Potch Herald 28-10-2011

Page 3

28 Oktober 2011

3

Potchefstroom Herald

Jare se bymekaarmaak in puin gelê

Foto: Abrie Bronkhorst Brandweermanne het Dinsdag onverpoos ’n bejaarde egpaar se huis buite Potchefstroom van verterende vlamme probeer red.

Drie weke dood voor familie dit weet Abrie Bronkhorst “Dis net vreeslik dat hy alleen moes doodgaan. Ons was die laaste tydjie nie daar nie en mens voel tog skuldig. “Dalk het hy nog na ons gevra?” Dit sal altyd by me. Henna Laas spook. Haar broer wat vir 34 jaar ’n pasiënt in Witrand was, was vir byne drie weke dood voordat sy eers in kennis gestel is daarvan. “Ek het geweet my broer was nie gesond nie en het probleme met sy niere ook gehad. Op Vrydag 14 Oktober het ek ‘n oproep van Witrand hospitaal gekry en word gesê my broer is in die Tsepong-hospitaal in Klerksdorp oorlede.” Al op 24 September. Byna drie weke nadat haar broer gesterf het. “Dit voel of ek daardie hospitaal uitmekaar wil skeur,” sê Laas ontsteld. “Hoe kry hulle dit reg? Ek wil antwoorde hê.” Tsepong-hospitaal het eers op Donderdag 13 Oktober vir Witrand laat weet dat mnr. Willie Goosen (54) oorlede is. “Al twee is eintlik ewe skuldig. Hulle het geweet my broer is in die hospital en is baie siek. Kon hulle ons nie laat weet het nie? Wat doen die maatskaplike werker daar? Bel hulle nie om te hoor hoe dit met hulle pasiënte gaan nie? “Dis onverskoonbaar.” Goosen het glo begin bloed opgooi en was eers na die Potchefstroomse hospitaal vir waarneming geneem. Toe sy toestand nie verbeter nie is hy na die Tseponghospitaal in Klerksdorp oorgeplaas. “Dis hier naby ons,” sê Laas wat ook in Klerksdorp bly. “Hoe werk hulle kommunikasie? Volgens Laas het hulle gereeld

kontak met Goosen gehad en het Witrand geen rede gehad om hulle nie te kontak nie. Hulle het drié familielede se kontaknommers. “Dis net verskriklik onmenslik. Baie mense laai hulle familielede net daar af en vergeet van hulle. Nou behandel Witrand ons soos een van húlle. My broer het 34 jaar daar gebly en dít is hoe ons behandel word?” Witrand het die familie belowe om ondersoek na die voorval in te stel. Maar tot op hede het hulle nog niks van hul laat hoor nie. “Hulle het gesê hulle sal ons laat weet maar hulle het ab-

SPORTS ARENA PRESENTS MARIUS DOHNE 28 OCTOBER 2011 BOOKING ESSENTIAL 082 582 7775 / 018 293 2969

soluut nog niks gedoen nie. “Hulle is natuurlik vreeslik jammer hieroor, maar ek wil niks hoor nie. Dis onaanvaarbaar,” sê Laas. Laas sê sommige pasiënte by Witrand is dalk soos kinders, maar dat hulle elkeen met waardigheid behandel behoort te word. “Hulle is dalk soos kinders. Maar kinders in eie reg. Hulle het ook ’n reg om menslik behandel te word.” Die Herald het Witrand hospitaal vir kommentaar oor hierdie voorval geskakel maar teen druktyd is geen reaksie nog ontvang nie.

