7 Julie 13 Julie 2015
Midweek
5
Wat is lekkerder as ’n winterpoeding? Sagopoeding Herinnering aan koshuisdae …. Verhit oond tot 180° C en bespuit ’n oondvaste bak van 24cm. Verhit 1 liter melk, 100g botter en 250ml sago tot kookpunt en prut tot sago deurskynend is. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Klits 4 ekstra-groot eiergele, 180ml suiker, 10ml vanielje-geursel en ‘n knippie sout en voeg stadig by sagomengsel, terwyl dit geroer word. Giet die poeding in die bak en drup gesmelte appelkooskonfyt bo-oor. Bak 20 – 25 minute tot stewig. Klits die 4 eierwitte tot dit stywe punte vorm; klits dan 70ml suiker geleidelik by. Skep op die poeding en bak vir 10 minute tot eierwit bruin is.
Helene Kluge
Wat is dan nou lekkerder as ’n gebakte poeding in die winter? Bederf jou gesin met hierdie heerlike warm poedings …… Sjokoladepoeding met fudgesous Poeding: Room 150g sagte botter met 150g suiker en klop dan 3 groot eiers, een vir een, by. Sif 150g bruismeel met 25g kakao en roer by die eiermengsel. Skep in ’n bespuite 1,5-liter-poedingbak wat eers met waspapier en dan met foelie bedek word. Bind toe en stoom vir twee uur in ’n kastrol met kookwater of tot goed uitgerys. Keer uit op ’n opdienbord en skep die warm sous bo-oor net voor opdiening. Bedien met warm vla in die winter en met roomys in die somer. Sous: Breek 100g bruin sjokolade in klein stukkies en smelt in die mikrogolf vir 1 minuut per 200g op hoog. Voeg by: 25g botter, 15ml gouestroop en 90ml melk en roer tot glad. Verdubbel die sous, indien verlang, en bedien die helfte van die sous apart of bêre in die yskas. Melkpoeding Stel oond op 180°C. Roer 250ml koekmeel, 180ml suiker en 2,5ml sout saam. Verhit 250ml melk in ’n kastrol en voeg genoeg warm melk by die meelmengsel om ’n pasta te maak. Giet pasta by die melk terwyl dit geroer word. Kook oor lae hitte. Klits 4 eiergele en roer vinnig by die gekookte mengsel - die eier moet nie klonte maak nie. Laat 2 minute kook en verwyder van die hitte. Roer 60ml botter en 5ml vanielje by en skep in individuele bakkies of in een groot bak wat bespuit is. Skep ’n teelepel appelkooskonfyt op elke poeding. Klits die 4 eierwitte tot styf en voeg dan 45ml suiker geleidelik by; skep op elke poeding en bak vir vir 20 minute tot die eierwit goudbruin is. Sit louwarm voor.
Vanieljepoeding Poeding: Stel oond op 180° C. Klits 125g sagte botter met 125g strooisuiker tot romerig. Klits 1 eier, 15ml appelkooskonfyt, 2,5ml koeksoda, 250ml melk en 2,5ml vanielje saam. Voeg by bottermengsel. Sif 375 ml koekmeel, 5ml fyn kaneel en ‘n knippie sout saam en voeg by bottermengsel. Roer tot ‘n deeg en skep beslag in gesmeerde oondbak; bak vir 30 minute tot gaar. Sous: Plaas 125ml melk, 1 x 410g blik ingedampte melk, 180ml suiker, 125g botter en 5 ml vanielje in ‘n kastrol. Roer en bring tot kookpunt. Giet helfte van die sous oor die poeding wanneer dit uit die oond kom en plaas oorblywende sous terug op die stoof en kook nog 15 minute terwyl dit geroer word. Sit poeding warm saam met sous voor. Chocolate bread pudding Mix together 150 ml each milk and evaporated milk, 50 ml castor sugar, 5 ml vanilla essence and 3 large, beaten eggs. Pour into a bowl and add 200 g crustless, white bread cubes; soak for 30 minutes. Stir 10 ml baking powder, 5 ml ground cinnamon, crushed seeds of one cardamom pod (optional) and 100 g grated dark chocolate into bread mixture. Spoon into a greased 1,5-litre ovenproof dish. Dot with cubes of butter and bake in a preheated oven of 170° C for 60 minutes until firm. Serve warm with fresh cream. Baked custard Set oven temperature at 180° C. Place 250 ml each milk and coconut milk in a saucepan. Add a cinnamon stick and 4 cloves and heat gently. When milk begins to steam, remove from the heat and remove the spices. Mix together 4 large, beaten eggs, 30 ml castor sugar and 2 ml salt and stir into milk mixture. Pour into a greased ovenproof dish and place the dish into a roasting pan that has been half filled with hot water. Place in oven and bake until set - about 40 minutes. Remove from the oven and sprinkle with cinnamon sugar and toasted sesame seeds. Serve warm, drizzled with honey or syrup.
Vanieljepoeding.
Sagopoeding.
Sjokoladepoeding met fudgesous.
Support Happy Hearts winter crafts and food market The Happy Hearts Seniors’ Club in Promosa is hosting a Winter Crafts and Food Market at the Promosa Community Hall from 8:00 till late on 11 July. The event promises to be fun and interesting. “The primary focus is to mobilise the community to engage with one another and also to raise funds for a planned building and fence in the community of Promosa,” says Blanche Carolus, Happy Hearts’ public relations officer. The elderly also plan to pass on their skills in the form of knitting and crochet classes. On the day of the event, visitors can look forward to food and clothing stalls, a car wash, music and DJ’s, physical exercises (aerobics and body conditioning for all ages) etc. Please contact the Happy Hearts Seniors’ Club at 018 296 0477 (Mrs Meisie Drift) or e-mail Blanche at happyhearts.projects@gmail.com
Happy Hearts Senoir’s Club members.