18 November 2011
3
Potchefstroom Herald
‘Gentle giant’ byt sy baas dood Abrie Bronkhorst Hy het hom vertroetel, hom grootgemaak en op sy rug gery. Maar nou het die seekoei teen hom gedraai ná vier jaar se vertroeteling. Sy eie “gentle giant.” Maj. Marius Els (40) se troetelseekoei van byna 1.5 ton het hom verlede Saterdag gebyt, die water ingesleep en doodgemaak. Els het sy seekoei Humphrey, wat vyf en ’n half jaar oud was, ongeveer vier jaar lank versorg en soos ’n troeteldier behandel. Hy het nooit gedink dié troeteldier sou eendag die oorsaak van sy dood wees nie. Els het vroeër vanjaar ’n foto van hom en sy seekoei as ’n lesersfoto na die Herald
gestuur. “Hiermee wil ek julle graag voorstel aan my troetelseekoei, Humphrey. Hy is al vyf jaar deel van my lewe en ons geniet mekaar se geselskap terdee. “Ons maak mekaar gelukkig deur saam te speel, of sommer net rond te drentel op die plaas. Omdat hy alleen in sy dam bly, raak hy soms eensaam en dan gaan kuier hy op die gholfbaan, maar dit gaan nie altyd so goed af met die spelers of vissers in die dam om die gholfbaan nie. “Humphrey is ’n dierbare dierasie met soveel liefde om te gee,” het hy die epos afgesluit. Die Herald het eerder dit goed gedink om ’n volledige berig oor hierdie buitengewone verhouding tussen mens en dier te
doen as om dit as ’n lesersfoto te plaas. “Wag net vir die eerste reën,” het Els in antwoord op die versoek gesê. Verlede Vrydag, ’n dag voor Els se dood het sy vrou, Louise, in ’n epos die onderhoud bevestig. “Ons kan volgende week reël vir die seekoei.” Dié treurspel het op Els se plaas Bellevue naby Orkney gebeur. Els, van Marlo Boerdery is ’n deeltydse boer op sy plaas langs die Vaalrivier. Humphrey, wat glo geleer is om saam met mense te swem en selfs toegelaat het dat mense sy tande borsel, is kort nadat hy Els doodgebyt het enkele treë van sy lyk af doodgeskiet. Hy is as kalfie tydens ’n vloed in Mpu-
malanga gered omdat hy glo nooit in die natuur sou aanpas nie. Humphrey en Els se spesiale verhouding het groot opslae gemaak in oorsese koerante en is selfs op ’n internasionale nuusbulletin gebeeldsend. Els het hom ’n “gentle giant” genoem. Hy het graag met Humphrey, wat meer as 1 200 kilogram geweeg het, in ’n dam wat spesiaal vir hom op die plaas gebou is. geswem. Die Herald kon nie vir mev. Els teen druktyd vir kommentaar bereik nie. Sy was 12 jaar met mnr. Els getroud en is ’n apteker sowel as mede-eienaar van Medfour Consultants in Potchefstroom. Hulle het nie kinders gehad nie.
Borgaansoek weer geweier ondanks ‘nuwe feite’
Foto: Abrie Bronkhorst
Die twee beskuldigdes, Letlhogoholo Edward Moretlwe (25) en (agter) Kagiso Solly Tiba (24) probeer fotograwe in die hof ontduik.
40451A/PH/R2
Abrie Bronkhorst ooreenstem met haar beëdigde verklaring Die ma en sussie van die twee beskuldigdes wat sy aan die polisie voorgelê het. wat tereg staan op Pietz Bezuidenhout se Shone het ook Woensdag in die hof getuig moord het Woensdag onder eed ontken dat dat ook sy nie mooi verstaan het toe die hulle hoegenaamd gesê het dat die beskul- polisie ’n verklaring by haar afgeneem het digdes nie welkom by hul nie. Landdros Marionette huis is nie. Kirsten het steeds borg Me. Veronica Sokane, ma geweier ongeag die sogevan mnr. Edward Moretlwe naamde “nuwe feite” wat die (25) en me. Ipeleng Dora beskuldigdes voor die hof Shone, suster van mnr. gelê het omdat dit nie buiSolly Tiba (24) het Woenstengewone omstandighede dag in die landdroshof gesê is nie. hulle het nie verstaan toe Bezuidenhout (36) is die polisie hul verklarings Saterdag 8 Oktober omgeneem het nie. Hulle het streeks 04:15 tien keer met voorts gesê dat hulle ook messe gesteek. Hy is later nie behoorlik Engels óf die oggend voor die hek van Afrikaans verstaan nie en die huis waar hy gewoon het dat die polisie nooit ’n tolk dood aangetref. gebruik het om an hulle te Moretlwe en Tiba het Mnr. Pietz Bezuidenhout. verduidelik nie. verlede Vrydag aansoek ge“Hulle het Engels en Afridoen dat hul aansoek om kaans gepraat toe raak ek borgtog heropen word. Hulle deurmekaar omdat ek ongeletterd is,” het staan tereg op aanklagte van moord en roof Sokane gesê. met verswarende omstandighede. Hul borgSy het voorts vir die hof gesê dat sy wel aansoek is in Oktober geweier omdat hulle haar kind weer in haar huis sal aanvaar aan vier van die vyf vereistes voldoen het vir omdat hy geen heenkome het nie en sy hom die hof om borg te weier waar slegs een van nie net kan wegjaag nie. die vereistes nodig is. Met kruisondervraging het die staatsaanHulle het beweer hulle het “nuwe feite”. Die klaer gevra hoekom sy nie die polisie gestop beskuldigdes het voorts gesê hulle is ontehet toe sy hulle nie verstaan nie. “Ek het nie vrede oor foto’s wat tydens die borgaansoek daaraan gedink nie,” het sy geantwoord. Die van hulle geneem is en oor berigte wat in staatsaanklaer het dit verder gestel dat So- die media verskyn het. Die saak is tot Vrykane wel verstaan het omdat haar getuienis dag 18 November uitgestel.
Nou kan ek elke woord hoor Sally Pearce Graad 4 Engelse onderwyseres Phonak se uitsonderlike SoundRecover ® stel u in staat om hoë frekwensies te hoor wat vantevore nie moontlik was nie – ‘n wêrelddeurbraak en uniek aan Phonak. Dit laat draers toe om weer klanke soos dié van ‘n klaskamer vol kinders, voëlgesang, geselskap in ‘n restaurant en die sagte fluisterwoorde van ‘n geliefde te geniet. Dis geen wonder dat 80% van draers dit as die beste eienskap van hulle gehoorapparaat beskryf nie. Phonak is een van die enigste maatskappye wat u tevredenheid waarborg of met graagte u geld sal terugbetaal*. Skakel 0861-10-20-30 vir meer inligting of vir ‘n afspraak en tree outomaties in verbinding met u naaste gehoordeskundige. *30-Dae geld-terug waarborg. Bepalings en voorwaardes geld.
en Professionele Vennote www.earinstitute.co.za
OORINSTITUUT, POTCHEFSTROOM Tel: (018) 290-7056 Nelson Mandelarylaan 34A, Baillie Park.
Die Oorinstituut beveel Phonak aan, die wêreld se mees gevorderde gehoorapparaat. Vir meer inligting besoek www.phonak.co.za