Abrie Bronkhorst Al wat hy en sy vrou nou oor het is die klere aan hul lyf. “Ou maat, ek het net die vuur probeer blus en geskreeu dat die vroutjie moet bel,” sê die bejaarde oom met die gebarste hande en die voëltjie op sy skouer. ’n Bejaarde egpaar sowat 10 kilometer buite Potchefstroom se lewe is Dinsdag summier tot stilstand geruk toe hul huis afgebrand het. Lede van die Potchefstroomse brandweer, sowel as lede van die plaaslike brandbeskermingsvereniging (BBV), het gou reageer in ’n poging om die bejaardes se besittings te probeer red, maar die vlamme was genadeloos en het alles vernietig. BBV-lede het ook vinnig ingespring toe die vlamme ’n veldbrand veroorsaak het en kon binne enkele oomblikke die vuur onder beheer kry. Mense in die omgewing het nadergestroom om te kyk hoe die egpaar se besittings in swart wolke die lug in verdwyn. Brandweermanne het onverpoos geveg. Buite die erf in die grondpad het ’n geskokte bejaarde vrou in ’n kar sit en huil. Huil oor jare se bymekaarmaak. En hoekoms. Soos ’n pleister wat afgeruk word is alles in ’n oogwink verby. En al wat voorlê is die on-

sekerheid van die toekoms. “Ek was buite besig om goed weg te pak en was net in die huis toe ek mense buite in die pad hoor skreeu ‘die dak brand, die dak brand...” En toe mnr. Billy Steenkamp (69) buite kom sien hy dat sy huis se grasdak aan die brand is. “Ek het in die huis in gehardloop, op met die trappe na die boonste kamer en die brandende dak van binne af probeer doodgooi. “Maar ek was te laat.” Die vlamme het vinnig begin versprei en die huis was binne minute in vlamme. “Ek het net ons drie klein hondjies, een groot hond en die voëltjie gered. “En ons trokkie. “Dis al wat ons nou het. En die klere aan ons lyf,” sê Steenkamp. “Ons is afgetredenes en kan nie meer oor begin nie. Ons is oumense en het nie eers meer klere nie.” Die brand het om 12:00 begin en kan moontlik aan ’n kortsluiting toegeskryf word. Die brandweer ondersoek tans die oorsaak van die brand. “Ek was gister (Dinsdag) in die huis nadat alles verby is. Daar is regtig niks oor nie, net ’n kluis wat teen ’n muur vasgeboud is,” sê Luks van Nieuwenhuizen, lid van die BBV. Die egpaar woon tans in ’n woonwa wat nou in die erf staan.

Verbrand tot 600 kaloreë in een 30min sessie. (30min = 2 ure gim oefeninge) Infrarooi Sauna Kombers (R480 12 sessies/ R7800 vir 20 sessies)

Selluliet Sauna body wrap (R800 12 sessies/R1200 20 sessies)

Turbocharge Skud masjien R120 12 sessies/R2000 20 sessies)

Sonbed (R140 12 sessies)

Skakel Liandrie @ 076 487 8196 OOK VIR: Detox, Ontspanning, Stywe spiere, Hoë bloedruk, Pyn, Water retensie. Geskik vir Diabete en Parapleë

9(56/$1. ² 9,11,* ² 1$7885/,.

Word vinnig slank en ferm Verbrand tot 600 kalorieë in 30 min 1 sessie = 2 ure se gim oefeninge · Verbeter die voorkoms van selluliet · Behandel die oorsaak van verskeie gesondheidsprobleme ),5 6$81$ 6,67((0

Creative Obsession

Stockists of:

• Scrapbooking printed paper, cardstock, hand-made paper, vellum, stickers, rub-ons, embellishments, punches, scissors, double sided tape, glues, etc. • Large variety of Beads including glass, crystal, seed-beads and all beadwork accessories • We now also stock Mosaic Tiles, inserts, blanks and tiling accessories

5LDQD KHW NJ HQ FP YHUORRU

18:00 Slegs volhoubaar met ‘n kilojoule-beheerde dieet

Sonne 083 282 9671 / 012-548-2248 besoek www.rozess.co.za (018)of293-2807 Estee 082 355 4980 Sonne - Esselenstraat 9, Die Bult %HJLQ MRX HLH YHUVODQNLQJVNOLQLHN

We are located in Baillie Park next to Postnet in Holtshauzen Street, on the N12. Contact Rainer or Siobhan on - 018 290 9408 Follow us on Facebook : Creative Obsession


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.