrum het hy steeds dwelms in die hande gekry van ander pasiënte wat saam met hom daar was. Teen die tyd wat hy uitgekom het was hy binne ‘n week weer op dwelms. Hy was daarna weer in ‘n rehabilitasiesentrum, maar het amper elke dag steeds dwelms in die hande gekry. Schutte moes
steelde goed te verkoop. Binne ons vriendekring van gebruikers het ons mekaar op dwelms gehou. As een van ons dit wou los, het die ander probeer keer, want hoe meer van ons saam gebruik, het jy geweet as jy eendag nie geld het nie, kan jy dwelms by jou vriende kry. Dit is siek, maar ons het mekaar siek gehou.” Daryl se pa en ma het aanhou baklei en het nooit hul kind weggegooi nie. “My pa hulle kon maar kwaad word, mooipraat, slaan of skree, ek was op ‘n punt wat ek nie omgegee het oor wat hulle dink nie. Ek het hulle baie seergemaak. My ma het so baie gebid dat sy spot oor hoe ek vir haar knieg-operasies moet betaal.” Volgens Schutte is daar nie ’n resep wat gevolg kan word om ‘skoon’ te kom nie. Hy weet wat vir hom gewerk het, is toe hy die siklus gebreek en self besef het hy het ‘n probleem. Hy het weer sy hart oopgemaak vir geloof en sê dit was vir hom ook ‘n groot stap in die herstelproses. “Daar is soveel goed wat mense vanselfsprekend aanvaar wat ek van voor af begin waardeer het toe ek ‘skoon’ gekom het. “Ek kan weer ordentlik slaap en eet. Mens moet eers ‘rockbottom’ slaan voor jy besluit om dwelms te los. “Ek was vir ’n week op straat voor ek besef het die lewe is nie so lekker nie. “Ek wens mense wil dwelms los voor hulle daardie punt bereik,” sê hy. Schutte se verhouding met sy familie het verbeter vandat hy ‘skoon’ is. Hy is ingeskryf vir siviele ingenieurswese by Vuselela kollege. Sy toekoms lyk baie beter as die lewe wat hy agtergelaat het.
Ses vanjaar dood oor dwelmgebruik Dustin Wetdewich
Die Herald het van ’n betroubare bron verneem dat daar reeds ses mense vanjaar dood is as gevolg van dwelms. Volgens dié bron is daar ’n groot probleem met dwelms in Potchefstroom, juis omdat ons ’n stad met baie jong mense is. Daar is baie tersiëre inrigtings, hoërskole, asook die weermagbasis wat in die stad gesetel is. Dit maak dit ’n plek waar dwelmhandelaars wil wees omdat daar ’n groot mark in die stad is. Wanpersepsies is een van die struikelblokke om die dwelmprobleem te beveg. Sogenaamde “sagte” dwelms soos dagga word deesdae deur dwelmhandelaars gemeng met ander dwelms om dit meer verslawend te maak. Om meer wins te maak, meng hulle dagga met heroïene en sodoende raak mense verslaaf aan die heroïene sonder dat hulle dit weet. Nog ‘n struikelblok is die feit daar nie meer gespesialiseerde dwelmeenhede binne die SAPD bestaan nie. Deur van sulke eenhede gebruik te maak, soos die eertydse Suid-Afrikaanse Narkotiese
Buro (SANAB) kon polisie spesialiseer om netwerke binne die wêreld van dwelmhandelaars te infiltreer. Tans kom buitelanders maklik die land binne en vestig hulself as dwelmhandelaars. Al word hulle gevang en gevonnis is hulle binne weke weer terug op straat en verkoop weer. Of hulle verkoop hulle kliëntelyste aan ander dwelmhandelaars vir tot R15 000. Dié geld kan weer gebruik word om terug in die land in te kom om sodoende weer ‘n netwerk van kliënte op te bou. Verskeie bronne binne Potchefstroom het die Herald ingelig oor hoe maklik dwelms bekombaar is in die stad. Een bron meen hy het agt handelaars se nommers op sy selfoon waarvan een selfs by huise aflewer. Hy vergelyk die koop van dwelms met pizza bestel. Dit is nie net die oortreding van die verkoop en gebruik van dwelms wat ’n negatiewe uitwerking op die gemeenskap het nie. Mense word deur dwelmgebruikers beroof om geld vir dwelms te kry. Dwelmgebruikers sal selfs mense aanrand of doodmaak om dwelms in die hande te kry.
Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het ’n komitee gestig, die “drug action campaign” wat saam met die SAPD die dwelmprobleem in Potchefstroom wil help beveg. Sonder die gemeenskap se hulp kan die stryd nie gewen word nie. Ouers moet op die uitkyk wees vir enige tekens dat hulle kinders moontlik dwelms gebruik. Gedrag wat moontlik kan dui op dwelmgebruik is ’n aanhoudende nood vir geld. Kinders wat die heeltyd geld nodig het vir een of ander iets kan moontlik besig wees om dwelms te koop. Selfone of skootrekenaars wat voortdurend deur “diefstal” verloor word kan ook ’n aanduiding wees van dwelmgebruik omdat dit eintlik verkoop word vir geld. Wees op die uitkyk vir juweliersware of huisgoedere wat sonder verduideliking wegraak. Dwelmtoetse is beskikbaar by DisChem en is redelik akkuraat. Indien dwelmmisbruik vermoed word, is dit ’n goeie idee om die persoon te laat toets. Iemand wat niks het om weg te steek nie sal nie ’n probleem hê om getoets te word nie.
Oudrift Riverside Lodge
Venue on the banks of the Mooi River
R95.00
BOT SMO
TOM
LE
SS KED B B SPAR Q E RI BS
Monday – Thursday Lunch 12h00 – 14h00 Dinner 17h30 – 21h00 Bookings essential T’s and C’s apply
Book your year end functions now! Thabo Mbeki Drive 018 297 4939